Nuuskommentaar: Oor die akademikus en die “wit terroris”

Piet Croucamp. Foto: http://kyknet.dstv.com/

Gaan Ernst Roets, een van AfriForum se adjunkhoofde, in die geskiedenis bekend staan as ’n wit terroris, en gaan dit formele geskiedenis word dat wit mense in Suid-Afrika hul grond bekom het deur dit van swart mense te steel, al word dit nie feitelik deur historiese feite gestaaf nie?

Hierdie vrae word nou, kort voor ’n belangrike algemene verkiesing, met nuwe impetus in die openbare debat ingedwing ná die akademikus dr. Piet Croucamp se ongeskeduleerde deelname aan RSG se Sondagaandprogram, Kommentaar.

Dié eertydse aanbieder van die TV-program Megaboere het geen moordkuil van sy hart gemaak nie in sy beoordeling van AfriForum en andere, soos dr. Theo de Jager van die nuwe landbou-organisasie SAAI. Hy het onder meer na Roets as wit terroris verwys, en dit by herhaling gestel dat grond in wit besit van swart mense gesteel is.

Hierdie gewilde RSG-program is die afgelope Sondag regstreeks by die Woordfees in Stellenbosch uitgesaai. Croucamp was nie op die paneel nie, maar was in die gehoor, van waar die aanbieder, Cobus Bester, hom na ’n ruk genooi het om hom by die paneel aan te sluit.

Croucamp, wat ’n reputasie het dat hy ander paneellede in die rede kan val en doodpraat, het hom dadelik laat geld. Hy het sommer met die wegspring na homself as liberalis, en na Max du Preez, een van die oorspronklike deelnemers, as “leftie” verwys. Du Preez, terloops, het ook ’n geskiedenis van bitter uitpak teen AfriForum.

Of Roets en AfriForum gaan reageer op Croucamp se stellings of nie, hang van hulle af.

Die ad hoc-komitee vir die beskerming van eiendomsreg bestaande onder andere uit Agri SA, die TLU SA, AfriForum, die Afrikanerbond, die FW de Klerk-stigting, die ATKV, Regslui vir Afrikaans, die Gereformeerde Kerke van Suider-Afrika, die DA, die VF Plus en die ACDP, het in sy navorsing bevind dat die stelling dat wit mense hul grond bekom het deur dit van swart mense te steel, Die Groot Leuen verteenwoordig.

Ernst Roets, die adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum. Foto: Twitter.com

Die feit is egter dat ongeveer 85% van die swart mense glo dat wit mense hul grond bekom het deur dit van swart mense te steel. Dit word ook blatant so gestel in ’n “inligtingsbrosjure” van die BLF, waarin ook met trots aanspraak gemaak word oor grond wat by Stellenbosch “teruggeneem” is en waar plaasgrond (in weerwil van hofuitsprake) steeds beset word.

In hierdie rubriek is reeds lank voordat die grondonteiening sonder vergoeding formeel ANC-beleid geword het, gemaan dat die verskillende gemeenskappe se uiteenlopende persepsies oor hoe grond bekom is, ernstig aandag moet kry om latere onoplosbare probleme te probeer voorkom. Daardie tyd het nou te ene maal gekom, sonder dat die grondliggende probleem doeltreffend bygelê is.

Nie dat enige oplossing ooit maklik sou wees nie, maar dit is nou besonder moeilik.

Wat wel soos ’n paal bo water staan is dat om ’n bewese groot leuen tot ’n simplistiese waarheid te verhef, geen oplossing bied nie.

Croucamp en Du Preez skep groot verwagtinge van prosesse waarby Dan Kriek, president van AgriSA betrokke is, en wat volgens hulle belowend lyk om tot ’n aanvaarbare skikking tussen die regering en landbou te kom oor grondonteiening. Sonder om die meriete van hierdie proses te bevraagteken, kan dit egter onomwonde gestel word dat om simplisties te sê, soos Croucamp Sondagaand gedoen het, dat die wit mense “skuld” omdat grond van swart mense gesteel sou wees, en dat swart mense daarna ook op ander wyses sosio-ekonomies benadeel is, kom op die bymekaarmaak van genoeg politieke springstof neer om tot ’n onaangename uiteinde te lei.

