Nuuskommentaar: Om te stem of nie

Foto: Maroela Media

Al is stemreg nie die enigste manier waarop burgers hul demokratiese regte kan uitdruk nie, word dit algemeen as die belangrikste beskou. Tog is daar heelwat Afrikaners/wit mense wat dit duidelik maak dat hulle nie gaan stem nie, en sterk standpunt daaroor inneem.

Ongemaklik dikwels hoor ’n mens hoe ander met groot oortuiging motiveer hoekom hulle nié gaan stem nie. Hulle is duidelik ook nie vatbaar vir enige argument tot die teendeel nie.

Die redes wat aangevoer word, sluit in: om te gaan stem beteken om die legitimiteit van die owerheid en/of Grondwet te erken. Ander meen daar is sinvoller bydraes wat gedoen kan word om ’n positiewe invloed uit te oefen, eerder as ’n stem te gaan “vermors”.

Nog ander meen die politici op alle vlakke is gewoonlik so swak of skelm dat hulle nie ’n mens se steun verdien nie. Lees gerus Danny Titus se artikel hieroor.

Die argument oor legitimiteit het meer simboliese as regsbetekenis. Die oomblik dat iemand ’n hamburger koop, betaal hy BTW en het by implikasie die regering formeel erken.

Een leser het selfs gevra dat alle Afrikaners as ’n gebaar van protes van die stembus wegbly. Hy meen dit sal ook die buiteland se aandag vestig op die diskriminerende praktyke van die regering.

So ’n stap in Suid-Afrika is nie heeltemal vreemd nie. In 1980 het die destydse Verteenwoordigende Kleurlingraad, wat sedert 1964 bestaan het, homself geprorogeer (ontbind) deur herhaaldelik te weier om die raad se begroting goed te keur. Die lede het hul inkomste en voordele verloor, en verskeie was werkloos.

Dit kan nie heeltemal vergelyk word met wat die leser voorstel nie, want die raad is deur die meeste waarnemers as ’n nuttelose instrument beskryf. Enkeles het wel gesê dit het oor baie gesag beskik. Die feit is egter dat die 1983-Grondwet kort hierna in werking getree het, en die driekamerparlement met die Raad van Verteenwoordigers het met meer mag in werking getree.

Stemreg is maar een element van ’n grondwetlike demokrasie. Ander elemente sluit in ’n vrye pers en persvryheid, die bestaan van burgerlike bewegings soos AfriForum, Freedom Under Law en Outa, ’n onafhanklike regbank, die beskerming van minderheidsregte en individuele regte wat saam menseregte uitmaak, gebondenheid aan die internasionale reg, en ’n regering wat in algemene belang, nie in die belang van die regerende party se mense nie, regeer.

Daar is dus verskeie maniere hoe burgers aan die demokrasie kan meedoen sonder om ooit met hul voete naby ’n stembus te kom.

Maar maak elke stem saak? In ’n proporsionele kiesstelsel soos in Suid-Afrika gaan stemme nie verlore nie. Selfs een stem kan ’n verskil maak. Met ’n vorige verkiesing het ’n radikale party ’n setel in ’n provinsiale wetgewer gekry, en nie ’n gematigde party nie, oor die verskil van een stem.

’n Groter probleem is dat baie kiesers om ander redes vir ’n sekere party stem as een met wie se beleid en optredes hulle uit eie oortuiging saamstem. Hulle voer dikwels van die mees verspotte argumente aan oor hul keuse, en vertel ook dikwels hoekom hulle ’n party se beleid steun, maar hul weergawe van wat daardie beleid behels, strook hoegenaamd nie met die werklikheid nie.

Soms spel sekere werklikhede uit hoe deeglik ’n party, selfs die party met die beste beleid, sy boodskap by die kiesers uitkry of nie. Hoeveel potensiële Afrikaanse stemme verloor ’n party wat al sy mediaverklarings slegs in Engels uitreik? Dit is ’n geldige vraag veral ná die opkoms van die gemeenskapsmedia. Penorent Media, wat betreklik onlangs ontbind het nadat dit jare lank volledige nuusbulletins aan gemeenskapsradiostasies met ’n gesamentlike luisteraarstal van ’n miljoen Afrikaanssprekendes voorsien het, het uit twee joernaliste bestaan. Hulle het eenvoudig nie die tyd gehad om vertalings te doen nie. Hulle het verskeie versoeke aan die party, met baie Afrikaanse kiesers, gedoen om asseblief ook ’n Afrikaanse teks te voorsien.

Toe hulle oplaas die destydse partyleier vra, is hulle eenvoudig van die party se verspreidingslys afgehaal. Dit het ’n onafhanklike persoon gekos om via die party se Vrystaatse kantoor te werk om Penorent weer die mediaverklarings te laat kry – steeds net in Engels. ’n Mens kan net raai hoeveel Afrikaanse stemme so ’n party oor ’n tydperk van vyf jaar verloor as die luisteraars in daardie tydperk feitlik nooit aan die party se nuus blootgestel is nie. Om die betrokke party se voorkeurtaal in te span: “The client is always right.”

In ’n land wat in teorie die mees demokratiese land in die wêreld kan wees, kan verskeie faktore daartoe bydra dat die demokrasie nie ’n tiekie werd is nie. Dink maar aan terme soos ’n kleptokrasie en ’n Zuptakrasie. Selfs persvryheid kan die adder onder die bed wees. Dink maar aan iets soos ’n koerant, wat met die kongres van party A foto’s gaan neem van die motors wat by die verrigtinge geparkeer staan. Die onderskrif lui dat die party so gewild is, soos ’n mens aan die registrasienommers kan sien, die mense kom van ver af.

Met party B se kongres word weer foto’s geneem. Die keer lui die onderskrif die party is so onpopulêr dat die saal met mense van ver volgemaak moet word. Dinge kan ook subtiel gemanipuleer word soos bloot uit beriggewing weg te laat dat die provinsiale leier van een van die betogende partye haar middelvinger die praatwerk met die studente van ’n ander betogende party laat doen het. Die koerant het toe reeds baie skade hieroor gely, want die sosiale media het pas begin blom en kon die nuusleemte gou met die feite vul.

Ja, dink net hoeveel kiesers kon potensieel finaal hul keuses gemaak het as die skrywer partye by die naam genoem het.

Wees ingelig, en moenie so gatvas ’n party ondersteun dat jou stem gaan na ’n party wat dit nie verdien nie – selfs nie net “geleen” nie – ’n foefie feitlik sonder weerga.

En met elke verkiesing sal daar foefies wees, soos die verkondiging dat mense “vir Ramaphosa” moet stem – so asof daardie stemme nie maar eintlik vir die ANC tel nie.

