Nuuskommentaar: Neem Islam oor?

islam_christianityTeen 2070 gaan daar wêreldwyd meer Moslems as Christene wees, aldus die Amerikaanse Pew-instituut. Volgens ’n ondersoek van dié instituut is dit nie weens grootskaalse bekering tot Islam nie, maar omdat demografiese faktore soos meer jong mense in Islam se guns werk.

Die ondersoek toon ook aan dat Indië, hoofsaaklik ’n Hindoe-land, Indonesië as die land met die meeste Moslems gaan verbysteek.

Pew wil nie graag sy kop ver uitsteek oor die stand van die Christendom in China nie, juis omdat ’n groot deel van die Chinese Christene van huiskerke gebruik maak en data moeilik bekombaar is, maar ook omdat China dalk sterker teen Christene kan optree. Tog word gemeen dat die einde van die skouspelagtige groei van die Christendom in China nie gou gestuit gaan word nie.

Trouens, waar die Christendom in hoofsaak ’n godsdiens van Europa en Noord-Amerika was, dui tendense daarop dat Afrika, Latyns-Amerika en Asië daardie rol kan oorneem. Pew meen dat waar ’n kwart van die Christene nou in Afrika suid van die Sahara woon, dit teen 2050 vier uit elke tien kan wees.

Waar Moslems nou ses persent van Europa se bevolking uitmaak, meen Pew dit sal op sowat tien persent stabiliseer omdat die Moslems waarskynlik by Europa se neiging van kleiner gesinne sal aanpas.

Teen 2050 lyk dit of die aantal Christene van 2010 se 2,17 miljard tot 2,92 miljard kan toeneem, terwyl die aantal Moslems van 1,6 miljard tot 2,76 miljard sal toeneem.

Die studie erken dat faktore soos epidemies en rampe die projeksies kan beïnvloed.

’n Ongemaklike vraag is natuurlik ook hoeveel mense, wat soos pionne onder spesifieke godsdienste ingedeel word, werklik nog gelowig is? Na Wes-Europa is al as ’n post-Christelike wêreld verwys. Van die Europese koerante het na afloop van die huidige Paastydperk genoem dat kerke in Nederland nog nooit so leeg was as juis nou nie.

Dit is ook nie net fundamentalistiese Christene wat dikwels met afsku reageer op alles wat onder die vaandel van godsdiensvryheid in die Christelike of post-Christelike wêreld gebeur nie. Ook Islam neem waar hoe pornografie, aborsie, en selfs godslastering (ook teen Islam) onder die vaandel van vryheid beskerm word, en smeer dit op die Christendom se brood.

Vanuit ’n sekulêre hoek bekyk is die groot vraag, tot watter mate die veranderende godsdiensdemografie wêreldvrede gaan beïnvloed, nie ’n kwessie van blote getalle van Islam en Christene nie, maar hoe sterk die radikale elemente binne Islam gaan groei.

’n Nederlandse rubriekskrywer het onlangs geskryf die rede waarom soveel jong Nederlanders uit die land wegglip om in Sirië en Irak aan die kant van die IS te gaan veg, is omdat Nederland nie meer volksideale stel nie. Nederland is egter nie die enigste land waar jong mense wegglip nie. Pas is berig dat’n 15-jarige meisie van Suid-Afrika onderskep is terwyl sy op pad was om by IS te gaan aansluit.

Organisasies soos Al-Kaïda, IS, Al-Shabaab en Boko Haram wat uit die nieu-Salafisme van Islam se Soenni-vertakking ontstaan, is egter nie al element wat tot radikalisme neig nie. Op die oomblik geld daar nog internasionale sanksies teen die Sjiïtiese Iran, hoewel dit lyk of ’n tydperk van groter normalisering kan aanbreek nadat ’n ingewikkelde konsep-ooreenkoms met die land oor kernontwikkeling bereik is. Iran bly steun egter die bewind van pres. Bashar al-Assad in Sirië omdat Assad tot ’n minderheid behoort, die Alawiete wat ook ’n vertakking van die Sjiïete is. Assad word ook gesteun deur die Libanese Sjiïtiese beweging, Hizbollah, wat in niemand se boeke ’n gematigde organisasie kan wees nie.

Hoewel daar nou wydverspreid konflik in die Midde-Ooste is, is dit meestal tussen Moslem en Moslem, en wie teen wie veg word dikwels in politieke binnekamers besluit. In Jemen het ’n groep Soenni-lande saamgespan om Sjiïtiese opstandelinge onder die knie te probeer kry. Iran is baie ongelukkig oor hoe die Sjiïete nou genadeloos aangeval word. In Irak was dit in hoofsaak Soenni teen Soenni tot die oprukkende IS te naby aan Sjiïtiese gebied begin kom het.

