Nuuskommentaar: Nou nuwe denke oor Afrikaans-hofuitspraak

universiteit van die vrystaat 3

Hoofgebou op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat Foto: UV Facebook

Die onus is nou veel meer as voorheen op Afrikaanssprekendes en vriende van Afrikaans om self die hand aan die ploeg te slaan om die taal te behou. Dit volg ná die onlangse uitspraak van die konstitusionele hof wat in wese op ongetoetste aannames ’n streep deur die grondwetlike regte getrek het wat Afrikaans en ander tale geniet.

Maroela Media het reeds op Nuwejaarsdag na die uitspraak verwys, en van die leemtes in die meerderheidsuitspraak. Intussen het kritiek hand oor hand aangegroei en lyk die uitspraak al hoe meer wankelrig. Die African Christian Democratic Party (ACDP) het gou politieke korrektheid in sy kritiek op die uitspraak vir ’n ses geslaan deur daarop te wys dat die meerderheidsuitspraak deur swart regters gelewer is, en die minderheidsuitspraak deur wit regters. Die potensiële implikasies hiervan is duiselingwekkend en kan die reputasie van die regbank enorme skade berokken.

Volksblad het vinnig ingespring met berigte wat op die verdeeldheid van die uitspraak dui. ’n Artikel deur Charles Smith gee breedvoerig inligting oor een van die minderheidsregters, regter Johan Froneman, se minderheidsuitspraak wat in wese baie krities teenoor die meerderheidsuitspraak staan.

Met die hervatting van Media 24 se gedrukte uitgawes vandag is die nuusdroogte wat die komkommertyd bring, goed deur veral Volksblad ingespan om die uitspraak te ontleed. Dit sluit ʼn hoofartikel in, en ’n omvattende middelblad-uiteensetting deur die redakteur, Gert Coetzee, waarvan die skakel met die skryf hiervan nog op Netwerk 24 ontbreek het. Charles Smith, wat kort ná die uitspraak sy mond uitgespoel het, het nou ’n artikel gebou om ’n Facebook-inskrywing deur die voorsitter van Solidariteit, Flip Buys. Ook dr. Theuns Eloff neem die saak op Netwerk 24 breedvoerig onder die loep. Ook hy wys op die wit-swart verdeling.

Dit is nie al berigte en artikels wat in die media beslag gekry het nie. Daar was ook onregstreekse berigte soos hoe prof. Jonathan Jansen gelooi word oor sy goedpratery van die uitspraak. Verskeie lesersbriewe oor die uitspraak is ook gepubliseer.

Om die kritiek in een sin te probeer saamvat: Dit maak nie sin om minderheidsregte wat pertinent in die grondwet ingeskryf is, summier ter syde te stel ten gunste van stellings en opvattings waarvoor geen beregbare bewyse gelewer is nie. Wat het van die juridiese status van positiewe reg geword? Die implikasies is dat iets soos grondgryp sonder kompensasie ook op grond van ’n historiese persepsie (wat feitelik heel verkeerd mag wees) as grondwetlik suiwer verklaar kan word.

Die laaste opmerking oor die uitspraak is ’n persoonlike een. Dit lyk of hoofregter Mogoeng Mogoeng elke keer baie ontsteld raak as hy na AfriForum verwys, soos ook in die verwysing na die straatnaamsage. Dit lyk nie baie volwasse en juridies afgerond nie.

Dit was ’n meerderheidsuitspraak in die hoogste hof. Wat nou?

Eerstens moet Afrikaanse instellings soos SolTech en Akademia met die hart, beursie en daad ondersteun word. Afrikaanssprekendes moet hul taal in elke opsig koester. Nie almal is vaardige skrywers nie, maar daar moet probeer word om nie die taal te skaad deur die gehalte van inskrywings op die internet nie. Op die gevaar af om op baie tone te trap: Wanneer kruisies getrek gaan word, kyk ook na die partye se hantering van Afrikaans.

Ondersteun Afrikaanse burgerlike organisasies soos AfriForum, want in ’n grondwetlike demokrasie speel burgerlike instellings ’n enorme rol en maak soos persvryheid ’n integrale deel van die grondwetlike demokrasie uit. Afrikaanssprekende werkers wat dit nog nie gedoen het nie, kan gerus oorweeg om lid van Solidariteit te word.

Sluit by ’n Afrikaanse kultuurbeweging aan.

Moenie Afrikaans die persoonlike domein van wittes probeer maak nie. Meer as die helfte van die Afrikaanssprekendes is bruin. In die konstitusionele hof se uitspraak is juis van die standpunt uitgegaan dat die gebruik van Afrikaans polarisasie tussen wit en swart teweegbring.

