Nuuskommentaar: Paaskeuses

Kruis_pixgood_com.jpg

Foto: pixgood.com

“Elke jaar met Lydenstyd, Goeie Vrydag en Paasfees word die nuwe lewe wat Jesus deur Sy lyding, sterwe en opstanding vir ons moontlik gemaak het, vir ons aangebied. Ons weet uit ervaring dat om hierdie nuwe lewe in ontvangs te neem ’n keuse is wat ons weer en weer maak. Ons besluit of ons dit wil ontvang of nie. Elke jaar met Lydenstyd word ons opgeroep om dié goed wat maak dat ons nie soos nuwe mense leef nie, te identifiseer en uit die weg te ruim.” So skryf dr. Annelie Botha, leraar van die NH Kerk Mafeking in die jongste uitgawe van Blitspos van die Hervormde Kerk.

Volgens die Joodse tradisie, soos dit neerslag gevind in die Pasga, begin ’n nuwe dag die vorige dag met sononder. Baie elemente van die Christelike Paasfees is net so by die Pasga oorgeneem, soos die berekening van wanneer die Paasfees elke jaar op die kalender geplaas sal word. Heelwat gemeentes het dus gisteraand reeds ’n donker Nagmaal gehou – ’n onvergeetlike ervaring vir diegene wat so ’n geleentheid by kerslig en gedempte ligte bywoon. Die proses om die keuse te maak om soos nuwe mense te leef, het begin.

Niemand kan stry dat ons in ’n gebroke wêreld leef nie, en allermins gereelde lesers van hierdie rubriek waar die gebrokenheid dag vir dag uitgespel en ontleed word. Nietemin skuur ons in die proses maar net aan die oppervlak.

Presies hoe gebroke ons samelewing is, blyk uit ’n verslag van die bekende in Christelike kringe, dr. Peter Hammond, oor sy bywoning van ’n beraad in Kaapstad met die titel, “National Action Plan to Combat Racism, Discrimination, Xenophobia and Intolerance”. Die beraad is deur die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling geborg.

Die DitsemBlits haal ’n gedeelte van Hammond se verslag aan, en ons haal hier weer net ’n klein deel daarvan aan:

“It was not long after arriving at the Conference Centre in Century City that I had this uncomfortable feeling, like Alice in Wonderland, that I had fallen through The Looking Glass and was at some kind of Mad Hatters Tea Party! It was not just the opulent catering overflowing the tables. Unless my ears were deceiving me, speaker after speaker seemed to be promoting racism, discrimination, xenophobia and intolerance!

“Not only were they not dealing with the thousands of farmers murdered in South Africa, but they were making the most outrageous generalisations and racist statements, such as:

All whites are racist!
We have to invade those sectors where whites are still in charge!
All whites must be re-educated!
The honeymoon period of democracy has come to an end!
Equality is not enough! This is not a single issue revolution!
No more reconciliation!
The white culture must fall!
Racial superiority is expressed through sports!
Rugby is everything to the Afrikaners. If you want to hurt the Afrikaner, you must crush their rugby. We must insist that at least 50% of all their rugby teams are black.
Afrikaans is not a language for education. It has no place in universities.
We need to deconstruct the systemic racism by eradicating whiteness.
We have had 21 years of carrots? Now we need the sticks! They must feel the pressure to compel them to hand over all their resources!
The biggest failure of the TRC was it failed to address sports!
We cannot allow the constitution to get in the way of redistributing all wealth and removing whites from all positions of authority and land ownership.”

Hammond noem darem dat daar een spreker, uit die kerklike geledere, was, wat ’n gebalanseerde toespraak gelewer het, maar sy spreektyd was tot sewe minute beperk.

Hierdie soort uitlatings is gemaak vlak voor die Paasfees. Presies hoe ver staan dit van die oogmerke van die Paasfees?

Die Paasfees is stellig die hoogtepunt van God se uitdrukking van sy liefde vir die mens. Jesus het op sy beurt weer opdrag gegee dat die mens nie net sy naaste (wat die vreemdeling in sy poorte insluit) moet liefhê nie, maar ook sy vyande.

Jesus het ook opdrag gegee dat ons dissipels (nie net Christene nie) van alle nasies moet maak.