Die hartseer is dat daar dikwels antieke, en selfs taamlike groot Christen-gemeenskappe woon wat in die proses die spit afbyt. Irak het reeds meer as die helfte van sy Christene verloor en baie van Sirië se Christene is ook op die vlug.

Uit hierdie radikale Islamitiese groeperings word ook terreur teen die Weste beplan. In Boston moet die jurie nou oor die lot van die vermeende Bostonse marathon-bomplanter beslis. Die aanval op Charlie Hebdo is nog vars in die geheue.

Binne die Christelike wêreld broei dit ook. Terwyl die een Amerikaanse deelstaat na die ander dagga wettig en daar min of meer geen haan daarna kraai nie, word ’n groot lawaai in die media gemaak oor deelstate soos Indiana wat “godsdiensvryheidswette” aanneem. Die doel van hierdie wette is onder meer om Christene ook geloofsvryheidskeuses te gee sodat hulle nie vervolg word omdat hulle weier om aan praktyke mee te doen wat teen hul godsdiensopvattings indruis nie.

Op die oomblik word ’n Amerikaanse kapelaan, Wes Modder, vervolg en kan sy werk en pensioenvoordele kwyt wees omdat hy sekere opvattings huldig en hom daaroor uitspreek wat hy as Bybel-gefundeerd beskou. Hy spreek hom byvoorbeeld teen voorhuwelikse seks uit. Altesaam 35 kongreslede het ’n brief aan die vloot gestuur om daarop te wys dat die kongres maatreëls goedgekeur het om kapelane toe te laat om vrylik die oortuigings van hul kerkgenootskap te kan verkondig.

Die opsommende vraag is eintlik of Christene onder godsdiensvryheid die reg het om Christus in al sy weë te volg, of slegs die weë wat ’n sekulêre gemeenskap hom toelaat? In Suid-Afrika kan ’n mens maar dink aan die onmin oor optrede teen ’n verpleegkundige wat weens haar godsdiensoortuigings geweier het om aan aborsiepraktyke deel te neem. As daar ’n vertoning van ruggraatloosheid is, sal daar ’n aantrekkingskrag bly vir diegene op soek na vaster wortels, en ’n aantreklikheid in Islam gevind word.

Fundamentalistiese Moslems sal ook met afkeer kyk na die sedelike verval in die Weste wat skynbaar met ruggraatloosheid verband hou.

En in ’n wêreld waar die Christendom ’n minderheidgodsdiens teenoor die Islam is, kan die wêreld baie anders daaruit sien, tensy die radikale Islam se invloed sterk beperk word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Rynhardt ·

Ons moet een ding mooi verstaan! Daar het reeds 90% van Bybelse profesie invervulling gegaan! SA en die wereld is in die laaste 10% fase! Die wereld is in n finansiele gemors waaruit hy nie gaan kom nie! Dit was alles beplan en geskep deur die Nuwe wereldorde (n satanistiese sisteem) en die wereldleiers (sy dinsknegte).Openbaring 13 en 17 verwys na die 10horings! Dit beteken 10europese nasies gaan die Heilige Romeinse Ryk vorm en Duitsland gaan hulle lei! Tans bestaan die Europese unie uit 27lidlande, maar hulle is in n finansiele krisis en korrup! Dit beteken dat die markte gaan in die nabye toekoms val en daal tot 10, wat ooreenkom met Bybelse profesie! Die Bybelse benaming vir dir Duitsers is die Assiriers! Daniel 11:40 spel die begin van die Derde wereldoorlog uit! Baie mense weet dit nie eens nie, maar nou weet hulle dit! Dit spel uit dat die koning van die Noorde (Duitsland en die Heilige (bose Ryk) gaan bots met die koning van die Suide (dit is Iran)! Hierdie is n 2000jaar oue voorspelling deur die Here aan die profeet Daniel! Die geskiedenis ondersteun ook die woord dat Duitsland en die Heilige Romeinse Ryk n bloedige geskiedenis het van meer aa 1500jaar! Twee groepe profesiee wat mekaar merkwaardig ondersteun! Die Here moet ingryp in die Derde wereldoorlog om sy koninkryk te kom vestig! Hoe weet ek dit? Mattheus 24:21-22 spel dit uit! Hy moet ingryp en die dae verkort anders gaan geen vlees meer bestaan nie, m.a.w. daar sal geen mense en diere wees as Hy ingryp nie, want kernwapens sal alles vernietig! Dit is die mees fantastiese boodskap wat kerke nooit uitgedra het nie.Dit is op rekord dat die wereldraad van kerke deur die nuwe wereldorde beheer word, en die nuwe werekdorde beheer alles tans in die wereld! Dit is verkeerd dat daar teen 2070 meer moslems gaan wees as christene, want die derde wereldoorlog is baie naby as wat ons besef!

