Nuuskommentaar: ‘Ons sal maak nes ons lus kry!’

Lindiwe Sisulu (Foto: Departement van kommunikasie)

“Ons sal maak nes ons lus kry,” was die implikasie van Lindiwe Sisulu, minister van internasionale aangeleenthede, se woorde oor teenspoed wat Suid-Afrika uit Australië gekry het oor die ANC se beleid van grondonteiening.

Haar standpunt sou gewig gedra het as dit ’n suiwer huishoudelike saak was, en sy byvoorbeeld die Veteraantrekkervereniging oor die vingers sou tik. Die beleid is immers in ’n stemming deur die parlement aanvaar, al is dit nog nie in wetgewing gegiet nie. En in hierdie geval, die Grondwet en die Handves van Menseregte.

Maar Sisulu het ’n soewereine land bygedam, wat net soos Suid-Afrika, internasionale verdrae onderteken en geratifiseer het wat grondonteiening sonder vergoeding verbied – verdrae wat die reg op eiendom ’n basiese mensereg maak.

En om ’n mede-ondertekenaar te kritiseer is een van die makker sanksies waaroor lidlande beskik. Dink maar aan die moeilikheid waarin Suid-Afrika hom bevind nadat die diktator en internasionaal gesoekte Omar al-Basjir toegelaat is om die land te verlaat. Suid-Afrika is nou in die proses om hom aan die statuut van Rome, waarkragtens die internasionale strafhof ingestel is, te onttrek.

Want ons maak mos net soos ons lus kry. Reg en verkeerd is nie ter sprake nie.

Daar is geen klinkklare universele afdwingbaarheid van verdrae nie. Soms skakel bepalings in die verdrag self enige misverstande uit. Oor die algemeen, soos die VN se Understanding International Law dit stel, is daar variasies: “How are treaties enforced? There is no over-arching compulsory judicial system or coercive penal system to address breaches of the provisions set out in treaties or to settle disputes. That is not to say that there are no tribunals in the international legal system.”

Soms sal ’n land selfs oorlog maak oor ’n ander wat hom nie by die bepalings van ’n verdrag hou nie. (In vergelyking hiermee het Suid-Afrika baie, baie lig by Australië daarvan afgekom.)

Plaaslike howe word ook dikwels ingespan om ’n land te dwing om sy eie bepalings na te kom, soos in die Al-Basjir-saak.

Die Grondwet self bepaal dat ’n internasionaal aanvaarbare vertolking van die internasionale reg deur die howe ingespan moet word om wette uit te lê.

Plaaslik is dit duidelik dat die ANC, EFF & Vennote nie dieselfde liedboek inspan nie.

Dit wissel van iets wat baie na daaraan neerkom dat onteiening sonder vergoeding bloot op die wetboek gaan beland, en net in die uiterste gevalle ingespan sal word, tot ’n geval waar niemand oor sy eiendom sekerheid kan hê nie. Die probleem is dat pres. Cyril Ramaphosa die wilde weergawe te lank basies vrye teuels gegee het om internasionaal persepsies te vorm. Die gerusstellende teendeel is nog te versluier.

Intussen wil beleggers weet wat om in die finale instansie te verwag …

As Suid-Afrika wil weet watter soort internasionale kritiek hy te wagte kan wees as die onteieningskwessie so onhandig soos tot dusver hanteer word, moet die deurtimmer van die sogenaamde snoerwet net in herinnering geroep word. Jaar ná jaar het Suid-Afrika erg op die persvryheidsindeks teruggeval, tot ’n misverstand skielik die druk verlig het. Hierna het Verslaggewers Sonder Grense jaarliks gemeld Zuma het “geweier” om die wet te teken. (Hy het dit vir regsadvies verwys.)

Die internasionale veroordeling oor die beplande snoerwet het ’n aanduiding gegee oor hoe erg lande is as ander se menseregte geskend word. Dat Suid-Afrika ongestraf daarvan gaan afkom, is skraps. En ’n land wat spook om rommelstatus af te skud, moet liefs nie met die leeu se voorpoot speel nie…

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Sonja ·

??
Ou Lindiwe dink as hul hier kan sê en maak net wat hulle wil dat hulle dit met ander lande ook ga regkry. Ek dink sy gaan di pot mis sit.
Sy weet SA se regering is korrup en nou raak sy n benoude kat?

REGVERDIG ·

Sy sal skrik (hopelik wakker) as sy regtig besef hoe ongewild sy is…………….

