Nuuskommentaar: Om gerook te wees of nie

dagga-plant

Foto: Verskaf.

Dit is nou sowat vier maande sedert die Konstitusionele Hof die besit, gebruik en kweek van dagga gewettig het, mits dit in die privaatheid van die eie huis gebeur.

Hiermee het die Konstitusionele Hof in wese die bevinding van die hooggeregshof in Kaapstad ’n jaar tevore, bekragtig. ’n Nuwe studie, wat deur navorsers van die Universiteit van Montreal op skoolkinders gedoen is, het bevind dat die gebruik van dagga skadeliker vir breinontwikkeling is as die gebruik van alkohol. Die bevinding het die navorsers verras omdat hulle verwag het dat alkohol skadeliker sou wees.

Die toetse wat gedoen is, toon dat kinders wat dagga rook, se werksgeheue swakker is as dié wat nie dagga gerook het nie. Hulle kan minder goed redeneer, en vind dit moeiliker om hul gedrag te beheer. Die gebruik van dagga werk ontwrigtend in op die ontwikkeling van die brein.

Die gebruik van alkohol het ook ’n negatiewe uitwerking op breinontwikkeling maar minder as die van dagga.

Dié navorsing onderstreep vroeëre bevindings van die Mediese Navorsingsraad dat dagga by veral kinders leervermoë, aandag en geheue benadeel. Veral die kinders se neurologiese en emosionele vermoëns word aangetas.

Vroeëre mynbase het die gebruik van dagga meer as ’n eeu gelede gepopulariseer deur dagga aan mynwerkers beskikbaar te stel. Hulle het bevind dat gerookte mynwerkers harder werk en ook ’n verhoogde uithouvermoë het. Deesdae moedig kontrakteurs hul werkers aan om nou en dan ’n bietjie boom te stook. Veral op HOP-skemas waar die oprigtingspoed belangriker is as die gehalte van die bouwerk, lyk dit soms of daar ’n brand in ’n huis onder konstruksie is soos die werkers dampies maak.

Ook die skrywer Herman Charles Bosman skryf oor hoe rof dit in krale gaan waar die inwoners dagga en drank saam gebruik, en dan rasend moleste maak.

Tog glo baie mense eenvoudig nie die navorsingsresultate nie, of as hulle glo daar is negatiewe elemente, is dit minder as die skadelike effek van gewone tabakrook of drank.

Die bekende Jean Oosthuizen skryf in ’n artikel wat in Voertaal geplaas is dat dagga onder meer in die spreektaal bekend staan as boom, elektriese spinasie, giggelgras, karate-twak, laggras, papegaaislaai, rondkyktwak, aaptwak en wilde pietersielie.

Kankerlyers word dikwels deur welmenendes aangemoedig om “marawan” te gebruik. Sommige mense meen dagga, veral in olie-ekstrakformaat, kan kanker genees, terwyl ander dit bloot as ’n buitengewone goeie pynstiller beskou.

In die VSA, waar tien deelstate dagga reeds gewettig het, en New York en New Jersey volgende in die ry staan, veg voor- en teenstanders daarvan lustig voort. Die skrywer, John Stossel het pas ’n artikel vir die peilingsagentskap Rasmussen geskryf waarin hy die argumente van die twee kante uitlig. Stossel probeer veral die anti-dagga-aktivis, Paul Chabot, se syfers in perspektief stel. In die proses maak hy argumente soos dat dit tot meer misdaad en noodlottige ongelukke lei, verdag.

Stossel wys daarop dat twee derdes van die Amerikaners die wettiging van dagga steun. Hy sluit af: “Good. Adults should have the right to make their own decisions about what to put in their own bodies.”

Die debat vir en teen die gebruik van dagga is nog lank nie verby nie. Baie desperate kankerlyers sal na dié strooihalmpie bly gryp omdat die kankerdeurbrake feitlik weekliks aangekondig word, maar daarna nog vir die medikasie jare neem om vrylik vir menslike gebruik beskikbaar te wees.

Dagga

Daar is meer as een soort dagga, Cannabis sativa, Cannabis indica en Cannabis ruderalis. Een soort word veral as dwelmmiddel gebruik, en ’n ander as vesel, soos vir die maak van tou of denims.

Dagga kom uit Asië, anders as wat sommige voorstanders verkondig deur ʼn saak uit te maak deur te beweer dagga is inheems aan Suid-Afrika en bloot verbied word om wit kapitaliste te beskerm wat ’n aandeel in die verbouing en vervaardiging van sigarette het.

