Nuuskommentaar: ʼn Eie Afrikaanse universiteit

Argieffoto.

Argieffoto.

Die een briefskrywer na die ander vra nou Afrikaanssprekendes moet saamstaan om ʼn private, Afrikaanse universiteit op te rig om te voldoen aan die behoefte wat weens die verengelsing van voormalige Afrikaanse universiteite ontstaan. Daar is egter ʼn bestaande projek, Akademia, wat reeds besig is om uit sy kinderskoene te groei.

Die druk op Afrikaans om oor ʼn wyer en wyer front sy eie strukture, uitsaai-potensiaal en selfs ʼn (werkende) staat binne ʼn (dikwels disfunksionele staat) te skep, word al groter.

In briewe in koerante vra lesers gereeld dat ʼn private, Afrikaanse universiteit geskep moet word. Sommiges skryf ook in taamlike detail oor hoe te werk gegaan kan en moet word.

Terwyl dit die boodskap duidelik oordra dat daar so ʼn behoefte is, is dit tog jammer dat soveel nuusverbruikers skynbaar nie weet van Akademia nie, die private Afrikaanse universiteit wat Solidariteit ontwikkel en wat reeds heelwat geakkrediteerde kursusse, waaronder ʼn BCom-kursus, aanbied.

Akademia het reeds baie nuusdekking op Maroela ontvang, maar Netwerk 24 se soekgerief dui ook twintig berigte aan wat hierna verwys. Volksblad se argief toon dat daar reeds 87 keer daaroor in hierdie koerant berig is, Beeld het volgens sy argief reeds 92 keer daaroor berig en Die Burger 94 keer.

Tog word hierdie koerante vir die pleidooie gebruik deur lesers wat skynbaar nie weet dat dit wat hulle vra, grootliks reeds gerealiseer het nie.

Akademia het onlangs ook sy nuwe hoofkampus in Centurion betrek.

Na berig word het verskeie mense reeds hul testamente verander, sodat Akademia en nie meer voormalige Afrikaanse universiteite nie, daarby gaan baat. Heelwat skenkers het ook reeds hul aftrekorders gewysig sodat Akademia bevoordeel word. Letterlik honderde miljoene rande is ter sprake.

Hoe meer dit gebeur, hoe meer bereikbaar word die spoedige oprigting van ʼn volwaardige universiteit, met die keuse van talle grade en ander kwalifikasies. Die briewe toon egter ʼn groot veld van goedgesindes wat nog braak lê, wat bereid is om bydraes te lewer, maar wat op die een of ander manier die fyn kam van nuusdekking en bemarking vrygespring het. Elkeen wat hier lees, kan ʼn ambassadeur vir Akademia wees. En met moderne tegnologie, sal Akademia ook landswyd vir studente toeganklik wees.

Maar selfs met die bykans grenslose moontlikhede wat die moderne tegnologie bied, is dit ʼn enorme duur volksaksie. Trouens, ʼn bekende Stellenbosse professor het in ʼn omvattende koerantartikel in rand en sent probeer bewys dit is onmoontlik. Solidariteit het van hom verskil. Die professor het duidelik nie die volle moontlikhede van virtuele onderrig, of skenkers wat hul bydraes kon swaai, ook weg van sy universiteit, verreken nie.

Niemand kan die Solidariteit Beweging daarvan beskuldig dat dit nie probeer het en steeds probeer, om Afrikaans by bestaande universiteite te beredder nie. Verskeie regsaksies is aangepak, waarvan seker die bekendste die saak teen die Vrystaatse Universiteit is, wat in alle waarskynlikheid tot in die Konstitusionele Hof gevoer sal word en Unisa is ook pas aangetree.

In sommige gevalle het Solidariteit minstens gedeeltelik daarin geslaag om ʼn (mindere) plekkie vir Afrikaans te beding, hoewel dit lyk asof onder andere die EFF se aandrang, dat heeltemal met Afrikaans weggedoen word, by universiteite so swaar weeg, dat die grondwet erg sywaarts gerangeer word en oor die voete geval word om transformasie tot transformania te volvoer.

Intussen word die kuns vervolmaak om wollerige argumente tot akademiese retoriek te vervolmaak – behalwe dat daar aan die kant van die “taalbulle” ook intellektuele is wat die argumente slag om slag aan flarde skiet.

Die raad van die Noordwes-universiteit het pas bekend gemaak Afrikaans is op die Potchefstroomse kampus beveilig.

Daar is opsies vir Afrikaans, maar dit gaan nie sonder harde werk en wye ondersteuning kan realiseer nie. Nie met ʼn huidige regering wat self meedoen aan die wegkalwing van die grondwet nie.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

67 Kommentare

Maraai ·

Asseblief, ek het nie meer kinders wat universiteit toe kan gaan nie, maar wat van kleinkinders,. Wat het geword van moedertaal onderrig, of is dit nie die papier werd waarop dit gedruk is nie.

Louise ·

Terwyl ek so alles lees het ek net n vraag. Kan Solidariteit ook nie n party stig nie. Vra maar net.

