Nuuskommentaar: Ons word inderdaad regeer deur ʼn ‘gangster state’

(Argieffoto)

André Duvenhage, politieke analis, het die afgelope naweek in Citizen beskryf hoe die ANC een van die grootste misdaadsindikate in die geskiedenis van Suid-Afrika is. Die aard van die Suid-Afrikaanse demokrasie het verval saam met die ondergang van die ANC. ʼn Geïntegreerde netwerk van korrupsie het die staat verswelg met grootskaalse onstabiliteit en wanorde wat gevolg het.

Duvenhage beskryf hoe geweld konstruktiewe politieke prosesse vervang het. Daar bestaan enersyds ʼn toenemend desperate regering en andersyds ʼn toenemend gefrustreerde burgery. Openbare orde is dus nie meer aan die orde van die dag nie.

Dit verbaas ʼn mens dan ook nie dat die afgelope Sondag se Rapport oor ʼn alombekende werklikheid verslag gedoen het nie – die polisie kan nie meer sy meer basiese polisiëringstake verrig nie. Twee misdaadkenners se verslag werp veral die kollig op gebrekkige polisieopleiding aan die kern hiervan. Voordat basiese polisiebevoegdheid nie aandag kry nie sal die gemeenskap die polisie wantrou. In die leemte hiervan doen burgerlike organisasies soos AfriForum se buurtwagte en Action Society hul absolute bes om dié verval te help keer.

Ons leef tans in ʼn land waarin 67 mense elke dag vermoor en 153 verkrag word. Hierdie absoluut skokkende werklikheid is direk toe te skryf aan die kriminele deur wie ons regeer word. Pieter-Louis Myburgh se boektitel (Gangster State) waarin hy Ace Magashule se bendeleierskap in die Vrystaat beskryf, is ons politiek in ʼn neutedop. Die regering is inderdaad onbevoeg en korrup. Ons moet egter nie naïef wees oor die blote en blatante gangster-gedrag van ons politici nie.

Julius Malema het ook die afgelope week vreeslike kritiek ontvang oor die feit dat hy luukserwys in Ibiza uithang wyl sy eie land steier. Meer opspraakwekkend as die luuksheid van sy vakansie is die rede daarvoor – die troue van niemand anders nie as beweerde sigaretsmokkelaar Adriano Mazzotti se dogter. Mazzotti wat ʼn lang en duistere geskiedenis van onwettige sakeaktiwiteite en politieke verbintenisse het – met die twee wat ook na bewering verweef is.

Dit onder andere met Nkosazana Dlamini-Zuma wat tydens Covid-19 vreemd streng ʼn sigaretverbod ingestel het. Destyds is al vrae geopper oor die verbintenis van dié verbod en Dlamini-Zuma se goeie bande met onwettige sigarethandelaars soos Mazzotti. Die lyne tussen staat en kriminele netwerke het lank reeds vervaag. Hoofregter Raymond Zondo het ook blootgelê net mooi hoeveel onderduimse geld hande gewissel het in die vestiging van finansiële en magsbelange.

Die ANC se korrupsie en interne magstruwelinge om meer geld en mag is ten nouste verweef met die onstabiliteit in ons land. Vroeër vanjaar het die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) in samewerking met die Government and Public Policy-dinkskrum die bestaande hipoteses rondom gewelddadige protes onvergewerp. Teenintuïtief korreleer gewelddadige protesaksie in Suid-Afrika nie met diensleweringsongelukkigheid of vervallende sosio-ekonomiese omstandighede nie.

Die enkele faktor wat statisties die sterkste ooreenstem met gewelddadige protesaksies is interne onstabiliteit in die ANC. Elite magsbedinging is die grootste bydraende faktor tot gewelddadige “diensleweringsbetogings” in Suid-Afrika. Kortom – as die ANC baklei, brand Suid-Afrika. Dan is nog nie eens gepraat van die geteikende “meedinging” van politieke moorde en geweld nie.