Die aanvalle op AfriForum en andere wat veldtogte loods om die buiteland op te skerp oor wat werklik met grondonteiening sonder vergoeding aan die gebeur is, as sou dit op ’n soort verraad teen die land neerkom, onvanpas. Nodeloos om te sê dat nie ’n woord gerep is dat Suid-Afrika beplan om verskeie internasionale verdrae wat die land onderteken en geratifiseer het, en waarin grondonteiening sonder vergoeding verbied word, te verbreek nie.

Sanksies deur van die ander lande wat die verdrae onderteken het, is van die makker strafmaatreëls wat gewoonlik ingevolge die bepalings van die verdrag, teen ’n verdragskender ingestel behoort te word. Volgens die internasionale reg kan daar onder sekere omstandighede selfs oorlog verklaar word teen die land wat ’n verdrag oor fundamentele menseregte skend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

Anoniem ·

Nee, dis glad nie wat die Bybelse bedoeling is nie!!! Die Bybel verwys na Christene bv se maar moslem word ‘n Christen, sal sy familie hom verwerp. Die Bybel praat spesifiek van Christene wie se families agv die geloof nie politiek nie, teen hulle opstaan

Piet ·

Anoniem

Jy is reg. dit was eintlik bedoel teen Joodse families wat teen mekaar op gestaan het agv van Christus. Maar Hennie is ook reg want Croucamp is ‘n selferkende ateis wat enigeiets in sy vermoë sal doen om teen Christene in opstand te kom selfs deur politiek.

Logika ·

‘n Mens kan gewis trots wees op jouself indien Max du Preez en Piet Croucamp jou met soveel passsie haat. Die feit dat hulle retoriek aan die hand van feite blootgelê word maak hulle briesend.

Al wat hulle in hulle arsenaal het, is beledigings, verdagmakery en bombasme.

Agie ·

Dankie Logika
Ek is nie met vrees gevul nie
Die waarheid het sy eie manier

Liza ·

Ou Piet het ‘n besonder hoë agting vir sy eie insig en intellek. Hy dra zero by tot enige sinvolle debat en Bester moet ook veruidelik waarom hy die man altyd intrek om deel te neem.

Fonnie ·

Dit is al ou holrug-geryde liberale perde wat Bester op ‘n Sondagaand bymekaar kan maar vir kommentaar.

Werner ·

Toe hy in die oggende RSG se Monitor hanteer het, kon mens al sy sentimente agterkom, julle moes hulle een oggend destyds sy standpunt op 10 Oktober daai jaar gehoor het wat hy oor Oom Paul te sê gehad het.

Werner ·

Ek praat hier bo in my kommentaar natuurlik van Cobus Bester.

Charl Swiegers ·

Nie net Bester nie, die hele Monitor span en Lynette Francis. Luister maar na monitor, praat saam en kommentaar, al nr ‘s en name wat hulle in daai nuus atteljees het is die van Piet en Max. Maak dit deesdae uitdagend om RSG oor die algemeen te luister

Werner ·

Charl, en in daardie jare het Ian Wessels ook die Afrikaner by elke geleentheid wat hom voordoen verdag gemaak.

Logika ·

Sit hom in die Colosseum saam Ernst Roets en dwing hom om te debatteer.

Roets moet hom uitdaag om sy stellings te verdedig.

Hensen ·

Wonder wie betaal Croucamp om die snert kwyt te raak?Hy kruip nou weer vir aandag en aansien en sal sodra sy doel gedien is uit gespoeg word net soos du preez.Die probleem is hulle is wit.hulle sal nooit aanvaar word deur die groepering vir wie hulle hul hande stomp af baklei.Croucamp het nog nooit betekenisvolle oplossings of bydraes gelewer wat nie derspek was met sy liberale disinformasie.

