Nuuskommentaar: Om Zuma se optredes en bekkighede te voorspel

Pres. Zuma in die Nasionale Vergadering. Foto: GCIS

Pres. Zuma in die Nasionale Vergadering. Foto: GCIS

Gaan Zuma se grootlikse toegewing Dinsdag voor die grondwetlike hof daartoe lei dat sy staatsrede van die gebruiklike arrogansie en selfgeregtigheid gestroop word? Is daar ʼn kans dat hierdie staatsrede, dalk Zuma se politieke swanesang, ʼn werklike baken van hoop sal word soos dit behoort te wees?

Die media en ontleders het die krane behoorlik oopgedraai om te voorspel wat pres. Jacob Zuma alles in sy staatsrede Donderdagaand gaan sê én verswyg. Nadat hy Dinsdag voor die grondwetlike hof heelwat toegegee oor die Openbare Beskermer se magte, is die vraag of Zuma sommer weer sy gebruiklike adviseurs sal vertrou; of amper belangriker, sy eie oordeel. Kortom, gaan dit lei tot ʼn staatsrede wat meer aan internasionale riglyne voldoen as wat tot dusver die geval was?

Daar word ook wyd besin oor die komende begrotingsrede. Met beide is die verwagtinge nie besonder optimisties nie – wat Zuma betref, gegrond op die ervaring dat hy net té gereeld die verkeerde ding sê, gewoonlik wanneer hy van sy geskrewe toespraak afwyk en in die geval van minister Pravin Gordhan omdat sy speelruimte, onder meer om medisyne toe te dien, bitterlik klein is. En baie van dié medisyne is juis nodig weens Zuma se uitsprake en optrede in die verlede en die kettingreaksies wat dit aan die gang gesit het.

Wat die begroting betref, is die vooruitsigte van wat gesê gaan word meer konkreet. Volgens die jongste aanduidings het die Ontvanger vanjaar minstens R20 miljard minder ingesamel as waarvoor die begroting voorsiening gemaak het. En in ʼn verkiesingsjaar is dit bykans ondenkbaar dat die ANC-regering op sekere uitgawes, veral maatskaplike uitgawes, sal wil besnoei. Daar is immers reeds ʼn vaste verwagting van kospakkies wat onder meer komberse insluit.

Is dit bloot ʼn speletjie van onder meer die media om alles te probeer voorspel? Die Nederlandse geskiedkundige, Han van Bree, het op die oog af met die verkeerde voet uit die bed geklim toe hy hom skerp teen “antisipasiejoernalistiek” uitgespreek het. Hy meen dit neem te vinnig toe in die joernalistiek en omdat dit te dikwels in die praktyk anders verloop, verskraal dit die gehalte van joernalistiek. Hy vaar onder meer skerp uit teen die gebruik van meningspeilings om vooruitskouings te doen.

De Bree is reg én verkeerd. Die fokus behoort te val op deeglike ontledings van die feite van gebeure in die verlede. Die wêreld het egter in ʼn neutedop ontaard en die vakwetenskap toekomskunde speel ʼn groot rol daarin om ekonomies en andersins paraat te wees.

Die vooruitskattings van wat Zuma in sy staatsrede gaan sê, wissel geweldig. Aan die een kant word gemeen hy gaan hoofsaaklik fokus op grondhervorming en sosiale kohesie. Ander waarnemers verwag ʼn groter verskeidenheid kwessies wat aan die bod gaan kom, waaronder ʼn paar wat sterk versluier gaan deurslaan. Onder die “versluierde” temas tel die regering se ekonomiese beleid wat kort voor die verkiesing skerp van links-sosialistiese kringe onder druk kom, maar weer deur wêreldverwagtinge ʼn swaai na die ander kant vereis.

Bitter min ontleders verwag dat Zuma leierskap aan die dag gaan lê en duidelik standpunt gaan inneem wat die toediening van broodnodige medisyne insluit. Met sy staatsrede is hy veronderstel om die pad makliker te maak vir die aanbied van die nasionale begroting.

Sit dit werklik in Zuma se broek?

Een van die fiksies waarmee gewerk word, is dat veral presidente en ministers hul eie toesprake skryf. Gewoonlik word ʼn amptenaar getaak om as toespraakskrywer op te tree, maar met belangrike toesprake soos die staatsrede en begrotingsrede, is dit gebruiklik om ʼn span kundiges in te span. Dit is gewoonlik ʼn enorme taak.

Die staatsrede is uiteraard meer polities van aard as die begroting en die hand van politici van die regerende party is dikwels besonder duidelik.

Kortom, Zuma skryf nie self sy staatsrede nie. Daarom was dit eerder ʼn verleentheid as enigiets anders toe die SAUK enkele jare gelede beeldmateriaal gewys het waar Zuma agter sy lessenaar sit en kamma die finale afronding aan sy toespraak doen. Uiteraard word van Zuma verwag om belangrike insette te lewer en uiteindelik seker te maak hy gaan akkoord met die inhoud, maar ʼn regeringshoof wat self die staatsrede skryf? – nie sommer nie.

Sedert die gebruik van staatredes oorspronklik in die VSA posgevat het, het ʼn lang lys protokol-reëls ontwikkel waaraan ʼn staatsrede moet voldoen. ʼn Belangrike komponent is om ʼn patriotisme rondom nasionale kohesie aan te wakker.

En hiermee, danksy die ANC se verkiesingstrategie om die raskwessie flou te slaan en sommiges, soos om die DA / blankes daaroor in die beskuldigdebank te probeer plaas, skiet daardie protokol by voorbaat in die voet, selfs al maak Zuma ʼn belangrike aankondiging oor ʼn beoogde beraad om die kwessie van toenemende rassespanning te hanteer. Die vorige poging wat Zuma aangekondig het, die sogenaamde Kliptown-beraad, het juis misluk omdat die ANC die blaam elders heen probeer verplaas het en polarisasie verder versterk het.