Marianne ·

Die PROBLEEM in Suid Afrika is… Too many Chiefs and no Indians. Almal wil baas speel. Almal wil gehoor word. Almal wil reg wees… As ons soos in talle ander lande net TWEE PARTYE het… Daar DUIDELIKE RUGLYNE is en BEHOORLIKE WETTE wat TOEGEPAS word, sal dit baie beter gaan. Die volk handel na die voorbeeld van hul leiers. EN DAAR IS TEVEEL LEIERS – HULLE WEET SELF NIE WAT HULLE DOEN NIE!!!

Raoul ·

Hmmm, 2 partye. Klink maar relatief sosialisties. Demokrasie is juis n meer partydigge sisteem. Is net hier is daar nognie regtig n teenstaende party nie.
Die Cape Party is nou al vi tien jaar besig om al Hoe sterker te word. So ek hou moed.

E.K. die eerste ·

Ek is verbaas oor haar reaksie. Mens sou dink hul wil GRAAG van die wit boere ontslae raak as mens in ag neem hoe min aandag aan plaasmoorde gegee word asook hul grondgryp-beleid. Wil seker maar in die nuus wees…

Jerry ·

Inisiatiewe met die buiteland vir hulp aan wit Suid Afrikaners moet eers plaasvind voordat dit bekend gemaak word anders sal die ANC en ANC goedgesinde regerings dit elke keer blok soos dit nou die geval is met die hervestiging van boere in Australie. Dit sal nou te veel teenstand kry om te kan plaasvind. Die uitspraak van Bishop dat wit Suid Afrikaners nie toegelaat sal word om geweld en vervolging vry te spring dui daarop dat die ANC groot steun geniet om te maak net soos hulle lus is en dat die Afrikaner se belange, regte en menseregte nie so van belang is soos die forum dit graag afmaak nie. Die Australiese fiasko is n sprekende voorbeeld van hoe verkeerd die forum te werk gaan en hoe ver hulle verwagtinge verwyder is van die realiteite. Elke keer wat die forum verloor, verloor die Afrikaner n tand. Ek voorspel dat forum inisiatiewe teen die ANC en EFF die Afrikaner haasbek gaan los teen einde 2019.

Sons ·

Ja Lindiwe, omdat iemand soos jy daai houding het dat die mooie land van ons in n gemors sit waarin dit is vandag. Want vir julle gaan dit nie oor ons almal se land en om dit reg te regeer, maar dit gaan gaan net oor julleself. Lindiwe het jy al gehoor van die MMI? Dit beteken, me myself and I. Dis waaruit die regering bestaan!!!

Eish ·

Goeie berig wat perspektief gee, dankie.
Persoonlik dink ek dit is dalk n goeie ding dat die uirafeling van al wat die meerderheidsregering in werkende toestand ontvang het, in die internasionale arena afspeel.
Nie alleen kry die buiteland insae in die belaglike denkprosesse van die meerderheidsregering nie, maar dit verskaf baie meer geloofwaardigheid aan Afriforum en ander Burgerregte organisasies se pogings om die buiteland in te lig oor die nuwe apartheid teen al wat bleeksiel is.
Die stukrag wat opbou gaan in nuttige energie verskaf vorentoe.

Ja wohl ·

JANEE julle sal maak NES JULLE LUS kry tot die massa op JULLE toesak omdat al die valse beloftes wat julle aan miljoene mense gemaak nie uitgevoer kan word nie. Ons sit nou nie MEER met die legacy van APARTHEID nie maar met die LEGACY van die ANC se onvermoe om te regeer nadat hulle valse beloftes gemaak het aan die MASSAS. ALMAL het gestem vir die ANC wat vir hulle land en kos en klere en yskaste en water en ligte en huise belowe het …. wat julle NIE WEET NIE, is dat die aanslag wat nou op WITTES is op JULLE GAAN DRAAI . brace yourselves .. MAAK SOOS JY WIL .. as hulle klaar gesien het die 33 000 wit boere se plase is te min vir 50 000 000 swartmense gaan julle ‘n ander deuntjie sing …. Julle is niks anders as magsbehep nie.

Piet ·

Wyle Oom John het ook eenkeer gesê ons sal maak soos ons wil.

DHK ·

Piet, wanneer was daardie “eenkeer” waarna jy verwys? Ek dink jy gooi bloot ‘n klip in die bos…

White Rhino ·

Hulle wil die boere hier hou om hulle uit te moor en o ja, die ego!!!
Wil tog sooo graag belangrik wees. Die wereld lag vir die spul.
Toemaar ons sal genoeg tande kry wanneer die groot popo die fan strike – en dit is nie meer ver nie.
Ons gaan alleen ons ding doen – sonder hulp – dit is wat geskryf is in Siener se boeke – alles val op ‘n streep op die oomblik inmekaar.
Ons sal dus ook alleem die triomf ervaar.

christa ·

did reg die hele regering doen soos hulle wil did hoekom ons land reeds so korrup is.

