Nuuskommentaar: Mishandelde Zuma kry een uit nege

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

Na ʼn tydjie van relatiewe stilte, weens ʼn rits oorsese reise, is pres. Jacob Zuma met mening terug in die openbare oog en hy is nog net so verleentheidwekkend soos altyd.

Dat die EFF en Cope Zuma “as misdadiger” nie in die parlement wil aanhoor nie, dra by tot ʼn drama wat uiteindelik nie gevolgloos gaan wees nie.

Suid-Afrikaners weet lank reeds Zuma is nie ʼn intellektuele reus nie en dit wys deurlopend in sy presidentskap. Tog word ook aanvaar ʼn regeringshoof sal onmoontlik alles van alles weet, hoewel heelwat meganismes in die owerheidsektor in werking is om die fiksie lewend te probeer hou dat ʼn hoof altyd meer as sy ondergeskiktes weet.

Dit was Zuma wat self gister die kwessie van die ekonomiese negepuntplan as deel van sy antwoordsessie in die parlement genoem het. En ja, hy het weer die belangrikheid daarvan beklemtoon. Dis immers al verskeie kere in die parlement voorgehou as “Zuma se plan.”

Maar toe die opposisie (weliswaar ʼn bietjie laerskoolagtig) Zuma vra om die nege punte van die plan te noem, kon hy niks verder kom as om te sê dat landbou een van hulle is nie en het toe soos gewoonlik aan die giggel gegaan.

Een uit nege is ʼn verleentheid. Boonop, as ʼn mens Zuma se uitlatings oor landbou oor die afgelope jaar of twee bymekaar sit, blyk dit dat hy heeltemal niks van landbou weet nie.

Dis eenvoudig minder as die kritiese kennisvlak wat nodig is om presidensiële leiding te kan gee.

Zuma het eerder gevra dat die parlementêre gesagsbekleërs (mense wat hy self met die hand uitgesoek en laat aanstel het) hom begin beskerm teen die “mishandeling” wat hy gereeld tydens sy besoeke aan die parlement ervaar. Hy het weer eens daarop gesinspeel dat hy, as president, meer respek as dit verdien.

Dan het hy ook werklikheidsvreemd die ANC se verliese tydens die munisipale verkiesing, veral in sekere metro’s, probeer wegpraat. In sy illusiewêreld is die ANC wat hy lei (weliswaar dikwels op ondermynende wyse) nog netjies onaangeraak.

En terwyl hy werklikheidsverwyderd aankarring, is daar sowat 70 ANC-LP’s wat, as die verkiesingsuitslae met die volgende verkiesing volgehou gaan word, sonder werk gaan sit. Dis nou afgesien van ʼn horde ondersteuningsposte wat weens ʼn kleiner ANC “kwota” van setels in die slag bly en nuwe poste by ander partye skep. En die benoudes weet hoe langer Zuma aan die mag vasklou, hoe beter raak die kanse dat daar ʼn groot uitskud kan kom.

Netwerk 24 se dagblaaie  bespreek vandag weer die skadelike Zuma-invloed in hul gedeelde hoofartikel, “Hoe langer Zuma bly, hoe groter die skade”.

Die omstrede Zoeloekoning, Goodwill Zwelithini, het onlangs die kwessie minder gesofistikeerd aangeroer toe hy gesê het onder Zuma se (voortgesette) presidentskap is die land daarmee heen. Die koning het ewe groothartig aangebied om die land saam met sy mense te regeer as Zuma-hulle opsy staan, iets waarvoor hulle glo deur Goddelike bemagtiging goed toegerus is.

Hoe gouer Zuma besef sy openbare beeld kan nie herstel word nie en sy lawwe optredes en opmerkings (aangevul deur opmerkings wat vir haatspraak ondersoek word) sy beeld onherstelbaar beskadig het, hoe gouer sal die land weer kan koers kry, al is Zuma lank nie die enigste probleem waarmee die land worstel nie.

Hy kan eerder probeer om ʼn goeie skeut respek as nalatenskap te monster deur instansies wat hom (nog) blindelings steun, aan te moedig om sy politieke heengaan met waardigheid te aanvaar.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Gerbrandt ·

Die hele parlement is n sirkus………….en Zuma is die hoof nar!!!

Griet ·

Stem saam: Respek word VERDIEN, dit is NIE ‘n reg nie. Ek lees nou die dag ‘n beriggie op News24 waarin Brian Molefe (ook maar ‘n nar op sy eie) die volgende oor Zume te sê het: “President Zuma is a very nice person. We always talk about cattle and rural things. He told me: ‘Why in rural areas do they use the dung of a cow to beautify a home, but they can never use the dung of a human being?” REALLY?!?!?!!!!! Dit is ‘n onderwerp wat vir hom interessant is? Waaroor hy dink en wonder?? I rest my case ……

http://www.fin24.com/Economy/Eskom/molefe-zuma-a-nice-old-man-gordhan-right-for-job-20160831

Theuns ·

Kolskoot kommentaar en mooi Afrikaans! Ek gaan net gou vir my n skeut koek sny! Groete.