Frederik ·

As Solidariteit al die hofkoste liewer belê in die boufonds, kan dinge aan Akademia se kant ook vinniger gebeur.

jorese ·

Frederik daar word miljoene rande bele in
Akademia en hulle groei teen n geweldige spoed

Theuns ·

Dankie Herman, Ek lees jou kommentaar met groot genoegdoening! Ek het sommer n huppel in my triple en is trots op ons Afrikaners en al die inisiatiewe! Maar wat gaan ons doen om te verseker dat elke student wat die universiteit verlaat ‘n werk het? Hoe gaan ons dit doen om te verseker dat ons ons mense werk gee wat slegs na die belange van Afikaners en Afrikaanses voorkeur gee? Weet jy van enige inisiatiewe in die verband? Dink jy nie ons moet ook Engelsprekende mense wat ook oor hulle witheid benadeel word ook insluit in ons initiatiewe nie? Hoor graag van jou.

Leeukop ·

Nee, dit vorm n bose kringloop van uitdrukking van afrikaans en ons kultuur. Universiteite is n baie belangrike sosiale instelling om kultuur te bewaar en verder uit te bou in plaas van om deur n ander kultuur verswelg te word. Soos ons deur die afgelope 3 dekades geleer het: laat wit engelse kom dan demand hulle Engels bro Afrikaans, dan baan dit die weg vir ander kulture wat totaal niks van Afrikaans hou nie wat op hul beurt Afrikaans totaal dooddruk. Dit was die kringloop by al die voormalig Afrikaanse universiteite. So, nee, ons moet nou sterk staan en ferm wees om ons taal te red. Engelse is meer as welkom, maar hulle sal moet aanvaar om in ons taal te leer, anders kan hulle net na and nice ander Universiteit gaan.

Daars reeds privaat engelse universiteite ·

Daar is reeds verskeie privaat universiteite in SA wat Engels is, insluitend plaaslike kampusse van universiteite in UK en Australie. Dan het engelse letterlik derduisende universiteite in SA die buiteland.

Herman Toerien ·

Hallo Theuns. Die Akademia-projek is maar een van ‘n hele aantal projekte uit die Solidariteit Beweging se Ons Bou-projek. As ‘n mens teruggaan oor hoe Plan B uiteengesit is, is dit duidelik dat werkskepping ‘n belangrike deel is. Die “toeklap” van oormalige Afrikaanse universiteite het egter die noodsaak van die ontwikkeling van Akademia in prioriteit laat toeneem – soos Flip dit stel, ‘n tienjaarplan moet nou in twee jaar afgehandel word. Ek het nie ‘n probleem met Engelssprekendes nie, solank dit nie as vastrapplek begin dien om Engels in te voer nie. Dan sit ons binne ‘n paar jaar presies waar ons nou sit.

Esmay ·

Leeukop. Stem met jou saam. Hulle het mos nou klaar hul Engelse Universiteite. Los ons nou uit, want als wat ons begin wil ander groepe net oorneem!!!

Sarel van der Merwe ·

Ek probeer ontrafel hoe Afrikaanse onderrig gaan werk eens as ‘n student sy nagraadse kwalifikasie behaal het. In die natuurwetenskappe is dit belangrik om wereldwyd te publiseer, anders is die groepie Afrikaanssprekende wetenskaplikes wat baatvind by die publikasie onbeduidend as die skrywer(s) wil he sy/hulle bevindings moet ‘n positiewe impak he op die bewaring van (bv) ekosisteme. Gaan die Afrikaanssprekende in gevorderde Engels kan publiseer? En sou hy werk vind erens in die wereld, (se op ysbere of die Arctic fox) vir ‘n PhD of selfs Post Doktoraal as hy nie behoorlik geholpe is in Engels nie?

Laat ons help met kursusinhoud ·

Herman, dankie vir jou insig en manier om die belangrikste kernpunte raak te sien wat ander soms nie doen nie, te sien en uit te lig, hier en in jou ander artikels. Skenkings oordra na Akademia en gebruik van tegnologie in onderrig is twee baie belangrike dinge wat jy goed aanspreek. Wat ek graag wil byvoeg is dat Akademia nie net geldelike hulp aan vra nie maar ook hulp van die derduisende kundiges in ons land wat graag hulle kundigheid (wat dikwels ook op akademiese vlak is) wil deel. Mense soos ek het kundigheid maar nie geld nie, en sal kan help om kursusmateriaal te ontwikkel wat dikwels n bottelnek is om akademiese programme daar te stel. Akademia kan selfs n platform ontwikkel waar duisende mense saam bou aan kursusinhoud, amper soos Wikipedia maar op akademiese vlak.

Flintstone ·

Ek kyk met groot afwagting hoe Akademia ontwikkel.In minder as 2 jaar sal die jongste,ons dogter daar kan gaan studeer,oudste kon nog in sy moedertaal op Stellenbosch studeer,maar nou sien ek nie kans om ons dogter na enige van daardie “opvoedingsinstansies”te stuur nie.Akademia skep ‘n veilige en kultuurgepaste uitkoms.