’n Dagga is ’n dekade gelede ontwikkel wat vesel lewer wat spesifiek geskik is vir die maak van denims. Die skadelike stowwe is egter so min in hierdie dagga dat ’n mens ’n ganse denimbroek sal moet oprook voor dieselfde effek gevoel gaan word as wat met ’n enkele zol van die algemene dagga wat in Suid-Afrika in omloop is, verkry word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Magda ·

Herman, ek geniet jou tong-in-die-kiesskryfstyl baie. Daar is altyd ‘n ligte nooit in jou skrywes. Dankie!

Chris ·

Ek glo nie Herman het hier tong-in-die -kies oor dagga geskryf nie, hy is hier baie ernstig en dit hou vir almal ‘n waarskuwing oor die gebruik van dagga in.

Paul ·

En dagga sal vir China help om die VSA nog vinniger as die wêreld se voorte ekonomiese moondheid verby te steek.

Paul ·

Jip, en die hele VSA sal dit reeds een van die dae al moeiliker vind om op hul voete te dink. Wie in die wêreld sal dan na hulle wil luister en ag op hulle slaan as bykans almal daar gerook is.

Daan Erasmus ·

Sommige van die resultate is ‘n klomp twak. Natuurlik is dagga skadelik vir kinders. So ook is alkohol en sigarette skadelik vir kinders. Dit moet nie eers vergelyk word nie.

Aaptwak ·

Net so is kos en videospeletjies ook skadelik vir kinders… Toe ek ‘n kind was, was daar skaars vet kinders, want ons het buite gespeel, gehardloop, boom geklim en krieket in die straat gespeel. Nou se dae is dit net gemorskos en speletjies voor die tv en rekenaar. Dit moet nie eers vergelyk word nie.

Paul ·

Kinders moet ook nie in die water mors nie, die oumense wil dit drink.

Frans C ·

Gedurende my weermagopleiding was daar ook ‘n ou wat dagga gebruik het en wat ons ‘boom’ gedoop het.Die ou was dan ook gereeld in die moeilikheid maar het tydens
‘pack drill’ min tekens van uitputting getoon.

Hy was egter absoluut ‘useless’ nadat dit uitgewerk het.

Blaarman ·

Of dalk was hy bet moeg omdat hy harder gewerk het as die res van julle?

dirk bosman ·

Al die ouens wat op skool boom gerook het was mettertyd dof

WIEBO ·

Ek was in my weermag dae by Bourkes Luck hondesentrum waar ons spoorsny en snuffelhonde opgelei het. Dagga was gebruik om die snuffelhonde op te lei, maar ons hele kamp, sowel as staandemag lede was bykans heeltyd op n dagga trip. Lekker ou dae!

Cherokee ·

Matonkwan oftewel Durban Poison is deel van die vele name daarvoor.

zoeye ·

Celine, ek het navorsing gedoen aangesien ek dit al vir 10 jaar groei en gebruik
ek’t in my lewe nog nooit iets gerook en sal ook nie,
die uitwerking is baie anders wanneer jy dit in die olie vorm gebruik
ek’t nog nooit die room gebruik maar gedink om dalk cocunut olie te maak vir die tannie
oorkant die pad
gebruik gerus google as ‘n verwysing

Annelie ·

Hello Celine.
Ek rook nie, drink nie en nog nooit enige dwelms gebruik nie. Ek het n outistiese seun.
3 Jaar gelede het ek n VERSTOMMENDE verandering in n klasmaat opgemerk. Ek wou dadelik weet watter medikasie verander is.
Toe die Ma my sê sy gebruik cannabis olie, het ek gedog dis aromatherapy goed. Toe sy verduidelik, het ek half by my neus afgekyk en gedink ok, so julle is DAAI soort. Maar soos ek haar kind dopgehou het en die verbysterende veranderings opgemerk het, het ek begin lees en navors.
8 maande later was ek gereed om dit te probeer. (Maar nog nie gereed om daaraan te vat ens nie. Vir my was dit n geweldige skok op my sisteem want dis DAGGA… )
MAAR
My seun slaap beter, hy praat amper dubbel soveel woorde as voorheen. Sy uitspraak het verbeter sodat vreemdelinge hom begin verstaan.
Hy bou nou puzzles van tot n 100 stukke waar hy MAKS 24 kon bou. Hy praat in SINNE ( 2-4 woorde) Vir die eerste keer het ek nie blousakke onder my oë omdat hy 02h tot 04h opstaan nie.
Die positiewe kan ek nie genoeg vir jou uitlig in sy ( en sy maat) se gevalle nie.
Hy neem 4 druppels THC saans en 3 druppels CBD soggens.
Ek speen hom van Riserdal, n anti psigotiese middel wat VOORGESKRYF word vir outisme en dementia pasiente, met n elle lange lys newe effekte, o.m. vernietig dit BEENDIGTHEID…
die olie is anders as rook.

Ps ·

Jou more-en-aand praatjies kom nie ooreen as jy dagga gebruik nie! Dit is sleg vir alle mense, waarom dit op kinders toets?

