Nuuskommentaar: Mthethwa sê sportlui moet reg lyk én reg dink

Minister Nathi Mthethwa. Foto: Siyabulela Duda/GCIS

Die afgelope naweek het nie een van die agt Suid-Afrikaanse spelers in die Sale Sharks-beginspan voor hul wedstryd teen Harlequins die knie gebuig nie. Ten spyte hiervan het al agt spelers steeds T-hemde gedra met die woorde “Rugby against Racism” daarop. Hoewel die spelers nie amptelik die knie gebuig het ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging nie, het elkeen steeds openlik rassisme oor die algemeen veroordeel.

Hierdie staande veroordeling van rassisme was egter nie genoeg vir die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, nie. Maandagmiddag het Mthethwa die spelers se optrede bevraagteken en genoem dat hy SA Rugby (Saru) se amptelike standpunt hieroor wil hoor. Volgens Mthethwa moet Saru verduidelik wat gebeur het, sodat almal op dieselfde golflengte is – so asof die spelers ʼn morele wet oortree het deur staande te bly.

Die Sale Sharks is ook ʼn rugbyklub in Engeland. Min. Mthethwa voel dat dit selfs sy plek is om oor landsgrense heen spelers in ʼn Engelse rugbyklub en -liga se optrede te reguleer.

Mthethwa het nie ʼn probleem gehad omdat sekere spelers geensins rassisme veroordeel het nie. Hy het eerder ʼn probleem met die feit dat hulle dit nie veroordeel het op die wyse wat hy sou verkies nie.

Hoewel daar nie noodwendig iets daadwerkliks van Mthethwa se kritiek gaan kom nie, is sy houding jeens die gebeure noemenswaardig. Dit is nie meer genoeg vir sportlui om bloot hul beroepe te beoefen nie. Hulle moet daar waar hulle kan hul platforms ook gebruik om die regte idees op die regte maniere te ondersteun. Dit is nie aanvaarbaar om rassisme bloot op jou kleredrag te veroordeel nie – jy móét ook die knie buig.

Ten einde die ware belang van Mthethwa se sieninge hieroor te peil, is dit belangrik om vas te stel: Is Mthethwa se mening hieroor ʼn uitskieter of is dit deel van die hoofstroom-ANC-denke?

Die ANC het reeds voor sy huidige heerskappy bepaalde doelwitte vir transformasie van die samelewing uiteengesit. Dit was vir die ANC nog altyd belangrik om alle sfere van die samelewing te transformeer om reg te lýk – dit is volgens sogenaamde demografiese verteenwoordiging. Dit is egter daarbenewens belangrik dat die ANC die samelewing transformeer met mense wat reg lyk, maar ook wat reg dínk. Sodoende het die kultuur van kaderontplooiing ontstaan.

Oudpres. Jacob Zuma het verlede jaar oor die Zondo-kommissie erken dat lojaliteit aan die ANC een van die faktore is wat oorweeg word wanneer enkelinge in die regering en staatsondernemings aangestel word. Lojaliteit aan die ANC dui noodwendig ook op lojaliteit aan sy idees en ideale.

Hierdie houding van Mthethwa is daarom glad nie vreemd vir die ANC nie. Dit vind 25 jaar lank reeds in die vorm van kaderontplooiing plaas – lojaliteit aan ANC-idees en -praktyke is byna deurslaggewend.

Mthethwa is reeds getrou besig om as minister van sport hierdie sfeer van die samelewing te transformeer. Twee maande gelede het hy kritiek uitgespreek teenoor sportsoorte wat volgens hom nie genoegsaam getransformeer is nie. Mthethwa het genoem dat sportsoorte transformasie ernstig moet opneem omdat dit nie onderhandelbaar is nie. Diegene wat nie transformasieteikens gehaal het nie, word as oortreders van die een of ander morele wet beskou.

Sportverenigings wat nie dié teikens haal nie, kan selfs finansieel beboet word. Hierdie optrede strook ook met die Wysigingswetsontwerp op Sport. Die wetsontwerp sal die departement van sport beheer oor alle sportliggame gee. Indien ʼn bepaalde sportliggaam nie aan transformasieteikens voldoen nie, kan die liggaam ontbind word en die sportsoort ongedaan verklaar word totdat teikens gehaal word.

Die ANC is dus bereid om sport van mense te ontneem indien hulle nie aan die regering se transformasiedoelwitte voldoen nie.

Gegewe die ANC se doelwitte van ʼn samelewing wat reg lyk en reg dink, is ʼn oorspoel van hierdie siening na sport nie te vergesog nie. Daar waar sportliggame gestraf kan word indien hulle nie reg lyk nie, sal dit dus ook nie te vreemd wees om sportliggame te straf wanneer hulle nie reg dink nie.

