Nuuskommentaar: Met vuur en verskriklike woede – en die kernoorlog begin

Argieffoto: ANA

Die moontlikheid van ’n kernoorlog, en selfs ’n derde wêreldoorlog, word nou in beperkte kringe genoem. Maar wat is die harde werklikheid van ’n kernvermoë en onstabiele leiers wat so ’n arsenaal tot hul beskikking het?

Die hoeksteen van die besit van kernwapens is om dit nié te gebruik nie. So lui die ou, ou waarheid, maar wat as die leiers nou nie juis as geestelik stabiel beskou word nie?

Presies hoe ver is die VSA en Noord-Korea van ’n kernoorlog af wanneer die twee lande mekaar daarmee dreig? Wanneer Noord-Korea in die prentjie kom, is daar immers nie sprake van die gewone diplomatieke woordeskat en protokol nie.

Die rede, volgens prof. Solomon Hussain, politieke ontleder aan die Universiteit van die Vrystaat, is die volgende: “Die wêreld is op ’n gespanne plek en Amerika en Noord-Korea word albei deur gekke regeer. Ons moet die dreigemente ernstig opneem,” sê hy met verwysing na die woorde-oorlog tussen pres. Donald Trump en Kim Jong-un.

Prof. Hussain is bekend daarvoor dat hy nie ’n wag voor sy mond onnodig vertroetel nie.

Die jongste woorde-oorlog volg nadat Amerikaanse ontleders tot die gevolgtrekking gekom het dat Noord-Korea inderdaad oor klein kernplofkoppe beskik wat met dié land se missiele na hul bestemmings geneem kan word. Kim het gereageer deur te dreig om Guam, ’n Amerikaans beheerde eiland in die Stille Oseaan, onder die kernbomme te steek. ’n Duidelik woedende Trump het gereageer met: “They will be met with fire and fury like the world has never seen.”

Diplomate is bekommerd dat ’n enkele vergissing of skeeftrap ’n kettingreaksie tot gevolg kan hê wat tot ’n kernoorlog kan eskaleer.

Maroela Media het reeds op 19 Julie die wêreld se kernarsenale onder die loep geneem. As Noord-Korea hom tot sy kernwapens wend, sal dit byna vir seker internasionale reperkussies hê, maar dat dit in ’n derde wêreldoorlog kan ontaard, soos wat baie kenners meen, is waarskynlik te dik vir ’n daalder.

Om Noord-Korea se verwagte respons slegs aan die hand van ’n leier wat geestesongesond is te beoordeel, is kortsigtig. Daar word dikwels na Noord-Korea as die “hermit state” verwys. In dié geïsoleerde staat is by baie ou denkpratrone vasgesteek, en word dit steeds van geslag tot geslag lewend gehou.

Noord-Korea se wêreldbeskouing lyk dus heeltemal anders as dié van die res van die wêreld, byna soos met die ou Suid-Afrika waar die land internasionaal geïsoleer en verguis is, maar baie van die inwoners vas geglo het dat hulle reg was, en die wêreld verkeerd. Noord-Korea skep baie lojaliteit by sy eie mense deur ou scenario’s te skets waar ander lande die skurke is. Intussen probeer die land presteer – en hy doen dit op militêre gebied. Elke sukses met ’n missiellansering of ondergrondse toets-kernontploffing bou geweldige trots onder aanhangers.

Breek daar gewapende vyandelikhede tussen Noord-Korea en die VSA uit, is dit nie noodwendig dat dit kernwapens sal behels nie, hoewel dit onwaarskynlik lyk dat Noord-Korea nie sy kernwapens sal inspan as dit op die punt is om op sy baadjie te kry nie. Met kernaangedrewe duikbote met presisiewapens wat enorme skade kan aanrig, is veral die VSA goed toegerus om Noord-Korea se wapenopslagplekke en selfs gepantserde saamtrekke doeltreffend uit te wis. Daar moet veral gesorg word dat die Suid-Koreaanse hoofstad, Seoel, wat net ’n hanetreetjie van Noord-Korea se grens is, deur voorkomingsoperasies beveilig word. Ook Japan wil nie weerloos wees nie.

Maar sou kernwapens aangewend word, bevind Noord-Korea (en sy “bondgenoot” China) hulle heeltemal in ’n ander liga as die VSA. Die VSA se arsenaal is immers ontwerp om teen dié van Rusland op te weeg, en dié twee lande beskik saam oor 88% van die wêreld se kernarsenaal. Die meeste van die res word besit deur Brittanje, Frankryk en China, met Pakistan, Indië, Noord-Korea en na bewering Israel wat oor die res beskik.

