Nuuskommentaar: MRK en haatspraak: Dit lyk en klink soos ’n trein, daarom is dit ’n vliegtuig

Die Menseregtekommissie maak sy bevindinge oor die klagtes teen Julius Malema bekend. (Foto: Twitter via @SAHRCommission_

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het al verstom met van sy bevindings, soos dat die lied, oftewel strydkreet “Kill the Boer, Kill the Farmer” nie haatspraak is nie, en eers onder appèl deur die Vryheidsfront Plus moes swig.

Dit het egter nie die ANC verhinder om in wese “medepligtig” te word deur onder meer die sokkerstadion in Polokwane na die “vader” van die gebruik van die lied, wyle Peter Mokaba te vernoem nie. Boonop is dié stadion spesiaal vir die destydse Wêreldbeker-eindtoernooi gebou, en moes as uitstalvenster na die wêreld dien.

Indien iemand die EFF by die MRK sou verkla, en die kommissie het die toets van “erns” wat hy nou oor klagtes teen Julius Malema ontwerp het, op die EFF toegepas, sou die kommissie se bollemakiesie eenvoudig verstommend moes wees.

Dus, as Penny Sparrow iets skryf, is die norm van nodige erns eenvoudig outomaties aanwesig want sy is wit. Malema slaag die toets van erns na die “onskuldige” kant, want die minderheidsgroep wat hy onder skoot neem en met uitwissing “iewers in die toekoms” dreig, is nie ’n “kwesbare” groep nie.

Miskien moet die MRK na die statistieke oor plaasaanvalle gaan kyk om iets te sê oor kwesbaarheid. Of sommer kyk na die kriteria vir keuring om medies te gaan studeer. Of na die kwotas vir aanstellings by munisipaliteite waar die kwotas lankal oorskry is. En as wit mense nie kwesbaar sou wees nie, sou daar dan nie minstens twee Afrikaanssprekende universiteite gewees het wat met staatsgeld gesubsidieer word nie.

As die Menseregtekommissie sy status as die VN-kommissie oor menseregte se Suid-Afrikaanse verteenwoordiger wil gestand doen, moet dit nie by die norme en standaarde van die VN se werksgroep oor minderhede hou nie, soos ’n werksdokument dat ’n minderheidsgroep nie noodwendig verarm moet wees om as kwesbare groep beskou te word nie? (Lees hier).

Julius Malema is berug vir sy omstrede uitsprake. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Lees gerus Maroela Media se berig oor die Menseregtekommissie se bevindinge oor Malema en ander lede van die EFF se haatspraak wat volgens die kommissie se bevindinge weens die konteks nie haatspraak is nie.

Onder die instansies wat die jongste bollemakiesie van die kommissie in wese verwerp het, tel die Afrikanerbond, AfriForum, die FW de Klerkstigting, die Vryheidsfront Plus (lees hier) en prof. Pieter Labuschagne (wat oor doktorsgrade in Politieke Wetenskap en die Regte beskik). Willie Spies, AfriForum se regsadviseur, maar ook onafhanklike prokureur en rubriekskrywer van Beeld, striem die kommissie wydlopend in ’n artikel.

AfriForum wil die kommissie se bevindinge in die hof laat toets.

Om sake te vererger is die kommissie wat eintlik by uitstek na die belange van minderheidsgroepe moet omsien, naamlik die kommissie vir die bevordering en beskerming van regte van taal-, godsdiens- en kultuurgemeenskappe, effektief totaal disfunksioneel.

Die kommissie het vir sy jongste bevindings vyf klagtes van haatspraak teen Malema en Godrich Gardee wat tussen 2016 en 2018 gelê is, saamgevoeg. Die kommissie het bevind dat van die uitlatings aanstootlik was, maar nie op haatspraak neerkom nie. Nie net wit mense was die teiken van haatspraak nie, maar ook Indiërs. Een van die klagte was dat Malema die lied “Kill the Boer” gesing het – iets wat reeds tot haatspraak verklaar is.