Mthethwa het oor die Sale Sharks-spelers gesê dat sommige mense rassisme in die geheim beoefen – hulle moet gevind en gejag word.

Nes die ANC het Mthethwa nie ʼn probleem daarmee om met staatsmasjinerie mense in ʼn bepaalde denkrigting te dwing nie. Die ANC wil graag kan besluit watter optrede rassisties is, wie rassisme pleeg en hoe hulle gestraf moet word. Sodoende wil die ANC homself die mag gee om namens mense te besluit wat hulle met hul woorde of dade bedoel. Diegene wat “Rugby against Racism” op hul hemde skryf, is nie genoegsaam teenrassisties nie. Die blote feit dat hulle rassisme op ʼn ander wyse as die regering veroordeel, skep agterdog oor hulle ware motiewe.

Die ANC wil rassisme tot aartssonde verklaar, maar terselfdertyd alleenseggenskap hê oor wat presies rassisme is. Die party wil rassisme en haatspraak strafbaar maak, maar wil ideologies getransformeerde howe alleendiskresie gee om dié wetgewing te interpreteer. In sy Peace and Stability-dokument het die ANC uitdruklik verklaar dat hy op soek is na regters wat reg lyk én reg dink. Regters moet bereid wees om in die gees van die ANC se transformasie aktivistiese uitsprake te lewer.

Daar het juis gister ʼn debat in die parlement gewoed oor die BLM-beweging en sieninge rakende rassisme. Die EFF se argument hieroor is ongelukkig besig om toenemend hoofstroom te word. Volgens dié party berus rassisme op magsmisbruik en kan swart mense weens hulle tekort aan mag nie rassisties wees nie. Sodoende dwing jy ʼn bepaalde morele wet af, maar kan weens jou velkleur nie die aartssonde daarvan pleeg nie.

Die ANC is nie tevrede daarmee as mense rassisme bloot veroordeel nie – hulle wil mense kan voorskryf op watter maniere en tot watter uiterstes rassisme veroordeel moet word. Dit gaan daarom vir die ANC bloot oor dwang.

Die ironie van die saak is dat jy moraliteit futiel verklaar die oomblik dat jy mense dwing om daarvolgens op te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

AndréS ·

Jy het klaar alle sport vernietig. Nie meer lank nie dan sal sport geen bestaan kan maak nie en jy ook nie

katerinadiekat ·

Rassisme berus op magsmisbruik?? Wel blankes het GEEN mag in hierdie land nie. Ons is die minderheid wat deur BBEE ens dit bitter moeilik vind om eens werk te kry sodat ons aan die lewe kan bly. So hoe kan Ons dan nou die rassiste wees? And if black people do not have the political power in this country, who does?? The Decepticons?? Aliens from another planet?? Nee kyk regtig..

Misky ·

Dit raak by die dag belagliker en openlik rassisties teenoor blankes en die nonsens wat hulle in ons kele wil afdwing. Ons sal baie vinnig standpunt moet maak en daarby hou. Ek weier om hulle waardes aan te neem en na hulle pype te dans!!!!!

SomeOne ·

die wat reg dink en lyk, begin jul eie klubs, los ksa, hulle wil jul net maxisties maak

Persheks Adri ·

Julle is die regering wat juis die meerderheid is en met die mag sit! Julle word mooi geleer ne? Jy is magsbehep regtig en jou vieslike opmerkings oor jy gaan ons jag is regtig onvaspas!!! Gaan gooi jou dolosse soos julle dit doen en los ons uit.

#ALL lives matter!!!

Niklaas ·

Dalks maar goed dat daar nie vanjaar Olimpiese Spele is nie. Ek wonder tot watter mate hierdie man daar sou inmeng? Sal hy ‘n knie buig oor blanke plaasmoord slagoffers? El dink ek het ‘ n beter kans om swanger te raak.

Anoniem ·

Ons moet nou net aan ‘n manier dink om SA sokker te vernietig.

johanf ·

Kyk en ondersteun dit glad nie, eintlik alle sport in SA, al te gatvol…..

Sonia ·

Selfbeheersing word by die dag moeiliker – mens voel jy wil skree. Ons bid dat hierdie spelers met rus gelaat sal word en indien nie, dat net reg en geregtigheid, God se reg en geregtigheid en nie ANC -geregtigheid nie, sal geskied. Die 8 spelers is ons mense.