In ’n kernkonfrontasie tussen die VSA en Noord-Korea is dit dus baie waarskynlik dat die VSA sy “first strike capability” sal kan aanwend om Noord-Korea se kernsarsenaal in hul bunkers op die grond te vernietig. Sou Noord-Korea gelanseer kry voor die VSA kan toeslaan, is dit byna seker dat die VSA die missiele uit die lug of ruimte sal kan haal. Ook Japan het ’n min of meer staande opdrag om enigiets wat na Noord-Korea se kant toe kom, en sy lugruim skend of oor Japan na die Stille Oseaan vlieg, af te skiet. Maar selfs al sou ’n kerndraende missiel een van die VSA se bunkers haal, sal die VSA oor ’n feitlik ongeskonde “second strike capability” beskik. Boonop gee die kernaandrewe duikbote met hul kernarsenale aan die VSA ’n enorme “third strike capability.”

Kortom, geen land wil graag aan die kortste end van die VSA se “second” of “third strike capability” trek nie. Onder die kernwapens tel die gevreesde MIRV, ’n interkontinentale ballistiese missiel wat sy teiken vanuit die ruimte nader, en dan, ná dit die atmosfeer binnegedring het, sy veelvuldige plofkoppe elkeen op sy eie teiken loslaat. Dit is veral geskik teen ’n groot stad met verskeie voorstede. Vandag se kernbomme kan ook nie met die atoombomme vergelyk word wat op Hirosjima en Nagasaki laat ontplof is nie. Reeds in 1961 het die Sowjet-Unie ’n bom, die Tsar Bomba, ontwikkel wat meer as drieduisend keer sterker as Little Boy was – die bom wat oor Hirosjima ontplof het. Dit is allermins speelgoed.

Waarmee Trump Noord-Korea gedreig het, was inderdaad verskriklik, maar dit was en bly in reaksie op Noord-Korea se tydige en ontydige dreigemente om die VSA met kernwapens te bestook. Sulke dreigemente is dalk belangrik vir die bou van Noord-Koreaanse nasietrots, maar die VSA sal aanstoot neem as hy hoor hoe daar gedreig word om miljoene van sy burgers uit te wis.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Vannessa ·

Met betekking tot Hussaon se stelling dat die mense van Suid-Afrika tydens die vorige bedeling geglo het hulle is reg en die wêreld verkeerd … die hede het ons reg bewys en dat die wêreld verkeerd was

JC ·

Beslis Vanessa. in die lig van wat vandag gebeur met ons land, was die vorige regering se onverskrokkenheid jeens hul beleide werklik so verkeerd? Baie persone begin die tipe insigte te openbaar, te midde van liberale denkaanvalle en “thought police” aanvalle. Dus; hoe meer die liberale denkwyses, enveral die van die verfoeilike “Amerikaanse liberalisme”; geforseer word op die wereld, hoe meer reageer konserwatiewes(vandag se helde!!) met rasionele en goed deurdenkte argumente.
Mens moet nie jou simpatie met die ou regering wegsteek nie, en weier ek vir een beslis, anders is dit niks meer as dat mens se reg om jou gedagtes te spreek gesnoer word deur politiese korrektheid nie. JY het OOK ‘n reg om jou opinie te lug, veral indien hedendaagse gebeure die verdienstelikheid daarvan onderskraag.
Die siening is des te meer prysenswaardig, veral indien die destydse beleid korrek toegepas was(wat ek toegee op ‘n oorwig van waarskynlikhede seker maar nie die geval was nie; sekere aspekte was egter meer as regverdig alhoewel stug)
Hussain se kommentaar verbaas my glad nie! Ons weet almal die liberale skrum het hul messe in virdie nie-PC President Trump, enisdie vooroordeel daarvir almal omte sien; want waar almal besliskansaamstem betreffende syopinie oor Noord-Korea seleier, is dit beslis nie waar van Trump nie, as gekyk word hoe die VSA WERKLIK as soewereine nasiestaat op alle vlakke verbeter het(wategter nie erken sal word deur die HSM/MSM nie!)
Dankie virdie insiggewende artikel Herman.

kollie ·

Bollie. Never ever again. Apartheidsapologete hoort in die tronk.

JC ·

kollie, jy moet tog asseblief laat weet watter insulasiemateriaal gebruik jy vir jou liberale, oikofobetiese en irrasionele “echo-chamber”. Ek dink dit moet van uitstekende klankwerende gehalte wees.