Aasvoels ·

Moet egter nie van die Duitsers se hulp vergeet nie.
Sodra die AFD heeltemal in beheer is- en dit is nie ver nie – sal hulle ook begin om die boere by te staan.
Merkel gaan nie meer lank staan nie – nie nadat sy verlede week gese het dat Duitsland ‘n Moslemland is nie!
Die AFD is ons goedgesind – en die traktaat wat die Duitsers e in die vroee 1900’s geteken het staan nog. Dit word die Blou Skrif genoem.
Se maar net.

Ampie ·

Anton, daar is ‘n soekengin met die naam Google….begin dit gebruik.

honourable member ·

Rerig! Net soos n klomp stout kinders. Dis van maak wat julle wil dat hierdie land in die gutter in is maar julle vet salarisse maak dat julle lekker leef en nie worry oor die gewone mens op straat wat moet probeer oorleef nie. Korrupsie is mos nie verkeerd vir julle nie.

Erika ·

Dit begin By Accountability…. daar is is n Rede vir gesonde dissipline. Reels oor reg of verkeerd .. dit skep struktuur en organisasie . God het ons n as mens gekep met n vry will (anders as Diere wat reageer bloot op instink en nie morele besluite kan neem nie) .,,Keuses wat jy uitoefen dit het gevolge. … Daar is n spreekwoord “If you cannot Discipline the Mind you will never learn to Discipline your Behaviour – ” Wat in you kop aangaan manifesteer in wat jy se en jou gedrag dit is jou karakter ongeag ras N Gesonde Apple boom dra tog nie vrot Prere nie…. .. Wat as ek Durf se God IS op die einde van die dag in beheer..selfs oor die ANC….”.What is your intent when you doing something ..>

Tammy ·

HA HA HA Lindiwe het n Groot fout gemaak. Benoude kat maak benoude spronge en verdrink so in n diep swembad!!!!

Rupert Ashford ·

Uit hoeveel treaties is Zinbob geskop na hulle grondgryp en in hoeveel is hulle al terugverwelkom sonder dat die onregte reggestel is? Punt is die treaties en die VN funksioneer as sg demokrasiee en hierdie mense weet daar is meer lande wat dieselfde sienings huldig as hulle en wat altyd vir hulle sal stem. Ironies genoeg is daardie stem soms die enigste stukkie demokrasie wat sommige lande ooit beoefen.

Deon ·

Agriforum, gaan asseblief voort, en stuur die grondonteienings dreigemente van die anc / eff die wereld in. Laat weet tot die man in die maan daarvan en ook die mars mannetjies. Smee die yster terwyl dit warm. Hoe meer lande en planete nou hiervan weet hoe sterker maak dit ons saak. Die anc / eff moet van alle kante af gelooi word.

Rupert Ashford ·

Stem saam Deon. Hierdie veldtog sal deur ons mense gedryf moet word. Moenie op die VN en sulke organisasies reken nie. Daar is te veel “belange” wat dit sal probeer smoor.

Francois ·

Ek wil graag by Deon aansluit en noem dat ons nie agteroorsit en kyk hoe Agriforum en ander partye werk maak van die saak wat elke blanke in die gesig staar nie. Elkeen van ons kan self ook bydrae lewer deur soveel as moontlik FEITE van wat daagliks gebeur, die wereld in te stuur. Daar is menige media wereld-wyd daar buite waar ons dit wat nou gebeur kan verkondig. Soos Deon se, smee die yster terwyl hy nog warm is. Dis ons elkeen se PLIG, vir ons kinders en nageslag!

Theresa ·

Haan op eie mishoop.
Kraai maar lekker.
Normaalweg werk dit glad nie goed as mens internationaal uitbassuin dat jy sal maak soos jy wil wanneer ander mense se regte in gedrang kom nie. Wenkbroue lig normaalweg oor so ‘n onbesonne uitlating. Klink sommer regtig selfsugtig en koppig. Nie goeie leierseienskappe nie (of weet parlement dit nog nie).

Aasvoels ·

Anton die AFD is ‘n regse party in Duitsland wat teen immigrante van oral oor die wereld gekant is en wat meer regte in Duitsland het as die Duitsers self.
Hierdie immigrante kom van Sirie en veral Noord-Afrika en maak soos hulle wil in Duitsland. Al hulle kwaaddoen – en aanvalle op gewone Duitse Burgers word uit die nuus uit gehou, maar Duitsers wat ons ken -laat weets ons gereeld en hou ons op hoogte van allles.
Die AFD was maar ‘n klein party maar het nou so gegroei dat Merker in Koalisie met ‘n ander party moes gaan om nie deur die AFD oorweldig te word nie.
Die gewone Duitsers hou baie betogings teen Merkel en die AFD het baie gegroei.
Die AFD word deur Merkel uitgemaak as ver- regs maar hulle is eintlik net gewone burgers soos ek en jy en wil keer dat Duitsland onder Merkel se regering tot niet gaan.

