Nuuskommentaar: Palme se spook en die doodskis-insident

Olof Palme. Foto: http://www.palmecenter.se/

Olof Palme. Foto: http://www.palmecenter.se/

Die beeld van die Afrikaner kan met die heropening van die moordsaak van Olof Palme weer ’n hou weg kry tot die ware skuldige aan die kaak gestel is, maar ook iets soos die doodskis-insident word aangegryp om die Afrikaner / wit mens oor ’n wyer front by te dam. AfriSake se aansoek vir ’n interdik teen Julius Malema se haatspraak het so ver vasgestel kan word, geen TV-nuusdekking van die SAUK gekry nie, maar die derms is behoorlik oor die doodskis-insident uitgeryg. RSG se nuus het ook oor die interdik-aansoek geswyg, terwyl nuus oor die doodskis-insident die heel dag die nuus gehaal het.

Daar is min gemeen tussen die sluipmoord op die destydse Sweedse premier, Olof Palme, 30 jaar gelede en die doodskis-insident van Mpumalanga, behalwe dat albei, reg of verkeerd, ’n negatiewe fokus op wit mense in Suid-Afrika en die Afrikaner laat val.

Palme se moord is nou weer in die soeklig geplaas nadat Swede ’n top-ondersoeker aangewys het om die moord opnuut te ondersoek. Die destydse Suid-Afrikaanse regering is een van die rolspelers wat van moontlike betrokkenheid verdink word, en namate die saak onopgelos bly, sommer die “geldende opvatting” word. ’n Bietjie krapwerk bring ook ’n paar los drade na vore wat dit laat lyk of koverte magte in Suid-Afrika ’n aandeel in die moord kon gehad het.

Daar word nou wyd gevra dat die doodskis-saak nie op alle wit mense of Afrikaners se brood gesmeer moet word nie – veral teen die agtergrond dat daar juis ’n groeiende ongemak is dat die ANC en die Menseregtekommissie baie onewehandig optree wanneer dit by wit of swart as plegers van rassisme of haatspraak kom. Daar is selfs diegene wat meen dat swart mense per definisie nie rassisties kan wees nie – stellig een van die mees rassistiese opvattings denkbaar. Die nuusdekking oor AfrikaSake se aansoek om ’n interdik teen Julius Malema se haatspraak, is so te sê afwesig, terwyl die doodskis-insident deurlopend met groot entoesiasme opgedis word.

Wat die Palme-moord betref. Vir die huidige bly dit ’n onopgeloste moord. Suid-Afrika se betrokkenheid word veral gesoek in die feit dat Palme, ’n linkse populis, ’n skerp kritikus van die destydse apartheidsbeleid was. Trouens, hy, Joop den Uyl van Nederland en Pierre Trudeau van Kanada was destydse huishoudelike name in Suid-Afrika weens die baie nuusdekking wat hul skerp aanvalle op die Suid-Afrikaanse regering ontlok het.

Bemind was hulle nie in alle Suid-Afrikaanse kringe nie.

Palme het egter met sy beleid en populisme ook baie ander vyande in die buiteland gemaak, en ook bitter baie geswore vyande in Swede. Ná die moord is talle regses vir moontlike betrokkenheid by die moord ondersoek.

Trouens, 10 000 mense is ondervra en 134 mense het daarop aanspraak gemaak dat hulle die moordenaar is. En soos die jare aangestap het, is nog verdagtes genoem, ook ’n Suid-Afrikaner of wat.

Die nuwe ondersoeker, Krister Petersson, gaan die nuwe ondersoek lei en is optimisties dat dit dié keer nie dadels gaan oplewer nie.

Palme se moord het gekom net twee jaar voor die bekende ANC-verteenwoordiger in Parys, Dulcie September, op ’n soortgelyke wyse in die Franse hoofstad op straat doodgeskiet is. Ook daardie moord bly onopgelos, en selfs die Waarheids-en-versoeningskommissie kon geen lig op die saak werp nie. Dit het egter weer die fokus op moontlike SA-bande in die Palme-moord laat herleef.