Jan ·

Rynhart, jy kan nie dalk vir ons ‘n dag en datum gee nie, dit sal baie help !

Nico ·

Assirië die Bybelse naam vir Duitsland???? Wie het dit uitgedink.

Rynhardt ·

Jan, ek kan nie n dag vir jou gee nie, maar kan wel vir jou se dat die markte gaan tussen 2015 of 2016 tuimel! Verskeie Amerikaanse eksperts het aan Alex Jones (amerikaanse omroeper)reeds in 2015 bevestig dat Amerika nie ekonomies kan herstel nie! Amerika skuld $15triljoen waaruit hy nie kan kom nie! Gerald Celente, top Amerikaanse finansiele raadgewer het aan Alex Jones die volgende gese:”Maatreels is reels in plek om Amerika oor te neem , wanneer hy induie stort sodat hy oorgeneem kan word! Jou geld gaan nie eens veilig in banke wees nie! Geldgierige bankiers gaan dit gruip.”Hierdie inligting gaan die liberale ekonome en die “dinosaurus-media”in SA nie vir jou uitspel nie! Die indruk word gewek dat SA en die wereld is op die regte pad en almal gaan met opgestopte beursies loop! Dit is wensdenkery! Van die begin in April 2015 het Amerkaanse troep Texas oorgeneem.Alex Jones het bevestig dat die doel is om die opregte, amerikaanse patriote uit te vat en die res van Amerika oor te neem, sodat hy geen bedreiging vir die een wereldregering kan wees wat uit Europa moet kom nie! So ons sien n rewolusie dreig in VSA en die val van markte word beplan om Amerika heeltemal te neutraliseer! Hierdie inligting versuim die SAUK en Kyknet om vir Afrikaners uit te spel! Interessant ne, maar skokkend! In my navorsing het ek bevind dat die Europese Unie lankal deur die nuwe wereldorde gestig is vir sy een wereldregering! Die nuwe wereldorde het die derde wereldoorlog n 130jaar gelede beplan, terwyl die Here dit 2000jaar gelede(soos reeds genoem) voorspel het!Die profete en antieke skrywers het die Duitsers die Assuriers genoem! Net iets interssants.Gedurende Bybeltye het selfs Abraham gebots met die Assiriers! My raad vandag aan persone is om nie beleggings of eiendom te koop nie; want wanneervdie markte val gaan jy alles verloor! As die markte jou nie gaan kry nie, gaan die Anc se Vryheidsmanifes Dit spel uit dat blankes van hul eiedom, onteien moet word! Daar is reeds 13000 plase in die mark van boere!Ek wil net die volgende uitspel! Die nuwe wereldorde beheer die volgende:alle weredleiers, die wereldmedia; die Verenigde nasies, Wereldbank, Wereldraad van kerke, Hollywood en die pous! Nou kan ons sien hoe ver hierdie bose sisteem se invloed strek!

Gideon Roos ·

Ek het lankal ophou luister na fundamentalistiese “conspiracy theories”. Dit is nie vir ons om te probeer bepaal wanneer die wêreld tot ‘n einde kom nie. Dit is nie ons plek om te besin oor wat reg en verkeerd is nie. Ons is almal onvolmaak en het dus geen reg op sulke sake nie. Ons moet slegs lewe volgens die boodskap wat God en Sy Seun verkondig: Hê God bo alles lief, en lief jou naaste soos jouself.
Hou jou verhouding met God reg, en wees in afwagting vir die dag dat jy Hom ontmoet, hetsy dit weens jou afsterwe is, of Sy koms is.
Lewe na die beste van jou vermoë, maak elke dag God trots oor jou en die talente en gawes wat Hy jou geskenk het.

Rynhardt ·

Gideon Roos , dit gaan nie oor “conspiracy theories” nie! Jy leef in ontkenning en verstaan net nie die woord nie! Die Bybel se hoofstukke verteenwoordig al die verskillende dekades en het nou sy punt bereik! Die hoofstukke openbaring, Daniel11:40 en Mattheus 24:21-22 het almal betrekking op die eindtyd! Die Bybel is 100% akkuraat en daar is geen boek in SA of wereld wat dit kan klop nie! Jy is n gelowige of jy is nie! Ek weiwr om mwt toe oe deur die lewe te gaan! Jerome Corsi is n skrywer, ekonoom en poltieke wetenskaplike wat op 7April2015 die volgende aan Alex Jones gese het:”Net n formaliteit voordat die Europese Unie gaan skeur! Obama is n moslem en eet tans uit die hande van die nuwe wereldorde!” Die Duitse intelligensie het al vir jare al sy strategie meesterlik beplan vir Iran en tans raak die midde-Ooste al hoe meer onstabiel ,en dit gaan Europa begin bedreig! Ek vat enige dag en ryd my kans met die Woord!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.