Theuns ·

Dankie Herman. Waar kry ons die inisiatiewe te lees (Plan B?). Dankie vir jou ook Leeukop. Ek stem saam met jou en Herman en ook dat daar gevare in ‘n toevloei van Engelse Studente is wat nie die Afrikaner belange steun nie! Maar wat ek in gedagte gehad is n toevoeging van mense wat ons getalle kan laat groei om ons in die aanslag teen Afrikaans kan sterk maak! Natuurlik sal daar voorwaardes vir aansluiting moet wees. Die Afrikaanse Bruinmense moet ook kan aansluit. ‘N gesamentlike 10 000 000 mense wat veg vir Afrikaans is nie teversmaai nie.

Herman Toerien ·

Hallo Theuns. Ek het ‘n skakel na ‘n artikel oor Plan B by die Facebook-weergawe van die rubriek geplak. As jy nog inligting soek, Google gerus Maroela en Plan B.

Oudste ·

Daar is ook die instansie SolTech wat deur Solidariteit op die been gebring is, waar studente in verskeie tegniese rigtings kan studeer. My seun se een vriend, het by Soltech studeer en sy kwalifikasie in die ambag wat hy studeer het, behaal. Hy het onmiddelik werk gekry by ‘n Sweedse firma in SA met goeie besoldiging.

Ampie ·

Ek dink meeste mense weet nie van Akademia nie omdat lg. nie groot kampusse het soos Potch en UP nie. Nietemin dink ek Akademia is op die regte spoor, die ou dae van groot lesingsale en geboue vir lektore se kantore is verby. Ons is in ‘n nuwe era en studie van die huis af en lesings op die Internet dmv tegnologie is ons voorland. Nietemin is dit ‘n groot poging wat Solidariteit aanpak en steeds baie kapitaal word benodig om vak rigtings uit te brei.
Wat my natuurlik de josie in maak, is dat die alternatiewe Afrikaanse instellings deur ons selff opgerig moet word, ten spyte van die enorme bedrae belasting is wat ons Afrikaners vir die staat betaal om reeds hierdie dienste te lewer.
Ek vermoed skole gaan ook eersdaags heeltemal verengels. Ek hoop Solidariteit kyk solank na die reeds uitgebreide klomp CVO-skole en begin hulle bystaan, aangesien hierdie skole reeds goed gevestig is wanneer Afrikaanse staatskole eersdaags moontlik gaan wegval. Daar is reeds leerplanne, inrastruktuur en onderwysers. Dit kan net uitgebou word.

Theresa ·

Absoluut Ampie – dis Afrikaanse skole wat werklik deur die jare heen vasbyt om steeds vir die kinders die beste te probeer gee. Fondse is egter altyd ‘n kwessie en hierdie skole kan as bakermat dien vir die toekomstige studente aan Akademia.
Soltech (deur Solidariteit, ens.) op die been gebring met REUSE sukses. My vriendin se seun het ook daar sy ambag gedoen. Dit so geniet dat hy ‘n graadkursus gevolg het en vandag hoogs suksesvol is. Sou graag wou sien dat “gewone”graad soos BA bv. tale, ens. ook aangebied word. Ook om te onthou dat nie alle studente wat daar wil kom studeer noodwendig dokters, wetenskaplikes of rekenkundige rigtings wil inslaan nie. Sal fantasties wees wanneer die uitbreiding plaasvind. Ek hoop daar skryf duisende studente in vir die BCom wat reeds daar te studeer is.

John ·

Akademia se akadamiese planne is gebou op die vrese van Afrikaners oor Afrikaans per se. Om ossewaens terug te stuur Kaaptoe om al die agtergeblewens van voor 1838 te gaan haal, is nie nie nutteloos nie, dit gaan ‘n swaar verantwoordelikheid word wat ook werkverskaffing sal moet kan verseker. Die afgestudeerdes sal deur die staat gebrandmerk word en die werkloses sal dadelik onderhoud van Solidariteit & kie eis. Om ‘n onsigbare staat te bou in ‘n droomborrel is nogal dwaas. Binne ‘n paar jaar gaan Solidariteit deur sy nuut gewonne lede wat net om den brode aangesluit het, sodra die kursusse hul baas word, omspring en aanvoer hulle is net vir Afrikaansonthalwe ingetrek, so ‘Weg met Afrikaans’. Onthou die ware ma – en stiefma-verhaal waar Salomo uitspraak moes gee. Moet dus eerstens nie die baba aan die valse ma gee nie. Dit wil regtig lyk of ons stoere Afrikaners verrniet die binneland ingetrek het…

Theresa ·

Nee wat. Daar gaan duisende mense wees wat in Afrikaans kan studeer soos van ouds ook kon doen. Die meeste sal hulself suksesvol vestig. Alle Afrikaanse mense is nie stupid of agterlik nie. Daar is maar ‘n neighing van die pessimiste om dit te skimp, maar in teen deel. Dis een van die mees innoverende volke op aarde. En glo my, ek twyfel sterk of iemand nog met al die haat teen ons en moored van ons volksgenote aan ‘n droomborrel iewers glo. Maar skouer aan die wiel, voorkennis en praktiese harde werk het niemand nog kwaad gedoen nie – en ons kan presies dit doen. Mooi dag vir jou.