V ·

Knap komentaar. Geen logies denkende mens kan sy eie vel en taal so haat om sulke ongesaghebbende leeuns aan te hang nie. By gesê: wat herhaaldelik verkeerd bewys is. Daar moet ‘n judasbeurs êrens wees… Dat daar ook altyd vir hom ‘n platform geskep word spreek ook boekdele. Wat is die prys van ‘n mens se integriteit en siel?

Melanie Capazorio ·

Wat Piet Croukamp dink pla my nie in die minste nie. Ons kom van ‘n agtergrond van boer, Engineering, en whatever dit geneem het om ‘n lewe te maak op ‘n eerbare manier. Ja ons het plase besit. My Oupa en later my Pa ens. Maar vir elke liewe stukkie grond wat hulle gehad het was swaar aan betaal. Hard gewerk.

Pierre ·

Piet Croucamp, lee blikke soos jy en du Preez maak altyd die meeste geraas.

riaan ·

Kan ook net raas as hulle allen is (nie teenkanting het nie)!

Patetiese klein mannetjie!

Marian Coetzee ·

Wat het Croukamp en du Preez vir SA en al sy mense gedoen.
Hierdie soort uitlatings is totaal en al onaanvaarbaar en nie waar nie. Die boere volk wit en swart us letterlik hel toe en terug, maar was nie bang vir werk nie. Kyk wat us opgebou van niks af nie. Nie net vir blank nie. Daar was skole, hospitale, klinieke , SAL ,Eskom ons skole en Universiteite van die bested in die wereld. Apartheid was nie reg nie, maar beslis ook net sleg nie. ANC het alles op n skinkbord gekry 1994, en wat het hulle daarmee gedoen.
Sies Croujamp jy is n ongeskikte boelie. En Max nie ver agter nie.
Hulle veroorsaak net nog meer onmoontlike verwagtinge

Dirk Breytenbach ·

“Ongeskikte boelie” is nogal ‘n gepaste opsomming van die manewales van Croucamp en du Preez. Hulle is eintlik nie enige kommentaar werd nie.

Chris Ws ·

Croucamp is ‘n nar waarvoor niemand eers lag nie!Hy is siek!Ek hoop AfriForum sleep hom hof toe vir naamskending.

Tiger ·

As my van Croucamp was het ek die koste en moeite aangegaan om my van te verander!Hy is ‘n skande vir die blanke ras!

Herman ·

Wat ‘n pateet. Kon nog nooit enige vat kry aan een van die twee nie.

Thinus ·

Dis sulke ruggraatlose liberaliste wat sy eie mense verraai deur met onnosele en feitlose stellings hul punt wil bewys. Dit is die tweegat jakkalse wat hulle is rassehaat aanblaas. Ek hoop hy en Du Preez staan heel voor in die ry saam met hul kommunistiese comrades wanneer burger oorlog gaan uitbreek sodat ‘n voorbeeld van hulle gemaak kan word. Ons het sulke verraaiers nie nodig nie.

Dries du Toit ·

Die verskriklike tragedie van verraad is. DIT KOM UIT JOU EIE GELEDERE. Ek sal betaal om daai twee verraaiers te teer en veer

