Nuuskommentaar: Nuwe gevegsreëls vir Afrikaans?

Hoofgebou op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat Foto: UV Facebook

Hoofgebou op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat Foto: UV Facebook

Teen die agtergrond van ʼn veranderende omgewing vind moontlik die laaste loopgraafstryd van Afrikaans by universiteite nou plaas met nuwe spelreëls wat die uitkoms van die stryd sterk kan beïnvloed.

Soos domino’s wat val, is die een vastrapplek van Afrikaans ná die ander nou in die spervuur. Die jongste is die taalvoorstelle van Kovsies se geheime taalkomitee, soos berig deur Volksblad, en besonder skerp bespreek  deur Charles Smith. Dit volg op die bekendmaking van ʼn nuwe taalplan vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit en die rektor van die US se rug-styfmakery ná hy vir alle praktiese doeleindes deur die bestuurskomitee van die universiteitsraad vasgevat is.

In al drie gevalle moet die universiteitsrade nog die planne goed- of afkeur.

In al drie gevalle stel heethoofde vir verengelsing hul visiere op standbeelde om te demonstreer dat dit lank nie (net) om pragmatisme handel soos voorgegee word nie, maar dat ook (diaboliese) politieke motiewe die saak onderlê.

Is daar nou nuwe spelreëls?

Ja, en nee. Wat die “nee” betref: die terminologie wat nou rondgeslinger word soos Hanskakies, verraaiers, joiners, kolonialiste, imperialiste en ander, kan net so uit enige boek oor die Anglo-Boere-oorlog gevind word. By die lees van sommige van hierdie boeke, kry ʼn mens soms die indruk dat daar teen die einde van die oorlog omtrent net soveel Boere was wat met die Engelse gesimpatiseer het, as wat vir hul vryheid geveg het. Soos die ou tante wat ná die oorlog geïrriteerd aangehou het om vir die kinders te sê hulle moet Engels praat “want dis ghrind om Ingels te praat.” En baie van die bittereinders was Kaapse rebelle wat as verraaiers tereggestel kon word. En net soos destyds, span die “joiners” die soet woorde mildelik in om hul beskouings en optredes te regverdig.

Wat die “ja” vir nuwe spelreëls betref: in ʼn interessante artikel oor Donald Trump se veldtog om Republikeinse presidentskandidaat te word, skryf Charles Hurt oor hoe Trump die “derde spoor” inspan en die kiesers se “veilige ruimte” binnedring. Trump het die stryd betree met die media wat hom en sy los bek as niks meer as ʼn politieke nar beskou het nie. Een publikasie het ook vroeg verklaar dat enige nuus oor Trump se veldtog in sy vermaaksegment te vinde sal wees. Maar Trump se kandidatuur staan steeds sterk.

Kortom, Trump ken sy sterkste wapen (hy self), hy weet hoe om homself te bemark en hy weet wat krap Amerikaanse kiesers onder die oppervlak. Hy spreek dit openlik aan, sonder inagneming van tradisionele taboes en politieke korrektheid. Dikwels klink hy laf, soos om die sowat 200 0000 Siriese vlugtelinge wat na die VSA onderweg is, as potensiële djihadiste te beskryf terwyl hy mildelik teer op sentimente en vrese ná die aanslae in Parys. Ander kandidate wat hou by die tradisionele opweeg van moontlike teenreaksie word, op die oomblik altans, in die koue gelaat en een na die ander onttrek van die nominasiestryd.

Hoekom kry diegene wat die een nuwe pro-Engelse taalplan na die ander omarm nou so ongewoon baie teenspoed en ook vanuit oorde wat hul saak voorheen so goedgesind was?

Die redes is legio en baie daarvan sal eers later behoorlik uitgepluis en verstaan wees.

Maar dinge verander en daarom kan die volgende besprekingspunte in gedagte gehou word:

  • Van die liberale argumente wat voorheen as modern en insigdraend beskou kon word, het verouder soos eergister se moedersmelk in die yskas. Dieselfde snare word getokkel, terwyl nie net openbare menings in die land aangepas het nie, maar ook in groot dele van die wêreld. Van die voorste liberale rubriekskrywers het blykbaar reddeloos gestagneer geraak, maar word steeds mildelik en tot hul eie nadeel aan lesers opgedis. (Liberale word hier ter wille van ruimte kollektief gebruik vir begrippe soos linksgesindes, Cape Libs, draadsitters, paternaliste, ens).
  • Hoewel dit nog voorkom, is die reaksie op liberale argumente nie meer so dikwels kenmerkend platvloers en persoonlik beledigend nie. Die liberale argumente word nou gewoonlik met goed-beredeneerde en empiries-gestaafde argumente beantwoord en dikwels getroef. Prof Hermann Giliomee en Breyten Breytenbach se teenkanting teen die Matie-plan kan immers nie so maklik as “regse praatjies” afgemaak word nie. Natuurlik is daar ʼn warmbroeiery en bondeldapperheid in portuurkringe soos akademici, politieke groepe en studente met soortgelyke agtergronde. Meer as 200 personeellede van die US het byvoorbeeld ʼn dokument onderteken om steun aan die rektor se taalplan toe te sê. Maar die debatte is nie meer tussen die “perfektes” en die “plebs” nie.
  • Dit vloei minstens deels voort uit die geleenthede om menings te lug wat buite die ou “hoofstroom” gebied word – soos die internet en gemeenskapsradiostasies. Met minder frustrasies oor die onderdrukking van menings in meningskolomme, verdwyn van die geniepsigheid en platvloersheid skynbaar. Die gedrukte media is onder druk en vermoedelik meer gevoelig vir “redakteurs wat oorlog teen hul lesers verklaar.” Wie sou byvoorbeeld enkele maande  gelede ʼn hoofartikel in Beeld verwag soos onlangs, Potch durf nie dieselfde pad loop as Stellenbosch?
  • Die pro-Engelse groep het ook te make met die las van assosiasie. Die vandalisme en wetteloosheid wat ten regte of ten onregte met hul standpunte geassosieer word (veral as rubriekskrywers uit hul geledere aanhou na “geregverdigde eise” te verwys) besoedel noodwendig hul saak by die breë publiek.
  • Onlangs was rubriekskrywers wat daarop wys dat die beskerming van minderheidsregte grondwetlik is en minstens sekere transformasiepraktyke ongrondwetlik is, stemme roepende in die woestyn. Skielik het die koor so hard geword dat die media en rubriekskrywers, politieke partye en ander belangegroepe, nou tydig en ontydig bepalings in die grondwet aanhaal om dit te toon. Argumente soos eens gehoor dat die “regses” grondwetlike bepalings misbruik om die liberale pilare daarvan om te trek, is nou as lawwigheid ontbloot.
  • Die opkoms van die Solidariteit Beweging het inderdaad ʼn “derde spoor” gelaat wat nie so maklik as “regs”, “verkramp” of iets soortgelyk afgemaak kan word nie. Nie dat die pogings gestaak is nie, maar op die oomblik demonstreer die DKD-saak juis die kwessie, met die liberale wat nie weet hoe om die “netelige” kwessie aan te spreek en eenvoudig standpunt vir natuurlike geregtigheid in te neem nie.

Die stryd woed nou in wat as mense se kulturele veilige ruimte beskryf word en dikwels ook in die algemene veilige ruimte. Dit begin die tekens van laaste loopgrawe toon en dan word rug styf gemaak namate al meer mense weens hul velkleur nie keuring kry om byvoorbeeld vlieëniers te word nie, nie beurse en studielenings kry nie en poste moet verbeur omdat voorkeur aan kwotas gegee moet word.

Die slag is nog lank nie beslis nie, maar die liberale loop die gevaar om hier ge-Trump te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Loeis ·

http://www.netwerk24.com/Nuus/Onderwys/maties-akademici-steun-voorstel-oor-engels-20151118 berig vandag hoe 226 “top-akademici en senior personeellede van die Universiteit Stellenbosch” hul steun aan Wim se plan gee. Dit klink asof die plan op groot skaal em deur geleerde mense gesteun word, maar…

Vragie, wat ek ongelukkig nie op daai artikel daar kan vra nie. 226 uit hoeveel akademici is dit? Persentasiegewys? Kan Afriforum Jeug op die kampus dalk handtekeninge VIR Afrikaans vanaf akademici kry? Dit sal interessant wees om te sien hoe die werklike mening daar uitsien.

Therese van Schalkwyk ·

Die dawerende stilte uit wit en bruin Afrikaanssprekende studente geledere is betreurenswaardig. Hulself nog nooit verwerdig om stem dik te maak nie, en is beslis ook nie nou in die “laaste loopgraaf” te vind nie. Selfs al was dit nie eksamentyd nie sou daar oneindig verskonings wees dat “betogings nie in ons aard is nie”. Soos sogenaamde “top-akademici” by Maties voel die meerderheid studente ook klaarblyklik minder as niks vir Afrikaans as akademiese taal. Lees gerus James de Villiers, SR-lid van Maties, se jammerlike mening op Netwerk24.

