Nuuskommentaar: “Ons toekoms is te belangrik om dit net aan die ANC oor te laat.”

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Gaan die Afrikaner sy toekoms in die hande van die administrasie van pres. Jacob Zuma se regering oorlaat, of gaan hy op ʼn wettige wyse saamstaan en deur die Solidariteit Beweging se #OnsBou-aksie ʼn sinvolle toekoms vir toekomstige geslagte verseker?

“Ons werk vir die volgende geslag en nie ‘vir die volgende verkiesing’ soos politieke partye nie,” het Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, gesê tydens Solidariteit se nasionale kongres toe hy dié beweging se #OnsBou-veldtog bekend  gestel het.

In ʼn land waar die toesprake van politici, ongeag die feitelike inhoud daarvan, ligweg verbygaan omdat min konstruktiewe dinge neerslag vind, is Buys en ander sprekers se toesprake punt vir punt met emmersvol gewigtigheid gelaai.

Deur intensiewe bemarking sal dit binnekort stap vir stap aan die publiek bekend word, ondanks die feit dat van die groot media gister die blinde oog op die verwikkelinge gewerp het.

Veel eerder is groot gewag gemaak van pres. Jacob Zuma se aankoms in Katar … die einste man wat grootliks verantwoordelik gehou word vir die verval en daardeur veroorsaak dat elemente van ʼn staat binne ʼn staat nou te bemerk is om vir almal ʼn toekoms te bied.

Buys het die huidige situasie soos volg opgesom: “Nou staan ons weer voor die dubbele bestaanskrisis van staatsverval aan die een kant en tweedeklasburgerskap aan die ander kant.”

Natuurlik gaan daar ʼn premie op elke individu wees om hand by te sit, hoe beskeie omstandighede dit ook al moontlik maak, om te help bou eerder as om in mismoedigheid te verval en die handdoek in te gooi.

Die omvattende steun wat die Solidariteit Beweging se Plan B gekry het, ten spyte van ʼn uiters negatiewe geweeklaag en beledigings van die Seunse Weenkoor, toon genoeg ondersteuners is nou bereid om daardie planne konkreet te laat vergestalt.

Die planne is wettig en dus gaan niemand hieroor in die tronk beland nie. Solidariteit is ook goed toegerus om diegene wat weens hul steun aan die projekte deur hul werkgewers geknyp word, op verskeie maniere by te staan.

Geen regerende party wil kort voor ʼn verkiesing weet dat hy so verbrou dat noodmaatreëls van “buite” ingestel moet word nie. Maar … terwyl Zuma en kie hul “goeie storie” met die oog op die verkiesing afstof, het AfriForum miljoene rande bewillig vir vrywilligers om landwyd slaggate te verseël. Dié optrede is beide prakties omdat almal wat die paaie gebruik wat reggemaak is daarby baat vind, maar ook simbolies omdat dit wys die owerhede faal in hul mees basiese verpligtinge. Dit roep herinneringe op aan ʼn opmerking van ʼn vorige Vrystaatse premier wat gesê het die politici moet sulke duur rygoed kry, want kyk net hoe lyk die paaie waarop hulle moet ry.

In die Vrystaatse Wetgewer het ʼn LUR selfs erken dat die nie-betaling van subsidies aan kinderhuise aan onbevoegdheid te wyte is.

Kort na Akademia nog ʼn nuwe graadkursus aangekondig het, is sowat R100 miljoen se skade aangerig toe die Universiteit van Johannesburg se groot ouditorium deur brandstigting verwoes is.

Die Afrikaner het in die verlede nie net deur selfhelpaksies uit erbarmlike situasies opgestaan nie, maar imposante kerkgeboue en indrukwekkende monumente met bitter harde werk en “pennies en tiekies”opgerig.

As daardie gees nog teenwoordig is en die keer gerugsteun deur ʼn baie sterk beweging soos die Solidariteit Beweging en met die Heer se genade, kan en sal groot suksesse behaal word.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Marietjie ·

Solidariteit maak seker n grap? Ons is dat juis deur die wit afrikaner NP uitverkoop aan hierdie anc swartes, wat n terroris uit die tronk gelaat het, van hom mandela n held gemaak het, en die rooi tapyt uitgerol het. Die wit mense kan nie eers saam staan nie, wat nog van n eenheid te vorm, en dit deur Solidariteit wat homself eerste stel.

JC ·

Awesome, die “expropriation bill” moet ook beveg word in die Grondwetlike Hof – baie aspekte daarvan is ooglopend ongrondwetlik en n hengse gevaar vir ons land !!!!!!!

