Nuuskommentaar: Moor en brande om ons sin te kry

Die uitgebrande bus. Foto: ANA

Die uitgebrande bus. Foto: ANA

’n Kommentator kan ook net ’n bepaalde tyd lank ’n onderwerp vermy, of bloot terloops in ’n omvattender nuuskommentaar aanspreek. As die tendens op sy eie egter die omvang aanneem wat dit nou in ons land aanneem, moet dit onder die loep geneem word. Die onderwerp is ontstellend – mense wat hul wil, gewoonlik politieke wil, met doodslag en vandalisme afdwing.

Benewens die tragedie van lewensverlies, is die skade dikwels regstreeks of onregstreeks vir die rekening van die belastingbetaler.

Dit is ʼn “indrukwekkende” lysie.

  • In die Wes-Kaap word ’n luukse passasiersbus van Intercape met brandbomme bestook, en twee mense laat die lewe. Die bus brand uit, en nog verskeie mense is beseer, onder wie ’n paar ernstig. Die oorledenes is skynbaar twee “niemande” wat na Mthatha onderweg was, anders was die gort behoorlik gaar en het dit ’n duidelike impak op die toerismebedryf gelaat. Die beste raaiskoot is blykbaar dat dit met ’n loongeskil verband hou.
  • ’n Verpleegsterskollege by die St. Ritas-hospitaal in Glen Cowie, Limpopo, is
  • Studente van die Universiteit van KwaZulu-Natal kan eers weer op 29 September terugkeer nadat chaos op die kampusse geheers
  • By Elsenburg spring ’n minderheid “Engelssprekende” studente, gerugsteun deur lede van die EFF, in om ander studente met sambokke en swepe by te dam.
  • By Ceres is ’n stoor tydens ’n onbeskermde staking afgebrand.
  • By Daveyton aan die Oos-Rand het ’n vierde jongeling onder die halssnoermetode
  • By Durban is ’n man wat blykbaar aan diensleweringsproteste deelgeneem het, dood toe hy voor rubberkoeëls en traangas gevlug, en tussen ’n web van kragdraende onwettige kragaansluitings verstrengel geraak het.
  • Volksblad berig vanoggend oor ’n voorval van vermeende massa-vergiftiging van bedreigde bloukraanvoëls.
  • En dan is daar boonop die verstommende vermetelheid van diewe om die hoofstadion van die Grens-Bulhonde se rugbypale te steel.

Dit is maar enkele voorbeelde van werklike of gewaande griewe wat gewelddadig geraak het. Dit wek die indruk van selftoe-eiening sonder brieke, ongeag die gevolge vir die onskuldiges.

Adj.pres. Cyril Ramaphosa se “antwoord” is om die land daarvan te beskuldig dat negatiwiteit ’n nasionale sportsoort geword het: “Ons put genot daaruit dat alles skeefloop.”

Pres. Jacob Zuma se “antwoord” is die toppunt van sinisme deur Westerse diplomate uit te trap oor hoe hulle die situasies in Libië en Sirië hanteer het. (In werklikheid is die twee situasies die teenoorgestelde aangepak.) Blykbaar wou Zuma gehad het dat Ghaddafi steeds in Libië aan bewind moes wees, al sou dit die volledige uitdelging van groot minderheidsgemeenskappe gewees het.

Die rol wat die “blinde” Zuma-administrasie speel om die land van een krisis na die volgende te laat voortstrompel, is al tot vervelens toe deur ontleders en kommentators onder die loep geneem. Daardie lysie is lank, soos die reaksie, of liewer gebrek aan reaksie, op plaasaanvalle, beleggersonvriendelike beleid en wetgewing, omstrede uitsprake wat vir die land enorme verleenthede ingehou het, godsdiensuitsprake, die verlies aan ’n morele kompas, korrupsie, ontspoorde transformasie (transformanie), ’n harder en harder onbuigsaamheid oor raskwessies wat hierdie neo-apartheid die lewe van die wieg tot die graf regeer, en vele meer.

Die openbare klimaat waarin hierdie vergrype plaasvind, is egter kommerwekkend. Die regering kan nie vir alles die blaam dra nie – vir die publiek om so maklik tot geweld oor te gaan geld daar immers ook ’n wilsbesluit (dikwels ’n soort opgesweepte bondeldapperheid), en so ook betrokkenheid by kinderpornografie en ander euwels. Maar die brieke ontbreek eenvoudig. Let maar op na die aantal berigte oor mense, onder wie leraars ook, wat hul kerke se geld vasgelê het.

