Nuuskommentaar: ‘Ooskusmuur’ teen Trump?

Donald Trump

Donald Trump. Foto: AP Photo/Pablo Martinez Monsivais

Soveel is tans in die Suid-Afrikaanse politiek en aanverwante tonele aan die broei dat dit oorgenoeg bied om die bevolking se aandag vas te vang. Die grootste vraag bly egter hoe die byl in die ANC se Desemberkongres gaan val. Tog kan die wêreld nie die spreekwoordelike blinde oog wend na ander dele van die wêreld nie, en die VSA is beslis een van die lande waar politieke verwikkelinge in die oog gehou moet word.

Die Amerikaanse Demokrate het pas twee belangrike goewerneursverkiesings in die ooste van die VSA gewen, naamlik in Virginië en New Jersey. Boonop is New York-stad se Demokraat-burgemeester vir ’n tweede termyn herkies.Veral die verkiesing in New Jersey is goed dopgehou met die oog op die middeltermynverkiesings volgende jaar. Sien ons die tekens van ’n “ooskusmuur” wat die Demokrate aan die oprig is om Trump se steun meer tot die binneland te isoleer?

Tydens die verloop van die Amerikaanse presidentsverkiesingsveldtog, is by geleentheid berig dat Trump probeer om ’n “weskusmuur” te bou waaragter die oorwegend heersende Demokrate in Kalifornië, Oregon en Washingtonstaat se invloed geografies beperk sou word. Nou lui berigte dat dit juis die Demokrate is wat fluks aan dié “weskusmuur” bou – om Trump se kolle van ondersteuning in dié drie deelstate te isoleer.

Wat Trump se eie gewildheid onder Amerikaanse kiesers betref, blyk dit dat dit nou weer sy swakste vertoning begin najaag, en staan op minus 21. Die swakste wat hy nog gevaar het, was minus 25. Hy kon op 23 Februarie laas gelykbreek, en 16 en 17 Februarie laas aan die pluskant kom – albei gevalle op plus 2.

Altesaam 34 persent van die kiesers glo die VSA is in die regte rigting op koers.

Die fokus het egter nou eers na die ooskus verskuif. Opnames in albei state het getoon dat meer as 30 persent van die kiesers wat beplan het om te gaan stem, dit slegs gedoen het omdat Trump in die Withuis sit. Die meeste hiervan het geblyk vir die Demokrate te gaan stem.

Trump self, op besoek aan Korea, het met die volgende twiet op die uitslag gereageer: “Ed Gillespie (die Republikeine se kandidaat in Virginië) worked hard but did not embrace me or what I stand for. Don’t forget, Republicans won 4 out of 4 House seats, and with the economy doing record numbers, we will continue to win, even bigger than before!”

Onlangse berigte het gelui dat Demokrate steeds die kop skud oor hoe Trump sy eerste jaar as president kon oorleef, ondanks ʼn “totale aanslag” teen hom, en terwyl Trump self gereeld blapse gemaak het.

Wat egter duidelik is, is dat die skaakspel van “mure” bou, hetsy ’n westelike en ’n oostelike “muur”, erg kan boemerang. Die verkiesing wat Trump aan bewind geplaas het, het getoon hoe belangrik juis die state is wat deur die “mure” uitgesluit is ingevolge die Amerikaanse kiesstelsel – een wat Trump in staat gestel het om oortuigend aan bewind te kom, al is hy wat algehele stemtelling betref ver deur Hillary Clinton geklop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Juffie ·

Ek stem eenhonderd persent saam. Al die “evil” moet eers uitgewis word en dan moet van vooraf opgebou word. Alle goeie dinge neem tyd.

Pion ·

Die supperrykes en hulle media pionne gaan nog lekker skrik soos die intelligente middelklasmense se oe begin oopgaan. Trump bo!

JC ·

Baiedankie Herman, uitstekende rubriek. Hounetingedagtedat Gillespie nie ‘n #MAGA kandidaat was nie, en dit wat die nuwe grondvlak konserwatiewe regse beweging sekerlik die meeste verfoei verteenwoordig,naamlikdie “washington establishment”. Gillespie wou hom opsetlik nooit by Trump skaar nie, maar het die “establishment” pad geloop en verkiesingsveldtogte gevoer met ou RINO’s (“REPUBLICAN IN NAME ONLY”)-dus isdie uitslag geen verrassing nie.Daar was dus ‘n totale gebrek aan “grass-roots” energie- enkonserwatiewe aktivisme (TRUMP BASE) aan Gillespie se kant, wie gemeen het hy kan wen deur die ou, “tried and tested” en ongewilde “establishment” konserwatisme te gebruik as loodsbaan vir sy veldtog.

Dit wys nou net vir eens en vir altyd dat die ou- sentrum- regse- twee- party- gemoedelikheid se dae getel is, en dat jy as Republikeinse kandidaat of die “RINO” weg verlaat (wat na vereensaming en verval lei) en jou as #MAGA kandidaat onvoorwaardleik skaar by Trump en sy agenda(wat Gillespie geweier het om te doen) OF uit die prentijie verdwyn. As ek die demokrate is sal ek egter nie te opgewonde raak nie, New Jersey en Virginia is blou state, en Northam het gestruikel oor die laaste versperrings. Later moes hy tot weersinwekkende taktieke oorgaan soos sy geldelike ondersteuning aan die gewraakte en onvanpaste (gevul met die simptome van kognitiewe dissonansie) Latino Victory Fund- advertensie, net om oor die wenpaal te struikel. Die Huis en Senaat is wat tel, nie goewerneurskappe op hierdie oomblik nie.

anton ·

Partykeer kan ek nie help om te wonder wat met die Amerikaanse volk aangaan nie.

Vir die eerste keer in baie baie jare het hulle n President wat iets werd is en iets vir Amerika beteken maar nee, hulle wil hom uit he!!!
Die demokrate reg oor die wereld is die wereld se grootste problem en ondergang!!!

Wessel ·

Is dit nie dieselfde meningspeilings wat laasjaar getoon het dat Trump geen kans het om die verkiesing te wen nie?

Herman Toerien ·

Hallo Wessel. Dit kom uit Rasmussen se daaglikse meningspeilings. Rasmussen word dikwels beskuldig van te “regs” te wees, maar neig om baie akkuraat te wees.

Rupert Ashford ·

Herman, jy weet beter as ons almal hoe die Amerikaanse presidentsverkiesing werk. Dit gaan nie oor die sg popular vote nie, maar oor “counties” ( kiesafdelings?) en afgevaardigdes na ‘n kieskollege. Dit is juis die stelsel om te keer dat Kalifornie en die Ooskus stedelike gebied nie die res van die land domineer nie. Volgens daardie stelsel het Pres Trump ver gewen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.