Nuuskommentaar: Paddas kook en die parlementêre brousel

Cyril Ramaphosa

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa (Foto: GCIS)

Die onthulling dat adjunkpres. Cyril Ramaphosa in die vroeë 90’s gesê het wit mense is soos paddas, koudbloedig, en moet daarom in water wat geleidelik al warmer word gaargemaak word, is ’n ernstige saak wat gou in die reine gebring moet word.

Die ANC se opvolgstryd begin al hoe meer soos ’n rillerstryd lyk, met ’n keuse tussen euwels. En in een dag is bewys dat daar heelwat waarheid steek in die “gesegde” dat in die politiek een dag ’n baie lang tyd kan wees.

In ’n verstommende demonstrasie van agteruitboerdery het die ANC dr. Nkosazana Dlamini-Zuma ’n parlementslid gemaak, op dieselfde dag waarop stellig een van die ANC se knapste LP’s, dr. Makhosi Khosa, uit die ANC, en dus ook uit die parlement bedank het. Dlamini-Zuma is nie in Khosa se ou setel aangestel nie, maar die simboliek bly staan.

En dan bars die bom. Adjunkpres. Cyril Ramaphosa het in die vroeë 90’s tydens die onderhandelings teenoor wyle dr. Mario Oriani-Abrosini opgemerk dat wit mense geleidelik soos paddas gekook moes word. Dit is in Ambrosini se memoires opgeneem en het pas aan die lig gekom. AfriForum eis ’n verduideliking van Ramaphosa.

Uit lesersterugvoer lyk dit of Ramaphosa se steun onder veral wit mense nou ’n ernstige knou weg het.

Dit volg kort na bewerings, wat as vuil truuks beskryf is, dat Ramaphosa ’n rits buite-egtelike verhoudings gehad het.

Die dinamiek wat losgelaat word, soos ook nou met die Tumi-debakel, is al deeglik op verskillende forums bespreek. Die vermanendes en die kritici van diegene wat hulle (dikwels kras) oor die Tumi-saga bly uitdruk, laat een aspek buite rekening – die voortgesette neiging in dié land om onewehandig teenoor die rassistiese optredes op te tree. Dit het ’n dinamika van sy eie gekry en om dit te ignoreer, gaan dinge erg skeef laat loop. Iemand wat dit nie kan insien nie, is miskien nie ’n politieke padda nie, maar wel’n politieke mamparra.

Wat Ramaphosa, volgens Ambrosini se herinneringe van wit mense gesê het, is naakte rassisme, en ’n wit mens wat presies dieselfde van swart mense gesê het, sou lankal verguis gewees het.

Nkosazana Dlamini-Zuma ná sy ingehuldig is. Foto: ANA

In ’n omgewing waar plaasmoorde gereeld voorkom is dit nie ’n verrassing nie dat die rug styf gemaak word oor dinge wat kwytgeraak word wat rassespanning kan aanblaas – van watter kant dit ook al kom.

Nkosazana sal ook nie oral ’n gewilde kandidaat wees nie. Sy het haar tydens die abortiewe Kliptown-beraad sterk teen minderheidsregte uitgespreek (en het dus ’n gebrekkige siening van demokrasie) en omarm haar gewese man se ekonomiese beleid wat beleggers afskrik.

Die ANC se opvolgberaad in Desember is vir almal van belang, want wie ook al tot leier verkies word, sal minstens tot 2019 die septer swaai, en dit raak almal. As dit sonder rassisme, en sonder ’n onewehandige benadering daartoe kan wees, sal dit die land oneindig goed doen.

Groter sensitiwiteit van alle kante, en slimmer debat is breedweg gesproke nie al wat tekort skiet nie. Praatjies moet begin gaatjies vul – anders gaan dit ontaard.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Piet Retief ·

Ons is lankal nie meer nie koudbloedig nie. Danksy die 23 jaar wat die ANC gebruik het om ons te bewys hoe onbevoeg hulle is om die land te bestuur, is ons bloed nou al goed warm. Dis net ‘n geval van “wanneer” ons kookpunt gaan bereik.

