Nuuskommentaar: Oorsig 2017 (Deel 3)

ras-regstellende-aksie-race

Argieffoto.

Rassespanning word deur verskeie kwessies aangevuur, waaronder die uiteenlopende fasette rondom staatskaping en die hof se hewige reaksie op die sogenaamde doodskissaak.

Twee sake wat met mekaar meeding om onder die mees opspraakwekkende in Suid-Afrika te tel, is die sogenaamde doodskissaak en die rassegeweld wat tot binne die “wit” Coligny gestrek het. Die grondoorsaak hiervoor is ’n persepsie (en in verskeie opsigte meer as net ’n persepsie) dat swart mense nie menswaardig behandel is nie. In die geval van Coligny is twee wit mans daarvan beskuldig dat hulle ’n swart seun vermoor het, terwyl die wit mans se verweer is dat die seun self van die bakkie afgespring het.

Die doodskissaak is afgehandel in die sin dat die twee betrokke mans gevonnis is, en dat die regter appèl teen hopeloos oordrewe vonnisse geweier het. Vertoë tot appèl word gerig. Die Coligny-saak moet nog bereg word.

Die Vryheidsfront Plus het die menings van baie verwoord deur die vonnisse van die doodskissaak te kritiseer.

So iets help uiteraard polarisasie in die land aan, en is nie die eerste geval waar ’n swart voorsittende beampte hom of haar teen ’n wit aangeklaagde of aangeklaagdes te buite gegaan het nie. Gelukkig kon dié sake onder appèl reggestel word.

Die Coligny-krisis het gekom te midde van oproer byna landswyd – van die Kaapse Vlakte, Houtbaai en Grabouw tot in Gauteng met verskeie voorvalle rondom Johannesburg. In verskeie gevalle was die brandpunt dat swart mense naby bruin en Indiërwoonbuurte begin plak het en dat die waarde van eiendomme daardeur verlaag is. Die aanstelling van swart onderwysers en veral swart skoolhoofde by oorwegend bruin Afrikaanse skole het ook plek-plek oorgekook.

‘n Skermskoot uit die video.

In Bloemfontein is die sandsteen-stadsaal afgebrand wat as “hoofkwartier” vir stakende munisipale werkers gedien het. Kort tevore is pres. Jacob Zuma behoorlik uit die Rosestad weggejaag toe hy inderwaarheid homself genooi het om by Cosatu se hooffunksie in Bloemfontein as hoofspreker op te tree. Verskeie ander hooggeplaaste ANC-lede is min of meer die mond gesnoer by provinsiale funksies van Cosatu. Die verhouding tussen Cosatu en Zuma het ’n laagtepunt bereik.

’n Parlementêre ondersoek en ’n rits hofsake het die SAUK, wat de facto onder die beheer van Hlaudi Motsoeneng gestaan het, hard geskud. Die Hlaudi-ivoortoring is tot in sy fondamente geruk, en die sogenaamde SAUK-agt-saak is nog nie heeltemal afgehandel nie omdat Hlaudi appelleer teen ’n uitspraak dat hy persoonlik vir ’n deel van die regskoste moet pa staan. ’n Tragiese gevolg was die dood van Suna Venter, een van die agt, weens gebrokehartsindroom.

Dit is nog té vroeg om te bepaal of die SAUK nou wel as openbare uitsaaier optree, en of die intimidasie-tipe bestuurspraktyke uitgeroei is.

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Wat by die SAUK gebeur het, is min of meer ’n spieëlbeeld van wat in die Nasionale Vervolgingsgesag, die SA Inkomstediens en ander instellings gebeur het – die plasing van Zuma-meelopers in sleutelposte. Dié metodiek word baie mooi in Jacques Pauw se boek oor Zuma beskryf, en maak in wese deel van die staatskapingpoging uit.

Dít, en Zuma se vreemde uitsprake oor die ekonomie, het baie bygedra daartoe dat Suid-Afrika nou rommelstatus beleef.

Wit mense moet eenvoudig aanvaar dat dit in hul eie belang, en die belang van ander wit mense, is om weg te bly uit situasies wat hulle op aanklagte van ʼn rassistiese aard in die hof kan laat beland, of bloot klagtes by die Menseregtekommissie op die lyf kan laat loop. Die afgelope paar jaar was dit baie opvallend dat sulke soort voorvalle baie onewewigtig hanteer word, wat uiteraard weer rassespanning voed. Hierdie aangeleentheid is ook deur die Solidariteit Beweging aangespreek.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

8 Kommentare

Stefan ·

As wit Afrikaners dit net wil besef. My pa het die seding gehad. (Hou jou ding uit gate uit en jou gat bly uit dinge uit) Herman slaan die spyker op sy kop met wat hy hier skryf.

Bruno Stef ·

Dit is juis die deel van die sagmaakproses gebruik alle moonlike of opgeblaasde metodes van raadgewing deur Liberaliste/Pers /Regsprosedures tot jou beskikking.Dwing veral die Afrikaner om op die agterste sitplek te sit en sy bek te hou dan sal hy mettertyd assimileerbaar word volgens die jarelange vooruitsigte van n reenboognasie soos dit al voorgestel was voorheen.