Rina Pretorius ·

ek ondersteun hierdie besluit ten volle, dis nie die blankes wat die land oorgegee het nie, ek en baie ander het nie die besluit om die land weg te gee gesteun nie en as ons as volk terug na ons Skepper toe en die wil het wat ek glo ons het na al die elende in die land dan gaan ons vryheid kry verseker, you go Solidatiteit

vermeende ·

Flip nou moet jy en Solidariteit my gal verskoon. As n leek soos ek die gavare kan raaksie hoe is dit dan vir julle slim en geleerdes dan so duister.

vermeende ·

Dit wil lyk of die DA gaan kersopsteek het by die drie aliansie fenootskap van die ANC en nou gaan Solidariteit sy stem dik maak onder die DA se vaaldel.
Die DA het die Afrikaner mos klaar n rat voor die oe gedraai en soos sy swart steun gegroei het, het die blanke stem weg geraak en nou gaan Solidariteit help om dit terug te kry.

Flip julle moet mooi dink, politiek is n vuil spel waar jy op niemand kan vertrou nie.
Ek hoop ek is verkeerd want as ek nie is nie dan sal julle oor tien jaar deel van die vergete geskiedenis wees soos die NP.

Theuns ·

Herman, ek is vanoggend baie bekommerd! My hart en siel se ek moet die Aksie van Solidariteit heelhartig ondersteun en ek sal! My verstand se vir my, en ek wil nie alarmisties klink nie, “Wees paraat, berei julle self voor vir Oorlog en uiterste Armoede, want hier kom groot moeilikheid! Die tekens is daar vir ‘n Diktatorskap. Daar sal nie weer gou in die land gestem word nie. Die ego van Zuma is so groot dat hy nie die nalatenskap wat hy self aangevoor het, gaan aanvaar nie. Zuma sal hulp, kry om te doen wat hy in gedagte het, van die Afrika lande noord van ons, Rusland en heel waarskynlik Kuba.

vermeende ·

Dit wil lyk of die DA gaan kersopsteek het by die drie aliansie fenootskap van die ANC en nou gaan Solidariteit sy stem dik maak onder die DA se vaaldel.
Die DA het die Afrikaner mos klaar n rat voor die oe gedraai en soos sy swart steun gegroei het, het die blanke stem weg geraak en nou gaan Solidariteit help om dit terug te kry.

Flip julle moet mooi dink, politiek is n vuil spel waar jy op niemand kan vertrou nie.
Ek hoop ek is verkeerd want as ek nie is nie dan sal julle oor tien jaar deel van die vergete geskiedenis wees soos die NP.

Bly uit die politiek.

Joann ·

Marietjie ek stem saam met jou. Lyk my as mens nie in die tronk was nie is jy nie gereken nie. Ek steun Solidariteit maar hul moet besef hul is met slinkse mense te doen.

Bruno Stef ·

Dit is goed so ons steun die rigting waarin Solidariteit beweeg veral die versienende gedagte van Flip dat ons die nageslag in gedagte het in pleks van Politieke partye se onmiddelike stemme wat hulle probeer vergader. Solidariteit wees net altyd bewus dat daar allerhande oppertuniste wat n voet in die deur probeer kry sal wees BV die seunse weenkoor wat net soos hulle voorganger en mentor Willem de Klerk van laakbare metodes gebruik gemaak het. Die aanvalle soos verkleinering en verdagmakery van die organisasie is hulle brood en botter.

John ·

Solidariteit moet nie op hierdie wyse probeer om ‘n party saam te klits met almal wat as hulle Afrikaans ruik, bakhand kom staan nie, nog minder met ‘has been actors/sangers’ wat groot geld skenk nie. Dit werk miskien in die VSA, maar hier lyk die Boere maar so half dom/half dood/half aan die slaap, maar met ‘n slapriem vang jy hulle nie eers al is hulle onder narkose nie.

John ·

Nee, vir Oupa Steve as partyleier. Probeer liefs Nataniel. Sy broer in Frankryk kan ten minste kook.

Nicolise ·

Flip Buys en Dirk Hermann sal nie ‘n ding aanpak as daar nie deeglike navorsing gedoen is nie. Hulle doen hulle huiswerk eers baie goed. Kom ons ondersteun hulle in hierdie en probeer meer positiewe dinge sê oor hulle veldtog. Hulle probeer tenminste al gaan dit dalk soms stadig maar ek vertrou op God dat daar sukses sal wees.