En ná dit alles gesê is, is niks nuuts bygevoeg oor wat reeds gesê is nie.

Dit beteken nie omdat dit al voos gesê en ontleed is, moet dit nie weer en weer aan die bod kom nie. Ook vir die bekende rubriekskrywer wat so vaardig met die pen is dat dit byna klink of hy dit nie net self die eerste keer geskryf het nie, maar boonop self tot die “nuwe” insigte gekom het … want euwels moet aangespreek word totdat iemand luister.

Die laaste ding wat die land nodig het, is dat sekere kerke stampvol en selfvoldaan is weens die groot opkomste, maar wesenlik koud geword het omdat dit tot ’n onderlinge warmbroeiery lei en die Groot Opdrag – om dissipels van al die nasies te maak, nie ruimte het nie.

Daar is enorme werk om die vrot kolle in die land op te klaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

gerrie ·

Maggies.Jy slaan die spyker op sy kop.
oppas nou net dat jy nie toegesluit word omdat jy die waarheid so reguit praat.
wat het geword van onderhandeling, samesprekings, gee en neem standpunte?
Nee, in hulle plek oor tot geweld en skade aan ander. En ons verdra en verdra?
Hoe lank nog?
Ons is in n noodtoestand en die regering ontken dit.

chris ·

Herman.
Ons kan die probleme aanspreek ,ontleed en ondersoek.Die kanker le in ons bestel en nerens anders nie.Om hierdie verskullende wereldsbeskouinge saam te gooi en te dwing maak werk gaan bloot dadels voortbring.Inteendeel dit gaan groter haat en geweld baar.

fransie rowles ·

Geen wet en orde meer in die land nie!!
en ons president laat dit toe.
Pateties.

TSHEPO ·

Hoekom kan die mense wat verantwoordlik is vir die aanvalop die bus nie gevang word nie dis nie reg . En daar is iets wat nie reg loop nie die probleme in ons land raak nou meer die nuus vertel dit elke dag vir ons . Onse land het nie meer goeie leiers wat probleme regmaak . Ons moet vir die leiers wys ons is nie haappy nie .

Piet Pompies ·

Ons land het wette wat daar is om dit leefbaar te maak vir almal. As jy die wet oortree as landsburger, regeringsbeampte, polisieman of staatdienswerker het jy jouself blootgestel aan vervolging. Die media is daar om die publiek in te lig oor die aangeleenthede. So die wat kla oor die publisiteit moet maar eerder hand in eie besoem steek.

Hennie ·

Wat het geword van die oudste tradisie in die wereld. Die handelinge 5 tradisie. Vat die kind en gee hom/haar ‘n goeie loesing. Dit het respek te weeg gebring. Nie net vir die mense nie maar ook vir eiendom. Die regering het hierdie maatstaf verwyder en dit het daartoe bygedra dat ons ‘n goddelose land geraak het en mekaar met disrespek behandel, wat nog te sê van eiendom. So baie maal kan die persone geidentifiseer word, maar niks word daaraan gedoen nie. Maak voorbeelde van die onrusstokers en dinge sal verander.

Grassie ·

Herman ek hou van jou uitdrukking “opgesweepte bondeldapperheid”. Ek het al dikwels gewonder hoe om daardie massa-vernietigingsoptrede behoorlik te omskryf. ‘n Mens word nooit te oud om te leer nie.

Winston ·

Dankie Herman. Weereens dinge raakgevat op n realistiese manier. Die regering moet maar saamleef met die kritiek soos ons as landsburgers moet saamleef met wetteloosheid. Die wette is nie meer die papier werd waarop dit geskryf is nie. Die opgesweepte bondeldapperheid (puik stelling) word net eenvoudig aanvaar as ontevredenheid en nie anargie nie. As jy nie in n situasie is waar jy voordele trek uit regerings geld nie, dwing jy jouself af op die gemeenskap deur te staak, brand te steek en te moor. Die land is voorwaar op pad iewers heen. Afwaarts.

neelsie ·

Herman ,
Dis so waar.
Die verwagting wat by mense geskep word is vals.
gevolglik is daar n gees van verwoesting in hulle teenwoordig.
In die parlement word God nie erken nie.
In die skole word God se Woord verban.
Kinders word groot sonder dissipline.
Wat verwag ons nou van die samelewing?
Ons taak is om so n samelewing positief te beinvloed. Sou elke Christen met net een ander nie-christen sou praat, kan dit iets verander.
Deur te bid sal herlewing in Suid Afrika plaasvind.
God se genade is groot!!