In 1982 is die destydse SAKP-hoof Joe Slovo se vrou, Ruth First, in Mosambiek dood toe ’n pakkie wat aan haar gerig is, ontplof het. Na berig is, is sy in opdrag van maj. Craig Williamson van die Suid-Afrikaanse polisiediens en voormalige spioen vermoor.

Williamson was ook na bewering betrokke by ’n inbraak by die PAC se kantoor in Londen. Twee mans is aangekeer en hoewel hy vrygespreek is, het die Sweedse joernalis, Bertil Wedin, erken dat hy deur Williamson gewerf is om vir die Suid-Afrikaanse intelligensie te werk. Wedin se naam is later genoem in verband met die moord op Palme, maar hy het dit ontken. Sy naam het weer as verdagte opgeduik in verband met die bomontploffing by die ANC se kantoor in Londen in 1988. Williamson en verskeie ander het hiervoor amnestie by die Waarheids-en-versoeningskommissie gekry.

Teen dié agtergrond is dit nie verbasend nie dat Suid-Afrika agter die deur sal bly staan solank as wat die saak onopgelos bly. Met die bewindsverandering wat in Suid-Afrika plaasgevind het, is dit die wit mens / Afrikaner wat die persepsies moet trotseer.

Oor of die buitelandse aksies onwettig was, sal lank gedebatteer kan word. Normaalweg behou lande hulle die reg voor om mense in ander lande “uit te haal” wat vanuit daardie lande ’n bedreiging vir die lewens van mense in die slagofferland inhou. Die VSA beskou byvoorbeeld sy “uithaal” van Osama bin Laden in Pakistan as volkome geregverdig.

In belang van die buitelandse aksies van onder meer AfriForum om die konteks van die Afrikaner as minderheidsgroep uit te beeld wat sonder ’n sweempie van kwade bedoelings sy minderheidsregte najaag, is dit belangrik dat klippe soos hierdie uit die skoen verwyder word.

Daar is egter min dinge so skadelik vir ’n beeldbou-aksie soos ’n enkeling of groep wat ondeurdag dinge aanvang wat enorme skade binnelands en buitelands aanrig. Juis te midde van een van AfriForum se veldtogte het ’n jong Afrikaner in ’n buitelandse TV-program oor plaasmoorde gesê Hitler se volksmoord van die Jode het nie plaasgevind nie. In Europa, waar die ontkenning van die volksmoord wyd ’n misdryf is, het so ’n uitlating enorme skade aan die Afrikaner se saak aangerig.

Daar kan ’n duisend keer geargumenteer word dat die doodskis-insident nie op die brood van alle blankes of alle Afrikaners gesmeer kan word nie. Maar kyk hoe is die Penny Sparrow-insident gebruik om wit mense in die algemeen vir die probleem van rassisme in die land verantwoordelik te hou. Selfs pres. Jacob Zuma, self met ’n klag van haatspraak teen hom onder die blad, het in ’n toespraak oor rassisme na wit mense as “white supremacists” verwys.

Dit is goed en reg om ewehandigheid op die eis as rassisme en haatspraak ter sprake kom, maar moet ook nie die vlieg in die self wees wat in ’n onbekookte oomblik die saak vir alle Afrikaners of wit mense moeilik maak nie.

Ná 30 jaar word die Palme-moord in sekere kringe steeds op die Afrikaner / wit mens se brood gesmeer, hoewel die skuldige net sowel ’n Sweed sonder enige Suid-Afrikaanse bande kan wees.