Vaalseun ·

Die sogenaamde “Benadeeldes” is nie deur afsonderlike ontwikkeling en apartheid tov grondbesit “benadeel”nie. Boonop het apartheid tussen die swart volke reeds bestaan toe die VOC, Hugenote, Setlaars, ander immigrante en die Voortrekkers in die binneland van Suid-Afrika ingetrek het. En hierdie Westerse immigrante was in totaal maar ‘n fraksie van die groot getal onwettige en wettige immigrante wat daarna uit Afrika en van elders in Suid-Afrika hulleself kom tuismaak het.
Die Swartes is benadeel deurdat hulle eie hoofmanne en konings histories die enigste “grondbesitters” mog wees. Hulle onderdane, die nie-elite, mag volgens hulle eie kultuur, geen grond “besit” het nie. Die Westerse ekonomiese, regs- en administratiewe stelsels van die blanke en koloniale regerings het vir die 1ste keer grondbesit vir alle Swartes moontlik gemaak, al het die hoofmanne en konings daarteen geskop. Hulle het vir Verwoerd gesê om nie die huise wat hy in Soweto en elders bou aan hulle onderdane te verkoop nie. Anders verloor hulle hulle houvas oor hulle onderdane.
So, die Blanke regerings het die gewone Swarte met grondbesit “bevoordeel,” en die hoofmanne en konings se houvas op grondbesit verbreek.
So, die Groot Leuen is dat blankes die grondontnemers was. Inteendeel, die wat nou om grondbesit lawaai maak, kan histories en getalle-gewys geen aanspraak op vrye grondbesit maak nie. Hulle het histories volgens hulle eie kultuur geen reg op grondbesit gehad nie, of hulle is lede van die groot getal immigrante sonder enige reg op aanspraak tot vrye grondbesit in Suid-Afrika.

Leon de Vries ·

Wanneer die here Du Preez en Croucamp op die program is (of waar hulle ook al die geleentheid kry), word Afriforum meestal hewig gekritiseer (ek dink ‘n feitelike ontleding van hulle optredes sal my stelling reg bewys). Die feit dat Afriforum inspring en help waar daar nood is, dit word nie genoem nie. En Afriforum help ALMAL.

LouE ·

Die twee here maak hulle lewe deur te praat. Al praat hulle twak. Ons kan hulle stop deur al die programme waarop hulle praat af te sit, al die radiostasies wat hulle bevorder te boikot en alle nuus aangaande hulle te ignoreer. Sonder ‘n gehoor is hulle intelektueel bankrot.

riaan ·

“Intelektueel” bankrot?

Daar is nie intelek nie, dit is hoekom hulle sulke twak praat. Kyk maar na commander in chief – geen intelek maar skiet van die heup en praat, praat, praat al is dit rubbish!!!

Chrisjan ·

…sit dit af…sit dit af, want dis ‘n helse straf….

B ·

Ek het geluister en was bitter teleurgestel in Cobus Bester se ‘hantering’ van die debat, hy was later vyfde wiel aan die wa en het geen beheer meer gehad oor die gesprek.
Ek het ook die gevoel gekry hy is te bang om die deelnemers ‘teen te gaan’, want dan word hy dalk ook ‘n terroris genoem.
Dit was baie swak Cobus, ek het al my respek vir jou verloor, jy het nie die hoe grond behou en konsekwent neutraal opgetree nie.
Laastens, daardie program was seker die laagste punt ooit in die geskiedenis van Nuuskommentaar, dit was net ‘n absurde ‘bashing’ van wit behoudende Afrikaners.

PierreH ·

Die agbare Croukamp en du Preez is nou al vir jare soos skoothondjies wat aanmekaar kef as hulle die kans kry, dan asof dit nie genoeg is nie gryp hulle jou aan jou broekspype, gee so paar rukbewegings en siedaar, hulle het ‘n brawe daad gepleeg. Wat hulle dan kwyt raak is slegs voldoende om die ANC, BLF en EFF opgewonde te maak want dis net hulle wat hierdie pot twak glo. Croukamp is derhalwe geensins ingelig oor die Geskiedenis nie, en is daarop uit om die blanke Afrikaner van hierdie land net nog verder te beswadder en gehaat te maak. Sy uitspraak teenoor ‘n mede blanke burger, om hom ‘n wit terroris te noem is verregaande. Ek wil terreg tog vir hom vra om nie sy sokkies te rook voor hy aan ‘n debat deelneem nie, hy maak sy naam uiters g….. . Cobus Bester, ek dink jou tyd het aangebreek om te gaan, jy is doodeenvoudig besig om ‘n platvorm te skep vir diegene wat Liberaal verby is om hulle houe in te kry teen die blankes van hierdie land. Kry bietjie iemand wat vir ‘n slag die waarhede kan verkondig om in jou program op te tree, mense met integriteit wat daarop uit is om stellings met feite te staaf, ek daag jou om diegene wat so lustig aangeval was deur die agbare heer, ‘n kans te gee om repliek te lewer op al hierdie uitlatings.