Kom Ons Boks ·

Indrukwekkende analise van die geskil. Ek sukkel om ‘n ou ietsie tot hierdie puik artikel by te dra maar wil wel se dat die MSM duidelik slegs op Trump se kommentaar fokus. Kim het geen beter vriend as die MSM nie.

Raai Wie ·

Slegs enkele lande se resewebanke/geldmag behoort nie aan buitelanders (nuwe wêreld orde) nie bv. Sirië,China,Rusland Iran Noord Korea en nog enekeles…ons reeds gesien wat gebeur het met Irak Libie Yemen Sirië.

Cherokee ·

In die vroeë sewentigs het ‘n vriend wat ook my vlieginstrukteur was en lid was van die geheime diens, aan my gesê dat ‘n atoombom omtrent nie eens ‘n huis kan platskiet nie maar die die verskriklikheid daarvan is in die na-effekte. Dit is toe daar nog gepraat was van kernwapens as atoombomme omdat dit die bekendste woord was. Teoreties beteken oorlog om nie na mense te skiet maar om die vyand se infrastruktuur, die vyand se industrie, die vyand se ekonomie te vernietig, maar prakties blyk oorlog om te skiet na wat voor die loop beland. 2000 jaar gelede is geprofeteer dat die wêreld in vuur en swael sal vergaan. ‘n Kernoorlog moet nie gebeur nie – dit sal verskriklik wees as dit ooit sou plaasvind.

John ·

?.. en nog ‘n lekker tema vir die volgende 007-fliek sien die lig. Miskien kan ons kundiges waaronder Hillary Clinton vir ons se hoe Noord-Korea skrikgemaak kan word om bes te gee. Om ‘n groot opskrif te haal moet Trump die waansinnige genoem word en Rusland die groot vyand. Dui asb aan wat Trump, nie die Pentagon of die vorige Demokrate nie, sover aangevang het wat hom tot ‘n waansinnige verhef het? Wie het die moeilikheid in die Midde-Ooste begin en is dus die oorsaak van die groot migrante toeloop tot Europa en elders? Die CNN het ‘n lekker lang trein en geen joernalis durf waag om nie saam te ry nie.

JC ·

Jou kommentaar is altyd goed en op die punt af John:)
Indien dit ook nie was vir Herman se uitstekende artikels nie, sou die gedagtes wat hier gelig word, natuurlik onmoontlik gewees het; so ‘n pluimpie vir Herman ook wat insiggewende en interessante artikels die lig laat sien.

Justice ·

As Kim Young-un hierdie puik artikel van Herman Toerien vandag op Maroela lees gaan hy beslis sy dreigemente laat vaar en Trump onvoorwaardelik om verskoning vra.

Michael ·

Donald Trump is nie n gek nie ek beskou hom as die beste leier in die wereld wat se prof Hussain van Suid Afrika se nr 1 dit sal interessant wees.

Grassie ·

‘n Kernmoondheid waaroor ek bekommerd is, is Pakistan. Radikalisme soos aangevuur deur onder andere die Taliban is besig om veld te wen en wanneer hulle bewind oorneem, neem hulle ook die kernwapens oor. .

Flintstone ·

As Hussain die Amerikaanse president ‘n gek noem wonder ek wat noem hy hierdie land en ook sy moederland se presidente??????

willie ·

Nou praat jy Flintstone, miskien sal hy te kort skiet aan woorde indien hy ñ eerlike opinie sou wou gee!

amanda ·

Jip,dt gn binnekort kom,volgens die profesiee van die woord van God die Bybel is ons indie laaste tye,in die tye van noag en lot elke dag speel Godswoord voor ons af in d wereld mr die mens glo dt nie.so sal die mens nog sit en glo sy eie storietjies,dan is dt te laat.maak reg Jesus kom

Annatjie Kruger ·

Rusland het ook hulle burgers geleer dat hulle reg is en die res van die wêreld verkeer. Dit is vir hierdie rede dat kommunisme so lank kon bestaan. So ook baie van die middel oosterse lande. met fanatieke Muslim leiers. Die verskil hier is dat Suid-Afrika deur die WêRELD geïsoleer deur middel van biokotte was, waar Rusland, sommige Middel Oosterse lande en Noord-Korea dit aan hulself doen (gedoen het).

Gabrielle ·

Tiek..Tak..Tiek..Tak….Hou Long Island, New York dop! ! ! ! ! ! Ek is seker dis waar dit gaan begin, volgens n boekie wat ek jare terug gelees het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.