Afrikaanssprekendes in Nieu-Seeland gee al 17 jaar lank ’n lywige internet-gedrewe nuusbrief van hoë gehalte, Brokkies, weekliks uit. Elke week word ’n groot aantal Afrikaanse kerkdienste geadverteer. As ’n relatief klein groepie Afrikaanssprekendes so iets kan vermag, is die potensiaal wat veel meer in Suid-Afrika kan vermag, duiselingwekkend.

Ons kan nie nou maar in sak en as gaan sit nie, en ons durf ook nie eufories verdwaal soos hulle wat op die baie Afrikaanse boeke en opvoerings wys nie; met harde werk kan Afrikaans bloei en bly bloei.

En steun gerus Solidariteit se Plan B.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Jacques venter ·

Dit sal sooo jammer wees wanneer twee geslagte van nou af groot Afrikaanse werke soos dié van NP van Wyk Louw , nie reg verstaan sal word nie

Dit is wanneer Afrikaans as onderrig taal van skole en universiteite totaal verban is

Cherokee ·

Die skrywer van die artikel gee toe dat almal nie noodwendig vaardige skrywers is nie maar wys daarop dat skade aan die taal voorkom moet word deur in forums op taalgebruik te let. Gebruikers van Afrikaans ken dikwels nie die reël wat lui: .. een begrip, een woord.

Nouja = Markus Senekal ·

Cherokee, ons is deeglik van ons los en vas taalfoute. Die “Predictive text” funksionaliteit op ons selfone het dikwels baie daarmee te doen. Niemand is sonder foute nie.

Nouja = Markus Senekal ·

Herman, stem saam. Daar is niks wat ons kan doen oor goed wat buite ons beheer is nie, maar wel hoe ons dit hanteer wat binne ons beheer is. Dankie dat jy erkenning gee vir die feit dat byna die helfte van alle Afrikaans sprekendes nie Kaukasiers is nie. Waak tog teen die volkstaat idee as oplossing, want dan gaan jul nooit hierdie helfte se steun kry nie.

Loeis ·

Die hofuitspraak wys op ‘n ander gevaar: Dit maak nie saak wat in die grondwet geskryf staan nie. Die wet is blykbaar oop vir interpretasie deur grondwethof regters. ‘n Getransformeerde regbank wat politieke besluite neem.

Ook het die ANC nou besluit om die grondwet verander om grond te kan vat, sonder vergoeding. Soos ek dit verstaan gaan die artikel wat hulle wil wysig oor eiendomsreg, nie net oor plase nie. Dit beteken tegnies dat jou huis, jou kar, jou pensioen, alles net gevat sal kan word. Tussen die ANC en die EFF het hulle ‘n gemaklike tweederde meerderheid in die parkement om so ‘n wysiging te kan maak.

Om by organisasies aan te sluit is goed en wel. Maar die alternatief vir bg gemors word selfbeskikking genoem. Die uur is egter al baie laat. Ek wonder hoeveel van die mense wie die mamparrakoors kry wanneer hulle die woord “selfbeskikking” hoor, wakker sal skrik wanneer dit dalk te laat is.

Eish ·

Wat is selfbeskikking?
Eie grondgebied?
Hie kry jy jou plaas, jou besigheid en klandisie daar?
Hoe kry jy jou werk daar?

Willem ·

Polities en ideologies gedrewe uitsprake deur die Konstitusionele Hof (waarteen geen reg tot appél bestaan nie) is ‘n kommerwekkende werklikheid. Ek het nog nie die uitsprake in hierdie aangeleentheid onder oë gehad nie. Die tendens het egter reeds in meerdere uitsprake sedert die totstandkoming van die Hof na vore gekom. In ‘n vorige relatief onlangse saak het die goedgemotiveerde en juridies suiwer minderheidsuitspraak van regters Cameron en Froneman in skrille kontras gestaan teenoor die wollerige meerderheidsuitspraak .
Herman se waarneming rakende die Hoofregter en Afriforum is eweneens in die kol . Sy aggressiewe aanval op sy kollegas in die staat van beskuldiging sage was ook ongevraagd, nydig, emosioneel en in swak smaak. Dit is die amp van Hoofregter onwaardig en laat gevaarligte vir die toekoms flikker.

Loeis ·

Dit begin in jou eie woonbuurt. Jy het in 2016 se minusipale verkiesing die geleentheid gehad om vir ‘n party te stem wat vir selfbeskikking staan (maar die meeste Afrikaners het dit nie gedoen nie). Wanneer so ‘n party ‘n aantal wyke wen, het hulle ‘n mandaat van hulle kiessers om grotter seggeskap in eie sake te verkry (ja, ek weet so skuif sal uit baie oorde met absolute vyandigheid begroet word, en de hel daarmee). Vandaar kan mense, in terme van die grondwet, druk in die rigting van eie (kleiner) minuspaiteite. Hierdie minuspaliteite kan eventueel selfs aandring op ‘n eie provinsie waar BEE en AA nie geld nie. Groot drome, maar 1000 keer beter as onderdrukking en onteiening deur die ANC.