Ons sekulêre owerheid is periodiek lief om opdragte uit te deel, ook aan kerke om die land se afgewaterde moraliteit weer op koers te kry. Hiermee stuur die staat wel ’n foutbal af, maar die kerke (lees lidmate ingesluit) kan ook nie maar net arms gevou sit en redeneer dis dan die staat wat deur leierskap, wetgewing en voorbeeld moraliteit so rysmier nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

christine ·

Nou vir hoe lank wil ons nog probeer. Ek het vrede in my hart maar eks bevrees party mense is onopvoedbaar en gebruik presies ons geloof teen ons. So ek weet nou nie wanneer ons ons les gaan leer nie. Ek persoonlik steur my nou maar glad nie aan hulle. As een van hulle met my praat maak ek of ek grieks is en hulle nie kan verstaan nie. Die mense praat gou Afrikaans as hulle kos bedel

Johann Marx ·

Dit lyk op die oomblik of die sogenaamde “burger-oorlog” wat FW kamtig in 1992 afgeweer het met sy kapitulasie toe nie afgeweer is nie……net uitgestel. In 1992 het ons ‘n kans gestaan om te wen……Nou staan ons nie ‘n kans nie.

Grassie ·

Die haat teen die witmense oor die algemeen en die Afrikaner in besonder loop dik, en dit eskaleer vining en onomkeerbaar. Ek het aanvanklik gedink Ramaphosa sal so ‘n bietjie nugterheid bring, al is dit net ‘n blaaskansie, maar hy het ook nou pens en pootjies op die anti-wit wa geklim. Die Skrif sê daar is ‘n tyd vir alles en ek dink die tyd vir stilsit, die ander wang draai en ons vernietiging gedwee en met groot liefde aanvaar sal nie nou deur die Skepper van ons verwag word nie. Tydens die instelling van die Paasfees in Egipte het Hy nie die Egiptenare liefderik behandel nie, inteendeel, Hy het hulle baie hard gemoker omdat hulle Sy volk onderdruk het. Ons is ook Sy volk, ons word nou ook onderdruk en ek glo Hy sal aan ons die regte leiding gee om te doen wat ons moet doen. Ek glo ook Hy sal nie toelaat dat ons Zimbabwe se pad loop nie maar dan moet ons self ook ons deel doen – Hy help beslis nie luiaards wat hande gevou sit en alles net aan Hom oorlaat nie.

John ·

Moet asseblief nie so naief wees om ons kerke ook te verengels nie om sodoende ons liefde vir ons naaste te demonstreer nie al is sommige kerklikes so gretig om hande te vat. Dansende, jillende, jollende en toi-toiende kerkgangers gaan ons mense die harnas injaag en verder van mekaar vervreem en binnekort sit antie-rassisme in die konsistorie met haar storie en dan moet ons Sondag vir Sondag bieg dat dit klap en hoor ons net klagtes en niks uit die Woord nie.

Oom Kalahari ·

HHHHMMM……wel my Paaskeuse is bly weg van die duiwel en sy trawante.

miemie ·

Jammer mense maar ek het nie goeie nuus vir julle nie. Wat nou aan die gebeur is, is alreeds 100jaar gelede voorspel. Twee profete is vir ons gestuur om ons hierop voor te berei. Ek steek my kop seker nou in n bynes, maar ek glo vas hieraan. Siener van Rensburg en Johanna Brandt het hierdie pad wat ons gaan loop vooruit gesê. Kom Sal dit kom! Hierdie is maar die begin! Ons sal deur n Smeltkroes moet gaan. Die einde is goed…….Maar teen n ontsaglike prys! Kry gerus die boekie. ..Die Smeltkroes… van Johanna Brandt by Vaandel Uitgewers. Daar is vier Visioene aan haar gegee op 7 Des. 1916. Onthou vir die wat weet rn voorbereid is gaan dit makliker wees! Dis skokkend om te lees hoe dinge gaan ontplooi en waarom dit moet gebeur . Sterkte !

Johannes Meintjes ·

Dr. Peter Hammond het al baie jare in die sendingvelde van SA en Afrika ingeploeg en was o.a. al deur Nelson Mandela die mond gesnoer, – sonder sukses. Mag Pase in 2016 tog opnuut ‘n boodskap van introspeksie aan alle Suid-Afrikaners uitdra, al onderskei nie almal tussen “Easter” en “Passover” nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.