Die EFF het soos verwag kan word, die uitspraak verwelkom, en diegene wat die klagte gelê het daarvan beskuldig dat hulle “legitieme debat” wil smoor. Verskeie kommentators wys daarop dat dié debat volgens die kommissie se bevindings alleen legitiem kan wees as dit aanstootlike stellings is wat deur swart mense gemaak is. As soortgelyke stellings deur wit mense gemaak word, is dit haatspraak.

As na die grondwetlike oogmerke van die kommissie gekyk word, en dit wat die kommissie aanvang, is daar ’n enorme gaping. Versuim self, het newe-effekte soos die versuim om die destydse president Jacob Zuma, vas te vat oor sy herhaalde stellings dat wit mense hul grond bekom het deur dit van swart mense te steel.

Dié versuim het daartoe bygedra dat dit nou ’n knelpunt is in die voorgenome wysiging van die Grondwet om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Adjpres. David Mabuza het reeds gemaan die kwessie moet nie gebruik word om rassespanning aan te blaas nie.

Versuim is een ding, maar die blatante skeeftrek van geregtigheid maak die MRK juis sy eie grootste vyand – tot nadeel van die land en sy mense.


• Maroela Media het ʼn skarebefondsingsprojek op die webwerf BackaBuddy van stapel gestuur om Herman te help om fondse vir sy kankerbehandeling in te samel. Klik hier om meer te lees of om Herman deur BackaBuddy finansieel te ondersteun.

• Indien jy ʼn direkte bydrae in die Toeriens se bankrekening wil maak, stuur ʼn e-pos aan [email protected] met “Herman Toerien” in die onderwerpveld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

TrotsWit ·

Natuurlik sal n groep wat bestaan uit 99% swartes GEEN swarte skuldig bevind nie maar slegs wittes. Either way, ek is nogsteeds TROTS WIT! 777

Henk ·

Die MRK is lankal bekend daarvoor dat dat sy uitsprake nie logies is of aan noemale standaarde en normes voldoen nie. Kortom , dis net blankes wat na bewering rassisties kan wees. Baie goeie mening Herman , maar wanneer lees ons die opvolg op Om ja te gestem het ?

Gustav ·

Felix, dis eintlik effens van die onderwerp af, maar selfs al was daar n 2de referendum, sou die JA stem nog steeds gewen het. Die meerderheid het die NP blindelings gevolg. Dieselfde meerderheid wat nou so neersien op die mense wat die ANC blindelings volg. Voëls van eenderse vere. Almal ewe dom.

Andreas ·

As ek reg het is die lede van die MRK nog deur Zuma aangestel. Ek sien hom in die tye daar in Nkandla sit en die uitslag van sy handerwerk aanskou …. hehehe, gee hy nou en dan so ‘n lagge.

Koos de Meyer. ·

Ons ly almal onder die ja stemmers se gemors. Hulle kry nou maar saam met ons. Jy kan nie ‘n rinkhals vertrou nie. Hy maak of hy dood is dan pik hy jou.

Tina ·

Die MRK weet hierdie mense wat verkla word is Ontoerekeningsvatbaar in die hoogste graad. Dit is net ons wat dit nie kan insien nie.

Niel ·

‘n vinnige vraagie…

kan mens nie die MRK aankla van onregverdigheid en billikheid by die UN of wereldhof, met die dat hulle nie onpartydig is en nie ‘n instelling is waar mens met ‘n geruste gemoed iemand kan aankla?

HPV ·

MRK het verdien nie enige geloofwaargigheid nie. Hoe kan dit geloofwaardigheid hê as dit deur die anc regime gerig en beheer word? Dieselfde regime wat nie eers ‘n rioolaanleg kan bestuur nie…

Jaco Burger ·

Die MRK is USELESS!!! Dit gebeur as ‘n nar in beheer is van iets.

Anoniem ·

Voortaan sal ek sê wat ek wil, aan wie ek wil en niemand sal my voor die klug daag nie, aangesien ek dit nie erken nie. Ek daag hulle uit.