Jors ·

Ek het gedink Mogoeng se uitlating dat Afriforum n regse organisasie is was werklik ongevraagd en dit is rede om te sê dat hy bevooroordeeld teen Afriforum was tydens die saak. Die uitslag was bloot teen Afrikaans omdat die meerderheid regters swart was, bevooroordeeld en glo dat Afrikaans herinner aan Apartheid en ‘white privilege’ – waar op aarde is die toepassing van die grondwet daarin? N professionele span oorsese regters sal n beter en regverdige beslissing kan lewer in hierdie saak.

Basis ·

Die ironie van die uitspraak is dalk ‘n bedekte seen en wys op die hoofregter se (anti-wit) onderrrok wat v-e-e-e-e-r uithang. My gevoel is (ook) asof dit ‘n emosionele ‘refleks’ gewees het, ipv ‘n volwasse, onpartydige oordeel.

BOU ·

Kom ons wees nou maar eerlik die bestuur by MEESTE universiteite wil so graag politiek korrek wees, sommige was al vir jare liberaal en die ander is so bang hulle verloor hulle poste dat hulle Afrikaans sal opoffer vir Malema, vir Zuma, vir Ramaphosa, vir die ANC, vir die BLF, vir die EFF, hulle gee nie meer ‘n duit om vir Afrikaans nie. Los nou maar die geveg vir Afrikaans by voorheen AFrikaanse universiteite. Julle moet of Akademia gaan ondersteun wat NET Afrikaans aanbied of tevrede wees om in ENGELS te studeer, laat staan maar die hofsake oor Afrikaans .. jy mag net in jou moedertaal onderrig word as jy NIE AFrikaans is nie. Afrikaans word met Apartheid verbind alhoewel dit eintlik geen regtige verbintenis het nie, maar jy sit met mense met politieke propagandas wat die mense aanhits en die haat teen Afrikaans aanblaas. BOU nuwe Afrikaanse universiteite, of wees tevrede dat die oues gaan VERENGELS!

Eish ·

Bravo! Ek gee n staande ovasie vir die artikel.
Insiggewende ontleding van die feite.
Rigtingaanduidende voorstelle ter bereddering van n onaanvaarbare situasie.
Geballanseerd met die nodige klem op die sluimerende gevaar.

Afrikaans ·

Hoe meer Afrikaans probeer vernietig word hoe sterker groei dit. Kodesa was n totale klug wat by die dag duideliker word.Daar was geen beskerming vir die blanke en bruin populasie nie.
Kan De Klerk en sy meelopers daarvoor aangekla word? Kan J Jansen ook aangekla word vir sy uitsprake? Jansen is soos n draer van n hoogs aansteeklike gevaarlike siekte soos die Pes.Die siekte borrel uit sy diepste wese uit en die oorsprong daarvan is haat afguns en n minderwaardigheidsgevoel. Hy is desperaat vir aandag en aanvaarding en probeer dit op die verkeerde manier kry.

Loeis ·

Ek twyfel of de Klerk en sy meelopers vir hul dade aangekla kan word. Maar dan, die mense het tog vir hulle “Ja” gese, en verdien dus wat hulle kry. Nou gaan iemand seker weer vertel hoe holrug gery lg stelling is, maar dit verander nie die feite nie.

Rupert Ashford ·

Nouja daar het ons dit nou. Die UV het my en seker vele ander alumni juis einde van verlede jaar gejaag op van die sosiale media om dan nou ons inligting op te dateer op hulle webtuiste – wou seker geld vra. Hulle kan gaan doppies blaas. Indien ek geld gee vir akademiese instellings sal dit slegs vir Akademia wees. Selfs PUK gaan nou nie meer lank hou nie..

Ada ·

Die aanslag op Afrikaans en wit Suid Afrikaners is tog duidelik.Geen woorde of skrywes kan dit verdoesel nie.

Kat ·

Hoe meer Afrikaans probeer vernietig word hoe sterker word dit.

Onbeskermend ·

De Klerk en sy meeloper Roelf Meyer (wat n lid van die anc is) het lyk my seker gemaak dat Afrikaans nie beskerm mag word nie.Ook mag ons as wit minderheidsgroep nie beskerm word nie.Dit word al hoe meer duidelik dat hulle ons gefaal en verraai het.