Soos sake nou verloop, kan die staatsrede ook prakties Zuma se politieke swanesang wees. Hy moet ook besef dat die kanse geringer word dat hy nog oor ʼn jaar in die stoel sal wees en hierdie staatsrede bied aan hom die geleentheid om ʼn onvergeetlike staatsrede te lewer. Hy kan versoening in die land weer op ʼn koers plaas wat minstens ʼn kans op sukses staan. Sy blaamverplasingsmetode het tot dusver die heksebrousel net dikker aangemaak.

Hy kan belangrike aankondigings oor droogtehulp maak, maar die wind waai wes en verwagtinge hieroor kan byna vir seker op teleurstellings uitloop.

Die bal is in Zuma se hande. Hy kan dapper wees en ʼn algemene positiewe gees probeer skep, of hy kan met die oog op die verkiesing sy teikenmark in die oog hou en sy staatsrede met die kenmerke van ʼn meerderheidstirannie beklad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

alida ·

Herman, baie goeie artikel hoor. Daar sit baie in Zuma se broek maar die Staatsrede en die land se belange is defnitief nie daar nie.

DPJ ·

Met Zuma se hanswors treke kan ons enige iets verwag.
Heeltemal onvoorspelbaar.

Joe ·

Ek stem saam met jou … JZ is die hoof ” clown ” in die parlement & die res van die ANC volg hom om hom te beskerm . JZ het beslis NIE die ” guts” om enige ding reg te doen nie … hy maak staat op AL sy ” tjommas” van die ANC & in die parlement om dit namens hom te doen …..
Dit IS nou hoog tyd dat JZ moet gly …. want AL die bedrog , misdaad , korrupsie , diefstal & wat nog , sal NOOIT uit geroei kan word solank hy aan bewind is nie !!

alida ·

Sy fluitjie het geblaas en hy beter hom gedra soos wat dit ‘n Staatspresident betaam. Ek het egter my bedenkinge en glo dat dit weereens in ‘n sirkus gaan ontaard. Kom ons wag en kyk. Hy weet in elk geval nie wat dit alles beteken nie want die ding word vir hom geskryf. As hy net nie so sukkel om gelees te kry nie. Ek wens hulle wil iemand wat KAN lees vra om die Staatsrede te lewer dan sal dit gou-gou verby wees, maar hy verloor kort-kort die plek elke keer as hy omblaai en sy bril regskuif. Shame !!!

Mick ·

“Rats abandon a sinking ship” is ‘n ou idioom. Die omkeer in die hof gister en Nene se bedanking laat my wonder of hierdie skuitjie nie dalk vinniger sink as wat aan ons voorgehou word nie? Swanesang van Zuma? Nee, sy kreditasie is swakker as die van ‘n varkworsie in ‘n Sinagoge. Wie sal tog weer die fout maak om hom ooit weer te glo?

Karma ·

@Mike, die 62% wat vir hom gestem het sal hom weer (en weer en weer en weer) glo!

jean ·

Kan hy skryf?…..Kan nie wag om die gemors te hoor wat hy gaan probeer lees

Henry ·

Daar is ‘n lewintie-sewintie-plentie-miljon teen 1 kans dat Zuma daartoe instaat is om met ‘n waardige, skrander en gerespekteerde staatsman verwar kan word.

Joe ·

Mooi gese ….. al wat die hoof ” clown ” JZ kan doen , is om mense & SA te flous met sy woorde …. maar hy doen absoluut niekies aan die dade wat gepleeg word nie …. wonder of hy gaan skape & beeste op pas om hom besig te hou …. hy vaar beter daarin as in die parlement ….

André ·

JZ kan nie ‘n staatsrede voorberei om sy lewe te red nie. Dit word VIR hom gedoen. Die nar lees net voor wat geskryf is en het nie ‘n benul wat daar staan nie. Dis nie HY wat die staatsrede voer nie maar sy adviseurs…..wat ook veel te wense oorlaat.

alida ·

Andre jy is 100% reg. JZ het geen idee waaroor dit gaan nie en weet nie dat dit HY is wat die land nou na rioolstatus laat afgradeer nie. Hy voel dit nie wat hy en sy makkers is dik gesteel en eet hulle elke dag trommeldik en bly in luukse huise. Wat sal hy hom nou aan die wereld steur. Hy moet maar sy pak vat soos ‘n man en sal 10/1 nog daaroor ook lag. NAR

Rynhardt ·

Zuma se staatsrede gaan geen visie bevat nie, want ekonomie is klaar dood! Vanaand op SABC3 het die propagandamasjien weer die indruk gewek dat Zuma n haas uit die hoed gaan pluk.Sy eie ondersteuners kan nie sien dat hy ekonomie vwrnietig het nie.SABC het ook met wit jeug gesels, hulle weet nog minder wat in SA aangaan! Dit se alles! Moreaand gaan jy weer drama beleef by die mees skouspelagtige-sirkus in die land.

alida ·

Rynhardt jy is reg !!! Hulle sit Boswell se sirkus ore aan.

Johannes Meintjes ·

Rondom droogtehulp tog te meld dat ek vanoggend ‘n nuusbrief van die Ierse landbougemeenskap ontvang het. Daar was pas vloede, en die boere word versoek om teen die week hul eise vir ramphulp in te dien. In SA is die landbouboere slaansakke en is droogtehulp nog ‘n oorlamse politieke slaaninstrument.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.