Therese van Schalkwyk ·

Croucamp, Du Preez én Bester, wat hierdie leuens oor grond van openbare verhoë af verkondig, het ‘n direkte aandeel aan plaasgeweld.
Dis gevaarlik, onverantwoordelik en opruiend van aard.
Is daar dan nie mense met gesonde oordeel, veral in die Woordfees-bestuur, wat halt kan roep met sulke roekeloosheid nie? Hierdie “liberalis” en “leftie” speel met vuurhoutjies in ‘n kruitvat, maar dan word Ernst Roets ‘n “wit terroris” genoem.

Lou ·

Om eerlik te wees moet ek sê ek het nogal van Piet Croukamp gehou toe hy Megaboere aangebied het. Hy het intelligent en opgevoed voorgekom maar miskien het die voorbereide teks van die program hom beter laat lyk as wat hy is.
Nou finaal enige gryntjie respek wat daar nog oor was vir hom verloor. Lyk regtig asof hy goed sê om die publiek te skok om aandag te trek ??

John ·

Ten minste tweet die twee menere nie meer nie maar kriek-kriek. Natuurlik sal iemand wat ‘n ander se eiendom begeer, beweer dat dit eerste aan hom/haar behoort het. Israel sit met dieselfde probleem met die spul migrante wat die ou naam Palestina, wat die Romeine destyds vir die hele gebied gegee het, oor te neem om hulself as die ware inwoners van Israel te bemark… Ook hier het Brittanje, soos in SA, ‘n groot rol gespeel om onderlinge twis aan te help. Waarom Piet en Max sulke standpunte huldig… en Soros for that matter… is baie diep sake… Ons sal verbaas staan oor die eenvoudige verklarings…

Boerseun ·

Dat iemand hom mog met trots in hierdie tyd as Liberalis kan verklaar gaan my verstand te bowe. Dis amper so goed as om met trots te verklaar jy is pedofiel! Is dit dan nie duidelik soos daglig wat liberale uitkyke se gevolge orals in die wêreld is nie? Gelukkig is baie nasies besig met ‘n ommekeer terug na meer konserwatiewe waardes en uitkyke. Die Engelse het ‘n pragtige woorde wat hierdie liberale mense opsom: Virtue Signaling. Hulle wil vir almal wys watter wonderlike mense hulle is en in die proses raak net die teenoorgestelde duidelik.

Willem ·

Boerseun. As jy toegang tot die internet het kan jy mos eers mooi die definisie van “Liberalis” gaan oplees voordat jy vir almal wys dat jy nie ‘n idee het wat dit beteken nie.

KwasiMojo ·

Ek het as a-politiese ou nog altyd ‘n gryntjie van twyfel in in die mense en partye aan die regter kant van die politieke spektrum gehad. Hulle is veronderstel om “my mense” te wees. Maar na ek al hierdie kommentare gelees het is ek weg hier. Die reuk van minderwaardigheid verbloem onder die kombers van baasskap is onuithoudbaar.

Dries du Toit ·

Kwazi mozo As hierdie weerstand wat al hierdie seergemaakte Afrikaners vir jou weersinswekkend is kan jy regtig maar gaan. Piet en Max wag vir jou. Dink jy regtig ons is nie al te lank die slaansak van hierdie liberale kommentators nie

Tant Ralie ·

Maar dit is die doel van die ANC om hul baasskap te gebruik om ander mense minderwaardig te maak.