Ontstoke ·

Ja stem saam , hulle kan sê en doen nes hulle wil, ons moet passop wat ons sê . Dis tyd dat almal wat bekommerd is oor die land Afriforum moet ondersteun, dis tyd vir ons om saam te staan.

Engela de Klerk ·

Suid-Afrika se beste dokters is reeds weg, hoekom nou nie ook die boere?

Rynhardt ·

“Ons sal maak soos ons lus kry”,wel daardie woorde gaan Sisulu en Anc nog lelik in die hakskene byt!Niks is verewig nie,dit kom vinnig tot n einde!Hitler het ook gedink hy gaan maak en breek soos hy wil!Blankes die sogenaamde demokratiese verkiesing se tyd is lankal verby!Hou op om aan hierdie snert deel te neem.As jy al jou eiedom eers verloor,dan is algehele uitwissing jou voorland.Jy moet begin ruggraat styfmaak!!Die aanslag verskerp daagliks teen blankes sonder ophou!

Boeta ·

Mense, mense, mense, die regering wil nie van die blanke man en vrou ontslae raak deur hulle kans te gee om te immigreer nie. Hulle wil ons hier hou met die doel om als wat ons voor gewerk het en wettiglik bekom het af te vat sonder vergoeding en uit te vermoor soos rotte tot daar nie meer een blanke vel oor is nie. Word wakker mense. Wat moet nog gebeur voordat mense besef dat die “nuwe demokratiese regering” net n mooier woord of noem naam is vir apartheid teen die blanke volk.

John ·

Nee, sy is diep geskok dat die buiteland kritiek lewer. Die ANC is gewoond daaraan om deur die buiteland ondersteun te word. Kyk hoe is die Afrikaners in die verlede behandel ten koste van die groep bv in die apartheidsjare. “We are the darling of the world,” is Cyril se eie woorde en nou kan ‘ons’ dalk net in die muishond verander….

White Rhino ·

Wel nou weet die wereld waarmee ons sit en sy het ‘n krater van haarself gemaak.
Wonder of sy dit besef? Seker nie.

CF ·

Julle maak in elk geval soos julle wil, daarom is ons waar ons is!

Elizabeth ·

Dit is tyd dat ‘n hoëprofiel afvaardiging van blanke Suid-Afrikaners met die korrekte inligting na lande soos Kanada, die VSA en Australië gaan om hulle van die ware feite te vergewis met die oog op asiel vir diegene wat volgens wet in SA onderdruk, gemarginaliseer en van hulle menseregte gestroop word.

Oom Kalahari ·

Min Sisulu, selfverryking en magsbeheptheid kom ook tot ‘n val. Boeta se stellings hierbo is so op die waarheid gebaseer as kan kom. Ons leef in erger Aparheid as wat daar ooit was. Daar is deesdae sulke mooi woorde wat deur ANC gepolitoer word vir politieke doeleindes van aansien na die buiteland, maar die werklikhede op grondvlak is versteekte agendas.

Ella ·

Herman, ek stel voor jy vertaal hierdie briljante nuuskommentaar in Engels (en dalk sommer al die ander amptelike tale) en stuur dit aan “die hoofmanne oor honderd”!

Theresa ·

Dis van maak wat jul wil dat hierdie land afwaarts spiraal soos ‘n top en gaan omkantel – ? wanneer is die vraag. Skandalig.

Johann ·

Ek dink regtig die blanke Afrikaner manne wat wel se het in die buiteland sit op hulle louere en bekommer hulle meer oor hulle besighede as oor ons armer blankes se toekoms in hierdie land. Lankal moes meer manne en instansies gemaak het soos Agriforum. Lankal moes die ryk Afrikaanse manne met hulle ewekniee en vennote n bohaai begin opskop het oor die gebeure in hierdie land. Glo my, die mense wat n groot verskil kan maak aan die land se toekoms sal, as die “POPO DIE FAN STRIKE” lekker agteroor in n ander land sit en sy hannde saamslaan en kyk!!

BOERE Vallei! ·

Wat van die silikoon vallei EON MUSK is hy nie ook hier in RSA gebore nie, het nou wel vuurpyl na z vernoem en weggeblaas sê niks, hy moet sy slim idees deel mbt ‘n SELFBESKIKINGS Vallei.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.