Nuuskommentaar: Net te wit, of net te swart

ras-regstellende-aksie-race

Argieffoto.

“Onnies in voormalige model C-skole te wit,” sê DG. So lui vanoggend se hoofopskrif van Volksblad.

“Zwarte school nog niet zwart genoeg,” lui die opskrif vanoggend in die Nederlandse koerant Trouw. Lesers word ten sterkste aangeraai om die skakel hierbo te volg en die artikel te lees.

Dis nie ’n artikel wat uit die lug gegryp is nie en gebaseer is op die navorsing van Orhan Agirdag en Michael S. Merry, dosente aan die Universiteit van Amsterdam.

Dit handel daaroor dat leerlinge van kleur in Nederland verkies om na “zwart” skole te gaan. Die onderwysers en bestuur is egter nog dikwels wit, of “te wit”.

Onder hul belangrikste bevindings is dat hierdie “zwarte scholen” gemiddeld presies dieselfde akademiese uitkomste bied as die “wit” of gemengde skole.

Dis nou afgesien van die Hindoe- en Moslemskole wat die reputasie van uitstaande skole dra.

Tog is daar probleme. Die onderwysers, leerplanne en uitkomste is Eurosentries gerig en maak nie voorsiening vir die kulturele bydraes van hierdie swart kinders nie. Voorts is daar geen voorsiening vir hul moedertaal nie, en word hulle soms selfs verbied om hul moedertaal te praat. In plaas daarvan dat meertaligheid by hierdie kinders as bate beskou word, word hulle in die konteks beskou van ’n taalagterstand (terwyl hulle Nederlands onder die knie kry).

Dit is onmoontlik om die ganse artikel se inhoud te bespreek, maar dit wat uitgelig is manifesteer hom in ander gedaantes in Suid-Afrika.

Kyk maar hoeveel ontledings en kommentare is al in Suid-Afrika geplaas sedert die hare-debakel by ’n paar skole oorgekook het. Eurosentrisme het duidelik onder skoot gekom, en leerlinge het gekla dat hulle deur onderwysers neerhalend aangespreek is omdat hulle hul moedertaal byvoorbeeld op die skoolterrein praat. Of die regte antwoorde al gevind is, sal nog gesien moet word.

Aspekte hiervan manifesteer ook op universiteitsvlak waar onluste teen hoë koste skynbaar van een universiteit na die ander aanrol in afwagting van ’n landswye protes. Weer eens kom Eurosentrisme sterk onder skoot, ’n aspek wat van die VSA af oorgewaai het waar die dominante posisie van die tipiese lewensbeskouing van die wit Amerikaner onder skoot kom en uitgedaag word.

Natuurlik het die situasie in Suid-Afrika heeltemal verdwaal en selfs gek geword. Terwyl Eurosentrisme onder skoot kom, en Afrikaans sommer ook op die koop toe, word Engels as lingua franca gebruik. Is daar ’n meer imperialistiese en Eurosentriese taal as Engels?

Die gekheid van die situasie blyk onder meer daaruit dat studente gister die rektor van Ikeys, dr. Max Price, tydens ’n sitting van die komitee wat aanbevelings oor klasgeld moet doen, as gyselaar geneem het. Daar sal wyd gesoek moet word na ’n definisie wat dit nie ’n misdaad, en ’n baie ernstige misdaad daarby, maak nie. Onder meer is geëis dat ander studente wat weens hul dade van rampokkery in aanhouding is, vrygelaat word. En dan klink die stem van ’n vrou op TV op: “We are not criminals.”

Nou wat dan?

Hoeveel toegewings moet gemaak word voor die vandale se “not criminal”-aksies gestaak sal word, en universiteite daarop sal kan konsentreer om plekke te wees waar mense deur harde werk en groot opofferings kwalifikasies verwerf?

Moet selfs, gedagtig aan die hooggeregshof se uitspraak teen Kovsies se verengelsingsbeleid, die Grondwet opgeoffer word ter wille van mense wat geen ontsag het vir lewe en eiendom nie?

En presies wat is “swart kultuur?” Ja, daar is raakvlakke tussen die verskillende swart kulture, en in die huidige situasie word hierdie raakvlakke uitgebrei en eintlik ’n nuwe kultuur geskep. Kulture in transito neig om ook anti-kulture op te lewer, en die afbrand van biblioteke en motors tel seer sekerlik onder die anti-kulture. Om hieraan toe te gee is soos om tikbendes op die Kaapse Vlakte hul sin te gee.

Om die Grondwet te skend ter wille van anti-kulture grens aan hoogverraad.

Nie dat alles tot anti-kulture gereduseer kan word nie. In baie gevalle speel persepsies wat warm gebroei het ’n belangrike rol, en dit gaan nie sommer opgelos word solank kleur as die prima van onderhandeling gebruik word nie.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

13 Kommentare

Sterkte ·

Baie sterkte Europa, julle gaan nou die “demand” kultuur van sekere groepe begin ervaar, en so gaan hulle verstaan waarmee ons so lankal sukkel.

Kobus ·

Goeiemore Herman, jy kan tog gerus my kommentaar onderaan Leopold Scholtz se skrywe “Daar is belangriker goed wat saakmaak”, van gister se datum gaan lees.