Manie ·

Wat soek hy nog hier, hoekom nie in Namibië.
En ja, RSG en SABC kruip behoorlik in, bewys weereens linkse neiging.

WK ·

Ja nee kyk, boeke kan vir jou dalk geleerdheid gee, maar definitief nie intelligensie nie. Daar is dit nou net weer n sprekende voorbeeld by Du Preez en Croukamp. Wonder net wat die 2 liberale gaan se as EFF of BLF by hulle huis aanklop en aanspraak maak op hulle eiendom, watse deuntjie gaan die 2 wetters dan sing. Nee kyk as jy dom is moet jy sukkel, daar is nie pille daarvoor nie, nie eers “smarties” help daarvoor nie.

Harrie1501 ·

Waarom gee julle lugtyd aan dié slapsalie van ‘n swêrnoot ? Wees rustig, hy besit grond, net kwessie van tyd dan word sy keel afgesny.

Judge Dredd ·

@Willem – dis seker omdat liberalisme ‘n “fashion-word” geword het want jou gunsteling “celebrity “is mos liberaal.
Feit is meeste mense wat hulself liberaliste noem weet self nie wat liberalisme beteken nie en val eerder in die klassifikasie van lib-leek of “libtard” in engels.

Maar aangesien jy nou so baie weet van liberalisme, miskien kan jy verduidelik – hoekom ondersteun meeste mense wat hulself liberaal noem – globalisasie?
Weet die sogenaamde liberaliste nie dat globalisasie uiteindelik tot minder vrye keuses van burgers gaan lei nie?

Dis seker maar soos ek voorheen gese het – meeste sogenaamde “liberaliste” is eintlik lib-leke.
Ware liberales is uiters skaars en die liberale beweging is lankal deur die linkses gekaap.
Tot so ‘n mate dat ek myself nie meer met die liberale beweging kan vereenselwig nie.

Gooseman ·

Jammer hoe mense soos Croucamp in die propagandistiese strik val. Om die Afrikaner neer te vel moet jy sy verlede onder verdenking stel, die geskiedenis herskryf en hom finaal afbreek tot geen uitsonderlike kultuur of mens. (Ramaphosa het dit genoem met die Parable of the boiling frog) Hy het maar daarom bedenklike intilek. Shame

Jerry ·

Hier kom die herinstelling van die Vrye weekblad. Die idee oorlog gaan nou in alle erns begin tussen wit liberale of vrye denkers en wit konserwatiewe denkers. Dit behoort nogal interresant te wees, omrede die waarheid tussen liberaal en konserwatief hemelsbreed verskil.

Blaarman ·

Ek hoop regtig hulle maak daai fout! Dit sal vinniger sy agterwêreld sien as wat jy “Huffington Post” kan sê!

BM ·

Geen toeval dat die (kies jou byvoeglike naamwoord) in die gehoor was nie. V. hier bo is waarskynlik reg. Dit lyk of hulle nou paniekerig raak .

Hennie ·

Ai ons ou Afrikaner volk darem nog niks verander nie hoekom gee ons die Antichris en die duiwel soveel erkenning en aandag hulle is dit nie werd nie . Kom ons los hulle sodat hulle hulself kan uitwoed want soos die spreekwoord sê vat dit van wie dit kom en verag dit met die minagting aan wie dit toekom. Ons as ware Wit Afrikaners ken en weet mos wat die waarheid is ,ons het dit geleer by ons ouers ,groot ouers en groot groot ouers . Draai jou rug op hierdie tipe mens en volg hulle wat jou vertroue en beskerming gee, dit is nou menslik ,geestelik hoor en luister en leef God se woord want dit is die enigste manier om Sy Skepping uit te leef soos Hy dit vir ons gegee het . Die Drie Enige regeer nl God die Vader Jesus Seun van God en die Heilige Gees God self .

