Nuuskommentaar: Nou maak Zuma dit maklik vir afgradering

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Met ’n afvaardiging van Moody’s in die land om oor ’n afgradering te besluit, was pres. Jacob Zuma se optrede in die parlement toe hy vrae oor Nenegate moes beantwoord, nét die verkeerde medisyne. Hy het hom weer in ’n werklikheidsvreemde kokon ingespin van waar hy lustig sy eie idees tot nadeel van die land verkondig.

Vraetyd in die parlement wanneer pres. Jacob Zuma vrae moet beantwoord, het al ’n bepaalde karakter gekry – werklikheidsontkenning, blaamverplasing, feitefoute, vaaghede en ’n gegrinnik.

Gister se vraetyd was egter besonder belangrik omdat ’n span van Moody’s in Suid-Afrika is om ondersoek in te stel of die land nog nader aan rommelstatus, of sommer tot rommelstatus self, afgegradeer moet word.

Die rol wat die president in die uitslag gaan speel, is enorm, want Moody’s lê baie klem op ’n staat se institusionele vermoë, wat aspekte soos beleidsgetrouheid en konsekwentheid insluit.

Nou nie juis Zuma se sterkpunte nie.

Die groot en onmiddellike probleem is geloofwaardigheid. ’n President wat blatant kluitjies bak en dan deur sy ontplooide beskermengel beskerm word deur die vraesteller, die leier van die opposisie, uit te jaag is nog ’n liederlike klad.

Zuma het wel min of meer ’n halwe waarheid beet as hy sê die rand was voor Nenegate aan die val, maar dat minister Nene se “onverwagse” afdanking niks tot die tuimeling wat algemeen as 9/12 bekend geword het, bygedra het nie, is bietjie wild. In die proses maak hy van bykans elke gesaghebbende ekonoom in die land ’n leuenaar – nou nie juis die soort musiek wat ’n afgradering die hoof gaan bied nie.

Volgens die hoofekonoom van Stanlib, Kevin Lings, is die jongste gebeure sedert Nenegate eintlik net die jongste van ’n lang lys van verknoeide avonture. Hy verwag dat Moody’s Suid-Afrika tot een kerf bo rommelstatus sal afgradeer. Hy meen Moody’s sal dit uitlig dat Suid-Afrika se institusionele vermoë agteruit geboer het.

Volgens die berig in Fin24 het ’n ekonoom van KPMG, Christie Viljoen, gesê die jongste gebeure toon dat enigiets in die Suid-Afrikaanse politiek moontlik is. Veelseggend meen hy die enigste goeie ding wat hieruit kan voortspruit, is dat die land ’n nuwe leierskap kry.

Daar kan nie meer twyfel wees dat daar ’n groot verdeeldheid in die ANC is nie, met talle gesaghebbende LP’s en ander ANC-bekendes wat hul geloof in adjunkminister Mcebisi Jonas se integriteit openlik verklaar. Dis in skerp teenstelling met die minagtende wyse waarop Zuma gister in die parlement herhaaldelik na “Jonas” verwys het, eerder as die protokol-aanspreekvorm van “agbare”.

Zuma se ontkenning dat die afdanking van minister Nene tot die groot verliese van die rand en die slagting op die Effektebeurs gelei het, hou die gevaar in dat hy so ’n onverantwoordelike stap kan herhaal. Tans is daar ’n sterk aanduiding dat die gebeure van 9/12 juis keer dat Zuma verder met sy kabinet maak en breek, soos om van minister Pravin Gordhan ontslae te raak, en nou baie duidelik vir “Jonas” ook suur genoeg is om hom te pos. As Zuma werklik glo Nene se afdanking hou nie met 9/12 verband nie, wat verhinder hom om weer sy presidensiële magte na sy eie sinnigheid in te span; magte volgens die Grondwet wat hy gister mildelik onder sy teenstanders se neuse gevryf het.

Dit het al afgesaag geword om te sê in enige normale demokrasie sou Zuma lank reeds die trekpas gekry het, of sommer self geloop het. Die ongelukkige feit word net daagliks meer en meer onderstreep dat Suid-Afrika nié ’n gewone demokrasie is nie. Dis te verweef met patronaatskap, elemente van kleptokrasie, konstante uitdaging van die gesag van die howe, en deesdae terme soos Zumakrasie, Guptakrasie en Zuptakrasie.

Kortom, om van Zuma ontslae te raak sal tot ’n reuse-inploffing van bedenklike belange lei.

Algaande word die prentjie egter geskets dat Zuma gaan val as hy nie homself tot ’n soort seremoniële president reduseer nie. Zuma kan bykans enigiets in eie geledere vergeef word, maar skynbaar is sy Guptabande vir net te veel rolspelers in die ANC ’n té groot hap om gesluk te kry.