Sydney Gregan ·

Ramaphosa is die Amerikaans-gesteunde geldmagte se kandidaat om president te word. Vandaar al die steun uit die Netwerk24 geledere. Hy sal dinge vir sy meesters moet regstel nadat Zuma die geldmagte se appelkar omgegooi het. Die teenstand teen Zuma het alles te make daarmee dat hy sy rug op die VSA gedraai het en bitter min met sy eskapades. Ramaphosa is oornag skatryk gemaak deur die geldmagte en dis nou “pay back time”. Soos Mandela (wat ook in hulle hande was) sal alles hom vergewe word solank Amerikaanse belange voorrang geniet. Punt is die ANC is slegte nuus vir die Afrikaner se oorlewing en die kandidaat is irrelevant!

Adam ·

Sydney, ek dink jy is dalk net verkeerd. SA is nie juis op die VSA se radar nie en Afrika in sy totaliteit is net ‘n lastige werklikheid vir Amerikaners. Die Amerikaners was nie so lief vir Mandela nie. Hy was trouens tot nie lank voor sy dood nie, op hulle lys van “terroriste” Ramaphosa is deur SA sel;f ryk gemaak as een van die “champions” van BBBEE met Motsepe en Sexwale ook in die ry. Herman, ek wil met jou saamstem oor jou “keuse tussen euwels” beskrywimg. Die ANC leierskap is uiters swak; dit is niks anders as ‘n geval waar honger gevra word om vir dors te help nie.

Adam ·

Sydney, ek dink jy is dalk net verkeerd. SA is nie juis op die VSA se radar nie en Afrika in sy totaliteit is net ‘n lastige werklikheid vir Amerikaners. Die Amerikaners was nie so lief vir Mandela nie. Hy was trouens tot nie lank voor sy dood nie, op hulle lys van “terroriste” Ramaphosa is deur SA sel;f ryk gemaak as een van die “champions” van BBBEE met Motsepe en Sexwale ook in die ry. Herman, ek wil met jou saamstem oor jou “keuse tussen euwels” beskrywimg. Die ANC leierskap is uiters swak; dit is niks anders as ‘n geval waar honger gevra word om vir dors te help nie.

Ongelukkig ·

Ja dis presies wat hulle besig is om aan boere te doen . Stadig verseker wil hulle ons uitroei. As ons nie daadwerklik iets gaan doen nie. Ons volk sal op ons kniee moet gaan en terugkeer na God.

loeis ·

Hierdie beklemtoon iets anders: daar is ‘n proses aan die gang. Een wat onder die oppervlak en subtiel werk. As mense nie bewus is van wat gebeur nie, bied hulle geen weerstand nie.

Dit klink of ons eerstens ‘n tipe ontwaking nodig het – een waar mense dinge sien vir wat dit is. Die uur is baie laat en die padda is reeds byna gaar.

Dit maak nie saak wie president is nie: dis die sisteem wat die probleem is.

Jaques ·

Loeis, wat mense maklik vergeet, en ek gaan gekruisig word vir wat ek nou gaan se, maar wat mense maklik vergeet, is dat in die spesifieke voorval wat Ramaphosa klaarblyklik gese het, was dit sommer nog vars na hoog apartheid, hy was bitter jonk en in die ANC ‘n opkomende “vegter”.
Dus, ek glo nie mens kan hom werklik meet aan wat hy amper 27 jaar terug gese is toe hy nog ‘n bogsnuiter was nie, meet die man aan wat sy huidige vermoeens is, wat ek dink miljoene kere beter is as ons huidige prezzie.
En nee, daai miljoene is nie geld nie, maar bestuurs vermoe en heropbou van ons Suid Africa tot die regte reenboog nasie wat ons kan wees.

loeis ·

In alle respek Jacques, jy is bitter naief as jy dink Ramaphosa, of die ANC, of wie okal agter hulle besluite sit het intussen verander. Inteendeel, hulle het intussen nader gekom aan wat hulle wou regkry. Sydney Gregan beskryf dit baie goed hierbo.

