Nuuskommentaar: Ope brief en die duisendpoot

cyril-ramaphosa-oor-nuwe-kabinet-2018-02-27

President Cyril Ramaphosa het sy nuwe kabinet op Maandag 26 Februarie aangekondig by die Uniegeboue in Pretoria. Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Soms leen die omstandighede sigself tot humoristiese staaltjies, en soms moet potensiële humor ten volle benut word. Ná die Zuma-era word baie humor benodig, maar ongelukkig is die herkoms daarvan yl en is dit harde werk om die humor kerngesond te laat bly.

Geagte redakteur

Ope brief aan pres. Cyril Ramaphosa

Hier van 2015 af gebruik ek af en toe oop briewe aan voormalige pres. Jacob Zuma om goeie raad aan die land en sy mense te gee. Nie dat die goeie raad gereeld gevolg is nie – nee, die mense wat luister, leen hul ore uit vir duisendpote.

Die ding van duisendpote is dat hy stink – vreeslik erg stink. Voorts lieg hy oor hoeveel pote hy het – volgens die wetenskaplikes het die spesie met die meeste pote 200 paar op die heel meeste, en ’n dier wat gevreet kry aan ’n duisendpoot het regtig hare op sy tande.

En wee die slagoffer wat deur die duisendpoot “beetgekry” word. Dis seker hoekom u voorganger, ishongololo (Zoeloe), so lekker op onvanpaste tye kon lag – van die lefokolodi (Suid-Sotho) wat hy in sy bosak aangehou het. (Dit het potensiële beleggers met suur gesigte die hasepad laat kies.) En daar uit u wêreld die reuse-dongololo.

Nou moet u nou net asseblief nie te midde van die groot lof wat u kry, u lyf gaan lefokolodi of ishongololo hou nie.

Waarop ek afstuur, is die ontsettende ramp oor die grondgryp-planne. Heel dikwels is daar heelwat humor in ’n rampsituasie vasgevang, maar ongeag hoe hard ’n mens na ’n positiewe hoek soek, dit bly ’n ramp van “epidermiese” omvang.

As aktualiteitspraktisyn het die uwe nie werklik die luukse van ontleding om vas te stel wat die waarheid is nie. Dit moet dikwels die gevolg van instink wees, om sodoende sinvol te kan meedoen.

En dis moeiliker as wat ’n mens meen. Die ontleder het ook ’n groot behoefte om die draak te steek waar geknyp moet word. Hy moet ’n rasionele uitleg kan gee. Hy moet self gesinsmens bly, en toesien dat fopnuus nie vasstaanplek kry waar die volle prentjie nie bekend is nie. Gun die lesers dit om darem af en toe per geleentheid ook mens te kan wees, en as sodanig net lekker te kan draaksteek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

anti vergrype ·

Ek het klaar respek vir Ramaposa verloor .
Dit het sommer gou gebeur.

Johannes ·

Ek het nog nooit veel respek vir hom gehad nie… net nog ‘n ANC. Wat presies sien mense in hom?

Jean ·

Jy moes nog nooit respek vir hom gehad het nie hy is anc en hul voel net vir een ding …homself!

Paul ·

Party vierpotiges stink nie net nie maar ook vreeslik erg, veral hul politiek. Ek bly dus maar weg van hulle.

Jerry ·

Malema het net die draak met almal gesteek toe hy sy idee van “through the barrel of the gun” rond geslinger het, dit is hoekom hy nie tronk toe gestuur is vir hoogverraad. Nou kom steek CR met die Afrikaner die draak met sy uitsprake oor grondgrype sonder vergoeding en dit is hoekom hy ook nie tronk toe gaan nie, want eintlik is dit n grap. Nou ja, terwyl almal die draak steek met hulle idees kan ek seker ook maar n bietjie die draak steek. CR die Afrikaner is goedgelowig en sal nie wanneer onteiening sonder vergoeding intree met die vooruitsigte van verarming van die Afrikaner teen jou en jou mense optree nie, want julle is te veel mense! Die Afrikaner sal hom ook nie beroep op sy kundigheid en op die bybelse verhaal van Moses en die plae om IZIFO op jou en jou mense los te laat nie, want ons is te goedgelowig. Ai, hoe lekker steek ek darem nou die draak met n idee, of hoe se ek!

Jaco ·

Rama-poser gaan net aan gaan waar Zuma op gehou het, julle klomp wat hom so geloof het moet maar julle oe begin oop maak.

Adam ·

Dit wil voorkom asof jy verstaan hoekom ek hom nog altyd “bang” Cyril genoem het. Hy probeer vir elkeen vertel wat hulle wil hoor en in die proses glo hy sy eie leuens. Hy is sedert sy oorwinning besig om die ou Zuma-kamp te paai en boonop klink sy hoof- beleidsrigtings na iets wat hy by die EFF geleen het.

Ontstoke ·

Hierdie land gaan verseker Zim se pad loop, mense in di stede moenie dink dit raak hulle nie. Daar gaan geen voedsel op jul tafels wees nie, en as jy meer as een huis of erf besit kan jul ook in gedrang kom. Hoe moet boere finansiële hulp kry as hulle nie hul plase as sekuriteit kan gee nie. Niemand gaan meer enige uitbreidings of ontwikkeling doen nie. Die mense wat gevoed moet word , word meer. Dis tyd dat almal stedelinge inkluis maak nie saak watter nasie nie saam met die boere staan as die boere swaarkry gaan dorpe ook tot niet duisende gaan sonder werk wees. Duisende hektare wat van boere gekoop is lê onbewerk en verwaarloos
Die tyd is hier almal gaan swaarkry. Hoe kan ons met sulke onsekerheid ons landbou uitbrei.

Jean ·

Miskien is dit n goeie ding dat hul doen wat hul doen om die grond af te vat, op die einde wie dink jy gaan die meeste swaarkry!…Dit is maar so alte tipies die Afrika storie van vergrype….so……laat hul swaarkry!~

Grap ·

Ai Herman ek het nou lekker gelag oor die duisendpoot…..dis so waar hy stink, en hy stink ook vreeslik.

Jean ·

Miskien is dit n goeie ding dat hul doen wat hul doen om die grond af te vat, op die einde wie dink jy gaan die meeste swaarkry!…Dit is maar so alte tipies die Afrika storie van vergrype….so……laat hul swaarkry!~

Bakhand ·

Die massas gaan maar net weer bakhand met honger gesiggies vir die weste vir geld en kos vra, en die weste gaan met hartseer ogies die beursies oopmaak en skeepsvragte kos aanstuur. Maar ja sukkel gaan die mense sukkel, maar hulle het nie die vermoe om dit te besef nie.

Paul ·

Met die grondkwessie en onteiening van eiendom het Ramaphosa en sy kabinet die gramskap van 1000 x meer mense hul op die hals gehaal, as wat Zuma met sy eskapades en korrupsie ooit kon regkry. Die nagmerrie en wipwarit begin nou eers in alle erns, Zuma se termyn was ‘n vulletjie. Nou begin die realiteit inskop. Zim se fiasko is nie meer niet iets wat in ‘n ander land plaasgevind het nie. En CR en sy nuwe kabinet is ook nie ‘n grap nie.

Petrus ·

Dalk moet ons maar begin om die draak in die donker te knyp…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.