Nuuskommentaar: Om die publiek se steun te verloor

donald-trump-001-deur-gage-skidmore-flickr

President Donald Trump. Foto: Gage Skidmore/Flickr.com.

Daar is al hoe meer ooreenkomste tussen pres. Donald Trump en pres. Cyril Ramaphosa. Gaan Ramaphosa die lesse ter harte neem?

Daar is verskille ook, soos dat die Amerikaanse ekonomie aan die blom is, met dié van Suid-Afrika wat oor verskeie terreine, soos die groot handelstekort, kommer wek.

Die jongste peiling van Rasmussen toon aan dat die meerderheid Amerikaanse kiesers meen die VSA sou nie beter daaraan toe gewees het sou Hillary Clinton die presidentsverkiesing gewen het nie. Dit staan in skrille kontras met die kritiek wat Trump gereeld uit bykans elke oord kry. Net 40% meen die VSA sou beter daaraan toe gewees het as Clinton die pyp gerook het. Onder onverbonde kandidate voel twee keer soveel kiesers Trump was die regte keuse.

Al hoe meer berigte in Suid-Afrika lui dat die aanvanklike Ramaforie besig is om plek te maak vir ’n Ramarealiteit. Dr. Eugene Brink se artikel hieroor op Maroela Media verduidelik die proses en oorsake in detail. Sal Ramaphosa daarin kan slaag om sy beeld weer onder kiesers te bevorder en hulle opgewonde te maak, soos wat Trump skynbaar besig is om reg te kry? Op die oomblik lyk dit nie so nie, en baie van die skynbaar onoorkomelike probleme blyk Ramaphosa se eie maaksel te wees. Die hele kwessie van grondonteiening sonder vergoeding blyk maar ’n deel van die probleem te wees.

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die staatsrede in die parlement (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

’n Skynbare meevallertjie wat Trump nou kry, is die bedanking van regter Anthony Kennedy as regter van die VSA se hoogste hof, die Supreme Court. Kennedy is nog deur die destydse pres. Ronald Reagan in dié pos aangestel, en was veronderstel om tot die groep van konserwatiewe regters te behoort. Hy het egter dikwels saam met die sogenaamde liberale regters gestem, soos om aborsies gewettig te hou deur die handhawing van die saak Wade vs Roe. Trump kan dié situasie omkeer met die aanstelling van ’n konserwatiewe regter in Kennedy se plek. Trump sal egter nog ’n paar struikelblokke moet oorkom, maar ’n mens kan by voorbaat die gesis indink wat uit liberale geledere sou opgaan as Trump sy sin kry.

Net so lê daar vir Ramaphosa moeilike keuses voor. Sy gebruik om alles vir almal te wees, gaan nie oral slaag nie. Die huidige grondkwessie is ’n goeie voorbeeld. En as hy keuses moet maak, sal hy weet hoe om die regte besluit in landsbelang te neem, al is dit die ongewilde een by baie van sy ondersteuners? En om boonop die ongewilde keuse te maak terwyl die land se ekonomie spartel om kop bo water te hou, is ’n baie moeilike saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Albaster ·

Trump moet nog net aan beeldpoetsing en media werk dan is sy kop deur. Die verskil tuusen CR en Trump is dat Trump braaf genoeg is om die af te dank wat as struikelblok in die ontwikkeling van die gewone Amerikaner staan selfs al kry hy teenstand. Hy vat die kans en doen dit. CR is te bang om die nodige afdankings en vervolgings te doen.

Rupert Ashford ·

Beeldpoetsing en die media? As ‘n volstrekte meerderheid van die kiesers dink jy doen goeie werk, le die probleem by die wat ‘n ander storie vertel. Trump is reguit en se ‘n ding soos dit is, en dit gaan nie altyd by almal ewe goed af nie. Maar as lede van die media en hulle meelopers amper hoop vredesamesprekings met ‘n onstabiele outokraat met sy vingers op kernbomme se knoppies misluk, en die Amerikaanse ekonomie plof in net om Trump te kan blameer, dan is dit redelik maklik om te sien waar die probleem le.

Albaster ·

Die bewegings en partye wat beeldpoetsers en die massamedia bestuur is die wat sukses behaal. Ons moet ook leer om ons beelde ordentlik te poets.

JM ·

Wil Trump nie maar Suid Afrika ‘n staat van Amerika maak nie, dan sal baie van die probleme opgelos word

Charles ·

Baie dankie, hierdie is nou ‘n raakvat artikel.

Dit is wonderlik dat Maroela sulke intelligente en ingeligte rubriekskrywers het. Ek wil net bylas dat Trump teen alle verwagtinge in, sekerlik die beste VSA president van die afgelope dekades gaan word.

