Nuuskommentaar: Nou moet ons positief bly

SAvlag

Suid-Afrikaanse vlag. Argieffoto.

Gaan elke vorm van die uitlewing van groepsidentiteit, en veral die afweer van die bedreiging daarvan, nou so verkeerd wees dat dit rassisties is en Hitler sou ondersteun? Iewers moet tog ’n fatsoenlike middeweg wees, al word die indruk gewek dat enige sweempie van ’n groep wat die rug styf maak eintlik van die bose is.

Suid-Afrika herinner aan ’n kankervegter wat daagliks nie net teen die kanker wat aanslag op aanslag op hom van stapel stuur die hoof moet bied nie, maar dit ook so doen dat sy gesin en ander naasbestaandes bemoedig bly. Hy weier om as ’n kankerlyer beskou te word – hy wil ’n vegter wees – en put sodoende baie van die energie wat nodig is om ’n kans te staan om te oorwin.

En natuurlik het hy die grootste begrip vir diegene wat so hard geslaan word dat hulle nie anders kan as om kankerlyers te wees nie.

Ja, bitter baie mense in Suid-Afrika se moed word gebreek. In hul besluit om die land te verlaat sal hulle dikwels aandui dit is ter wille van die kinders … kinders wat dikwels heel gemaklik geprogrammeer is om sielkundig te kan oorleef hier, maar ook reg is vir ’n avontuur anderkant die groot waters. En danksy ’n magdom sosialemedia-bronne nog mildelik kontak met vriende het.

Maar wanneer loop verantwoordelikheid en werklikheid so ineen dat die besluit om te bly eintlik aan ’n soort heldedaad grens? Tans word berig oor ’n moontlikheid waarom ’n bekende Bloemfonteinse sakeman koelbloedig naby sy motor doodgeskiet is. Dit blyk dat die sakeman, bestuurder van ’n hospitaal, geweier het om R10 miljoen omkoopgeld met ’n transaksie te betaal. Die omkoopgeld sou lisensies vir uitbreiding tot gevolg gehad het.

Ja, so iets kon oorsee ook gebeur het, en talle van die Amerikaanse TV-speurreekse is geskoei op sulke “voorvalle”. Maar dis erg as die omgewing om jou tipies Mafiawêreld word. Die hoofverdagte mag dalk erg amateuragtig met die skietery opgetree het, en gaan nou volgens alle aanduidings aan die pen ry, maar die sakeman is reeds dood.

By ’n moskee in Durban is ’n bom gevind kort nadat iemand daar vermoor en die imam aangeval is.

’n Provinsie word onder administrasie geplaas, te midde van bewerings en skynbaar ’n oorvloed bewyse wat ook die vorige president betrek, van onder meer korrupsie, bedrog en onbevoegdheid. Die premier wat onder skoot gekom het, word egter sterk deur die meerderheid in die ANC-strukture gesteun.

Uiteindelik het die Orakel van Stellenbosch ook ’n stuiwer in die armbeurs gewerp met ’n brief aan Netwerk 24, en waarin hy soos talle ander Afrikaanssprekendes AfriForum looi oor dié organisasie se oorsese veldtog wat nie net meer selfrespek bring nie, maar dalk lewens kan red.

Die Daily Maverick ondersteek as’t ware die Suid-Afrikaanse tragedie deur die DA-parlementslid, Belinda Bozzolli, aan te haal met: “Luister na die parlementêre begrotingsrede en ween.”

Dit is vandag die begrafnis van ‘n legendariese stoeipromotor van Bloemfontein, Willie Grové. Hy het egter nie net in die skadu van Bull Hefer gestaan nie, maar van stoeiers soos Jan Wilkens, Tarzan Jacobs, Percy Hall, Vrystaat en heelwat ander. Enige skrywe oor Grové het dus noodwendig ’n draai by die grotes gaan maak, en uit lesersreaksie is dit duidelik dat ’n groot nostalgie hulle oorval.

Dis ’n era wat by manne soos Manie Maritz begin het, en die Skilpadsaal in Pretoria en die Bulsaal in Bloemfontein gereeld laat brul het.

Dit was vermaak, en het groot getalle Afrikaners gereeld weggevoer van die omstandighede wat sekerlik nie veel verskil het van die huidige wat nou tot ingrypende besluite oor “die land verlaat” lei nie.

Dit sal wonderlik wees as die Afrikaanssprekende weer ’n aktiwiteit van samesnoering op die vermaaklikheidsfront kan kry. Soms is ons naby, soos groot saamtrekke aan die voete van Steve Hofmeyr “in die bos”. Maar dit word bederf deur die sing van die Stem, ’n nieverbode lied waarvan ’n deel in die volkslied opgeneem is.