Anoniem ·

Waar is die respek vir sy land en sy mense!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

humor ·

Miskien so vroeg oggend n skeut Oudemeester skink. Ons is mos van Afrika.” Meide die kummer und meide die smertz.”

Therresa ·

O gits Humor, versigtig met die woorde – maak nie saak dat ons die betekenis ken nie!! :)

Pootseer ·

Wat kan ‘n mens anders se as net “EEEIIISSSHHH!!!!! Hoe kyk die res van die wereld na ons; ons almal word seker as leekoppe geklas!

Knersus D ·

LMGA! Beesmis om huise te versier??? Rerig? Geen wonder Zumpie het so ‘n gagga uitkyk op die lewe nie.

johan ·

Knersus dis reg, jyt reg gelees..vandag nog gebruik hulle tradisioneel vars beesmis en modder gemeng om hulle hulle aan die buitekant mee af te werk. Dit raak harder en as gewone modder, gemeng met vars beesmis…diiiisss die een…

MM ·

Ag shame zumpies te vreeslik ……… jy voel mishandel ??? hoe dink jy voel ons???

Denise ·

Hy word mishandel wat n grap!!! Die land is in sy kanon asgevolg van sy onkundigheid en hy wil sulke snert kwyt raak dit is nou die mentaliteit van n asbakkie!!!!! Without prejudice!!!!!

Sydney ·

Dit het gister op TV maar bra sleg gelyk toe Jakob Zuma net die een punt kon onthou het van hulle 9 punt plan – 1 uit 9

Elize ·

Ag tog wanneer vat die ou sy pie en waai! Hy het al genoeg skade aangerig.

Jan maak n plan ·

Weereens is jy in die kol Herman met n baie goeie rubriek. Eerstens as ek Zuma moes gradeer sou hy gelukkig gewees get met n
-9 uit9. Tweedens sal hierdie land nie vir hom respek hê nie want hyt nie respek vir die land nie want hyt dit droog gemelk. Ek wonder of hy ooit soos Pres Mandela ooit die geskiedenis boeke sal haal.

Griet ·

Jan, wees verseker: hy sal die geskeidenis boeke haal, maar vir al die verkeerde redes, verkragter, swendelaar, leunnaar, dief, korrupsie, kansvatter, egoïs, arrogansie, ens, ens, ens ……..

Ampie ·

Zuma is besig om die ANC te laat verkrummel. As dit so aangaan gaan daar nie veel van die party teen 2019 oor wees nie. Hoe kan die Afrikaner hierdie situasie benut?

Arie ·

Ek het gedink êrens in die anc is iemand met bietjie breinkrag en wat sal oorneem – maar niks!!!

Lance ·

Hel die man is n skande en n GROOT verleentheid …hoe kies mense SO iemand as jou leier … maar lekker dom

ekke.. ·

Die wat wel gekyk het, sal merk dat hy (zumpi) ook weer ongemaklik geraak het in die antwoordsessie, weereens die middelvinger ding gebruik het. Die wat hom en sy lyftaal gereeld dophou, sal merk dat hy dit doen sodra hy ongemaklik is en voel…

Luister ·

Hy onthou net van landbou ; omdat hy nie kan wag, dat plase van hul eienaars, gegryp kan word nie.

Stef ·

Wonder of hy n rondte golf sal kan klaar speel.. of vir n begin die EERSTE NEGE gate. Hoe toevallig nog n 9….OOOOOPS!

My laerskool kinders lag vir jou want jy het geen benul waarvan jy praat nie.

Daar is n gesegde – vriende kan jy kies maar nie familie. So is jy Zuma soos daai familie wat jy nie wil ken nie. Jy wonder hoekom? Ons het geen RESPEK vir jou.

gerrit du toit ·

Die ministers wat hom (mr. Zuma) slaafs navolg en ondersteun is n werklike problem.n kabinet sonder eergevoel en trots..Hoe kyk hulle mense in die oe

Ben Prinsloo ·

Al wat hy verdien in alle waardigheid is n armyboot onder sy vet dinges. Niks meer nie, dalk n showerkop as afskeidsgeskenk.

Theresa ·

Naas grote heer Mugabe is hierdie seer sekerlik die mees verspotte landsleier. Maar dié man moet altyd bietjie dans, bietjie giggle en baie nonsense kwytraak. Totaal en al ‘n mislukking in sy amp. Wat se snert is dit van mishandeling???? HIerdie man is grootliks verantwoordelik daarvoor dat wettige landsburgers nie beskerm word teen misdaad en alle gepaardgaande gedrag van belhamels en rebelle. Hy moet nie begin s…t (dit staan vir snert!?) praat nie – mens moet hom op Fokus kry en dit moet ‘n weeklange uitsending wees met geen ander stories op nie. Die publiek mag hom vrae vra. Hy moet dit antwoord – hy mag nie hum, ha, giggle of weghol nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.