Ampie ·

Sjoe John, erg swartgallig. Akademia sien ek nou weer as ‘n sprankie hoop aan mense vir wie hul taal wel belangrik is. In die hele SA is dit slegs ‘n redelike deel van die Afrikaners. Niemand anders (soos jyself) voel dit belangrik genoeg om vir hul taal te stry nie. Gelukkig is daar darem mense wat nie in 1994 vasgevang is nie en na die toekoms kyk.
Ek dink, inteendeel, dat Akademia se gegradueerders eersdaags baie gesog gaan wees. Kwaliteit onderrig teenoor toenemend “gedekolonialiseerde” kursusse & dosente wat deur die EFF en ANC uitgedink en aangestel word.
Terloops “Gender studies” is nou een van die gewildste kursusse by ons universiteite?
Die tradisionele universiteite is weens ruggraatloosheid oppad om tipiese Afrika universiteite te word. Jy kan net sowel aan die Universiteit van Uganda gaan studeer.

Theo ·

John. Ek verstaan jou vrese, asook vanwaar jou argument kom. Kom ons dink uit die “box” en beweeg vorentoe.

JC ·

Huh?Verstaan enigiemand wat die John man nou eintlik probeer se?
Afrikaans en Akademia bo!!

Poplap ·

@JC
Soos jy jou blindelingse geloof in Afrikaans en Akademia verkondig, kan andere hul standpunte stel wat nie noodwendig met joune ooreenstem nie.
Of hoe?

Wat-ek-lees ·

Ditsem !!!
Sou daar enige planne wees om ook by Akademia te begin met ‘n museum vir ons Afrikanernasie?
Ek sit tans met ‘n hele aantal bewaringswaardige goed en is seer seker nie die enigste wat ‘n permanente tuiste soek hiervoor vêr verwyder uit die kloue van sekeres.

Alana ·

Hallo Wat-ek-lees, die Erfenisstigting doen wonderlike werk om die kultuurgeskiedenis van ons mense en taal te bewaar, kontak hulle gerus. Akademia sal fokus op onderrig en die Erfenisstigting op bewaring. Dankie en mooi dag daar!

Wat-ek-lees ·

Alana, ja, die goed word bewaar maar weggebêre en nie ten toon gestel vir die publiek.
Dis nie wat ek wil hê.

Disselboom ·

Elke opbouende saak moet ondersteun word. Dit moet egter nie klakkeloos gedoen word nie, en dit is gevaarlik om bloot omdat iets Afrikaans is, dit vanselfsprekend as korrek en van gehalte te beskou. Akademia verdien ondersteuning, dit moet eerste gesê word.

Daar is egter vrae, o a of dit werklik ‘n universiteit is met hoogstaande akademici aan die spits, en of dit ‘n graadproduserende kollege is, met afgemete kurrikulum wat binne ‘n nou baantjie tot ‘n graad wat deur die staat goedgekeur is, lei? Of is daar diepgang, akademiese wisselwerking van akademici wat as leermeesters die studente oplei nie net uit die boek en volgens die kurrikulum nie, maar in die totaliteit van die vak en sy nuanses?

Is Akademia ‘n universiteit of ‘n technikon?

jong dosent ·

Op voorgraadse vlak is dit nie noodsaaklik om erg te spesialiseer nie. So byvoorbeeld kan Akademia n B.Sc. aanbied in algemene chemie en sodoende studente voorbery vir loopbane in verskeie industriee. Indien die student in iets baie spesifieks wil spesialiseer soos se maar die vervaardiging van n spesifieke tipe polimeer Dan kan die student nagraads gaan na n Universiteit met n chemie dept wat n eenheid het wat daarin spesialiseer. Dit is hoe dit deesdae by alle mededingende Universiteit werk: die Universiteit bied algemene voorgraadse grade aan maar fokus dan op welgeselekteerde fokus areas waarin hul globaal kompeterend is. So kan Akademia byvoorbeeld in se maar platinum katalise spesialiseer (verskoon my voorbeelde maar ek wil net die konsep verduidelik), en hul ekonomiese fakulteit kan se maar in Afrika sake spesialiseer, of watookal hulle op wil en mededingend kan fokus. Punt is dat op voorgraadse vlak is dit nognie nodig om hoogs gespesialiseerd te wees nie.

Disselboom ·

Dit gaan nie oor spesialisasie nie, maar werkswyse, siening en vlak van hoe ‘n universiteit as hoëvlak akademiese vormer verskil van plekke wat net navolgers oplei. As die siening is dat Akademia maar ‘n soort algemene voorgraadse opleidingsplek is, mis dit die navorsingselement wat ‘n universiteit veronderstel is om te hê: dis immers juis vanuit die nagraadse en navorsing waaruit die voorgraadse veronderstel is om voort te kom. En so bou elke universiteit ‘n eie reputasie en kundigheid, teenoor die staatlike ingesteldheid wat op die oomblik geld dat die staat die kursusse keur.

Etienne ·

Theuns – gaan kyk op Akademia se weblad, hulle bied geleenthede aan B. Com Best Rek. student om hul leerkontrak te doen by ‘n oiditfirma wat Akademia goedgesind is.