Wees wawyd wakker vir foefies wat die demokrasie erodeer en stemme steel en van kiesers bloot stemvee maak.

Partye, waaronder die regerende party, maak nie net van witvoetjie-tegnieke gebruik om kiesers na hulle oor te haal nie, soos die ANC-LP, Nick Koornhof,  probeer het om wit kiesers oor te haal om “vir Ramaphosa” te stem nie. Pas is ’n verslag bekend gemaak wat daarop dui dat oudpres. Jacob Zuma die staatsveiligheidsagentskap ingespan het om met vuilspel steun te verseker. Daar is onder meer ook probeer om Ramaphosa se planne om president te word met vuilspel te verongeluk.

Dit is nou te laat om kiesers wat nie as kiesers geregistreer het nie, om te haal om wél te gaan stem, aangesien die registrasie van kiesers gesluit het. ’n Mens kan bloot ’n beroep doen dat hierdie mense nie voornemende kiesers ’n gat in die kop praat om nie te gaan stem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

131 Kommentare

Spike ·

Net jammer sa stem met hul harte en nie verstand nie, maar dan moet jy darem ten minste ñ rasionele verstand hê.

Liza ·

Gaan stem! Anti-ANC burgers wat wegbly van die stembus gaan die ANC se hand versterk.

Jou stem is baie wed ·

In ʼn situasie waar een party of ʼn groep partye wat byvoorbeeld dieselfde ideale het om grond sonder vergoeding te gryp en die grondwet wil verander om by hulle begeerte te pas moontlik 66.6% of meer van die stemme kan kry, is jou teenstem 2 maal soveel werd as ʼn ANC stem, want hulle het dan 2 stemme nodig om joune uit te kanselleer.

Cherokee ·

Miskien bedoel jy twee stemme waarvan een om joune te kanselleer en ‘n ander om wins te maak. Hoegenaamd ook al, jy maak ‘n baie interessante stelling. Ek hou daarvan.

Regtig? ·

Regtig? As vrye pers en spraakvryheid hoekstene van demokrasie is, wat sou die doel van Maroela wees en hul bydrae tot sogenaamde demokrasie as hul sinvolle kommentare wat die teenoorgestelde van hul opinie verwoord, blokkeer/sensoreer/ignoreer.
Maar steeds het julle die beterweterige arrogansie om die teendeel te stel in hierdie artikel, sonder om die insette te wys waarop jul reageer…
Dit ten spyte van die feit dat jul argument rakende die onderwerp reeds vir langer as 25 jaar verkeerd bewys word.
Dis ‘n vorm van kinderlike naiwiteit en liberale wensdenkery as jy aanhou om oor en oor dieselfde foute te maak en dan verwag dat jy mettertyd ‘n beter resultaat sal kry,

Kom ons kyk of jul die eerbaarheid het om hierdie inset te plaas…

Pieter ·

Mense wat nie stem nie is lafaards en lamsakke. Hulle will eerder kla oor alles wat verkeerd is, maar wil niks doen om dinge te verander nie. Die DA is nie die beste nie, maar SA benodig ‘n sterk opposisie party. Dit alleen sal dinge verander. Daarna is dit net’n kwessie van tyd voordat swartmense besef die ANC is ‘n leuen en dat Mandela dood is en nie meer die ANC se droom is nie.
Vir die wat steeds twyfel wil ek vra om die Bybel te lees en te kyk wat God belowe aan die volk wat Hom dien en eer! Dit is bewys deur die eeue.

Foxi ·

Wat het onse Hemelse Vader nou te doen om n kruisie te gaan trek? Dis jou eie wil om te gaan stem ofte nie. Natuurlik kla almal, die hele land se mense kla. Of jy nou gaan stem en jou kruisie trek, gaan als maar net aangaan en aangaan. Hoekom……..want ons land is oorbevolk. Net hier en daar sal iets miskien verbeter, miskien vererger dit nog vêrder. Ek kla, ja beslis, ek kla vir meer as 25jaar, ek sit nogsteeds met met my kla nadat ek ook gestem het. So, wat gaan die verskil maak om te gaan stem?

Nettie ·

@Foxi – EK STEM NIE, finish en klaar.

My redes? (1) Ek is vrou-alleen en moet gaan stem BINNE-IN ‘n informele woonkamp, met 100’e 1000’e ANC-gesinde swartmense wat my aangluur en (2) GEEN politieke party het vir my – persoonlik – nog OOIT, OOIT iets gedoen nie. Wat ek het, het ek voor gewerk en moet ek steeds vandag voor werk. (3) My stem tel in elk geval nie, want ek het sedert 2004 NOG NOOIT weer geregistreer of gaan stem nie en (4) ek is ‘n persona non-grata want ek is nog NOOIT in enige bevolkingsopname getel nie. 8 Mei 2019 is vir my net ‘n ekstra vakansiedag.

Regtig? ·

Regtig?
Hierdie is jou opinie en word reeds vir meer as 25 jaar verkeerd bewys.
Hoe lank voor jy terugkeer na realiteit?
Om mense vieslik te beledig omdat hul nie jou ‘plan van aksie’ steun nie, is tipies die liberalis se benadering tot en siening van utopiese reënboog mirages.
Om dan so laakbaar te wees om geloof nader te krap, om mense te probeer oortuig om te gaan stem vir ‘n ‘opposisie’ party, wat dieselfde beleid het as die regerende party rakende ons ras en volk, getuig van verwarde wensdenkery.
As enige Boere-Afrikaner voel dat hy moet stem, dan is die naaste wat jy kan doen wat sin maak, om vir die vf+ te stem.
Al sit hulle ook al vir 25 jaar op hul hande en droom oor onredelike mense/leiers en massas, wat skielik redelike besluite, uitsprake en aksies sal hê…
Dit het regtig tyd geword om die skille af te pluk van julle oë en ander sintuie.
As daar ‘n oplossing is, gaan jy dit nie kry deur ‘n kruisie te trek nie!

Ellisras ·

Kom ons hou ‘n skeiding tussen Godsdiens en die poletiek. As twee rugby spanne albei bid voor die wedstryd. Wat dan?

Gert ·

Voordat jy jou steun vir die DA en die Bybel in een kommentaar uitspreek, wees net asb bewus daarvan dat die DA nie ‘n christelike party is nie.

Gaitsigubib ·

Ellisras as 2 spanne bid vir God se wil is ek oortuig dat die wat opreg is in gebed tevrede sal wees met die uitslag van die wedstryd.