Stuart Mbanyele, navorser by Good Governance Africa, beskryf ook hoe politieke geweld op sigself deel van ons politieke kultuur is. Veral op plaaslike regeringsvlak waar die kandidate baie en die magsposisies min is. Tussen 2000 en 2017 is meer as 150 politieke sluipmoorde net in KwaZulu-Natal gepleeg. Volgens Global Initiative Against Transnational Organized Crime is daar tussen 2015 en 2020 meer politieke sluipmoorde uitgevoer as sluipmoorde in “normale” georganiseerde misdaad. Die enigste bedryf met meer sluipmoorde wesende die taxi-bedryf. Die moorde is hoofsaaklik intra-ANC, eerder as die ou IVP-ANC-stryd wat op ʼn manier herleef.

Wanneer olifante baklei, word die gras vertrap. In politieke hoëspanningsituasies sny politici soms letterlik mekaar se kele – tog is dit steeds normale burgers wat op die keper beskou die meeste daaronder ly. Hoewel elke politikus uiteraard nie ʼn krimineel is nie, moet ons onsself egter nie blind hou vir die kriminaliteit waarmee ons staat wel deurweek is nie. Dit is veel meer angswekkend om in ontkenning te leef as om ons politieke werklikhede te konfronteer.

ʼn Jaar gelede het KwaZulu-Natal, en dele van Gauteng, in volledige anargie verval ná oudpres. Jacob Zuma se inhegtenisneming. Verlede week het die regering die stand van die land sedert hierdie onluste hersien. Hierdie jaar waarin die ANC se beleidskonferensie en leierskapsverkiesing plaasvind is ʼn groot politieke jaar met baie op die spel. Stabiliteit is daarom noodsaaklik, maar weens bovermelde tendens juis onwaarskynlik vanjaar.

ʼn Jaar later dreig die RET-faksie juis dat hy betogings sal aanvuur indien Ramaphosa nie bedank nie. Die afgelope Donderdag het dié faksie mediakonferensies in KwaZulu-Natal en Gauteng gehou waarin hy sy veldtog teen Ramaphosa verskerp het.

Op hierdie naweek van die eenjaarherdenking van die Julie-onluste, die RET-faksie se mediakonferensie en die ANC se provinsiale leierskapsverkiesings in Gauteng en KwaZulu-Natal het daar ʼn verdere tragedie gebeur. Nie minder nie as vier afsonderlike skietvoorvalle het tussen Donderdag en Sondag in tavernes in KwaZulu-Natal en Gauteng plaasvind. Ons weet dat meer as 20 mense reeds dood is. Meer inligting oor die voorvalle is nog nie beskikbaar nie. Dit is wel vreemd dat vier voorvalle met baie soortgelyke modus operandi in een naweek plaasgevind het. Dit is egter nog heeltemal voortydig om enige teorieë na vore te bring. Hetsy oor die moontlike verband tussen die vier voorvalle óf ʼn moontlike verband tussen die voorvalle en die naweek se politieke gebeure.

Dit is wel waar dat ʼn veiligheidsverval aan die orde van die dag is. Die regering is egter vanjaar druk besig met belangrike faksiegevegte. Die Julie-onluste sal dalk nie identies herhaal nie – dit is egter naïef om die moontlikheid van wydverspreide onstabiliteit en geweld uit te skakel. Jackie Cilliers, kenner verbonde aan die ISS, voorspel ook hoe dieselfde faksiegevegte wat die Julie-onluste aangevuur het weer na die breër samelewing kan oorspoel.

Ons moet onsself maar staal vir ʼn rowwe jaar. Soos wat verlede jaar se onluste egter getoon het, kan goed georganiseerde gemeenskappe wel suksesvol teen veiligheidsverval opstaan en dit ook oorleef. Die leemte wat staatsverval laat, hoef hoegenaamd nie ongevul te bly nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

annie ·

Die leemte sal ongelukkig deur ander boewe gevul word. Waarop alles dus neerkom is dat die ANC geneties en uit die staanspoor ‘n Mafioso was met boosheid en misdrywe as oogmerk. Wat daarop neerkom dat die leierskap reeds deurgevrot was toe die destydse regering soos soet kindertjies die land op ons goue skinkbord (nou reeds in gebruik in Dubai) oorhandig het. SA sal, sonder Hemelse ingrepe, in iets 100x erger ontaard as selfs Zimbabwe. Diagnoses van die erge situasie is reeds deur vele top spesialiste gedoen. Die x-strale toon die feit: Ongeneeslik, ‘n pynlike dood wag.