Theuns ·

Dankie Etienne, sal so maak. Dankie vir jou ook Herman. Het gekry waarna jy verwys. Groete.

Emile ·

Om meer Afrikaanse studente te bereik en bedien moet Akademia spoedig:

1. Nog kampusse open, veral een in die Weskaap. Tans word Akademia as ‘n Transvaalse, eerder as ‘n nasionale poging beskou.
2. Graad-aanbod uitbrei van slegs BCom na o.a BSc Informatika en BEd (Onderwys). Lg twee kursusse is goed geskik vir afstandsonderrig en daar bestaan baie werksgeleenthede daarin.
3. Gebruik maak van die groot poel gewillige en beskikbare Afrikaanse akademici.

oom Ekonoom ·

Emile se voorstelle is baie relevant. Ek kan nie genoeg beklemtoon hoe belangrik tegnologie onderrig is nie want ons moet in inligtingstegnologie inbeweeg om verskeie redes, b.v. Dit is waar die vraag nou en in toekoms is, en dit is n bedryf waar die regering ons nie kan vasskroef met te veel regulasies nie. Ook, afstandsonderrig en gebruik van apps en online onderrig is noodsaaklik.

jorese ·

Akademia het reeds n studiesentrum in belville en Somerset wes en die bcom is net die begin daar is verskeie ander grade in die pyplyn. Onthou Akademia is nou maar slegs 5 jaar oud en groei reeds teen n reuse tempo

Gerhard ·

Net so hoop ek ook van harte dat ons binnekort ‘n alternatiewe teologiese opleidingsinstelling sal sien, waar predikante vir die NG Kerk opgelei kan word.

Begin regdink ·

Julle begin reg dink en reg beweeg, ondersteun die huidige Akademia en word een ordentlike Afrikaanse universiteit wat jou op grond van jou taal vat, nie kleur etc. Die studente sal ook hul lewe gee vir Afrikaans en hul universiteit. Belangrik geen sponser studente, anders sit julle waar die ander sit. As jy betaal vir iets, waardeer jy dit.

Piet ·

Akademia sal ook moet aandag skenk aan sosiale funksies. Heelwat mense ontmoet hul lewensmaats op universiteit. Indien Akademia hier askeep sal dit nooit tot sy volle potensiaal groei nie.

Kobus ·

Naas Herman se artikel hier bo, lees ek ook die kommentare van Emile, oom Ekonoom en andere, dan besef mens die wêreld het nou vir Afrikaans oopgegaan. En Gerhard, Solidariteit is ‘n instansie wat Christelike beginsels navolg, so jou kommentaar is geldig. Afrikaans is bevry. Stellenbosch, UV, Tuks het die remme losgemaak. Nou kan daar in een juk getrek word, belê word. Belê met ‘n lied in jou hart in kennis, ons kinders se toekoms en welvaart in ons moedertaal.

Koos ·

Jene ons liewe Afrikaners kan maar net nie saamwerk nie, dit kom al saam met die Grootrek. Akademie bied n oplossing aan, die van julle wat met julle vreeslike belese kennis allerande besware die poging afkraak Het julle iets beter om voor te stel, bied eerder julle kennis aan om hierdie poging Groot en suksesvol te maak. Dankie vir die wat die potensiaal raaksien. Eendragt maakt magt.

John ·

JC, ek probeer nie snaaks wees nie en nog minder afbrekend. Verduidelik net vir my wat sou die verskil wees tussen die beoogde Akademia en bv die voormalige Universiteit van die Vrystaat. Daar was net klasse in Afrikaans ( buiten die taalkursusse in ander tale). Hierna was daar klagtes dat daar nie voorsiening gemaak word vir swart studente nie. Toe word hulle toegelaat en kort voor lank kla hulle oor Afrikaans en vra vir lesings in Engels, waarna massas swartes aangery en gelok is om ‘n meerderheid Engelse stemme te kry en… ons weet wat gevolg het wat selfs in die howe gedraai het. Akademia word in hierdie selfde land van stapel gestuur. Sonder die seen van die grondwethof is Akademia gedoem veral ook nog omdat feitlik alle skole binne die afsienbare tyd sal verengels indien die regering sy sin kry. Engelse-Afrikaners na Afrikaanse universiteite of hoe gaan dit werk. Waar gaan ons die geveg begin?

Kobus ·

Maroela, julle kry vandag baie mooi getuigskrifte van die lesers, dit hoort so, julle verdien dit. Ek het so twee uur en meer gelede ‘n baie positiewe kommentaar op hierdie artikel aan julle gestuur. Dit was so ses sinne, maar julle het verkies om dit nie te plaas nie. Ek kan vir julle ‘n aparte e-pos stuur, ipv om so hier te kla. Julle het my positiwiteit geknou, terwyl ek in Januarie vanjaar al in my testament my bates aan Solidariteit vir Akademia bemaak het.