EV ·

Ps, dit is nie “getoets” op kinders nie. Die navorsers het met mense en kinders gewerk wat reeds dagga gebruik.

Paul ·

Ja, en dit het hom nie ryker gemaak nie, inteendeel, gaan lees op.

Blaarman ·

Jy is sekerlik nie naïef genoeg om te dink hy het dit die eerste keer op die Joe Rogan potgooi gebruik nie?

Waarskynlik gebruik hy dit al vir jare.

Annelie ·

Ek maak my eie dagga en klapperolie mengsel. Gebruik dit vir kankerplekkies op my vel elke dag. Resultate is verstommend !! Selfs op snye en oop wonde.
En ek het nog nooit “gerook” gevoel nie !

John ·

So daar is al klaar mense wat dagga plant maar dit nie self gebruik nie. Klink dit bekend? Wat van verwagtende vroue? Nie ‘n woord daaroor nie. Al ooit van iemand gehoor wat dagga rook of die olie gebruik wat se dat dit nie werk nie en opgehou het? Dus verslawend. Dagga saam met ander medikasie veral die’ vir senutoestande is gevaarlik.

EV ·

John, n mens moet onderskei tussen mense wat dagga vir plesier gebruik en die wat die verwerkte vorm as n olie gebruik. Daar is heelwat bewyse dat die olie-vorm goeie effekte het vir sekere siektes by kinders en volwasennes. Die olie kan ook as n setpil gebruik word wat nie n effek op die brein het nie aangesien dit direk in die bloedstroom opgeneem word. Soos met alles in die lewe moet n mens egter navorsing doen en selfs met jou dr praat en nie onverantwoordelik optree nie. Gewone dagga rook is verseker taboe vir kinders maar in die regte vorm onder die regte omstandighede kan die olie van baie waarde wees.

Anoniem ·

Die olie is nie verslawend nie. Ek wens net daar sal behoorlike navorsing op die gebied gedoen word sodat al die mites uit die pad geruim word.

Andre ·

Kyk die documentary “The God plant”
Dagga beveg beslis kanker en dit is bewys, mense moet weg kom van die stigma oor dagga wat op ons neer gedwing was al die jare.

Anoniem ·

Stigma…presies wat dit is. Ek kan getuig…ek is 100% genees

Koos kakebeen ·

Altyd snaaks as die ‘slim’ mense hulle ‘kennis’ deel. keyboard warriors hahahahaha

Erika van Dyk ·

My seun is al 3jaar in remissie van brein en nier kanker en gebruik elke dag n ryskorrel Cannibis olie.
Ek gebuik cannibis olie … Ryskorrel saans vir my. glaucoma en my toetse wys dat dit my drukking nie verder laat styg nie.

Anoniem ·

Dit is wonderlik! Ek het ook ‘n 2de kans gekry nadat ek Cannabis Olie begin gebruik het. Genees van kanker, diabetes en hypertensive. Alle Eer aan God.

Anoniem ·

Awesome! Daar is so baie sulke getuienisse. Ek is dankbaar saam jou. Ek kan ook dieselfde getuig.

Hoe sê ·

My pa het lank dagga olie vir velkanker gebruik hy is met sy kanker en al na sy graf toe hy het self gesê hy dink hu moet maar dagga rook dan worry hy darem nie oor die kanker nie. Ek sê jou nou dagga het geen maar geen positiewe doel nie

lewies ·

Hoeveel mense bestuur onder die invloed van die rook van dagga? As jy sien hoeveel mense roekeloos bestuur en die verkeersreels verontagsaam in gewone woongebiede hoe bewys jy dat die persoon ‘n daggaroker is. Is dit meetbaar. Nie eers die metro kon ‘n antwoord gee nie. Ons as padverbruikers is “sitting ducks”!!

Blaarman ·

Lewies

Wel, soos gewoonlik nie goed deurgedink nie.

Hoe toets die polisie vir mense wat bestuur onder die invloed van pynpille? Of slaappille? Of enige vorm an kodeïne of allergie medikasie wat jou lomerig maak? Moet al hierdie bruikbare middele nou verban word?

Die onus is op die owerhede om die regte regsraamwerk vir die beskerming van landsburgers te ontwikkel, en meganismes te ontwikkel vir wetstoepassing, sonder om diegene wat dit op verantwoordelike wyse gebruik te na te kom.

Blaarman ·

O jitte!

In daai geval, kom ons verban sommer ook hoesstroop, pynpille, anti-hestamine, slaappille, ADHD en ADD medikasie, strespille, benzien en Bostick gom!

Die polisie kan nie vir enige van daai middele langs die pad toets nie! (Soos met dagga, kan jy streng gesproke ‘n bloedtoets doen indien die polisie-beamptes “probable cause” het).