Andreas ·

Ek sien Herman verwys hier bo in sy opskrif na ‘n vliegtuig, dit laat my aan Boeing dink wat sagteware van sekere van hul vliegtuie opgradeer het. Ek het idee dat as jy die rekenaars van die MRK se sagteware wil opgradeer, sal hulle jou versoek om ‘3 ply Ultra Plush’ in te sit.

TROTSBOERSEUN ·

Nie een wit mens op die paneel nie
Hmmmm laat ek daaroor dink???
Wat sou gebeur as daar n liedtjie geskryf word wat se “kill the blacks kill the parasites”
Sal dit ook beskou word as NIE HAATSPRAAK dan nie
Waar is ons liedtjie skrywers dan.

Alida ·

Die MRK is daar vir die skyn. Beteken niks vir niemand nie. Ontbind die hele spul en spaar geld.

Stebastiaan ·

Soos baie dinge vandag ‘n klug is was dit presies dieselfde destyds met die sogenaamde “ja” stem. Was toe in Bfn en “Die Volksblad” het groot plakate aan lamppale opgehang met die opskrif “ANC sê NEE”. Baie het toe onder misleiding daarvan nee gestem. Een van die redes hoekom ek nie meer naspers ondersteun nie. En wat die MRK aanbetref hulle is netso pateties.

fred ·

in afrika heers jy,of jy word oorheers.ìn afrika taal beteken dit dat jy inval volgens hulle reëls,regverdig of nie!!

marous ·

Dis tyd dat die wittes begin sing ….. en as daar opgetree word as rassisme te brand . Punt

Andreas ·

Ek sal nooit ooit die geskarrel vergeet die tyd toe Bok van Blerk se ‘De la Rey’ die land tref nie. Sekere mense het antwoorde gesoek, het nie ‘n idee gehad waarmee hulle nou hier te make het nie, ‘n wit opstand? ‘n Nuwe leier? Wat is die versugting van hierdié man?

Dit laat my dink aan hoe die mense toentertyd met die aankoms van JvR se drie skepe wat hulle van ‘n afstand op die Kaapse strand met bewende lende moes staan en aanskou het. Wat ‘n vreesaanjaende gesig moes dit nie gewees het nie. En nie een van hulle het geweet wat die toekoms inhou nie …..

Antoon ·

Ek was gister verstom toe ‘n geleerde kollega die mat onder ons uitruk en daarop wys dat net wit, indiër en kleurlinge rassisties kan wees – swartmense kan nie – want rassisme is wanneer jy teenoor ‘n swart persoon diskrimineer… En as jul gedink het na 25j is die swart middel en laerklas moeg vir die ANC se leë beloftes – dink weer – 25j is niks dinge sal nog reg kom want ons moet verstaan die ANC regering het nie al die hulpbronne tot hul beskikking soos die ou apartheidsregering nie…
Wit = bevoorreg en swart = benadeeld, al sê die statistieke wat.

Die Verlore Skaap ·

Hierdie bevinding is n baie duidelike boodskap aan ons almal.
Dit is n duidelike waarskuwing vir groot probleme wat gaan kom.
Ek hoop julle vat dit hierdie slag ernstig op.

Hettie ·

Hierdie mense weet nie wat die woord mense regte beteken nie .hulle uitsprake klink soos n kat op n warm sinkplaat ,helse geraas wat niks beteken nie !

Melanie ·

Kort beslis ‘n nuwe MRK wat nie net optree vir ‘n spesifieke groep nie!Haatspraak is haatspraak.

Marinda ·

Die wiel is rond en dit draai. Al hierdie goed wat nou gebeur gaan terug kom na julle toe.

Charmain ·

Duidelik hits die MRK met hierdie uitsprake haatspraak en geweld aan.

Michiel ·

Ons enige strukturele oplossing:
– Territoriale selfbeskikking, met sterk weermag, bewaakte grense, eie politieke partye, groot ekonomiese vryheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.