Jerry ·

Die uitspraak is verdoemend teenoor een aspek mbt die belange van die Afrikaner. Egter meer belangrik is om te besef hoe ons tot by hierdie punt gevorder het en wie ons tot by hierdie punt gebring het. Afri-Forum moet voortaan slegs aanspraak maak op Afri-Forum lede se Afrikaner belange en dit beklemtoon as Afri-Forum lede se belange, want julle verteenwoordig beslis nie my Afrikaner belange nie. Om inisiatiewe van stapel te stuur wat polarisasie tot gevolg het en wat die Afrikaner verder vervreem van die hoofstroom Suid-Afrikaners is nie in die Afrikaner se beste belang nie, wel moontlik in Afri-Forum se belang.

JC ·

Is die polities- en ideologies gemotiveerde afskaling; en pseudo- chauvinistiese, minagtende en wraaklustige houding jeens jou taal- EN JYSELF AS AFRIKANER IN EFFEK- in jou belang?

Wie het besluit Afrikaans moes gaan by “UV”?

Wat moes Afriforum doen, net toekyk? Wie anders het ‘n woord gerep of ‘n daad gewaag gedoen? VELE GELEENTHEID WAS DAAR OM HANDE OP TE STEEK EN TE SE: NEE !!! HELAAS, tjirp, tjirp…tjirp, tjirp…

Indien mens nie Afrikaans en ‘n Afrikaner wil wees nie; gun dan ten minste asseblief aan ander die reg; wat nie deel van die naiwe, oikofobetiese en selfontkennende “pajama partytjie” wil wees nie maar TROTS IS OP HUL VOLLE GESKIEDENIS EN ERFENIS, EN ALLES WAT DIT INHOU; EN OOK DIT WAT HUL VOOROUERS MET MOED, DURF, INTELLIGENSIE, SWEET, BLOED EN TRANE VERMAG HET.

Cherokee ·

JC, ons weet van hulle dmv die land se geskiedenis-vertellings. Die term was ‘hensoppers’. Hy wys egter sonder om te skroom daarop dat hy nie een van ons is nie.

Rupert Ashford ·

Cherokee, daar was in die wereldpolitiek ook ‘n baie goeie voorbeeld: Sy naam was Neville Chamberlain van “peace in our time” faam.

JC ·

Ek stem beslis saam met Kat, in die ganse geskiedenis het dit NOG NOOIT gewerk om enigiets te onderdruk nie- dit beleef dan bloot ‘n bloeitydperk-nieteenstaande die vyandigheid en leuens van owerheidswee af, wat net as katalisator dien daarvoor.

Die kulturele boikot (van VERAL Nederland, Swede en dies meer af) is lankal iets van die verlede- ons doen dus ‘n beroep op ons Nederlandse stam- en taalgenote om ons by te staan in ons stryd en sodoende hulle lojaliteite aan ons te bewys. Ons Afrikaners het enorme opofferings gemaak en reggemaak teenoor Nederland. “Helpen onze nu alstublieft” – ons is in nood- en al wat ons vra is dat ons in ons geliefde tongval mag onderrig ontvang.

Soos Regter Froneman voorstel-DIS TYD VIR ‘N 3DE AFRIKAANSE TAALBEWEGING-BEGINNENDE NOU !!!

Een noot van troos aan almal wat beswaard en teleurgesteld is: wereldwyd (EN VERAL IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA) is tersiere staatsinstansies (in teenstelling tot privaat organisasies) aan’t verval in ‘n figuurlike hel van politiese korrektheid en onverdraagsaamheid en is SA dus GEEN uitsondering nie. Julle wil nie weet hoe dit gaan in Amerika nie…Afrikaans se teenwoordigheid op die web is darem ook ENORM, as ‘n troos.

janneman ·

Herman, ek stem 100% saam maar………..

Wat verhoed die spul om Akademia volgende aan te val as rassisties, uitsluitend, verdelend, ens? Sekerlik nie die konstitusie nie.

Ek hoor graag van jou of Afriforum oor hoe dit verhoed gaan word.

Rupert Ashford ·

Janneman, as die Staat nie betaal nie, kan hulle tegnies nie veel aan ‘n plek soos Akademia doen binne die raamwerk van die “common law” en die grondwet nie. Indien hulle egter stappe sou neem soos om akkreditasie te weier op grond van voertaal of te begin met verdrukkende stappe, sal dit laat in die dag wees vir enige Afrikaner persoon se toekoms in die RSA.

Kat ·

Politike korrektheid is besig om die verval in Europa te bespoedig net soos Amerika.Da nkie JC jy praat baie baie waar.

bgj van der westhuizen ·

julle vergeet wie stel die regters aan die anc regering en hulle sal alles doen om Afrikaans dood te druk daar is net een oplosing en dit is al een ons moet ons eie goed bou waar ons kinders kan studeer in ons taal teen ons standaart wand die standaard van oplieding gaan val en dit is verseker kyk maar net na die skool oplieding

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.