Sy impak is so massief, dat ek dink hy self ‘n rol te speel het in die “awesome” nuwe #walkaway beweging; d.w.s vorige liberale persone wat nou die “demokratiese Party” in hul hordes verlaat as gevolg van die feit dat die “demokratiese party” nou hul ware sosialistiese (en in my opinie onderdrukkende) kleure begin wys het EN EINTLIK GLAD NIE MEER KLASSIEKE LIBERALE WAARDES VOORSTAAN NIE (en a.g.v. hulle dwepery en al hoe- groter-wordende-radikalisme, verwatering van- en selfs onderdrukking- van vrye spraak- kyk maar net na die gedrag van Nancy Pelosi en Maxine Waters vir vbe van waarom kiesers die nou-falterende “demokratiese party” los) en met die nuweling (‘n selfbeskryfde Kommunis) Alexandria Ocasio-Cortez wat die 4de magtigste en establishment figuur Joseph Crowley verslaan het in die “primary” in die Bronx-hiermee is alle hoop dat die “Demokratiese party” die Huis en Senaat kan oorneem in November, waarskynlik daarmee heen, aangesien kisers in die Midweste nie genee gaan neem met die Sosialistiese/kommunistiese rigting wat die “demokratiese Party” inslaan nie. Cortez is geafillieerd aan die Demokratiese Sosialiste van Amerika. Die “demokratiese Party” gaan in die toekoms waarskynlik dus ‘n streeksparty word, met steun slegs vanaf die kus-gebonde stedelike “elites”.

Werner ·

Wel volgens Amerikaanse peilings neem Trump se gewildheid by die dag toe

Arak ·

Jammer, maar ek sien bykans geen ooreenkomste tussen Trump en CR. Een is bevoeg en doen wat die beste is vir sy land en sy mense; die ander nie. Onder een groei die ekonomie en onder die ander nie. Een word gehaat deur die media en die ander nie. Een verminder die burokrasie en die die ander nie. Een verminder belasting, ander nie. Daar is baie meer verskille as ooreenkomste.

Henry ·

Stem allie pad met jou saam Arak.
Daar is reuse verskille tussen die twee staatshoofde se vermoëns. Om dit sagkens te stel.
Afgesien van die twee staatshoofde, is daar nog groter verskille tussen die twee state. Ons droewe staat wat verdoem is tot al groterwordende agterstande, probleme, gefaalde dogma’s en wat-nog-alles so tiperend is van die mislukte state in Subsahara Afrika, kan op geen manier met die VSA vergelyk word nie.

Is maar hoe dit is.

Jerry ·

As Trump dit nie maak nie sal Amerika dit steeds maak. As CR dit nie maak nie sal SA dit nie maak nie, dit is die verskil tussen Amerika en SA. Die hoofoorsaak van CR se agteruitgang is ondermyning uit eie geledere sowel as opposisie geledere en n sekere burgerregte organisasie. Hierdie ondermyning knou nie net vir CR nie, maar ook die ekonomie en daarmee saam verdraagsaamheid tussen die multi rasse groepe wat ook al hoe slegter raak. Die agteruitgang van CR pas so reg in die kraal van die ANC en EFF anargiste. Dit versterk die moontlikheid dat die anargiste in die ANC weer aan bewind kan kom en dan is dit koebaai Meraai vir spesifiek, die ekonomie en verdraagsaamheid teenoor die grondwet en teenoor die Afrikaner. CR se suiwere intensies en leierskap en opofferings deur die Afrikaner is SA en die Afrikaner se laaste hoop vir vrede en ekonomiese herstel. Die Afrikaners wat nie kan of wil emigreer nie se oorlewing hang daarvan af om afstand te doen van selfsug en eie belang, hoogmoed en die ondermyning van CR. Net soos wat die forum se swak plaasbeveiliging hulle aandadig maak aan plaasmoorde, net so sal ondermyning hulle aandadig maak aan die Afrikaner se ondergang. As daar ooit n tyd was vir VF ondersteuners, solidariteit en forum lede om hulle leiers tot orde te roep, dan is dit nou die tyd.

Rupert Ashford ·

Jerry, vertel bietjie vir ons hoe jy die “geredde” SA sien nadat CR nou die pyp gerook het en die Afrikaner hulle “hoogmoed, eiebelang en ondermyning van CR” gestaak het. Wat sal die uiteinde wees? Jy praat baie hieroor maar jy het nog nooit jou “visie” met ons gedeel nie.

Skepties ·

Terugstaan soos ons teruggestaan het in die verlede terwyl die liberaliste ons belowe het ons land, taal, lewens gaan nie gevat word nie? Nee ons staan nie meer terug nie. Ons moet voortdruk, oorleef, floreer. Die ANC is geen bron van bou of floreer nie, maar ons is.

Skepties ·

Jerry jy kan jou siel weggee vir die huidige regering, jy is baie welkom om als te verloor as jy wil, maar ek gaan nie.

alwyn burger ·

Ooreenkomste??. Dit is soos die ooreenkomste tussen ñ vuur en ñ vuurvliegie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.