Geen stop ·

Nederland, julle kan by ons leer hieruit. Hierdie is die begin. Julle skole, werkplekke, wokngebiede, universiteite, regering, anderand tot kerke gaan eers swart genoeg wees na die laaste wit persoon daaruit geskop word. Hierdie proses het geen einde nie.

Kammaland ·

So begin regstellende aksie en n hele nuwe wereld van omgekeerde rassisme.

John ·

So draai die wiel. Maar dit gaan ons nie help om bly te wees dat Europa ook nou die probleme aan die eie bas voel nie. Die man wat aanvoer dat daar nie meer dapper helde oor is nie, is reg. Ons is weer terug aan die begin der dae toe ons Hemelvader besluit het om die’ ongeordende wesens op aarde op te voed en reels daar te stel om hulle te rig en te kalmeer om verwoesing te verhoed. Die mensdom is buite beheer. Wie is nog dapper genoeg om te se: Dis nou genoeg. Stop. Nee. Dit is die reels. Hou daarby of loop… of… Ons dans om die goue kalf en skreeu ten hemele vir meer… meer… gee nou dadelik… of…

Ivor ·

@ Johan. Amen! Die Liewe Here is steeds in beheer! Mag SA se huidigge heersers hulle bekeer en die Lewendigge God aanbid en na Sy wil vra.

Loos ·

Die oplossing is eenvoudig. Moet eenvoudig nie jou land verlaat waar die skole heeltemal uit jou eie mense bestaan nie. Waarom wil julle tog na wit Nederland gaan as julle nie wit onderwysers wil he nie?

Kaspaas ·

Dit is ook maar net sekere nasies wat dinge kan opbou, ander trek maar net agterna en breek dan af.

Jean ·

Hoe gouer europa die ‘demand’ kultuur beleef, hoe gouer gaan hulle begrip vir SA toon. Vir jare het hulle ‘goedgedoen’ deur immigrante toe te laat, nou wil die immigrante die lande oorneem .. skokkend hoe vinnig dinge nou oral begin gebeur . vir lank gesmeul en skielik steek dit oral kop uit. Dis seker hoekom Trump van ‘n kant af wil begin ‘skoonmaak’ daar is baie wat hom kritiseer, maar ek glo hy het genoeg ondersteuning juis agv die feit dat immigrante en rondlopers en brandstigters en kriminele die oorhand begin kry.

Anne-marie Naude ·

Die psigologiese uitwerking van kulture op mekaar, in ‘n diverse Suid-Afrika, is ‘n area wat moontlik meer navorsing nodig het. Daar is verskeie insidente wat daarop wys dat intoleransie tussen kulture tot konflik lei. ‘n Voorbeeld hiervan is wanneer ‘n groepie, bestaande uit die meerderheid van een kultuur met mekaar gesels in die teenwoordigheid van ander, persepsies kan laat ontstaan wat dui op eksklusiwiteit of skindery. Aan die ander kant van die muntstuk word dinge al hoe meer gekompliseerd wanneer meer en meer mense kwessies in ‘n groot pot gegooi word en bydra tot meer ghaos. Suid-Afikaanse leiers moet gesamentlike waardes wat respek, verdraagsaamheid, trots en eerlikheid koester aan hul volgelinge oordra en daardeur hul dade onderstreep. ‘Waardes’ skeer alle skape onder een kamp…

Theuns ·

Almal wil ‘n opleiding he, almal wil ‘n werk he, almal wil ‘n kar he en nog baie ander goed soos elektrisiteit, huise, water ens! Virseker!! Maar niemand wil daarvoor werk nie? Nou wat nou? Die oplossing is seker om nie universiteite te herbou wat afgebrand of beskadig word nie, om vir elkeen ‘n graaf te koop sodat hy ‘n modderhuis kan bou! Gebruik tegnologie om goed met plofstof te vernietig as jou selfoon of kar gesteel word. Stuur die mense wat dan nog ontevrede is na Zimbabwe toe! Na voorgaande sal omstandighede seker reg wees vir ‘n vernietigende burger oorlog. Dit “smaak” my dit is wat almal wil he? VIRSEKER! Dankie Herman.

vytjie ·

Daar net een antwoord. Buig die knieë en bid met geloof dat God ingryp. Elkeen van ons sit in ‘n plofbare situasie. Jy kan dink: “my werk ens. veilig” Dink weer…. As jy sien hoe situasies vinnig intreë en mense se werk in gedrang kom.. is jy seker jy is veilig waar jy eienaar/baas of klaas is…. Baie hou hul hooghartig en verhewe… Is dit nie hulle wat gesinsmoord pleeg as die vloer begin kraak of dalk sommer totaal meegee nie… Die wat kinders het, vrese vir more vir werk en toekoms… Ek kan maar net weer sê raak nederig en begin werk aan jou verhouding met God.. Angs, vrese, debatte ens. Niks gaan help. God wag vir elkeen van ons om Hom aan te roep en te erken Hy is God en alleenlik in beheer.. Tans plaas ons onsself in beheer en probeer deur navorsing probleemoplossings vind… jou kennis in welke vlak gaan jou nie help sonder God nie…

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.