Blaarman ·

In daai geval… kom ons verbied sommer pynpille, anti-hestamiene, kodeïne en hoesstroop, anti-depressante, ADD en ADHD medikasie.

Blaarman ·

Daar is ‘n hengse verskil tussen die ontwikkelende brein van ‘n kind en die van ‘n volwasse. Ek glo nie daar is ‘n enkele persoon wat die argument maak dat kinders dit vir rekreasiedoeleindes mag gebruik nie. Inteendeel, meeste ingeligte mense is bewus van die vele navorsing wat bevind het dat dit skisofrenie kan ontketen by kinders.

Maar, sover dit betref die mediese en paigiatriese toepassings vir cannabis is daar ‘n oorweldigende hoeveelheid betroubare navorsing wat aantoon dat dit wel effektief is vir die behandeling van ‘n reeks toestande, insluitende ook om die newe-effekte van chemoterapie te bestuur.

Maar, hier is ook ‘n belangrike beginselsaak. Die regering het geen reg om ‘n volwasse persoon te belet om enige-iets te probeer om sy eie lewe te red of van pyn ontslae te raak nie, mits hy nie ander persone in die proses skade berokken nie.

Hier is heeltemal te veel mense wat kommentaar lewer sonder om hulleself behoorlik te vergewis van die feite. Mnr of Mevrou, hoe gaan jy voel as die regering besluit hulle kan jou toesluit as jy suiker of koolhidrate eet, aangesien so baie mense aan gesondheidsprobleme lei as gevolg daarvan?

Chris ·

Ek sien vandag ‘n berig, die polisie in Die Laeveld, het ’n daggaplantasie ter waarde van meer as R20 miljoen met wortel en tak uitgeroei.

Alida ·

Chris dit is wonderlik as dit waar is. Die gemors rook die goed by die huis want hy MAG dan word hy sterk en braaf loop by die deur uit en verkrag n kind of pleeg moord. In die hof pleit hy hy was gerook. Grootste klomp bollie ooit.

Alida ·

Chris dit is wonderlik as dit waar is. Die gemors rook die goed by die huis want hy MAG dan word hy sterk en braaf loop by die deur uit en verkrag n kind of pleeg moord. In die hof pleit hy hy was gerook. Grootste klomp bollie ooit.

Blaarman ·

Gaan voort, gebruik dagga my kwagga.

Moet jou nie steur aan die humeur van Alida die draak.

Haar kop is vol mis en haar hart is vol haat.

Haar koppie en opinie, en intellik is mini, my maat.

Stook voort, Kwagga, en steur jou nie aan haar soort, dis gagga.

Anoniem ·

Ek rook nie en drink ook glad nie maar Cannabis olie het my lewe verander en so ook die van baie ander mense waarvan ek weet. Waar ek voorheen handevol pille moes drink gebruik ek nou skaars enige pharma medikasie. My geheue en konsentrasie beter as ooit. Ek is gesond. Nee ek neem die artikel nie ernstig op nie. Dink nie mense weet altyd waarvan hulle praat nie. Ek glo egter nie daaraan om enige iets te rook nie. Gebruik goeie strains vir goeie resultate. Skoolkinders koop gemors op die straat en rook dit.

AJ ·

Dagga is ‘n “mind altering drug”!

Sleg vir gesonde mense!

Goed vir siek mense wat hulle siek “body and mind” moet verander (ten goede) om die lewe draagliker te maak.

Los maar die regering uit die saak uit!

Seks is potensieël baie gevaarliker as dagga … tog vra niemand die regering se toestemming daarvoor nie. Waarom sal die regering geduld word in die “dagga” debat?

Blaarman ·

Netso, AJ. Dit kan ten goede gebruik of ten slegte misbruik word.

Maar die regering moet sy smerige vet neus uit mense se persoonlike besluite hou!

Anoniem ·

Dit is wonderlik! Ek het ook ‘n 2de kans gekry nadat ek Cannabis Olie begin gebruik het. Genees van kanker, diabetes en hypertensive. Alle Eer aan God.

Boompie ·

Ek lui aan depressie, die ergste depressie wat daar is. Ek was al op al die pille wat mens kry vir depressie en dit het my van ‘n zombie, tot erger laat voel en tot menigmale probeer selfmoord pleeg. Ek gebruik D al vir 10 jaar en is af van al die pille. Ek voel perd fris, het nog nooit ‘n relapse gehad of aan selfmoord gedink nie. Almal is vinnig om vingers tewys dat dit so sleg is. Maar mense, ek kan werk, bestuur en normaal funksioneer op dit. Maar dan is daar ALKOHOL. Dalk moet die skrywer van die berig dink om een teskryf oor alkohol. Dit rig meer skade as wat dagga ooit sal…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.