Die val van Afrikaans sou nog meer tragies wees as die skrif nie reeds jare gelede aan die muur gesien is nie. Waar is die Afrikaanse Taalraad bv. nou en waar was hulle al die jare? Handewringend aan die verskoning vra, versoen, uitreik, toegee, retireer en immer voete aan’t wasse. Lyk nie of dit gehelp het nie; inteendeel, ons word met minagting behandel.

Jean ·

Betogings is nie in ons aard nie. :)
Wel ja.
Die strategie met betogings bleik te wees om groot skade aan te rig totdat iemand ingee.
Moet seker my ouers blameer dat ek dit nie oor my hart kan kry om ander mense (selfs my vyand) se goed te beskadig totdat hulle ingee nie.
Die strategie met betogings bleik te wees om ander te dwing om “saam te staan” uit vrees vir hulle lewens natuurlik.

Dis inderdaad nie in my aard nie. Jammer :)

Almal besluit maar wat hulle moet doen as die oomblik van optrede kom. Ek dink ons gaan dalk baie verbaas wees oor wie wat besluit. Die tyd gaan kom.

Taal word aan die lewe gehou deur die mense wat dit praat en nie instansie beleid nie. En jou siel is (snaaks genoeg) nie aan jou taal verbind nie. ai kên law djast ês wel ien ienglies ês afrikaans.

Miskien is dit belangriker om ‘n plaas moord te stop as om ‘n standbeel te red.
Miskien is dit beter om ‘n aborsie te stop as om ‘n renoster te red.
Mense laaik dit nie as jy vir hulle ‘n prioriteits rangorde probeer verkondig nie.
Op die ou einde kom jy dalk op ‘n plek waar jy moet kies om ‘n moslem te word of te aanskou hoe jou gesin gemartel word.
Om God te verloën, jou gesin te verloën, of jou taal?

Ek sou dalk persoonlik ‘n afrikaanse universiteit verkies, maar ek gaan nie my lewe op offer om ‘n universiteit afrikaans te hou nie. As jy my sou vra om te stem sal ek stem, maar ek het nog ander ding aan die gang. Kan rêrig nie minder gepla wees deur Stellenbosch se politieke donker put nie. Hulle sal fine wees.

Dis daai ongebore babas wat my wakker hou, jy weet. Kannie verwag dat ‘n ma of pa wat nie omgee vir hulle kinders om genade of liefde vir enigiets anders (insluitend renosters) te hê nie. Die onderdrukking van afrikaans is ‘n simptoom van iets erger… Dis waar die geveg moes gewees het.

Cathy Kotze ·

Jean, BLYK Vriend, die woord is BLYK.

Die heeltemal aanvaarbaar om ‘n standbeeld te red EN ‘n plaasmoord te verhoed.

Aborsie EN renosterstroping is verkeerd.

Jy kan radikale Moslems verhoed om die wêreld oor te neem, indien jy bereid is om tot die stryd toe te tree.

Die taalstryd gaan nie net oor Afrikaans nie, maar ook oor die herlewing van kommunisme onder nuwe benamings: progressief. libertyns en ja, selfs soms demokrasie.