schalk ·

Pragtig man!!! Kry vir julle elkeen n kruiwa en graaf, sodat ons die paaie in stand kan hou. Wat is die eintlike plan!?!? Moet ons nog meer geld gee? Nadat ons ons “tronke” beveilig het, ons motors ten duurste volgemaak het, ons versekering op ons eiendom en bates betaal het, belasting betaal het, moet ons nog gee. Geen wonder daar is so baie wit plakkerskampe nie! Daar is dood eenvoudig net nie meer oor om te gee nie! As ek dit nie verkeerd het nie betaal n mens om n lid van Solidariteit te wees, en nou moet ons maar die hand nog dieper in die sak steek??? Kry julle sake reg en vat Zuma aan vir die feit dat hy glad nie die grondwet eerbiedig nie. Alles wat julle nou wil doen is my basiese reg. O ja, dan vergeet ons nog van die duur lewensversekering wat ek betaal om te sorg dat my familie versorg is nadat sy huursoldate my in my huis kom doodskiet vir n “selfoon” Nee wat, ek kan nie sien watter verskil hierdie gaan maak nie.

Piet ·

Jy is n siniese karakter. Regte ou kla kous. Wat is jou oplossing?

vermeendw ·

Watter sin haat die liberale blanke die meeste?

BUT I TOLD YOU SO!!!!

Hierdie berig moet ek boekmerk, daai sin gaan ek nog hier kom se.

Marius ·

I told you so. Iemand moes dit vir die voortrekkers gesê het toe hulle saam met baie swart mense die binneland ingetrek het om te help met osse inspan en ander werk. Iemand moes die werk doen. Hulle nasate het later op die plase vir boere gewerk. Dieselfde geld vir die duisende swart mense wat ingevoer is om in myne en huise vir die blankes te werk. Afrikaners het so min van swart mense gedink dat hulle nie eers die moontlikheid voorsien het dat dié goedkoop arbeiders een of ander tyd stemreg sou wou hê nie. Almal het dit geniet om hulle brood aan albei kante gebotter te hê. Nou word De Klerk vir die probleme geblameer. Dis onsin. Ons voorouers is te blameer. Hulle wou selfbeskikking en die voordeel van swart arbeid hê. As hulle meer beginselvas was het hulle 150 jaar terug reeds voet neergesit en gesê dat hulle self sou regkom, sonder die swart volkie, en eenvoudig hul grense so bewaak het dat geen “indringer” wat nie Afrikaner was inkom nie. 20 000 swart mense is in konsentrasiekampe dood. Hulle was arbeiders van die boer op plase. Die mees verregse boer waarvan ek weet gebruik swart arbeiders. Dis die probeem. Nie De Klerk nie.

Gemsbok ·

Jy is heeltemal reg Marius. Deur De Klerk te blameer of om paaie reg te maak vir ander om stukkend te ry gaan nie vir ons ‘n volhoubare, vry en regverdige toekoms skep nie. Selfbeskikking is die enigste volhoubare alternatief, al mag die prys daarvoor hoog klink. Ons kan almal Orania ondersteun deur by die Orania Beweging aan te sluit en te belê in die ontwikkeling van nuwe infrastruktuur wat nie deur ander verniel gaan word nie.

Hein ·

Julle hoef nie so ver te gaan nie :-) . Kom sommer na Kleinfontein toe. Dit is net om die draai van Pretoria.

Roelien ·

Wonder as ek jou kommentaar lees aan wie se kant is jy nou eintlik. As jou voorouers nie hierna toe gekom het nie sou die land nie ontwikkel gewees het nie en hierdie mense nog in hutte gebly het. Ja hulle het help bou maar wie was die breine en dryfkrag…….vra maar net

Amelia Viljoen ·

Ek steun enige aksie wat die land meer regeerbaar en stabiel maak. Ek stem egter nie saam dat die Afrikaner (Afrikaanssprekende?) homself weer isoleer van ander groepe in hierdie stryd nie. Ons gaan almal onder dieselfde omstandighede gebuk en dit is tyd vir hande vat met eendersdenkendes wat nie noodwendig tot dieselfde groep as ons behoort nie. Dit is tog waarvoor die woord Solidariteit staan.

Rooikop ·

Ag nee wat Amelia, dis van al die ge-handjies-vat met die heindense klomp dat ons is waar ons is. Elke ander groep vind dit glad nie snaaks om by hul eie mense te “stick” nie. Maar sodra die afrikaners dit wil doen, dan word daar gesê “ons moet deel/ons moet gee/ons moet help”. Dis tyd dat ons na onsself EERSTE omsien. Niemand anders gaan dit vir ons doen nie!

Amelia Viljoen ·

Rooikop – Hoe wil jy eerste na die Afrikaner omsien. Ons kon nog nooit as ‘n groep saamstaan nie. Wat sou jy sê is ‘n praktiese uitvoerbare manier om die Afrikaner eerste te stel?

Cobus ·

Baie dankie vir die inisiatief Solidariteit, julle word baie wyer ondersteun as wat julle ledetal wys. Julle het my en my gesin se ondersteuning

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.