Suné van Heerden ·

Dagsê Kobus

Dankie vir jou kommentaar. Jou kommentaar is intussen goedgekeur.
Kommentaar moet soms per hand goedgekeur word en verskyn in só geval dus nie dadelik op die webwerf nie. Wanneer jou kommentaar nie dadelik op die webwerf verskyn nie, beteken dit dus nie dis noodwendig afgekeur nie, dis dalk bloot nog net nie goedgekeur nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Kobus ·

Suné, dit is soos jy beduie, maar dit was nie so nie, ek moet liewer vir jou ‘n aparte e-pos stuur, ipv dat ons die negatiewe gesprek oor wat iets moois moet wees, hier voortsit. Ek sien mos watter kommentare voor myne geplaas is. Sien my ander twee kommentare hier bo. Dalk sal dit die beste wees dat julle al my kommentare verwyder. Soos hier bo beduie, ek voel soos ‘n aap.

Vriendelike groete.

Kobus ·

Dankie Suné, Ek het jou e-pos adres, ons het al in die verlede gesels. Dit gaan nie ‘n vaal kol aan die gesprek hier bo maak nie.

Vriendelike groete.

Leeukop ·

Kobus, ek het baie ervaring met kommentare hier en elders en verstaan al te goed hoe frustrerend dit is as iets waaraan ek getik het nie verskein nie, veral as dit positief was. Maar dit is beslis so dat boodskappe soms lank vat, dit kan selfs verlore raak vannaf my kant. My opinie as gereelde leser en kommentator is dat Maroela baie redelik is en beslis nie onnodiglik lank vat of onnodiglik boodskappe verwyder nie.

Poplap ·

Maar Akademia bied nog net Bcomm rigtings aan soos ek verstaan. Dit is ook net “afstand” onderrig met geen kampusse nie is dit reg?
Dis flippen sad as ons kinders vak students lewe ontneem word omdat hulle Afrikaans is. Sal maar die bestaande universiteite ondersteun tot tyd en wil Akademia op die been is as volwaardige uni. Maak tog net gou asb

Wern ·

Poplap, nee sover ek weet is daar beide voltydse klasse en in die finansieele beplanning graad na-uurse klasse as ek reg verstaan en onthou. Beste is om op hul website te kyk. By Nampo het ek een van hul kampusse se studente sien n stalletjie bestuur en dit het gelyk asof hulle n lekker studentegees onder mekaar het.

Rupert Ashford ·

Kry van die manne wat gehelp het met fondinsameling vir “voormalige” Afrikaanse Universiteite. Hulle sal dalk ook sommer weet wie om te vra vir verskuiwing van hulle donasies.

Marelize ·

Die AP Akademie in Pretoria ís ‘n volwaardige, geregistreerde onafhanklike Afrikaanse universiteit.

Pleks ons net almal een poging voluit ondersteun. Deur hulle hande te versterk, kan hulle uitbrei en al meer grade aanbied.

Waarom moet ons alewig elkeen beter weet?

Poplap ·

Marelize waar is hulle kampus, biblioteek, kafeteria, koshuise, universiteite lewe?
Die dinge wat van ‘n universiteit ‘n universiteit maak. Bestaan dit al? Ons wil he ons kinders moet universiteit ervaar die hele ervaring nie afstand onderrig nie anders stuur ons hulle sommer Unisa toe. Dis nie ‘n aanval op die poging nie dis ‘n legitimate vraag oor die stand van sake by die volwaardige universiteit waarna jy verwys

Johan ·

Marelize, baie dankie vir jou bydrae. Ek kan nie op Poplap se plasing reageer nie, maar wil sommer haar vrae hier beantwoord.
Die atmosfeer in Suid-Afrika dui daarop dat die heil vir Afrikaanssprekende studente wat in hulle moedertaal onderrig wil word, in privaat instellings vir hoër onderwys lê. Die AP Akademie in Pretoria is een so ‘n selfdoen gemeenskapsinstelling en kom al ‘n lang pad. Dit is in 1999 by die Departement van Onderwys as ‘n privaat tersiêre inrigting geregistreer.

Wees gerus dat kontakkursusse aangebied word en selfs afstandstudente is welkom op by die klasse en opnames daarvan in te sit wanneer dit vir hulle moontlik is.

Hierbo is daar gevra vir onderwys en teologiese opleiding, dit word beide deur die AP Akademie gebied met BA en BTh grade.

Talle studente het ‘n BA met Opvoedkunde as hoofvak voltooi, daarom het die AP Akademie ook reeds ‘n aansoek vir die toekenning van die Nagraadse Gevorderde Onderwys Sertifikaat (NGOS) ingedien en wag tans die uitslag af. Verder ontwikkel ons tans saam TLU SA ‘n landboukwalifikasie.

Waar Akademia dus tans slegs B.Comm grade bied, kan die AP Akademie op ander terreine ‘n antwoord begin bied op die huidige krisis in die universiteitswese.

En ja, Poplap, daar is ‘n biblioteek met meer as 120 000 publikasies.
Besoek gerus ook ons webwerf by http://www.apa.ac.za.

neill ·

Wie kan ons kontak ivm hulp wat verleen kan word, my vrou was lank n dosent in die regte en is bereid om haar hulp aan te bied

Baie sal wil kennis deel ·

Goeie vraag. Kry hulp van die wat dosent ervaring en kennis het om ook te help.