Chris ·

Met al die korrupsie, leuens, internet bedrog en wereldwye manipulasie via die geldmagte en korporatiewe instellings wat die hoofstroommedia beheer is alles ‘n groot sirkus! Joernaliste word omgekoop, Self geestelike leiers koop akteurs om, om wonderbaarlik genees te word, of uit die dood op te staan! Hoe word die integriteit van die onafhanklike verkiesingskommissie getoets en gewaarborg? Daar is geen geloofwaardigheid meer nie. Selfs die groot vier “onafhanklike” Ouditfirmas soos KPMG. De Lloyds ens. is almal onder verdenking.Wie kan die resultate van ‘n verkiesing waarborg? Who is fooling who? Die politici se “sponsors” met die meeste Geld beheer “The Deep State” en Hulle bepaal die verkiesingsuitslag! Ongelukkig hulself misreken met Trump en Brexit!

Estelle ·

Hierdie jaar se verkiesingsstryd en die keuse om te stem al dan nie, is nogal ‘n tameletjie. Dit voel amper asof, veral blanke stemmers, geforseer is om DA te stem, ten einde die balans tussen ANC en DA beheer te kan behou en terselfdertyd voel baie blanke kiesers dat die DA nie werklik die minderheid se belange op die hart dra nie maar slegs nou blanke kiesers probeer oortuig dat hulle ook waarde het. Dit baat nie werklik om vir kleiner partye te stem nie, want soos jy noem, kan een stem die verskil maak tussen positief en negatief. Ek dink, veral ons as blanke kiesers, sal moet mooi en hard en objektief dink oor die verkiesing en ons redes vir ons keuses, nie slegs vir watter kandidaat of party om te stem, maar veral om te stem of nie. As die oorgrote meerderheid besluit om nie te stem nie neem ons ons eie stem weg want jy kan nie bydrae of kritiseer as jy nie betrokke was nie.

CDP ·

Julle is so verkeerd, ons werk op n proporsionele sisteem wat beteken al die stemme word verdeel tussen die partye so of jy vir n sterker of swakker party stem jy vat stemme weg van ANC.

Gert ·

Estelle, enige stem vir enige party anders as die ANC bereik reeds wat jy wil bereik, nl om die ANC se meerderheid te verklein. As jy egter vir die DA stem, stem jy steeds vir ANC beleid, want die DA ondersteun dit alles: SEB, AA, herverdeling van grond, ens. Dus kan mens baie meer bereik deur vir ‘n party te stem wat nie hierdie katastrofiese beleide ondersteun nie.

Maljan ·

Die DA kan koalisies vorm met die kleiner partye. Dan kan die DA nie maak wat hulle wil ten oosigte van SEB, GRONDHERVERDELING, ens nie. So elke stem wat nie DA is nie, verswak wel hulle kanse as alleenheersers. Net jammer sekere indiwidüe het die DA erodeer vir meer swart stemme. Self lagwekkende TUG klugte onderneem.

CDP ·

Kan niemand die eenvoud van die sien nie, as jy nie stem nie gaan joi stem vir die ANC want ons werk op proporsionele sisteem wat beteken die pie word verdeel tussen al die partye, so stem jy nie is daar n stem minder vir enige ander party en 1 meer vir die ANC, so jy gee 2 stemme weg..

Foxi ·

Dit is NIE waar dat as jy NIE stem nie, jou stem na die meerderheid van n party gaan. Dit is dan mos korrupsie of hoe sê ek dan nou. Het iemand dit al bewys?

Nettie ·

Nou ja nou toe nou …… Ek is nie geregistreer nie, ek is nog nooit ooit, ooit gedurende enige volksopname getel nie ……………………………. maar my nie-geregistreerde, nie-getelde (dus nie-bestaande) stem gaan aan die ANC ……………… net omdat ons op ‘n proporsionele stelsel werk? Nou waarvoor dan nog die moeite gaan doen om te stem, huh?

Enige een wat in elk geval glo dat verkiesings vry en regverdig is, dat die OVK nie-bevooroordeeld is nie en dat hulle stemme wél getel word ………….. sal ook glo dat die maan van kaas gemaak is en dat die man in die maan wel bestaan.

Andre ·

Blankes hoef glad nie te voel hulle moet vir die DA stem nie!? Enige stem anders as vir die ANC of EFF is goed genoeg.

Andreas ·

Ek het vir ‘n tyd vir die DA gestem, soos seker meeste ander blankes, suiwer omdat ek geglo het hulle is die enigste party wat die ANC kan ontsetel, al het ek nie met hul beleid saamgestem nie, die afgelope twee verkiesings het ek van beter geweet en dit is dat ek die minderhede en my belange versaak het deur vir hulle te stem.

Roos ·

Al voel ek nie tuis in enige party nie, sal ek vir seker my stem uitbring om ‘n sterker opposisie te verseker. Dis nooit goed as ‘n regering ‘n baie groot meerderheid stemme kry nie. Daar moet balans wees.

Werner ·

Pragtige artikel. Waar. En vir my is die keuse om te stem, nie regtig ‘n keuse nie, maar meer ‘n verantwoordelikheid. En die keuse van party waarvoor ek stem, is ‘n beginselsaak. Nie ‘n wie-is-tweede-grootste saak nie. Ek stem nie met alles saam met wat die VF sê nie, maar ek stem beslis met baie meer saam as dit wat die DA sê. Ja, die DA kan beter as die ANC regeer, maar komaan, my goudvis ook. Wie moet namens my praat: Mmusi of Pieter? Wel, eerder Pieter, as ek ‘n keuse het. En ek het!

Frik Lotz ·

Enigste party wat veg vir Afrikaans en opstaan vir minderhede se regte is die VF Plus. Watter ander party doen dit? Logiese keuse is om VF Plus te stem en te weet daar sal omgesien word na jou belange.

Salomé ·

Ja,Blaarman…hulle vergeet bietjie vir eie gewin en basuinblaas ?

Leon ·

Frik, Front Nasionaal veg ook vir Afrikaans en die kultuur. So ook die Suidlanders, Praag, Boerestaat Party, die Boeremag, die AWB, die Afrikanerbond, die Rapportyers, die FAK, die ATKV, die Voortrekkers, die HNP, die KP, die NG Kerk, die Solidariteit Beweging, Steve Hofmeyer en baie ander. Veg jy namens hulle oor Afrikaans?

Mei ·

Estelle ek is ook oortuig dat dit nie baat om vir een van die kleiner partytjies te stem nie. Stem DA.

sweis ·

Het julle al gaan vra of op lees oor hoe n koalisieregering werk mei en Estelle.

Piet ·

Foxie, ek stem 100% saam! Toe die Romeine in Jesus se tyd oor die Jode regeer het, het Hy nie in opstand teen hulle gekom nie, maar verklaar om die keiser te betaal wat die keiser toekom.

Ons bly mos in n sg demokratiese land, so dit is ook my reg om nie te stem nie.

Vir politieke partye gaan alles oor persoonlike inkomste. Al wen hulle net een setel in die parlement is hulle paycheck gewaarborg met mediese en pensioen voordele. En sit by die huis met geen van bg voordele nie.