Hennie ·

Reg lyk en reg dink? So, die verdomde swartgallige kommunis dink ons al val vir sy skedelbreek denke? Nee ons sal nie!

donsie ·

dis nou nonsens, viva vir die manne wat op hulle voete gebly het

Anel ·

Ek het gedink ons is ‘n demokrasie! Eintlik ons klaar komunistiese.

tweeling ·

Sport lui moet reg lyk en reg dink – as dit enigsins van die cANCer verskil is dit verkeerd. Hoekom is jy nog steeds ‘n minister?

Persheks Adri ·

Waar is jou masker huh? Moet nie weer sê dis ‘n ou foto nie asb

Alet ·

Begin dan asb by die sokker want daar is geen rainbow nation daarin nie…

Suzette ·

“Hy het eerder ʼn probleem met die feit dat hulle dit nie veroordeel het op die wyse wat hy sou verkies nie.” Hoekom moet almal na jou pype dans? Hou op om vir ander voor te skryf. Dit is ‘n vry land en jy sal nie vir my sê of ek moet sit, kniel, staan of lê nie. Jy kan dink wat jy wil, voorkeure hê van jou eie smaak – NET SO EK OOK!!!! Hou op om jou met twak besig te hou en doen eerder iets daadwerkliks om ‘n bydrae tot OPBOU van die land te maak. Lyk my die vlot is leeg….

Cornrit ·

Ek dink dit sal n baie goeie idee wees, as alle rugbyklubs/provinsies in private besit kan wees. Dan breek ons weg van die regering, en kies provinsiale en nasionale spanne op verdienste, en stuur die regering in sy ….. Dit is in elkgeval net n klomp idiote wat die kitaar slaan. Ek dink ook dit is n goeie ding om die kaartjies te boikot virvolgende jaarse Leeu toer.

Jacobus ·

Mr Mthethwa if you such a thirst for regulation I would suggest you join one of the traffic departments where you can regulate and control vehicular traffic. You can also join the local branch of BLM – BouwerLovesMthethwa.
I would however warn you not to tackle Manu Tuilagi – you are not in his weight class.

marius ·

Praat met diegene wat nog ‘n flenter omgee vir sport . Al tien van hulle .

marthie ·

Ek kniel net vir 1 persoon. Hyt vir ons sondes gesterf. Dis Die Here. En niemand kan my sy vir ek moet kniel nie. Eks is gekant teen rassisme. En alle vel kleur moet saam staan. All lives matter. Mense moet ni geforseer word ni. Hulle is ni puppets ni hul glo stop rassisme stop geweld. Staan saam werk aan die probleem sport is sport nie politiek nie

Sarel ·

Eerstens die ou, was hy nie eens op ‘n tyd, net soos sy kolega Mabalula, of iets , Minister van Polisie nie en kyk hoe gaan dit daar. Hulle spring van een Portefeulje na die ander en rig niks uit nie.
Ek sal eerstens wil weet wat is die Minister se Geloofsoortuiging? Christen buig sy knië slegs in asnbidding van sy God en niemand anders nie.

Nick ·

Ja en hou ook op om hulle volkslied te sing,ek weier om op te staan vir hul kreet,my land is oranje,wit en blou en my Volkslied is” Uit die blou van onse hemel………!!!!

Nico ·

Die aanval op die Afrikaner se rasse basis is ‘n aanval teen Afrikanernasionalisme en teen bestaan van die Afrikaner. Die “nuwe bedeling” en sy nuttige idiotiese lofsangers (Beeld en andere) wil deur die kriminalisering van “rassisme” die grondslag, wat gelê isder apartheid as misdaad te verhef en gevolglik die ganse Afrikanervolk re brandmerk, verbreed. sodat Afrikaners feitlik voëlvry gejag kan word. Wat hlle meot besef is dat die Afrikaner keelvol raak om voortdurend in die beskuldigdebank te staan. Die kern van die Afrikanervolk het nie sy selfrespek verloor nie. Hulle sal hlle identiteit betuig wat ander sal aanspoor om dieselfde te doen. Een daarvan sal wees om die vals etikette wat Beeld en ander hulle wil ophang, af te ruk. Soos ds. Piet van der Merwe gedoen het.

Ria ·

Hierdie boelie sal natuurlik nie deur sy regering in fie bek geruk word vir n oortreding van sy eie wette nie. Hy verpersoonlik vir my die vyand, die opperste magsbehepte kommunis waarvoor daar nie plek behoott te wees in ons sogenaamde demokrasie nie.

john ·

Die ANC is die grootste rassiste oh ja onthou swartes kan mos nie rassisties wees nie. Ek Sal nooit en nimmer die knie buig vir BLM.. vandag BLM more die antichrist.

Anoniem ·

Mnr Mtethwa as ek jou raad versxkuldig is bedank as Minister. Nie jy nie Meneer sal MY dwing om te kniel voor die geldgod nie!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.