Elkeen moet ’n ambassadeur vir die Afrikaner wees.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Arie ·

Rassisme kom mos net van een kant af, hulle kan maak wat hulle wil

No justice ·

Moet Mmusi Maimane en Malema se rassistiese uitlatings teen blankes nie ook op ALLE swartes se brood gesmeer word nie? As twee ouens wat ‘n swarte in ‘n doodskis indwing nou AL die wittes verteenwoordig dan verteenwoordig Mmusi en Malema tog seker Al die swartes dan nie? Die dood van ‘n wit man of vrou in SA is GEEN nuus meer nie, dit is geen oortreding meer in SA nie, niemand knip meer ‘n oog behalwe die familie nie, maar waag jy om die k woord te se of iemand in ‘n doodskis in te dwing, moet jy ‘uitgewis’ word.

Andre ·

Ek ‘t nie geweet Jooste van die Kommandokorps is ‘n jong Afrikaner nie. Dat hy die walglike uitsprake oor Hitler gedoen het, is egter wel ‘n feit.

Francie ·

Die gevolg van hierdie onnosele optrede is elke dat Afrikaner, witmens, plaasboer, bejaarde , nou met die gevolge daarvan sit. Ons dink Malema se uitsprake word vir ons vermaak gedoen, terwyl hy duidelik bedoel wat hy sê. Hierdie insident was alles behalwe snaaks vir die slagoffer daarvan. Dit is tyd dat mense wat op hierdie vlak van vermaak leef moet besef dat hulle met vuur speel. GEEN. MENS. DOEN. DIT. AAN. ‘n ANDER. NIE.
Dis siek verby.

Theuns ·

Dankie Herman vir jou perspektiewe rakende die Palme insident en die doodskis fiasko! Tot die BBC het gisteraand oor laasgenoemde berig! Die diskoers van die Regering en die MRK om nie ewehandig op te tree met rassisme nie vuur die vlamme van haat van ons vyande aan teen die Afrikaner!

Grassie ·

Ek stem saam dat die twee boere se optrede onbedag was – hulle moes binne die wet gebly, die betreder gearresteer en aan die polisie oorhandig het. Maar ek verstaan ook die boere se frustasie met leeglêers wat hul grond goedsmoeds betree, gewoonlik met die doel om ‘n misdaad te pleeg. Hulle het ook nie die betreder met ‘n graaf doodgeslaan en om sy lyk gedans, of hom met ‘n strykyster gebrand of kookwater oor hom gegooi nie. Hulle het ook nie sy vrou deur haar lyf geskiet sodat sy deur die modder moes kruip en in ‘n hondehok moes skuil nie (ek verstaan hierdie vrou is intussen dood). Al hierdie wandade word sommer so terloops oor berig, terwyl die “doodskisstorie” oor en oor in ons kele afgedruk word. Tot mnr Flip Buys het ‘n ellelange spiets oor hierdie twee boere se wandade afgesteek. Ek het nog nie eintlik gesien dat hy veel oor die ander sake wat ek genoem het kommentaar gelewer het nie.

Daan Erasmus ·

Grassie. Nou hoekom noem hierdie twee boere. Hulle is nie boere nie. Jy maak al wat ‘n boer is verdag.

Grassie ·

Daan – volgens vorige berigte het die voorval op ‘n plaas plaasgevind en die man het op die plaas oortree met die verskoning dat hy kortpad deur die plaas wou vat.

Mossie ·

Grassie – jy is waaragtig in die kol – ek stem saam met jou. Wat die twee jong seuns gedoen het was absoluut nie reg nie maar ELKE, ELKE dag word boere en blankes vermoor en niemand toi-toi daaroor nie. Dit word in die media genoem en dit word daar ‘gelaat’. Nie een haan kraai daarna nie. So ons moet maar aanvaar en sluk was ‘Moesie” en Malemi EN Zuma sê en hulle volgelinge klap hande en sing ‘kill a boer’ en ja, dis maar niks. Lekker, nê?

No praat ons pappie ·

Ons kort n leier!!!
Sodat ons almal soos een man kan op staan!!!