Herman de Jager ·

Nog n voorbeeld:Alert Limpopo, polokwane, attack/Social cohesion issues. Unconfirmed reports that Yesterday at about 1240 at Noordskool in polokwane, a bus full of students and adults from Lethuli park Combined School in Biccard Street stormed into the School and began to assault white and coloured kids of Noordskool. School furniture was thrown around. The case was apparently reported to the Police, and all political parties are involved in trying to resolve the issue.
Ek raai maar net dat geen arrestasies gemaak sal word indien die media nie dit uiblaker.

Bleek Sannie ·

Die oplossing vir die verval en wetteloosheid aldus die laaste paragraaf is om die Groot Opdrag weer plek te gee in die kerke – om dissipels van alle nasies te maak. Ek is jammer om dit te moet sê maar Christene het kollektief die rug gekeer op sendingwerk neigings en fokus nou op selfbehoud en oorlewing. Ek bedoel dit nie lelik nie maar daar het lankal ‘n verskuiwing na ‘n fundamentele regse geloofsideologie in die psige van die volk plaasgevind en ook ‘n afkeer en verwerping van sendelinge en die Christendom onder die ander bevolkingsgroepe. Dit is hekkies aan beide kante wat nie maklik oorkom sal word nie, indien ooit.

Bleek Sannie ·

Die oplossing vir die verval en wetteloosheid aldus die laaste paragraaf is om die Groot Opdrag weer plek te gee in die kerke – om dissipels van alle nasies te maak. Ek is jammer om dit te moet sê maar Christene het kollektief die rug gekeer op sendingwerk neigings en fokus nou op selfbehoud en oorlewing.

Sarel Strydom ·

Ons soek altyd die skuld by die regering maar:

Na die soveelste moord gepleeg is en mense vreeslik te velde getrek het teen die regering en samelopers het ons daardie spesifieke naweek gebed diens gehad vir die geweld in ons land. Toe ek dit later daardie week aan ‘n mde Afrikaner noem, was die antwoord ” tyd vir saam bid en saam sing is verby” Nou verwag ons God moet ons hoor?

Katryn ·

Wie op dees aarde het hierdie berig geskryf? Daar is onvoltooide sinne, wilde veralgemenings en eienaardige gevolgtrekkings. Die onderwerp is relevant maar die aanbieding is swak. Dis jammer.

Grassie ·

Agge nee, Katryn. Moenie so negatief wees nie. Dit klink of jy ‘n aksie het teen die skrywer. Al die ander kommentare is positief.

Herman Toerien ·

Hallo Katryn. Jammer as die nuuskommentaar nie na jou sin was nie. Wees verseker talle prosesse is in plek om te probeer verseker dat nuuskommentare ‘n gehalte-standaard handhaaf. Omdat ek Vrydagoggend vroeg by die hospitaal moes aanmeld vir ‘n bloedoortapping is die nuuskommentaaar die nag tuussen 12 en half twee geskryf. Vroeg die oggend is nog ‘n paar elemente bygewerk. Hierna het my vrou dit geproeflees, en is dit na Maroela gestuur waar dit ook deur prosesse gaan.

Johannes Meintjes ·

As vrywillge gemeenskapswerker vir die afgelope 21 jaar en met meer as 50 jaar se ondervinding in die kerkbanke van meer as een kerkgenootskap deel ek die oproep dat ons kergenootskappe, gemeentes, Christen instansies en Christene erns sal maak met die volle evangelie wat veel dieper erns in leefstyl, geloof in aksie en gemeenskapsinvloed vereis, – juis in hierdie tye.

Pieter ·

Ek dink regtig nie ons verstaan selfs na 21 jaar die Naledi logika nie. Onthou nog hoe die “mense” Pretoria stasie afgebrand het oor ‘n trein wat laat was. Die onverstaanbare was dat “almal” (politici) toe saamgestem het dat die stasie weer herbou moet word en die kontrak aan ‘n aa toegeken word. So al hierdie vernietiging skep net weer aa geleenthede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.