Sê maar net ·

Ja,right Pieter en waar staan ons land vandag na hoeveel jaar van demokrasie, na hoeveel verkiesingsfoefies en van getroue stembus-sessies? Julle storie is afgesaag en vervelig na 25 jaar hoor

En jou logiese keuse Frik,wil net platslaan, terugslaan en mede-afrikaners aanvat en het absoluut niks nuuts of wonderlik gedoen,AL OOIT NIE sover ek weet

Matthys ·

Stem volkome saam Sê maar net, hoe lank wil die mensDOM aanhou met hierdie korrupte babiloniese sisteem. Maar ek is dankbaar vir die ekstra vakansie dag!

J van Rensburg ·

Ek het dit voorheen gesê en ek sal dit weer sê: Te veel mense het stemreg. Hoe kan dit wees dat ek belasting betaal op ALLES en my stem tel net soveel as die perd wat op 6 kinder se “government grants” leef. Ek sê jou SARS verwysings nommer moet ook jou kiesers nommer wees. As jy nie betaal nie, dan het jy nie ń sê oor hoe die land bestuur word nie.
Dan is daar altyd die “As jy nie stem nie mag jy nie kla nie” brigade. Dis reg so, jy mag ook dan nie kla as jou party droog maak nie. As jy vir die blou party stem en hulle braak gal oor wit mense by Woolies koop, moet jy ook maar eerder stil bly

JohanL ·

Stem saam met jou – alhoewel ek weet dit nie sal gebeur nie. Net as jy belasting betaal mag jy stem of dan ten minste een of ander kwalifiserende kriteria.

Eeue gelede was daar ‘n kwalifiserende kiesstelsel in die Kaap de Goeie Hoop gewees vir mense van alle rasse (nie-blank ingesluit). Nie baie mense weet dit nie.

Ellisras ·

Vir die Provinsie gaan ek DA stem. Nasionaal gaan vir die Vryheid Front stem.

Marietjie Blignaut ·

As u Prov stem, kyk asb net eers WIE gaan u in die Prov verteenwoordig……. Lyste is einde Maart beskikbaar.

J van Rensburg ·

Hoe gebeur dit dat ń belasting betaler se stem net soveel tel as die perd wat op 6 kinders se “child grants” leef? Ek sal voorstel dat jou belasting nommer ook jou kiesers nommer word. As jy nie betaal nie, het jy nie ń sê oor hoe die land regeer word nie.
En dan vir die “As jy nie stem nie dan mag jy nie kla nie” span, dis 100%. Maar, as jou party gal braak oor wit mense wat by Woolies koop mag jy ook nie kla nie.

willem Botha ·

Stem solank jy net VF+ stem en as jy nie stem oor welke rede ook het jy jou nageslag verloën.

Stemdag ·

Ek persoonlik voel dat dit nie goed is om glad nie te stem nie, ook nie om vir een van die kleinpartytjies te stem nie. Stem eerder DA. Dit is wat ek persoonlik gaan doen.

Werner ·

En dis jou goeie reg! Maar moenie eendag kla wanneer jou kind of kleinkind nie werk kan kry nie omdat hy wit is, jy weet mos goed waarvoor jy stem.

sweis ·

Wat doen of beteken die DA vir jou en verstaan jy die konsep van koalisieregering.

Afrikaner ·

As jy dit nie veil het vir jou taal en kultuur nie (jy het dus nie erg daaraan nie), en jy het nie ‘n probleem daarmee dat SEB (of BEE dan) ens jou en jou kinders benadeel nie, dan kan jy netsowel nasionaal vir die ANC stem. Vir jou plaaslike regering kan jy dan DA stem.

Marietjie Blignaut ·

Elke stem tel….ons het ‘n NUWE proporsionele stemstelsel – vir 25 jaar lank al. Ons moet nie verder mislei word deur die DA se leuens nie. Meerderheid vertrap ons minderhede!!!

Zumie ·

Sewe wolwe en een skaap is in die reddingsboot op die oseaan. Hulle gaan stem oor aandete…… Herinner asb die skaap om te stem (later kan die wolwe altyd se dat die skaap deel was van die proses en dat hulle geregtig was in hulle optrede).

Frik Lotz ·

DA propaganda voor n verkiesing is dat jy nie vir n klein party moet stem nie want jy mors jou stem en gewoonlik verwys hul na VF Plus. Dit is mos twak! n Party groei mos en word groter hoe meer mense vir daardie party stem. In 1999 het die meerderheid blanke kiesers vir n piepklein DP(DA) gestem en toe het niemand gese die party is te klein om voor te stem nie! Volgens DA se redenasie moes niemand dan destyds vir die DP(DA) gestem het nie! As VF Plus dan so klein is, hoekom val die DA dan vir VF Plus aanhoudend aan? Is die klein VF Plus dan so groot dat hul n gevaar is vir die DA? Nee wat, mense val nie meer vir sulke propaganda dat VF Plus te klein is nie en VF Plus gaan groot steun by stembus kry!

Sê maar net ·

Nee,broer Frik,ñ party wat staan en spin op een plek,viri afg.25 jaar noual en bitter swak presteer bydi stembus,is taboe! ?

Marietjie Blignaut ·

Dankie Fritz…..ons moet VF+ stem. Ons is vir TE LANK deur DA mislei. Meerderheid vertrap ons in die grond in.

Dries du Toit ·

Die DA stemmers moet net besef dat hulle ook dan nie hulle aan die kant van Afriforum, Solidariteit en al die relevante organisasies wat vir geregtigheid veg in hierdie land ,skaar nie. Die DA veg teen hierdie organisasies. Die dag as jy moeilikheid het a.g.v. diskriminerende wetgewing. Los Afriforum uit en kyk of Musi jou gaan help

Dries du Toit ·

Die DA stemmers moet net besef dat hulle ook dan nie hulle aan die kant van Afriforum, Solidariteit en al die relevante organisasies wat vir geregtigheid veg in hierdie land ,skaar nie. Die DA veg teen hierdie organisasies. Die dag as jy moeilikheid het a.g.v. diskriminerende wetgewing. Los Afriforum uit en kyk of Musi jou gaan help..