Edward ·

Ja,ek moet se die studente is deesdae meer kalm en stil oor belangrike sake as in ons dae. Ja-Ja outoppie moenie vir ons kom van jou dae vertel nie.Onthou deesdae swot ons en in julle dae het julle net gevry. Dit is ook waar,maar ek wil darem as julle my vergun,toelaat om terug te kyk.Het ons nie vurige argumente gehad nie—soms snags deur. Ons was toe nog versigtig vir die US owerhede en was ons vasgevat—-die dekaan daag 6 uur in die oggend op in jou koshuis en wil weet wat julle aangevang het.
Nou lyk dit of die proffies vir die studente bang is. Dit moet heerlik wees as swot nie jou hoofbedryf is nie en jy goeie brandstigting en afbreek vaardighede het. Van buite lyk dit asof die proffies baie hand om die blaas is met die engelse gate crashers en hou hulle baie van ou Blade en sy manne—–seker maar om ‘n ou joppie vorentoe. Man moet betyds begin want regstellende aksie is baie belangrik en die skoonmakers staak juis. En een suksesvolle eis lei mos altyd na die volgende. As die staat se aanstellings in ag geneem word,behoort van die skoonmakers wat al lank genoeg in die dept werk te kwalifiseer as dept hoof. As hy dan staak en nog iets afbrand,sal hy beslis die proffie word.Maar lyk my die proffies voel die engelse is ontuis en ongetransformeerd(helse lekker word,maar wat beteken dit?) Hulle moet so tuis voel dat die oorspronklike afrikaanse outjies al meer ontuis voel. Selfs prof Gey van Pittius sal dit afwys as hopelose maniere.) Gewone mense met bietjie agtergrond sal besef hulle kan nie inbars,eis dat die boertjies nou ingels praat en as hy nie wil nie,brand jy. In ons dae was daar ook Ingelse,maar hulle was nogal nice.Hulle het volgens Ingelse kultuur en Oxford gewoontes,hulle plek geken en dit eg Engels baie beskaafd en soft spoken ingeneem. Na alles was hulle gasteb op die boertjies se varsity. Hulle het blitsig Afrikaans geleer,want Stellenbosch was ‘n wonderlike plek(en ons het ook so informeel ‘n paar Ingelse woorde opgetel.Ons het selfs later skaflike Ingels gepraat en selfs gepubliseer Hoekom wil die huidige ingelse klaekouse nie goeie maniere aan die dag le ,hulle plek ken en verbyhou na UK of UWK nie? Ai hoe verlang ek nie baie jare terug na US nie. Nou moet ek en die ouvrou oor vergange se dae en die huidige eienaardige ongemanierde Ingelse inval op Stellenbosch redeneer.
Manne en vroue,vir my lyk dit —hoe het ou NP van Wyk Louw vertel? Dit is uiters sleg vir ‘n

geslag se selfrespek en psige as hulle sonder protes verbygaan. ‘n Ander ou boere knol het vertel jy vermoor jou mense as jy jou hulp weier. Manne,laat weet as ek moet kom help
Groetnis
Edward

Berhalet Beukes ·

Foei tog… Om so ‘n helse relaas oor Afrikaans te maak… Wat van Engels? Wat van Duits, Portugees en al die ander tale wat mense in SA praat? Om ons taal uit te skakel is darem maar ‘n patetiese poging om nes ‘n hond sy merk te laat… en tóg gaan nie Xhosa, Zulu, Tswana, Sotho of enige ander Afrika taal die sprekers daarvan enigsins verder bring as net die ou bossies waaruit hulle kruip en na terug kruip nadat hulle geplunder het nie! Die hele wêreld lag want niemand anders gaan aanpas by die Afrika tale nie…

Trots Afrikaans ·

En hoor jy die magtige dreuning?
Oor die veld kom dit wyd gesweef:
die lied van ‘n volk se ontwaking
wat harte laat sidder en beef.
Van Kaapland tot bo in die Noorde
rys dawerend luid die akkoorde:
Dit is die LIED van Jong Suid-Afrika,
dit is die LIED van Jong Suid-Afrika,
dit is die LIED van Jong Suid-Afrika.

GES ·

‘n “Struggle” lied wat met kop om hoog uit volle bors gesing kan word. Dit is eerbaar, reg en verkondig nie haat, moord of doodslag. Trots Afrikaans!!!

Gemsbok ·

Suid-Afrika is vir die Afrikaner verlore.

Om my ouma aan te haal: ons oë was groter as ons mae.

Daar is egter wel ‘n herontwaking onder Afrikaners aan die roer wat ‘n herlewing beloof, maar vir daardie herlewing om volhoubaar te wees en om waarde aan ons nageslag te bied, sal dit inslag moet vind in instellings wat Afrikaners se legitieme strewe en aanspraak op universele regte kan vergestalt, en waar ons op onsself aangewese is, tot uitvoering kan bring.

Hierdie instellings sal nie weer soos met die NP se bewindoorname in 1948 met gesag oor die hele Suid-Afrika beklee kan word nie. Daarvoor is die invloed en vermoë van Afrikaners hopeloos te beperk, soos duidelik blyk uit die verkiesings wat rassesensusse vorm eerder as ‘n stryd om idees van watter beleide die beste vir die land se mense is.

Hierdie instellings wat Afrikaners se hoop en aansprake moet dra sal daarenteen, vir die meeste Afrikaners, in die private sector (of dan burgerlike samelewing) gesetel moet wees. Ons is so verspreid dat ons byna oral in die publieke ruimte gereduseer word tot minder as 6% van stemgeregtigdes. Onder hierdie omstandighede kan ons slegs in die private sector op grond van vrywillige assosiasie ons instellings bou.