Maar dalk is die vlak van oorlewing nou op ’n ernstiger noot as toe gesinne lekker opgewarm tuis gekom het, vol bewondering vir die volstruisskop waarmee Frikkie Alberts (Vrystaat) daai Duitser droomland toe gestuur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

t ·

Hoe op dees aarde kan die sing van die Stem die samekoms bederf?

humor ·

Ek weet nie of die hoofopskrif so paslik is nie want dit spreek eerder duidelik dat dit te laat is om positief te wees. Ja maar t.s.v. dit sal ek tog bly. Dit is seker omdat ek al so halfpad oor die muur is. Kan ons jongmense met die ideaal vir n suksesvolle, sinvolle lewe kwalik neem as hul anders dink?

Elize ·

Ek is in die onderwys en sien dit daagliks. Ons moet nie ons jeug onderskat en dink hul is oningelig nie, hul is, en die stand van sake plaaslik plaas ‘n erge demper op gemoedere met tye. Soveel van my leerders wil na hul studies eerder hul heil in ‘n ander land gaan soek. Nog so jonk en mens kry alreeds die gevoel hul het handoek ingegooi op ons pragtige land. Dit is egter rede tot kommer. Hierdie is juis die mense vorentoe ons land moet stuur, nou loop ons die gevaar dat ons hul gaan verloor. Maar ek kan hul nie blameer. Ons land het ons jongmense gefaal omrede ons hul nie hoop kon gee.

Boerboel ·

Die sing van Die Stem is juis die hoogtepunt! Alle eer aan Steve. Puik artikel andersins.

Herman Toerien ·

Ek het die ou Volksliedkwwessie reeds verskeie kere behandel, en hier bloot ‘n empiriese opmerking gemaak. Die afleiding dat ek sou meen die lied is verkeerd, is verkeerd.

Reguit ·

Sekere tipe mense sal altyd die “sing van Die Stem” afmaak, afkraak en vertrap – so as of dit iets is wat húlle liberale lekker-voel kumbajaa la-la-land se wonderlike reënboog droom “benadeel” of “bederf”. Sulke tipe stellings is niks anders as ‘n harde klap in baie mense se gesigte, en sal hulle slegs help om die land vinniger te verlaat – soos tienduisende mense dit reeds elke jaar doen. Mooi so. Hou so aan.

Bul ·

Op aandag gestaan as daai lied gespeel het en daai vlag gesalueer as hy gehys word, twee keer wapen gedra in Angola vir daai lied en vlag. Het geantwoord op sy roepstem en was bereid om te offer sou hy daarvoor ook gevra het. Daar is net een vokslied en een vlag……

Liberaal ·

Diversiteit is belangrik… maar so ook moet ons almal dwing om ons liberale siening aan te neem, om net Engels te praat, on in niks te glo nie, so dan is geloofsdiversiteit seker nie belangrik nie, of, ek raak nou deurmekaar, wat se ons liberales se reels nou eintlik oor diversiteit? De Klerk, Max, enige idees?

Albaster ·

Dit is jammer dat die massamedia probeer om die massas te breinspoel dat volksidentiteit gelyk is aan ekstremisme, maar ons sal nie daarvoor val nie.

Afrikaanse Knaap ·

Ek sing eerdie die stem as om vir hoof voorvader Nkosi the vra om Afrika se seen.
Ek gaan nie meer belasting betaal aan hierdie regering wat my en my mense diewe noem nie.
Politikuste gaan aan en aan oor die seer van grond wat weg geneem dekades terug, maar se niks oor die seer van babas, vrouens, kinders, mans, boere wat uitgemoor en weg geneem word nie.
Ek verloor eerder my plaas 10 keer oor voor ek ‘n geliefde verloor. Dis ware pyn.
Ek is oppad uit SA.

Reguit ·

Hallo Liberaal hierbo. Kom ek help jou om te verstaan hoe dinge in liberale Azanië werk. Jy moet divers wees – behalwe wit natuurlik. Alles is OK behalwe wit. Diverse tale moet jy praat – verál Engels, maar Afrikaans is verbode, want Afrikaans klink darem maar té wit – en dit is nie ‘divers’ genoeg nie. Jou godsdiens móét die links-liberale beginsels van “vryheid, gelykheid, broederskap, verbroedering, versoening en vermenging” onderskryf en omarm; en om in niks te glo nie (ateïs) sal eintlik die beste posisie vir jou wees om in ons liberale multi-kulturele wonderwêreld in te pas. Onthou: Ons almal is “gelyk”, maar sekeres is “meer gelyk” as ander. En ware “diskriminasie” is wanneer jy teen enige een diskrimineer, behalwe natuurlik teen wit, want wit is outomaties sondig en boos, en om wit te verwerp en te vertrap is ‘n edele daad.

Liberaal ·

Reguit, jy is te reguit, en alhoewel ons liberales vryheid van spraak aanmoedig, moet dit nie reguit wees nie. Sies.

Ek stem, Reguit ·

Dankie vir ‘n bietjie waarheid, Reguit … en ou Liberaal kap jou soos die wêreld maak. Humanisme is mos nou belangiker as waarheid en dis omdat daar te veel van Liberaal en sy soort in hierdie land is, dat dit gaan soos dit gaan. Sal eerder die beginsellose spel van handevat saamspeel as om ‘n waarheidsstandpunt op te neem.
Waarom, Reguit, dink jy is dit so? Is hulle bang?
Ek vrees geen mens of mag … nie eers die duiwel en sy makkers nie, maar net Een wie my siel in die hel kan verderwe.