Jerry ·

Ek is nie daarvan oortuig dat die VF die Afrikaner se stem verdien nie. Dit is asof die reg (lidmaatskap) of weg (nie lidmaatskap) benadering besig is om afstand te bewerkstellig tussen die VF en die Afrikaner. Ek kry die gevoel dat die VF/frontorganisasies nie besef dat die Afrikaner verder strek as net blote lidmaatskap Afrikaners nie. Jy kan nie namens die Afrikaner praat en op die Afrikaner n beroep doen om vir jou te stem as jy heimlik net ter dienste is vir die regte en belange van lidmaatskap Afrikaners, dit is amper soos die ANC se CR met “our people”! Die Afrikaner bestaan uit verskillende groeperinge en dit lyk net doodeenvoudig nie of die VF lus het om aan te pas om al die verskillende Afrikaner groeperinge en opinies te dien nie! Dit wil voorkom of die VF steeds net een groep dien en dit is die groep wat met alles van die VF saamstem en vir alles ja en amen se! Die VF moet hierdie persepsie verander en met woord en daad wys dat die VF alle Afrikaner groeperinge wil en kan akkommodeer en dien. Tot tyd en wyl dit nie gebeur nie, praat die VF net namens lidmaatskap Afrikaners en nie namens, DIE AFRIKANER NIE! Ten spyte van die VF se dade, bravade en teenwoordigheid in die parlement, neem witplakkerskampe en witarmoede met rasseskrede toe! Miskien moet die VF, plus die frontorganisasies hulle benadering in die parlement en teenoor mede Afrikaners eers drasties verander!

Salomé ·

Ek deel jou perspektief en stem 100% saam met jou Jerry.
Sonder kritiek,sonder aggressie, sonder haantjie-uitnek wees…
NET JAMMER dat mede-afrikaners eerder haan op eie mishoop wil kraai en eerder wil baklei onder mekaar,pleks van om te bou of te verenig,teen die massas

Afrikaner ·

Jerry, en die DA, verdien hulle die Afrikaner se stem? Hulle wat juis die Afrikaanse taal en kultuur misken, die DA wat juis ‘n voorstander van SEB is wat jou en jou kind in die ekonomie benadeel. Gaan lees gerus Maimane se uitsprake in die verband so ‘n week gelede. Maar natuurlik sal hy na die hand van die swart DA praat, as jy met jou taal en kultuur, ‘n minderheidsgroep of enkeling ondersteuning nodig het, moet dit nie van die DA verwag nie.

Sê maar net ·

Afrikaner,jy hak vas bydi DA,kom nou daaroor asb.
Ek stem 100% ACDP

Werner ·

Demokrasie het nog in geen Afrika land gewerk nie en werk ook nie in SA nie sodra die ANC agterkom dat hulle n verkiessing gaan verloor sal hulle net die reels verander bv noodtoestand of krygswet dan is daar nie n verkiessing nie as daar n verkiessing gaan wees wees verseker dat die uitslag klaar bepaal is in hulle guns hulle sus julle net met n kamstige demokrasie maar intussen maak hulle wat hulle wil so stem maar lekker om julle gewetens te sus

karen ·

ek sal nog steeds my kruisie gaan trek….. want wanneer ek dit nié doen nie, is dit ‘n stem die die opposisie.

willem Botha ·

My oupa het altyd gesê as die kop dom is moet die liggaam maar swaarkry.

Johan ·

Stem tog net asb… al is dit vir n party wat soos die DA solank ons net meer stemme teen die ANC kry.

Ek glo jy moet stem vir n party wat staan vir jou kultuur en waardes, al kry die party net een stoel in die parlement is dit n stoel wat vir die afrikaans/wit man staan in die land.

Gelukkig het die DA duidelik gewys hulle is nie die party wat vir Afrikaan staan nie.

Johan ·

Ek verwys na n nuus berig van vandag:

“Interdik teen ‘wit nedersetting’ en Petro Willems, DA-raadslid het die uitspraak verwelkom…

Wakker word Blanke Afrikaners… stem vir iemand wat vir jou staan al is dit n klein party is dit een wat vir JOU regte staan.

Salomé ·

Dis tragies jaaa,as mens al getrou gaan stem het,jaar vir jaar,geglo het, wat die politici kwytgeraak het en 25 jaar later het niks verander of niks verbeter nie..

Meer kommerwekkend,is my volksgenote se gevegte,se kritiek en uitlatings onder mekaar en vir ander koalisie partye, terwyl niemand se huis in orde is nie..

Presies,wat die menigtes anc+eff sóék…verdeelde vegtende afrikaners onder mekaar..

Duidelik kan persone of politieke partye ons nie meer red of weer verenig nie.
Dinge lyk maar baie bleek vir ons

Jan ·

Ek en al my vriende, stem DA, dink asseblief mooi oor julle besluit. Dit gaan nie help nie as ons, ons afsonder van die res van SA se mense.

TN ·

Cherokee , ek is dalk meer ” blank “as wat jy kan hoop om ooit te wees en ek gaan definitief nie vir ‘n splinterparty stem wat in hulle ganse bestaan nog steeds nêrens is nie en staatmaak op ‘n klompie regse Afrikaners om hulle in hulle politieke domheid te ondersteun nie __ salarisse aan beroepspolitici . Die Vryheidsfront + is op die oomblik niks werd nie , net ‘n spul praatjies oor taal en kultuur terwyl die land op die randjie van die afgrond staan . Maak eers eker dat die land effektief betsuur word , ons kan later besin oor Afrikaans hier of in Australië .

Gaitsigubib ·

TN, dit klink of jy jou vir Cherokee wil vererg. Onthou, jy hoef jou nie te vererg as iemand dink jy is dalk ‘n “joiner” nie, “if you can beat them join them” is ‘n erkende oorlewings strategie wat wereld wyd toegepas word. Die res van ons tree op uit ons beginsels uit want vir ons is geestelike oorlewing belangriker as fisiese oorlewing. Ek dink in elk geval dat die DA, wat koalisies vorm met die EFF, wat net so gevaar inhou vir die vrye mark as die ANC, nie ondersteun behoort te word nie. Stem vir wie jy wil- ek hoop dit voldoen aan jou verwagtinge. Groete Piet

DA is die regte keuse ·

Stem DA . Dit help nie om iewers te gaan wegkruip nie. Of om in die verlede te prober leef nie.

Afrikaner ·

As my taal en kultuur misken word, SEB wat teen my en my kind diskrimineer, ons van ekonomiese aktiwiteite ontneem, my nie geval nie, beteken dat ek in die verlede leef, dan leef ek in die verlede in ‘n moderne wêreld en stem vir ‘n party wat ook vir minderhede opstaan en hulle ‘n kans in die lewe gee.

Dries du Toit ·

Dit is ongelooflik om te sien hoeveel Afrikaners dra nog daai doodswens binne in hom. Die tragedie is dat dit raak nie net homself nie maar almal van ons en ons kinders. Dit is nou maar n gegewe hoe meer goeie Afrikaners hard veg vir ons behoud sal daar altyd die wees wat halstarrig saam met die vyand veg om als wat ons nog oor het ten gronde te laat gaan. Ek distansieer my deesdae van al die verraiers om my.