Kameeldoring ·

Mense die Boere Republieke en Boereoorlog is lankal verby. Die emosionele gelaaide taalgebruik van “ons volk en Eendracht maak Macht” wys my dat baie van julle in die verlede lewe. Hoe lank wil julle nog n hopelose stryd aanvoer? Generaal de Wet kom nie terug om ons te red nie. Indien julle nog nie besef nie, woon ons en is ons deel van Afrika. Eendracht met wie? Net met ander wit Afrikaans sprekendes? Ons het hierdie resep probeer maar dit het nie gewerk nie. Natuurlik is dit is met hartseer dat ek verneem dat Afrikaans nie meer die onderrig taal op US gaan wees nie. Maar ek is meer hartseer dat my Alma Mater se grade nie meer internasionaal erken word nie. Julle stry oor taal – stry oor akademiese standaarde. Ons kinders moet internasionaal kan meeding – nogal in Engels – dit is die voertaal van die westerse wereld. Moenie ons kinders nog verder te na kom nie. Jou taal moet in jou hart en siel lewe – anders is dit reeds dood. Universiteite gaan oor onderig – nie die behoud van ons taal nie – dit gaan oor die Akademie – nie die lager nie. Neem hande met al ons mede Suid-Afrikaners en kom ons beweeg vorentoe – Eendracht maak Macht – kom, laat alle Suid-Afrikaners ongeag taal en kleur saamstaan om hierdie pragtige land te red. Daar is baie om reg te maak.

Breingespoel ·

Kameeldoring, ek is bly jy geniet SA en die status quo. Verseker doen ek nie en so het elkeen sy opinie. Akademiese standaarde en uitwerp van blankes hou direk verwant met mekaar.

John ·

Kameeldoring, ek verstaan nie hoekom jy nie jou brief in Engels geskryf het nie. Al bogenoemde skrywers kan die taal verstaan. Maniere om Afrikaans lewendig te hou, word hier onder die loep geneem en probleemareas bespreek, dws ‘n debat. Niemand het gese Afrikaners wil nie Engel leer nie. Jy se ons kinders sal in die buiteland moet gaan werk maar Engels is nie die enigste taal in die heelal nie, inteendeel, die EU wil nou ‘n fanagalo van Duits en Frans ens saamklits en wegdoen met Engels as hooftaal. Jy praat van saamstaan met andere en wegdoen met die Afrikaner se kulturele saamdoen en ons kinders sal moet buiteland toe, wat beteken ons moet ‘saamwerk’ tot die voordeel van ander kulture (of ‘n ‘new age’-niksgeit), onsself ontvolk (ons nageslag landuit pos) en doelgerig kulturele selfmoord pleeg. Vir wie en vir wat? Wil jy se ons Hemelvader is teen die Afrikaner of is dit wat die vyand graag wil glo?

Kameeldoring ·

Breingespoel, waar het ek ooit gese ek is tevrede met die status quo? Het ek nie gese daar is baie om reg te maak nie? John, hoekom kan ek nie in my taal debat voer nie? Net omdat ek verskil is ek seker nou n hanskhaki? Die debat gaan oor die n eie universiteit vir afrikaans – lees die opskrif. Wil jy vir my se jy weet nie van die amper 500,000 jong Suid Afrikaners wat in London werk nie? Of die wat in Amerika op plase gaan werk nie? Ens. Of jy dit wil weet of nie SA kan nie in isolasie besigheid doen nie – dit het die vorige regering geknak. Natuurlik moet jy jou taal en kultuur koester. Om saam met ander landsgenote te werk beteken nie jy moet jou rug draai op jou kultuur nie. Hoekom sal ons Hemelvader teen die Afrikaner wees? Maar besef jy Hy is ook die Hemelvader van andere volke – selfs swart mense – nie net die “uitverkore” Boerenasie nie. Mag SY liefde ook oor julle harte spoel. Vrede.

Stroopsoet ·

Ek stem heeltemal saam en is trots op my taal en ontwikkelling daarvan, kom van ver en met baie bloed wat gestort het vir ons ou volkie. My vraag is net hoe bekostigbaar gaan dit wees vir ons gewone Afrikaners, sal graag my kinders ook n geleentheid wou gee maar met die kostes van universiteite deesdae kan ek dit in elk geval nie bekostig nie. My dogter is hierdie jaar matriek en seker soos enige ouer met kind wat skool klaarmaak wonder ek hoe gaan ons haar help om n toekoms te bou in ons geliefde Suid Afrika. Mmmmmm nou wonder ek net van waar kom die idee dat alle Afrikaners baie geld het. Wil nog so baie noem, maar vir nou dink ek dis genoeg.

techead ·

Die antwoord in meer bekostigbaarheid van top klas opvoeding is tegnologie. Daars nou wonderlike tegnologie al beskikbaar wat hoe kwaliteit onderwys, ook op gevorderde vlak, baie bekostigbaar maak, ook vir armes.