Grassie ·

Sover Palme betref – hy en die res van sy regering het die terroristeaanslag teen ons land polities en veral finansieel gesteun. Hy was ‘n uitgesproke Afrikanerhater. Sy optrede het die ANC en SAKP in staat gestel die terreurvedtog uit te brei, wat tot die dood van wit mans, vrouens en kinders gelei het. Hy het Boerebloed aan sy hande. Ek glo nie ons mense het hom uitgehaal nie, maar as hulle het sal ek geen traan daaroor stort nie. As iemand met ‘n stok in ‘n bynes bly karring, moet hy nie huil as ‘n by of twee hom kom klits nie.

HV ·

Dink julle regtig wit Afrikaners in die huidige SA sal so dom wees om n video van so voorval te maak, en dit nogal op sosiale media te publiseer? Mense doen snaakse goed vir groot geld. Die tydsberekening is nogal verdag en die slag offer nogal goed ingelig om n martelaar te wees, die hele media sirkus was onmiddelik gereed om die storie op te blaas. Dit is mos nou duidelik dat daar magte is wat n burger oorlog in SA soek. Hierdie voorval wat uit verband geruk word en malema se uitsprake is mos nou lekker vet op die vuur. Gaan ons nou dieselfde pad as die Ukraine en Sirië en ander loop of gaan Amerika se nuwe regering n stokkie voor die goed steek? My gevoel is dat dit als te doen het met die NWO en vir dit om te slaag moet mense identiteit loos wees asook onderdanig, daarom die aanval op die Afrikaner se taal en kultuur en om by die Afrikaner n kultuur van n skuld gevoel te kweek deur die gedurige rassistiese aanvalle. Die moorde op die Afrikaner is om nog n gevoel van vrees ook te skep. Dus moet ons bou aan ons taal en kultuur as begin punt van ons oorlewing aan die suid punt van Afrika en mekaar se lewens beskerm op voet sool vlak.

Oopoog ·

Waarom kan amper net ons insien hoe eensydig die hele storie oor rassismbeskuldigings is? 702 talk radio wat adverteer dat hulle so objektief is het ons nou die afgelope tyd die ergste nog afgejak, veral gister op eusobius mckaiser se program, hulle raak nou erg rassisties teenoor witmense, sommer so voor almal, en die ergste is dat amper al die luisteraars dit net aanvaar, en die enkele witmense (gewoonlik engelse) wie wel aandag hierop probeer bring word so subjektief en onprofessioneel afgejak, verkleineer en self as rassis afgemaak deur daardie omroepers.

John ·

‘n Wetsontwerp oor grondbesetting sonder vergoeding wag op die prez vir die regte oomblik om geteken te word sonder dat ‘n kwaai buitelandse vinger gelig sal word. Die sg vryheidsvegters speel hierdie vuil speletjie al vir meer as ‘n 100 jaar. Sedert Brittanje die Kaap betree het is die Boere verdag gemaak, agterna gejaag het en soos diere gejag om die land in besit te neem. 26 000 vroue en kinders (en mans?) is dood sonder dat ander oorsese land veel hulp verleen het want ons was toe reeds verag. Alle rassisme in ander lande word sodoende verdoesel. Maar die wiel begin vinniger draai elders in die wereld en skiet modder op…. Orals word remme aangeslaan, maar as ‘n kar eers begin gly…

tom ·

Dis hoekom die regering wil wegbreek by die intern hof want hulle die anc gaan moet pa staan vir al die probleme wat kom en zuma gaan daai wet volgende jaar teken wat grond onteining sonder vergoeding gaan ontplof om steun te kry

Waarheid ·

Dankie HV…..en die ander 2 komentare slaan spyker op die kop..stem saam…waar gesegde Wit afrikaners MOET asb nié in eie nes dinges/bollie nié. Verlede! kan nie uitgewis word MAAR met uiterse versigtigheid moet nou deur die baie noue en gevaarlike tonnel beweeg word. DINK voor praat en doen..en redenasies met Leëdoppe kom tot niks jy word net afgetrek tot ‘n gevaarlike vlak. Wees trots op die mens wat Afrikaner vandag KAN wees daar is genoeg GENADE vir almal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.