Salomé ·

Dries,dit het niks met halsstarig te doen nie.
Ons het álmal ñ demokratiese reg en standpunt en verskil,om te mág huldig.
ALMAL is bekommerd en almal deel hulle menings of jy nou daarvan hou of nie.
Moenie jou mede-volksgenoot aanvat omdat ons nie saamstem,met JOU party nie.
Kom ons reik eerder uit na mekaar, verander ons hartgesindhede teenoor mekaar en TRY SAAMSTAAN AS EEN teen die anc+eff en NIE teen mekaar nie.
Lees maar gerus Jerry se kommentaar

Gaitsigubib ·

Dries daar is dalk ‘n skrale kans dat ek nie geblok sal word nie en daarom gee ek die leser n kykie in die psige van ‘n nie-stemmer. Die einstes wat homself beywer het vir Afrikaner belange (die groot broederbonders) het die Afrikaner oorhandig aan die kommunis en die ANC en ons boonop deur ‘n bloedige oorlog gesleep vir geen rede. Vir die wat dit nog nie weet nie, die kommunis is die ou wat jou eiendom vat sonder vergoeding en jou Godsdiens verniettig. Waarom sal mens nou die politici begin vertrou? Die ANC is net verantwoordelik vir 50% van die gemors, die res behoort aan die NP en almal wat vir hulle gestem het. n Stembus in die land sien my nie weer nie. Ek laat dit nou aan die volgende geslag.

Hendrik ·

Ek gaan regtig nie in ‘n ry staan om vir ‘n stelsel te stem wat hul wette gebruik om teen my te diskrimineer nie. Totoop hierdie staduim het nog NET Solidariteit dit reggekry om AA tydelik te stop in Eskom en nog net Afriforum om te sorg dat daar oorwinnings in die hof is wat tot voordeel was vir ons. Nog geen ander opposisie party kon dit nog regkry nie want die meerderheid partye en kiesers is links en ultra links. Julle stem vir ‘n party wat ‘n 2 min spreekbeurt in die parlement kry oor enige saak van grondonteiening tot gesondheid. Die grondonteining van die plaas in Limpopo is gestop deur ‘n Burgeregtegroep en nie deur ‘n politieke party nie. Sake word in die hof vir die skole gewen deur FEDSAS en nie deur ‘n politieke party nie.

TN ·

Indien die ANC / EFF ‘n twee-derde-meerderheid behaal omdat mense nie stem nie , sal hulle gewoon die wette , insluitende die grondwet verander en die howe en / of burgerregtegroepe , sal hulpeloos staan . Dink ‘n slag met die verstand en nie met die hart nie .

Afrikaner ·

Dan kan meeste wit mense by verre nie verstaan waarom, ondanks die ANC wat so korrup is, die land se ekonomie tot by rommelstatus laat beland het, die swart mense versaak, daardie einste swart mense elke keer by stemdag hul kruisies agter die ANC trek nie.

So verknog is baie Afrikaanse wit mense aan die DA, al versaak hulle jou taal en kultuur en al benadeel hulle dmv BEE jou en jou kind se kanse om aan die ekonomie deel te neem.

Johan ·

Hoor-hoor Afrikaner, as jy die jaar vir die DA gaan stem kan jy net-so-wel kyk of daar nie dalk vir jou n stem blokkie is vir die NP en weer daar jou kruisie trek.

Hoeveel keer moet ‘n donkie sy kop stamp voor hy agterkom dit is seer…. dalk tot hy dood neer slaan? LOL arme “Leegdenkende” mense….

Afrikaner ·

Hierdie donkie het van na 1994 nog elke keer DA gestem, tot so twee verkiesings gelede, toe is die donkie se kop vol knoppe teen die DA gestamp. Sien, want daar is nie plek by Mmusi vir Afrikaans nie, ook nie die minderhede se kultuur nie. Ek is juis een van die mense wat klomp jaar gelede my werk agv SEB en regstellende aksie verloor het, so verseker sal ek nie weer my kop teen dieselfde paal stamp nie.

Logika ·

@Herman
My vorige kommentaar is blokkeer, so ek plaas dit weer…

“En het by implikasie die regering formeel erken”. Niemand ontken dat die regering mag het nie. Die argument is dat die regering nie “morele legitimiteit” het nie, en daar nie “morele legitimiteit” aan die regering gegee moet word deur vrywillige deelname aan die stemproses nie.

Dit is egter ‘n formele oorgawe van regeringsreg, en eksplisiete erkenning van die ANC (of selfs die EFF) se “morele legitimiteit” om jou te regeer indien jy gaan stem!

Ons vertrekpunt is dat die ANC nie die morele reg het om oor ons te regeer nie. Indien jy stem, gee jy aan die regering daardie morele reg.

Indien genoeg van ons nie deelneem aan die verkiesing nie, en nie aan die ANC die reg oorhandig om ons te regeer nie, staan ons nog ‘n kans op onafhanklikheid en oorwinning. Daarsonder – vir ewig onderdanig aan die tirannie van die meerderheid!

Afrikaner ·

Jy sê indien daar genoeg van ons is wat nie gaan stem nie staan ons nog ‘n kans. Op papier, en so uit die vuis uit, klink dit indrukwekkend. Maar maak die som om te bepaal hoeveel potensiële mense daardie ons kan wees. In totaal is daar om en by 56 miljoen mense in die land. Ons is sowat 4,5 miljoen wit mense, dit kan jy verder af breek na Afrikaans sprekendes (wat dalk so 70% daarvan uit maak), Afrikaners is nog minder en hoeveel is stemgeregtigdes?

Hoeveel van hierdie Afrikaners moet buite stemming bly sodat die res van die bevolking na hulle sal luister. Ek sal nie ‘n raaiskoot op die potensiële aantal my geld wil waag nie. En wat sê die realiteit? Wil daardie mense nie juis binne die parlementere opset ‘n spreekbuis hê wat hul belange op die hart dra en hul saak kan stel nie. Ek glo die kanse is maar skraal dat Cyril of enige ander ANC president jou stem buite die parlement in ag sal neem. ‘n Stem roepende in die woestyn.

Logika ·

@Afrikaner

Ek gaan net ‘n paar opmerkings maak want ons aantal woorde word beperk (en hier is heelwat komplekse aanmerkings hieroor te maak). Jammer daarvoor.

Kerngedagtes om oor na te dink:

1. Ons populasiesyfers neem af, nie toe nie. En die trajek van die ekonomie, ons regte en vryheid neem met rasse skrede af. In 25 jaar is dit die resultaat wat deelneem aan die verkiesing opgelewer het. Daar is geen “stem” vir ons in die parlement nie, bloot illusie (en hiermee bedoel ek nie net Afrikaners nie). Juis as gevolg van die oorweldigende demografiese realiteite, sit ons met die tirannie van die massas. Dit is ‘n klug om te dink die stembus gaan dit verander.

