Nuuskommentaar: Oscar – Om te mag weet

Foto: Bongiwe Mchunu/Independent Newspapers Ltd/Pool/SAPA

Foto: Bongiwe Mchunu/Independent Newspapers Ltd/Pool/SAPA

Baie mense, veral diegene wat nie die Oscar Pistorius-saak slaafs volg nie, sal met regter Thokozile Masipa se beslissing saamstem oor die aanbied van grusame gegewens wat deur die lykskouing op Reeva Steenkamp aan die lig kom.

Haar uitspraak lewer egter tog sekere vrae op.

Die Amerikaanse regsgeleerde, Kirsten Rabe Smolensky, skryf in haar studie oor die regte van die dooie onder meer soos volg: “These varied approaches to postmortem medical privacy exemplify attempts to mediate the conflicts between the interests of the living and the interests of the dead. The variety of approaches also highlights how there can be a wide variety of opinions about the importance of posthumous rights, and how even when there is a consensus that posthumous rights should be recognized to some extent, there is a wide range of limits imposed on these rights.” Sy skryf die uitbreiding van die regte van die dooie onder meer toe aan die ontwikkeling van tegnologie.

Die regter se beslissing kan dus nie net teen die agtergrond van die grondwetlike regte op persvryheid gemeet word nie. Alle regte in die handves van menseregte in die grondwet word beperk – dikwels deur die regte wat die ander persoon geniet.

Het Reeva se naasbestaandes regstegnies enige groter aanspraak op regte as die gewone burger?

Tog beskou kenners die regter se uitspraak hieroor onder meer as “gevaarlik” en “onlogies.” Veral haar bepaling oor Twitter maak moeilik sin, omdat veel meer lesers dieselfde inligting die daaropvolgende dag in koerante, en nog gouer op die internet te lese kan kry.

‘n Belangrike faktor is dat die versoek van die staat se regspan gekom het, en ondersteun is deur die regspan van die verdediging.

Met hierdie saak, en die regstreekse beeldsending daarvan, word regsgeskiedenis in Suid-Afrika gemaak. Dit is dus ook te wagte dat daar heelwat kinkels, voorsiene en onvoorsiene, uitgestryk sal moet word.

Die proses om dit te vestig, kan baie lank duur, en aspekte daarvan kan dalk, veral in die toekoms, nog in die hoër howe gaan draai. Die parlement mag selfs die behoefte hê om wetgewing op te stel om van hierdie aspekte te rig.

In die omgewing van ‘n juridiese braakland, is dit te wagte dat elke belanghebbende nou sy kleim so groot as moontlik sal wil afsteek.

Terwyl baie mense van die grusaamheid van die getuienis gevrywaar sal wil wees, mag dit ook nie indruis teen die beginsel dat die reg sigbaar moet geskied nie.

In die Engelse opsomming van sy proefskrif, e-Justisie, skryf R.H, van den Hoogen van die Universiteit van Utrecht: “During the coming years the administration of justice will change drastically as a result of the possibilities of information and communication technology (ICT). These possibilities will have to be used as much as possible, with a view to the conservation and improvement of the legal quality of court procedures. The question that has been answered in the present research is the following:
when does the quality of the procedure come into danger? But also: how can quality be improved by using ICT? So far, little research has been carried out into the legal implications which the use of ICT has for court procedures. Both for researchers, legislatures, policy makers and (potential) litigating parties as well as for the members of the Judiciary itself, it is important to obtain a greater insight into this meaning.”

In die proefskrif self skryf hy: “De komende jaren verandert onze rechtspraak ingrijpend als gevolg van de mogelijkheden van ICT: rechtspraak digitaliseert. De vraag is wat dat betekent voor de juridische kwaliteit.

Het gebruik van ICT biedt kansen om de rechterlijke procedure te verbeteren, bijvoorbeeld door zaken sneller en effectiever af te handelen. De inzet van ICT kan echter ook risico’s opleveren voor de privacy van procesdeelnemers en de zorgvuldigheid van het verloop van de rechterlijke procedure. In het ideale geval worden de kansen die ICT biedt zo veel mogelijk benut en worden zo min mogelijk risico’s genomen. Om deze ideale situatie te bereiken is inzicht nodig in de kansen en risico’s van het gebruik van ICT bij de rechterlijke procedure en de betekenis ervan voor de kwaliteit van rechtspraak.

De Waard beskryf die hoofbeginsels van die Romeins-Hollandse regspraak as regspraak binne ‘n redelike tyd, om gehoor te mag word, die reg op ‘n onpartydige en onafhanklike uitspraak, en die motivering tot regspraak.

Die howe sal jaloers waak daarteen dat hierdie grondbeginsels nie vertrap word, terwyl dit sy weg vind in die nuwe wêreld wat die tegnologie bied nie.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

2 Kommentare

Sonje ·

Hoekom het Oscar Pistorius se verhoor nie n jurie ne en net n magistraat. Ek kan dit nie verstaan nie en as ek reg onthou het hy gese dat daar n “intruder” is voordat hy geskiet het. Sy sou hom mos dan geantwoord het dat dit sy is wat in die toilet is. Die ander ding wat my pla is hoekom sou sy die deur sluit net om die toilet te gebruik. Dit maak nie sin nie.

Annonomous ·

Hi daar,

my persoonlike opinie is dat Reeva en Oscar miskien n bakleiery gehad het. Oscar het aggresief geraak en Reeva het gedruig om haar goed te vat en te gaan hy het haar toe met n krieket kolf oor die kop geslaan en sy is in vrees vir haar lewe badkamer toe. Sy het gedreig om polisie toe te gaan en Oscar het geweet dit sal die einde van sy loopbaan wees…..die bogenoemde komentaar is reg,hoekom sal jy die badkamer sluit as jy net toilet toe wil gan? Oscar was dan in die bed….

Hy het geweet hy moes Reeva stil kry en toe sy nie meer gil nie het hy geweet die daad is gedoen.

Hy het vinnig sy spore probeer toe maak deur die ambulaans ens. te bel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.