Tans lyk dit of Zuma vas glo dat hy ook hierdie krisis gaan oorleef, en steeds sal kan maak en breek soos hy wil.

Maar nie alle waarnemers is so seker nie, en daar is selfs diegene wat meen Zuma kan reeds die naweek nie meer president wees nie wanneer die NUK oor die kwessie moet besluit. Ander voorsien ’n langer proses, wat ongelukkig negatief op Moody’s se beoordeling gaan inwerk.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Karma ·

Ek ook – diep in my hart (en sak) sal dit my (ons almal) seermaak, maar wat is die gesegde van “eers deur die smeltkroes gaan ….”? Dit sal eers slegter, baie slegter moet gaan met SA voor dit beter, BAIE beter kan gaan. Die ANC se kruik het baie barsies in, wat nou in al hoe groter barste omsit en wat op die ou einde die kruik in duisende stukke laat spat.

Thuunda ·

So sleg as wat ‘n afgradering klink, en so negatief as wat die onstuitbare effek sal wees op alle landsburgers, MOET ‘n afgradering net eenvoudig plaasvind sodat hierdie mag wat die ANC op SA het gebreek kan word. Hopelik uit die chaos kan ons ‘n nuwe “deal” uitwerk tussen almal met die oog op selfbeskikking. Maar dinge gaan nie mooi lyk on die land na die effekte van ‘n afgradering begin deurskemer.

Hendrik ·

Ia ‘n afgradering amper dieselfde as ekonomiese sanksies? Dalk nie offisieël nie, maar tog straf die wêreld ons regering so bietjie né?

Herman ·

Ek hoop nie n afgradering kom nie, dit sal slegter dan gaan. Ek hoop na die naweek is Zuma gefire en dat iemand met bietjie meer breins dinge kan probeer beter maak. Maar ek het ook nie vertroue in n swart regering en swart prezi nie. So dinge
lyk maar donker vir ons.

Muysvogel ·

Herman, jy probeer om gelyktydig op twee stoele te sit. Afgradering tot rommel is presies wat die RSA tans is – GEMORS!

Wat-ek-lees ·

Wanneer jy in die Duitse klas op hoërskool aangejaag het het die onderwyser gesê: “Jy swem soos ‘n klip en duik soos ‘n kurkprop”. Tipies Zuma.

Theresa B ·

Ek kan nie verstaan hoekom hy nie uit die stoel gelig kan word nie. Liewe hemel hy breek ons land tot op die grond af………………………….

Oupa ·

Wel, Mugabe het sý land lankal tot rommel gedryf, en hy sit nog stewig in die saal ná hoeveel jare. Ek reken dis omdat hy ‘n Westerse stelsel gebruik om ‘n Afrika-karakter in stand te hou. Zuma doen dieselfde.

TTh ·

Hoe langer Zuma en die ANC/SAKP aan bewind bly hoe groter die inploffing:
SA se regering (Zuma) is krimineel en algemeen onbevoeg
SA se arbeid is te duur (danksy vakbonde se inmenging en vergryping)
SA se arbeidproduktiwiteit is ver onder 50%
SA se vervaardigingsbedryf is ver onder vermoe
SA se interne sekuriteit is gevaarlik laag (misdaad is buite beheer)
Dit is soos ‘n rommelhoop (asgate) – Die Moody span het eintlik geen keuse nie … !!!

TvA ·

Waar is die wonderlike grondwet wat Zuma se vergrype moet keer? Toe nie so wonderlik as wat ons destyds wysgemaak is nie!

KP ·

Ek hoop Moody gradeer ons sommer twee plekke af tot rommelstatus. Dit moet nog eers baie slegter gaan voor dit gaan beter raak.

AvrilS ·

As die geagte Zuma, met ‘n uiters lae kwalifikasie, almal in die regering kan manipuleer, watse IK het hulle dan almal wat daar sit. ?

Anny ·

Wat ek nie verstaan nie is dat die man nog nie in n sluipmoord dood is nie. Dit was in die magtige VSA peanuts om te doen en selfs al hier met Verwoerd maar hy loop rond soos n pronkende pou en lag vi almal. Sekuriteit in ons geliefde landjie is dan juis so power

Ant Whit ·

Hierdie sirkus sal slegs op n eide kom as daar n bewinds verandering plaasvind Die regime gee nie n flenter om of n afgradrring plasvind al dan nie onthou die mense wat JZ beserm her hul.poste ann hom en die guptas te danke.

Dawie ·

Ek persoonlik dink dat n afgradering nie eers hierdie klomp narre se oe sal oopmaak nie.Hulle gaan ons in die grond in ry tot ons almal kripeer.Hulle prop nog steeds die ou sakkies vol tot daar niks maar niks meer oor is nie.As ons ou
Hoofnar nie eers self wil loop met al die nonsens nie Sal hy seker noir loop nie. Sieklike tragedie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.