Nuuskommentaar: Om Die Stem te sing

Innibos-fees in Nelspruit op 5 Julie 2014 Foto: Steve Hofmeyr, Facebook

Innibos-fees in Nelspruit op 5 Julie 2014 Foto: Steve Hofmeyr, Facebook

‘n Storm het losgebars omdat Steve Hofmeyr Die Stem tydens die Innibosfees saam met nog sewe FAK-liedjies gesing het. Het Steve reg of verkeerd opgetree?

Op die oog af lyk dit of Steve oorweldigende steun van die meerderheid mense wat op die sosiale media regeer kry.

Die eerste saak wat in gedagte gehou moet word is dat Die Stem nie ‘n verbode lied is, of opgehou het om te bestaan na ‘n deeltjie daarvan in die nuwe volkslied opgeneem is nie. Dit is ook nooit tot haatspraak verklaar nie.

Net so het die oorspronklike Nkosi Sikelel’ iAfrika nie as lied opgehou bestaan toe dit deel van die nuwe volkslied geword het nie.

Trouens, daar is verskeie volksliedere in Suid-Afrika wat weens omstandighede nie meer ‘n amptelike status het nie, maar ook nie verbode liedere is nie. Hieronder tel die volkslied van die ZAR, Kent gij dat volk vol heldenmoed, en die volkslied van die ou Vrystaatse republiek, Heft, Burgers, ‘t lied der vrijheid aan. Selfs God save the Queen was in ‘n stadium die Suid-Afrikaanse volkslied.

Die post-1994-bedeling het as ‘n skikking na ‘n vredesakkoord tot stand gekom. Dit raak nie net die volkslied nie, maar talle ander aspekte soos plekname, straatname, die amptelike tale en die plekkie in die son wat elkeen van hierdie bane van die reënboognasie sou moes geniet.

Diegene wat so gou is om Steve en sy aanhangers te kritiseer, moet in gedagte hou wat die belewenisse was sedert die skikking geïmplementeer is. Nie net is plekname op groot skaal verander nie, maar daar is ‘n alewige twis om ook Pretoria se naam te verander. Peter Mokaba het graag gelei met die sing van Kill the Boer, Kill the Farmer tot daarin geslaag is om dit, te midde van baie weerstand, tot haatspraak verklaar te kry. Sedertdien het die ANC-regering Mokaba op elke moontlike denkbare manier vereer, onder meer deur ‘n Fifa-wêreldbekerstadion na hom te vernoem.

Nie baie versoeningsgesind nie.

Hierna is Julius Malema en sy singery van ‘n soortgelyke lied volmondig deur die ANC gesteun, tot dit deur die gelykheidshof tot haatspraak verklaar is. Hierdie uitspraak is deur heelwat bekendes gekritiseer.

Die ANC het uiteindelik hieroor voor die appèlhof oor die saak geskik.

Nie alles wat ‘n mens wettig mag doen, is goed nie.

Die sleutel lê daarin dat die gesindheid en omstandighede van ‘n lied wat nié as haatspraak kwalifiseer is nie, gesing is. Die Stem maak beslis deel van die Afrikaanse kultuurgeskiedenis uit, en die Innibosfees is ‘n kunstefees wat deel van die kultuur uitmaak – nie ‘n politieke platform nie.

Tegnies het Steve en sy aanhangers niks verkeerd gedoen nie.

Dat dit so goed onder die mense teenwoordigheid afgegaan het, dui egter ook daarop dat die regering moet kennis neem dat baie Afrikaners voel hulle word soos vreemdelinge in hul land behandel. So lank hierdie persepsie nie behoorlik aangespreek word nie, sal Die Stem ook by ander geleenthede opklink wat nie so gemaklik as kultuurgeleenthede beskryf word nie, soos politieke vergaderings. En daar is die doel daarvan waarskynlik juis om dit as proteslied aan te wend.

‘n Volkslied bly net ‘n lied as dit nie in die harte van mense leef en jubel nie. Iemand gaan nie deur geslaan of gedreig of sleggesê te word, lief word vir ‘n volkslied as hy soos ‘n vreemdeling in sy eie land voel nie.

Trouens, daar is ‘n voorstel in die parlement bespreek om die SAUK so ver te kry om sesuur soggens en sesuur saans die volkslied te speel.

Maar dan moet ook werk gemaak word daarvan om ‘n minister wat ‘n petisie oor plaasmoorde as “goedkoop propaganda” afmaak behoorlik aan te spreek. Versoening kom van twee kante, en elkeen moet sy plig daarmee doen.

Moenie afbreek en aftakel en dan ongelukkig wees oor die verguisde nie al te lekker saam dieselfde note vat nie.

Lees ook:
Herrie bars los ná Steve “Die Stem” sing by Innibos-fees

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Reinette Rautenbach

Viva Stefaansie! Ek dink hy het bolls gehad om Die Stem te sing. En soos tereg gese, niks daarmee verkeerd nie.

Lilian

Buiten die Oorwinningslied is daar seker nie nog ń lied soos Die Stem wat my hart so warm laat klop en trots Afrikaans laat voel nie. Ek is trots op Steve en trots op Afrikaans. Ons voorvaders het bitter hard gewerk, groot smarte verduur en beslis niks verniet op ń skinkbord gekry nie. Hoekom sal ons dit alles net wil afskryf, omdat ons bang is vir mense wat fyngevoelig is en vir ons gevoelens vere voel? Daar is plek in ons land vir almal se stukkie geskiedenis en erfenis, vir ons sin ook!

Gustave Schoombee

Steve Hofmeyr is n Legend !!! DIS ONS LAND DIS ONS TROTS . Die stem is n lied van ay mense en sy pragtige land , geen haatspraak !!! En ons is hier om tebly !!!

Elizna Rademan-Radebe

‘n Swak poging om die sing van die apartheids-volkslied te regverdig. Jy noem dat Afrikaners soos vreemdelinge behandel word, maar jy kan nie verder van die waarheid af wees nie. Die skikking van 1990/1994 het tot gevolg gehad dat die demokraties-gesinde partye agteroor moes buig vir die handhawing van blanke ekonomiese mag in Suid-Afrika. Die afgelope 20 jaar het nie veel verandering gesien in die ekonomiese posisie van die meerderheid landsburgers nie, terwyl rykdom onder blankes net vermeerder het. Afrikaanse skole, universiteite en kerke was toegelaat om voort te bestaan, ten spyte van institusionele rassisme in hierdie inrigtings. Meeste plekke… Lees meer »

Monica Geringer

Give the man a BELLS! Dit sal altyd ons Volkslied bly. Dit is oorspronklik. Ons deel ons nuwe volkslied met iets rediculous soos 5 of 6 ander Afrika lande. Hulle kon nie eers iets oorspronklik kry nie….