Droom intussen voort oor die reenboognasie waarin jy blykbaar graag wil woon. Daar is egter van ons vir wie ons regte belangrik is.

anton ·

Ek stem saam Loeis!!!
Ek kan wragtag nie verstaan dat daar blanke mense is wat glo dat die anc en sommige van sy leiers darm ”OK” is nie.
Oningeligde mense is die grootste gevaar vir n nasie en land!!!

Eish ·

Moeilik om sensitief teenoor die politici te wees wat die klas van agendas openbaar. Dit is soos om doodstil te bly en tot geen aksie oor te gaan nie, terwyl jou buurman se huis aan die brand is.

Jaques ·

Eish, sien my antwoord na Loeis.
Soos ek gese het, moenie die man meet wat hy as bogsnuiter 27 jaar terug kwytgeraak het so vars na die apartheid era nie.
Meet eerder die man aan die vermoeens wat hy het om die land van ons weer terug te draai na ‘n reenboog nasie wat met baie meer simpatie en empatie saamkan leef, en wat ons eens florerende staat weer kan herstel en ons mense kan hoop gee. AL ons mense.

Sienie Pretorius ·

Ons bloed gaan kook. Gouer as wat almal verwag. Hoe gouer hoe beter.

Alida ·

Alle respek vir hom verloor. Hy net so slang soos al die ander. Dit is in hulle gene.

willie ·

Verseker Alida! Kyk maar net waarvoor staan die ANC en dan besef jy dit maak nie saak wie hul leier is nie, hulle bly ” bad news “!

Stofskoen ·

@Jaques
Reenboog nasie?? Jy is gebreinspoel.
Hulle sal nie stop tot hulle selfs jou onderbroek het nie.

A ·

Snaaks dat hy ons paddas noem. Ons is nie die groen enes nie? Maar ek het ook nie ‘n probleem om met ‘n paddag vergelyk te word nie. Tenminste het hulle ‘n doel in die lewe.

Henk ·

Watter vooruitsigte het ons nie wanneer ons kyk na die lysie van aspirante vir die presidentskap…..

Petro ·

Ek het lankal my respek Cyril verloor want hy praat uit twee monde

Boet Fasie ·

Ons moet nie Ramaphosa kruisig vir wat hy 27 jaar gelede kwyt geraak het nie, maar die blanke en vernaamlik die blanke man word gestraf vir dinge wat sy voorvaders en die politici van daardie tyd gedoen en gese het – nou wat nou, waar is regverdigheid

Johann Marx ·

Verduidelik gou vir my: As Penny Sparrow die morsende, jillende, gillende, dekonstruktiewe strandgangers vergelyk met ape……dan word sy aangekla, verhoor, skuldig bevind, gevonnis en moet sy ‘n enorme boete betaal. As Cyril Ramaphosa die blankes met paddas vergelyk….dan is dit nou maar net een van daai dinge? Die tyd van stilsit en sluk is verby my tjomma……

andrea van vuren ·

Briljant gestel Johann Marx. Dis nou tyd dat die koring van die kaf in ons eie geledere geskei word!

Johannes Meintjes ·

Die hele bewimpeling van wat in SA gebeur is na mening al voor 1994 voortuigesien, kanonvoer, kanondonkies (paddatjies in die kookwater) en al. Wat moontlik effe skeef loop is dat dinge te lank neem en nie al die patrone/ reaksies/ resultate in die spelplan gebly het nie.

Stofskoen ·

Stem saam.
Wat skeef loop is dat die ouens wat die planne gemaak het nie rekening gehou het met die vermoeëns van die ouens wat die planne moet uitvoer nie.

pietie ·

Die rykgat begunstigde oom van BEE en die antie met die bont rok wat Zuma orders uitvoer. Wat maak dit saak. Beide haat die wittes ewe veel. Dis die ANC waarvan ons ontslae moet raak!

SARIE VAN HEERDEN ·

Ramaphosa se wat hy weet mense wil HOOR. Hou aantekeninge van sy toesprake en kyk hoe swaai hy rond tussen wat hy gese het en wat hy NOU se. Hy gee nie eens om dat sy toesprake op televisie uitgesaai word en mense kan sien hoe hy dinges omswaai nie. Vertrou ek hom? NEE.

andrea van vuren ·

Ramaphosa dans rond op vuurwarm kole! Geen uitkoms!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.