Verster ·

Linksgesinde Afrikaanse mediagroepe en SAUK skep platforms vir hierdié tipes om Afrikaners te verguis. Kyk na hul aanslag…die NG Kerk, wit rassisme (waar hul hooimiedens bou met strooihalmpies), afkraak en verdagmaak van Afrikaanse akteurs en sangers, ens. Dat n handjievol randfigure, soveel gif kan saai dui verder wie se pione hulle is.

Rupert Ashford ·

Met die huidige gees wat heers in die wereld weet die ANC en kie daar sal byna verseker geen sanksies en definitief geen ingreep (oorlog) wees nie. As Clinton die Amerikaanse president was, sou hierdie beleid al deurgedruk gewees het.

Deon ·

Roets gaan nog in die tronk beland vir ondermyning van die staat, hou die spasie dop.

Hannes ·

Ek hoop al die betrokkenes, die organiseerders, Cobus bester, Netwerk 24, Kyk Net, Kyk Net verslag / In gesprek en aanbieders van die programme neem kennis van hierdie kommentare.
Ons is hoogs inteligente en ingeligte lesers en kykers.
Gebruik asseblief persone in julle programme en artikels wat geloofwaardig is en deur ons publiek vertrou word.
Ons is NIE oningeligte lesers/luisteraars nie.

Stingel ·

Croukamp en du Preez verdien geen reaksie op hul dwase stellings nie. Hulle lugtyd sal dan ook ingekort raak as niemand met hulle wil debateer nie,hulle raak dus nutteloos.

Clipper ·

Ek weet die arme du preez kan nie eintlik verantwoordelik gehou word vir sy uitsprake nie want die arme man kort die masjienerie om te dink en n intelligente gesprek te voer, so hom kry ek net jammer. Die ander ou, piet “verdriet” kroukramp is skynbaar n professor, so op een of ander tyd het hy breinstof gehad, wat seker deur n universiteit aan hom gegee is met n vervaldatum wat lankal heen is. Jammer dat die 2 mensies nie hulle nageslag in ag neem as hulle sulke kaf openbaar nie, of dalk het hulle nie nageslag nie – met vandag se snaakse seksuele tipes is enigiets moontlik. Cobus moet net versigtig wees wie aan sy debatte deelneem, want sy draadjie is volgende om deur sauk geknip te word en ons sal bydra as dit moet

Blaarman ·

Nee dankie! Ek verkies dat hulle aanhou praat en hulle donker motiewe, haat, agterbaksheid, oneerlikheid en intensies aan almal openbaar!

Hulle verdien nie om tot martelaars verhef te word nie!

Eddy ·

ek hou glad niks van daai fris uitgegroeide tiener rebel,ou Piet Croucamp nie.Hy kan gaan leer by Dr.Pieter Mulder oor hoe n gentleman optree

Neels ·

(Stu)piet kry heeltemal teveel lugtyd en dit bring agterdog. Wanneer gaan die sauk en kie besef hulle kykers is nie almal swaape nie.

Pieter Schoombee ·

Waarom staan ‘n koerant soos Rapport redaksionele ruimte af aan Piet Watsenaam se aandagsoekery?

Josef Slowinski ·

Die arme ou Piet! Hy kan nie eers agterkom dat Dan Kriek en ou Roelfie die nuwe Kodesa lei. Hulle is almal uitverkopers van hulle eie bloed en veragtelik in die geledere van die edele en opregte Afrikaner. Hulle dien hulle meesters wat hulle in geheimhouding beheer. Blykbaar verstaan hy nie die begrip hoe grond bekom word? Miskien moet ek die ou bietjie help met graad 6 logika. 1. Deur verowering 2. Koopakte en onderhandeling. Hieraan was daar altyd aan voldoen deur die nasate van die Voortrekkers! Die geskiedenis van die volkere die getuienis hiervan is. Die ANC politici is almal korrup en selfs Ramaphosa kan nie aanaar word deur sy verskoning van die R500,000. Die dag as hy dalk wakkerskrik wil ek nie naby wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.