Eish ·

Hierdie artikel in sy derde aanbieding, toon die grondpad wat ons die afgelope jaar ons nerwe op afgeskuur het. Daar is nou werklikwaar weinig pluspunte vir die afgelope jaar. Dis so skaars soos water in die Wes Kaap. Dit stem n mens glad nie positief vir 2018 nie. Ons is nou tiperend van n skrootwerf, baie yster, toestele, drade, voertuie en watookal, maar niks werk nie. Die siel van werkverrigting is geaborteer.
Ek wonder hoeveel slae ons nog kan vat?
Ek merk ook n groterwordende gaping tussen Afrikaansprekendes wat het en die wat nie het nie. Dis amper asof die “hetters” die groter bewustheid van gebondenheid met mede Afrikaners afgesterf het.
Reg of nie, 2018 is sterk oppad. Qua Vadis Afrikaanssprekende?

Dereck Le Roux ·

Wat mense moet asseblief tog raaksien is rewolusie, terrorisme, volksmoord en marginalisering, Engels sprekende en ander wit burgers moet deeglik kennis neem dat die stryd is nie meer ‘n stryd net teen die Afrikaner nie maar teen die witman as sulks en wanneer die rewolusioneres hul sin gekry het met die Afrikaner dan kom hulle ook aan die beurt die punt is dat ons uit Cyril Ramaphadda se kookpot moet uitkom so gou as moontlik en weerstand moet bied.

Grassie ·

Sovér die hofsake wat hier genoem word betref – wat my regtig pla is die halfhartige optrede van ons eie volksmense oor hierdie sake. Behalwe vir ‘n bietjie mond uitspoel in die e-media en enkeles wat die verhore bygewoon het (net om heeltemaal oordonder te word deur swart aktiviste wat daar betoog) het sake maar net hul gang gegaan. In ten minste een van daardie sake was die regslui van die verdediging maar baie effentjies. Waar was Afriforum? Hulle het onlangs ‘n topklas advokaat in diens geneem maar hulle is kliphard besig om te veg vir die belange van ‘n jong kleurlingvrou wat deur Grace aangerand is en ook ‘n motorongeluk saak waar geen wittes betrokke was nie. Ek sê nie hulle moet alle witmense verdedig wat droog maak nie maar in al die bogenoemde sake is ernstig gediskrimineer teen mense omdat hulle wit is.
Ek is ‘n volle lid van Afriforum daarom het ek die reg om vrae te vra.
Ek dink ons wittes het nog nie seer genoeg gekry nie, daarom is ons nog nie bereid om saam te staan en saam te veg nie.

jaco ·

kom ons wit mense agiteer in 2018 almal saam vir n nuwe grondwet van SA wat die volgende bevat:
wit mense is formeel tweedeklas burgers. hulle mag nie stem nie, hulle mag nie landbougrond besit nie, hulle mag net sekere werk doen en hulle werksbevordering word op sekere vlakke en bedrae gestop
rassisme is net rassisme as wit mense lelik is met swart mense en die grondwet spel baie duidelik uit wat die strawwe vir sulke rassisme is
swart mense wat lelik is met wit mense is aanvaarbaar en word as ‘n ewigdurende regverdige vergelding teen die onmenslike stelsel van apartheid gesien
wit mense word gedwing om in ‘n sekere gebied (‘n tipe tusland soos in die apartheidsjare) te gaan bly en kry beperkte selfbestuur daar, baie soos wat die Isreali’s met die Palestyne doen en soos wat die ANC se groot vriend China met Hong Kong en Macao doen (one country; two systems).
Eks ernstig met my voorstelle. Dit behoort te werk. ons sal dan wat betref rassisme, diskriminasie teen ons as ons werk soek en ‘n hele rits ander dinge, PRESIES weet waar ons staan, wat ons oorblywende regte is en wat die nie is nie, EN in ‘n tipe tuisland waarin ons almal ingedwing word, kan ons dalk met ‘n mate van selfregering ons omstandighede stadig maar seker weer verbeter.

Jacques venter ·

Jaco
Duidelik verstaan jy nie die gruwelike onreg wat apartheid aan gekleurdes gedoen het nie.

Verwoerd wie sommige vereer het die land geweldige skade berokken

lolla ·

Ek glo dat hy wel soos jy se skade berokken het deur appartheid steeds in plek te gehou het, alhoewel ek oortuig is dat die skade nie naastenby op so groot skaal soos in en op ons huidigge skade skaal van die afgelope Zuma-jare nie. Ons kon aan die wereld wys hoe ons saam appartheid kon weg maak en vorentoe bou met mening, maar vandag sak ek my kop in skaamte vir ons regering wat als afgebreuk het, wat eens, nie so lank terug, soos n geoliede masjien gehardloop het met alles wat MOOI en GOED was. Ek wil so graag glo dat ons dit weer sal doen, hopenlik in my leeftyd.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.