Pietertjie ·

Animal Farm, to the T.

Ons is nou op die tweede-laaste bladsy van die storie.

Lourens CFG ·

Die stemvee is te dom, en ons is ongelukkig nie genoeg nie.

Martin ·

Die volgende Suid-Afrikaanse algemene verkiesing sal in 2024 gehou word om ‘n nuwe Nasionale Vergadering sowel as die provinsiale wetgewer in elke provinsie te verkies. Ons huidige regering aan bewind het sedert 1994 bewys dat hulle onbevoeg is om ‘n land te regeer en meeste van die ondernemings in staatsbesit is bankrot. Denel, die Suid-Afrikaanse Lugdiens, South African Express Airways, die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie, die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie, die Suid Afrikaanse Poskantoor en die lys gaan aan en aan… Die mense van die land moet volgende keer vir ‘n ander party stem.

Christine ·

Die ANC gaan eers oorlog maak en die land heeltemal verwoes, voor hul uitgestem gaan word.

Lee ·

Dit sal nie gebeur nie. Diegene wat nie in stede woon en nie toegang tot media het nie, is salig onbewus van die ware toedrag van sake.

Kokerboom ·

ANC ‘n Misdaadsindikaat…dis ‘n gegewe!!!Oplossing nie in sig met massas wat glo aan ANC soos hul bybel

Frank ·

Dalk nie meer die middelklas nie. Lees nou die dag artikel dat ANCYL betoog teen beurtkrag. Oor die 300 kommentare was feitlik deur die bank erg negatief en aanvallend teen die ANC en plek plek moes ek weer kyk om seker te maak dat die kommentator wel ‘n nie blanke is want dit is so fel dit klink eerder na ver-regse blanke

annie ·

Baie van die kritiek is teen die huidige ANC-bestuur, steeds Zuma-ondersteuners, en skynbaar glo dat die goeie ou dae van wheel and deal die beste uitkoms sal lewer.

henndrik ·

Ek se dit al lankal, die probleem is die mense wat stem sien dit nie, hulle dink dit is reg en moet net geduldig wag vir hulle beurt om te kom

Johann ·

Aan die ontvang kant van ‘n desperate bankrot anargie terroriste groep. Ter wille van die ANC….ten koste van SA! Gewetenlose magsmal vergrypers

Nie Verbaas ·

Dan is die hele spul nog onnosel ook maar uiters slinks.

Mariana ·

2024 kan dalk heeltemal te laat wees vir ons land onder ANC bewind. Ons is reeds onderin die put…..

Jacobus ·

Hierdie land sal nie by n stembus van die ANC afgevat word nie, daarvoor is die ANC te korrup. Hier gaan n lang bloedige burger oorlog uitbreek wat laasjaar se plundery na n kerspartydjie sal laat lyk. Hierdie skietery in nagklubs die naweek was net die begin.
Bewapen en beveilig jouself.

houopkruip ·

Die mees realistiese en ware feite – jy is absoluut reg.
Dit help ons niks om te kla en te kritiseer nie.

Christine ·

Jou sienswyse is 100% in die kol, binne die volgende maand is burgeroorlog op ons.

Roelof ·

Waarvan Cele sekerlik n “godfather”is.
Die ANC weet hulle einde is in sig. Nou sal hulle alles doen om landwyd soveel geld vir hulle self te skep as wat hulle kan. Daar sal absoluut GEEN verbetering wees in dienslewering nie

NWT ·

Hoeveel lede van die ANC in die parliament was begin die tronk of op Robben Eiland of in die buiteland nie. Want dit is wat jy benodig om in die parlement te kom. Nie harde werk nie…..net n kriminele rekord

Marshall ·

The ANC are not the problem. It is the low cognitive ability electorate which is the problem.
Secession (or UDI if a civil war breaks out) are THE ONLY VIABLE OPTIONS FOR THE MINORITIES TO SURVIVE. The HNP warned the Afrikaner what the results of de Klerk’s fantacy would be, but the then electorate laughed and jeered at us. At least now they are beginning to understand their stupidity.
Unfortunately the Afrikaner leadership organizations were hijacked by the Globalist Financial Elite (starting in 1963). This group still control them.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.