John ·

Kameeldoring, wil jy se die duisende jongmense uit SA het almal werk in die VSA en Brittanje gekry omdat hulle aan SA Engelse Universiteite gestudeer het, of het dit meer gegaan oor die gehalte en standaard van hul opleiding. Hoe op aarde het mense wat aan Afrikaanse universiteits afgestudeer het dit reggekry om die verhewe taal, Engels, te kon besig by hul nuwe werkgewers? Sjoe, dit moes ‘n welsynsdaad van ‘n ander wereld gewees het om uiters goed gekwalifiseerde en intelligente Afrikaners wat g’n sprak kon sprook van die taal van aardse ingele, in diens te neem. Dis terloops een van die (kameel)dorings in die vlees van Britse burgers dat werk weggeneem word deur anderlandiges en vandaar dat hul regering beplan om net uiters-uiters ryk en uiters bekwame mense van elders in te laat in die ‘glorious cold and dreary surroundings of their little island called, our one and only universe’.

jaco ·

wat gaan hierdie wonderlike kursusse by Akademia kos? Dis n privaat-universiteit, so daar is nie staatsondersteuning nie. En nou stap jou kind eendag daar uit met sy wonderlike graad, en dan kry hy nie werk nie BLOOT omdat hy die verkeerde velkleur het. Dan is al daardie onkoste op studie vermors. uiteindelik moet hy n job vat wat next to nothing betaal om darem net n werk te he.
Akademia is ‘n privaat instansie, maar dis suiwer Afrikaans. Hulle gaan hulle vasloop teen affirmative action vereistes: dit gaan nie help om die meerderheid van hulle personeel afrikaanssprekende kleurlinge te maak nie. ondervinding het gewys dat as dit by affirmative action kom, daar dikwels vir kleurlinge gese word “julle is nie swart genoeg nie” of “swartes het swartes onder apartheid gely as kleurlinge”. As Akademia in die Wes-Kaap gesetel was, was daar nog n wegkomkans met affirmative action, omdat blankes en kleurlinge saam meer as as die wes-kaap se swartes. maar Akademia is in n provinsie met uiters klein wit en bruin minderheid.

Poplap ·

Johan dankie vir die info en verwysing na die webtuiste dit word waardeer. Kan jy dalk se hoeveel studente reeds graad gevang het deur Akademia en hoe is hierdie studente in die werksplek aanvaar tov van hul kwalifikasies ontvang deur Akademia vs kwalifikasies van ‘n Tuks of Stellies.

jaco ·

hierbo word verwys na die AP Akademie. Dit word bedryf deur die Afrikaanse Protestante Kerk – ‘n kerk wat oop is NET vir wit mense. So wat maak ‘n Afrikaanssprekende Christen wat daar wil BA-onderwys of BA-teologie wil studeer? Hy word afgewys NET omdat sy velkleur nie wit is nie. So die AP-Akademie is maar NET SO rasbehep as die ANC-regering se universiteite.

Kameeldoring ·

Voordat enige ouer hulle swaar verdiende geld en hulle kind se toekoms mors vra die volgende paar vrae
1. Bestaan daar werksgeleenthede vir mense met die kwalifikasie – het die vakrigting n toekoms?
2. Waar is die werksgeleenthede – slegs op die plaas, plaaslike dorp, Suid Afrika of die wye wereld? Waar gaan jou kind in die toekoms moet kan meeding – nie waar jy wil he hy/sy moet meeding – maar waar die beste vir hulle gaan wees
3. Indien die kwalifiseerde buite Orania, FAK, TLU of die APK wil werk soek, gaan n kwalifikasie wat die werkgewer atent maak op die feit dat die persoon moontlik n lager-mentaliteit het, moontlik nie met ander groepe wil meng nie, of ‘n slegs blanke kwalifikasie is, eerder teen hulle tel. As hulle gelukkig genoeg is om n onderhoud te kry, sal daar soveel vrae rondom die tema wees. Dit is moeilik genoeg.

Ouers, dink tot voordeel van julle kinders. Dit is hulle toekoms. En die wereld verander voortdurend. Ons weet nie wat die toekoms inhou nie. Geld en ja, selfs grond, kan weggeneem word, maar n goeie opvoeding kan niemand wegneem nie. Kry die beste vir jou kind. As jy seker Oranie is die pad vorentoe – dan kry n geskikte kwalifikasie. Vir die res – kyk maar wyer.

mamsie ·

Eks n baie bekomerde enkel ma.. En Met als wat nou in die land aan gaan. Als wat afgebrand geplunder en besteel word. Al die geweld. Moorde ens.. as dit so aan gaan gaan daar niks meer oor wees nie. ons probeer ook maar net altyd sterk bly en sterk staan. Maar bewe van bang hier binne ons.. sien enige iemand ons Afrikaans sprekendes dit doen wat hulle doen? Al het ons almal nie so baie geld nie.. al sukkel baie van ons. Dis net nie hoe ons Vader ons geskape het nie… Wat gaan gebeur as als in mekaar val. Na ons land heeltemal op die grond le soos Botswana.. dis waneer ons kinders sal moet opstaan en hulle ons moet help om die land weer op te bou..

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.