Oom Kalahari ·

Watter Blanke Suid Afrikaanse byeenkoms van Steve word nie ge-boikot nie. Hy is ‘n vermaaklikheids persoon en sanger en ons geskiedenis is ook in die Stem, laat hom toe as hy dit wil sing. Ander groepe sing hul liedere met geen nagevolge en waarom dan die bevoordeling.
@Herman Toerien, ja dit is aangenaam om staaltjies uit die verlede aan te haal waar dit nog met eerlikheid, waardigheid en respek gedoen was. Dit is tans hartseer en hartroerend om daagliks van al die negatiewe dinge te lees en deur te gaan soos geteikende plaasmoorde, aanvalle en moorde in dorpe en stede, roof, diefstal, korrupsie, verkragtings, vernederings, rassistiese opmerkings en aanvalle en so kan dit aangaan.
Is dit alles waarna ons na 1994 uitgesien het met die sogenaamde belofte van ‘n reenboog nasie wat na 1995 wereld rugby hemels opgehef was.ons taal, kultuur, Godsdiens, Geskiedenis word uitgevee en die blanke Afrikaner het ‘n volslae bedreiging geword en gesinne vlug land uit en Ouers word geslag soos skape. Die liberales val jou aan en oral is dwang om polities korrek te wees.
Is dit alles gegewe om positief te wees met elke dag van teistering, trane, hartseer, vrese en te moet wees…..nee dit is ‘n moeilike vraag en uitdaging.

Hendrik ·

Ek dink ons moet net die werklihede raaksien en ook herken sonder om negatief te raak. Plan moet gemaak word om die probleme uit te struik. Dit is al duideliker dat die kloof tussen wittes en swartes net eenvoudig wyer raak. In die werksplek is ons te doen met BEE en rassekwotas en by die huis veiligheid. So kan dit nie aangaan nie en dit is duidelik dat ons nou sal moet vasstaan op ons beginsels en moet reg praat, onderhandel en doen om toekomstige konflikte te vermy. Posistief sal ons bly en mense wat geimigreer het het nie die wegoopgesien nie om voorgenoemde te doen. Ons het regtig geen keuse meer nie.

Rynhardt ·

Ek is jammer,maar ek kan in SA nie positief wees nie.My mense word stil, stil uitgemoor in 24 jaar!In SA mag ek as n blanke nie n toekoms he nie,my kultuur mag ek nie uitleef nie!Afrikaanse skole mag nie floreer nie.Diskriminasie word verder geondersteun deur DA en EFF!Waaroor moet ek positief wees in SA??Ek vra weer,waaroor moet ek positief wees???Daar is niks meer vir my in SA nie!Ek voel meer soos n “alien” van n ander planeet!?????????????????????????????????????????

Eish ·

Die heldedaad om te bly en n bestaan in die kankerbestuurde helhool uit te beitel dink ek is eerder gebasseer op die feit dat ek nie kan loop nie. Dit is die werlkikheid. Uitgeteer, en verarm deur die voortdurende golwe van verrotting en pes, is emmigrasie n onbekostigbare hersenskim. Die wat kan loop en dit nie doen nie, leef in n selfgeskepte werklikheid van ontkenning wat net solank gaan bestaan as die fonteintjie wat dit voed. Familiebande is seker die sterkste hiervan en liberalisme, die ongeskikste.
Indien minderheidsregte sy waardige plek kon inneem in die bestel, sou omstandighede grootliks boubaar kon wees met n toekoms in sig wat met verantwoordelikheid nagestreef kon word.
Nou moet ons n Kain’s bestaan voer en ons merk is boonop verwyder, wat ons kroonwild maak.
n Groot maatjie is verlede week toe in kennis gestel deur die Nasionale hospitaal in Bloemfontein, dat die massa in haar ingewande vergroot het ten spyte van 80 chemobehandelings en n paar operasies oor n dekade heen.Ons kan niks meer vir jou doen nie…
So, geniet die blomme in die tuin, die koel aandbriesie en die liefde van familie en vriende…

Chris ·

So asof plaasmoorde nie genoeg is nie moet ons nou volksselfmoord pleeg sodat ons godsdiens, taal en kultuur nie moet aanstoot gee nie.
Jy weet seker waar jy daai R42 se boksie metjies kan gaan bere meneer.

Paul ·

Ek het jare gelede, na ek afgedank en gefire is oor SEB, my hart in die media uitgestort, hoe ek op ‘n onmenslike manier uitgewerk is , terwyl ek een van die top presteerders was, maar ongelukkig wit. Dit was my terapie, vir ‘n tyd. En vandag?

‘n asempie, minder, gestroop.

Oom Kalahari ·

@Paul, daardie werklikheid het menige blanke mans aangeraak en ons is deesdae trek arbeiders van land tot land. Meniges sit in squatter kampe met baie ondervindinge, maar word weerhou weens velkleur en vernedering is die straf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.