Tog kan ‘n volk nie slegs deur private instellings tot sy reg kom nie. Drie belangrike aspekte wat buite die bereik van private instellings is, sluit in die beskerming van eiendomsreg teen staatsonteiening (veral waar die staat sy meerderheid gebruik om die grondwet te verander en die regbank na sy guns te laai), aanwending van belastings, en samewerking met ander lande (veral wat sake soos die erkenning van die kwaliteit van kwalifikasies, toegang tot markte, handel, reisvisums, ens. betref).

Vir laasgenoemde sal Afrikaners moet kyk na die skep van selfgebeskikking op ‘n gebiedsgrondslag. Outomie van ‘n stad en streek wat deur Afrikaners vir Afrikaners bewoon en bedryf word, bied beskerming en volhoubaarheid aan Afrikanerinstellings in die res van Suid-Afrika en ook in die res van die wêreld. So ‘n streek of stad sal na alle waarskynlikheid slegs ‘n baie klein deel van Suid-Afrika se huidige gebied kan uitmaak, waarskynlik niks meer as 5% nie.

anna ·

Ek stem saam Therese, daar is ‘n dawerende stilte.
Dan weer is ons Afrikaanssprekendes nie gewoond om klippe te gooi, af te brand , alles te vernietig en “demands x 1000” te maak nie.
Die Akademici wat so graag wil he dat alles na Engels toe moet verander is baie kortsigtig. Die borge gaan onttrek en oor ‘n paar jaar sit hulle sonder geld en sonder werk. Dan gaan die univesiteite soos staatsskole lyk. Akademia gaan dan al die borge kry en goeie voortbestaan voer.
Die volgende wat hulle ook gaan verengels is die skole. Meer Afrikaanse privaatskole gaan dan landwyd opspring. Die akademici is blykbaar ook nie bewus daarvan dat Afrikaans een van die vinnigste groeiende tale ter wereld is nie.
Dit gaan net oor politiek en al die akademici wil skouer skuur met mekaar oor hoe reg hulle is. Dit is so pateties – mens kan hulle soos ‘n boek lees.
Sodra die akademici nee meer werk het oor ‘n paar jaar – en nadat alles in duie gestort het – gaan
hulle ‘n werk in Engeland moet soek – dan het hulle klaar die skade aangerig. Hulle moet liefs nou al Engeland toe gaan – sal baie geld en skade spaar.
Kortsigtig is hulle wel.

anna ·

Ja ek sal graag die persentasie wil sien.
Die administratiewe werknemers met wie ek gepraat het is natuurlik sielsongelukkig oor die Engelse – taal maar hulle mening geld seker nie. Wonder of hulle respek het vir die wat hierdie besluite neem.
Ek se egter nog steeds – dat die bestuur pionne en marionette is en belangrik wil wees – tot hulle eie ondergang. Gee dit ‘n paar jaar tyd en hulle is almal onderdeur. Akademia sal dan baie baie sterk staan.
Indien iemand sy naam wil byvoeg teen die beleid – hier is ‘n plek om dit te doen:
http://praag.co.za/?p=35097
Kom ons wys hoe sterk en baie ons Afrikaanssprekendes is.

Grassie ·

Ek wil graag herhaal wat ek al vantevore hier gesê het. Die toekoms van al die (voorheen) Afrikaanse universiteite, skole, die Afrikaanse taal en kultuur. wit grondbesit – in kort, die totale voortbestaan van die wit Afrikaners in hierdie land is reeds haarfyn beplan en oor beslis in Luthuli-huis. Die ANC-kaders en hul SAKP adviseurs steur hul nie veel aan die bekgevegte tussen liberales en konserwatiewes nie, dit pas hulle eintlik want dit lei die aandag af van hul eie optredes. Intussen gaan hulle meedoënloos voort met hul meestersplan, wat ons nie kan verander nie al wil ons. Ons moet die probleme wat daagliks opduik nie bloot as afsonderlike insidente beskou nie maar moet holisties daarna kyk om te verstaan waarmee die ANC besig is.

arie plaasboer ·

Grassie,
Jy slaan die spyker so raak op sy kop!!!
Sou graag wou sien dat BAIE MEER MENSE jou kommentaar sou kon lees.

Willie ·

In Europa word hulle (klipgooiers) terroriste genoem .. in SA is hulle bloot .. misdadigers.!?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.