2. Stemming doen afbreuk op ons morele beswaar teen oorheersing deur die ANC. Reeds argumenteer en bewys.

3. Die tempo waarteen onderdrukkende wetgewing omgekeer word is stadiger as die tempo waardeur dit deurgevoer word. Boonop is die onafhanklikheid van die regsbank nie meer ‘n gegewr nie (soos met enige ander onafhanklike regeringsinstelling).

4. Enige verstandsgesonde mens wil oorlog vermy.

5. Ons het politiese innovering nou nodig – nie geykte politieke stellings oor stemming nie. Die basis daarvoor is beginselvaste optrede. Daar is wêreldwyd ‘n sterk Libertarian / Anarcho-capitalist beweging wat simpatiek sal staan hieroor (en alreeds doen). Ons kan soveel te meer hiervan te wagte wees indien ons, al is dit net onder Afrikaners, genoeg kritiese massa in die opsig bou. Met sulke ondersteuning kan ons druk uitoefen en vele ander hefbome trek.

Afrikaner ·

Logika, jy is 100% korrek in jou weldeurdagte en beredineerde kommentaar, elkeen van jou 5 punte. Ek bly egter vir die huidige by die praktiese vashaak, en dit is hoe kom ons verby die siening dat die huidige regering ongrondwetlik is, al is dit soos ons dit ervaar. Die tyd is egter nou hopeloos te min om iets daaraan voor die verkiesing te doen. My roep is dus, mens moenie jou stem nou in die see gooi nie, maar soos per jou punt 5 is die enigste oplossing dat daar buite die boks gedink moet word deur diegene wat dit veil vir die Afrikaner en sy aspirasies het. Die tyd raak ongelooflik min.

Logika ·

@Herman

Ek is bitter teleurgesteld in jou en my mede-Afrikaners (die stemmers) wat allerlei beledigings gooi na die van ons wat kies om nie te stem nie.

Dit is dood eenvoudig ‘n vorm van “ad hominem” drogargumentering – julle is nie bereid om in debat te tree en julle standpunte te verdedig nie, so dan kies julle om die opponent te speel eerder as die bal.

Dit is nie die standaard van goed gebalanseerde argumentering wat ek van jou te wagte gekom het nie.

Burger ·

As jy geen trots, pro-aborsie, pro-regstellende aksie, anti-Akrikaans, anti-Afrikaner, Christendom misken…dan is jou keuse maklik. Stem dan ANC, EFF of DA.

Stem maar lekker ·

Mmmm ja, kyk maar na die wonderlike resultaat na 24 jaar se stemmery. Ons gesin stem nou met ons voete – land-uit – die beste stem ooit.

Dries du Toit ·

Logika.. ek stem saam met baie wat jy se wat feite is. Maar deur te stem word ons getel en dit is bitter belangrik om te weet wie en wat is ons mense in hierdie verdoemende massas. Ek wil nie my eie naam he as ek nie my volksgenote en leiers wat hard werk om in hierdie chaos ons stem te laat hoor nie. As almal soos jy moet dink en in stilswye in hierdie massas verdwyn sal niemand eers van ons bestaan weet nie. Ons het baie goeie leiers in verskillende organisasies nl. Dr Pieter Groenewald, die Mulders,dr Dirk Herman, Kallie Kriel, Flip Buys en menige intelligente mense saam met hulle. As hierdie manne geen ondersteuning kry wat getel word nie SAL hulle uiteindelik opgee en dan waar sit ons dan. My hart breek as ek dink dat so iets kan gebeur. Ek het kinders en klein kinders. So glo ek jy ook. Dit is n misdaad teenoor hulle om weg te bly by die stembus

Cherokee ·

Die land gaan weer ‘n herhaling sien van die 1992 verraad tydens die referendum toe die ja-stemmer sy eie land verraai het; hierdie keer gaan dieselfde kieser DA stem omdat daar nie meer ‘n ja-tafel is nie.

Cherokee ·

Jy is verkeerd en een van min wat dìt as ‘hierdie waarheid in die geskiedenis’ beskou. Dit word as troos gebruik. As salf. Tel die paragrawe en lees in die 8ste paragraaf hoe die skrywer self erken hy was naïef om FW De Klerk se belofte as ‘n ‘waarheid’ te beskou. Lees dan sommer ook Gert Bothma se kommentaar in die betrokke artikel.

Afrikaner ·

Cherokee, jy verdraai Herman se woorde, FW het dit gestel asof die eerste verkiesing hom ‘n mandaad gegee het en dat daar nie ‘n tweede verkiesing sou wees nie, en dit is waaroor Herman Toerien beduie het dat hy daardie tyd naief was om FW se belofte as die waarheid te beskou. Lees weer die hele artikel waarvan die skakel hier bo is, lees weer die kommentare, ook my eie met bewyse.

Cherokee ·

In jou eerste sin noem jy dit ‘n verdraaiing wanneer ek dit naïwiteit noem en dan volg jy op deur my woorde te kwoteer; dat hy naïef was. As jy so rondspeel met name, in elke gesprek iemand anders wil wees, moet nie op my skrywes reageer nie. Iemand anders het ook reageer maar ek dink dit was dieselfde persoon wat homself in ‘n ander forumgesprek as ‘n ateïs bestempel het, so daarop sal ek ook nie reageer nie.

Gaitsigubib ·

………………en dan volg die Nuwe DA en as die ANC en EFF die ou DA opslurp dan wonder die Nuwe DA manne, “is hierdie ‘n oordosis Deja Vu of wat?

Adam ·

Die verskillende opinies van Afrikaners is nogal interessant. Sommiges noem direk en ander by implikasie dat daar vir die “Afrikaners” gestem moet word en ironies genoeg is die Afrikaner die groep wat Afrikaners uitverkoop het. Baie ironies.

Felix ·

Maar dit het baie mense, veral die Afrikaner na FW se wigte en teenwigte tot in hul skoene geskok. En mag die Afrikaner nou as gevolg daarvan in die leeukuil gegooi word?

Sê maar net ·

PRAAT JY NOU. ADAM…van Smuts af, toe by die NP,Koorhof en FW verby en ñ wye draai met Constand se Bop verraad…om net ñ paar te noem en steeds stry en baklei die afrikaner laat die spoeg so spat,skoon by die IRONIE van als verby

Afrikaner ·

Cherokee, laat die lesers self besluit na hulle die artikel met skakels wat ek hier bo as Andreas geplaas het lees wat die werklike toedrag van sake daardie tyd was. My persoonlike oordeel speel geen rol nie, ek gee net die feite weer dat elkeen vir homself kan besluit.

Afrikaner ·

Maroela, en dan moet ons koel en kalm, soos huiskatte wees. En die vrak in die verhaal is toe nie ‘n huiskat nie.

Logika ·

Met elke verkiesing word die argument gevoer dat dit “nou of nooit” is nie… dat ons nou moet stem om te oorlewe.

Goed. Dit is hoogs onwaarskynlik dat ons stem die sosialistiese aanslag gaan afweer (en dit berus op die geloofwaardigheid van politici, wat ek met goeie rede nie vertrou nie).

So weereens word ons aanspraak op selfregering ondermyn.

Op watter punt gaan ons omstandighede meer gunstig wees om die regte ding te doen, en nie te stem nie? Dink julle ons gaan ooit vry wees deur hierdie resep te volg wat die afgelope 25 jaar nie gewerk het nie? Besef julle dat ons eie integriteit ondermyn word, en ons ambisies van selfbeskikking nie ernstig opgeneem word as ons deelneem aan die stemproses nie?

Die tyd is juis nou, wanneer dinge donker is, ryp om die regte ding te doen en nie te stem nie… ‘n baie sterk boodskap uit te stuur, terwyl Libertynisme (“Libertarianism”) hoogty vier wêreldwyd, en ANC/EFF/BLF rassisme, korrupsie en onbevoegdheid in die kollig is, om ernstig te raak oor selfbeskikking.

Die prosesse wat tans nog die ANC kan belemmer is in elk geval nog in plek: burgerlike organisasies wat in die howe die regering aanvat.

Die ironie van die saak is dat mense onder die indruk verkeer dat hul stem meer tyd vir die Afrikaner koop… maar die waarheid is eintlik die teenoorgestelde… dit gee ons vyande meer tyd (en moreel geregverdigde staatsmag) om ons verder af te takel.

VF+ ·

DA is dieselfde as jare trug se NP en HNP
VF+ is our jare trug se KP
Vergelyking stem met trots VF PLUS…..

Cherokee ·

Jy bewys soveel onkunde. Geen wonder jy speel rond met gebruikersname.

Marietjie Blignaut ·

Wetgewing se hoogste gesag is die Parlement. Wie se belange kry tans die MINSTE aandag? Dink asb op 8 Mei daaraan en stem dan reg vir ons nageslag sebehoud. Ons mense staar hul blind en verstaan na 25 jaar nog nie hoe die proporsionele stelsel werk nie. Dink net AS die PROPORSIONELE stelsel al die verskillende minderhede verteenwoordig, kan die koek meer eweredig verdeel word.

Blaarman ·

Marietjie

Dis glad nie nodig om die woord “proporsioneel” in hoofletters te tik soos jy doen nie. Eerstens verstaan ons almal dit, en tweedens is dit glad nie deurslaggewende konsep wat jy dink dit is nie.

Jy verstaan self nie die proporsionele stelsel reg nie. Laat ek vir jou verduidelik waarom:

Politieke mag is nie ‘n koek nie. Jy kan nie jou stukkie vat en dan eenkant in die hoek gaan sit en dit in vrede eet nie. Wanneer daar wette gemaak word, geld dit universeel, behalwe diskriminerende wetgewing wat natuurlik die minderheid viktimiseer. Die staatsmasjinerie word deur die meerderheid in totaliteit gekaap. Jy gaan nie jou proporsionele stuk daarvan kry nie.

Jou koek-metafoor skep die illusie van proporsionaliteit, maar in werklikheid is dit ‘n totale klug.

Dit is eerder ‘n scrum. Jy scrum met 3 outjies teen sewe. En die ref is nog boonop aan die kant van die sewe. Plus, jou drie outjies word ‘n salaris betaal om te bench vir die sewe deur die sewe se spankaptein, so hulle wil nie regtig wen nie.

Wat is die antwoord? Moenie aan die wedstryd deelneem nie, dit is gekook.

Marietjie Blignaut ·

Twak man! Dis omdat die meerderheid oral om ons en in die Parlement waar wette gemaak en goedgeleur word, ons as minderhede vertrap. Is dit so moeilik om dit te sien en te verstaan?

Sê maar net ·

Goeie idee,om dalk rustiger te raak Marietjie…
As jy,eers begin om jou humeur te verloor,is jy so weerloos soos ñ baba

Naas ·

As jy nie stem nie, moet jy nie kla nie. So, stem met jou gewete. Met ons proporsionele stemstelsel is geen stem vermors nie.

Blaarman ·

As jy stem moet jy nie kla nie. Jy het die ANC jou toestemming gegee om jou te oorheers.

Johannes ·

Ek dink Suid-Afrikaners heg heeltemal te veel waarde aan die vermoe van ‘n politieke party om die land om te swaai, eerder as die Here. Wat ons moet doen is om ons “ons rug te draai op sonde, om vergifnis vra en die Here sal ons land genees”, maar aan die ander kant ook is “geloof sonder dade dood”.

In hierdie lig is wat èk bydra tot die land se genesing eerstens ernstige gebed, en tweedens om wel my kruisie te maak EN te skuif vanaf die DA na die ACDP (die enigste party met ware, onveranderde Christelike waardes). Is hulle in die minderheid? Verseker. As oom Angus gestaan het vir president was my keuse aansienlik makliker, maar ek kan nie langer agter ‘n party staan wat ten gunste is van goddelose dinge nie. My stem sal nie verlore wees nie, want die opposisie sal koalisies vorm. Ek het ‘n gevoel ‘n groot meerderheid van die DA se ondersteuners gaan hierdie verkiesing ACDP en VF+ toe migreer.

TN ·

Ou Aartappel lieg omtrent netsoveel as Zuma __ jy het besondere hoë standaarde !

Klopdisselboom ·

Ek sal graag wil hoor hoe jy by die gevolgtrekking uitgekom het dat die HNP en die DA dieselfde is. Ek is nogal lus om lekker te lag!

Hennie ·

Sien dis hoekom daar so baie mense is wat nie wil stem nie want ons kan nie eers as Afrikaners ooreen stem onder mekaar nie nee ons sê liewers die ander een sleg hetsy blatant in jou gesig of om kommentaar te lewer op webwerwe . Skaam julle .

Logika ·

Ons hoef nie ooreen te stem nie. Diversiteit van denke is goed.

Beledigings in plaas van gesonde debat is nie. Dit dui daarop dat die persoon wat die belediging uiter meer belang stel om sy eie ego te beskerm as om by die waarheid uit te kom.

Eunice ·

Dis die probleem,mede-volksgenote raak aggressief en beledigend en aanvallend as mens durf verskil van húlle party, wat mý des te meer oortuig die liewe TROTS en EGO seëvier,bo die waarheid,wat hulle weier om te aanvaar…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.