Nuuskommentaar: Plaasaanvalle en die gevurkte tong

Foto: Reint Dykema

Sommer met die eerste geleentheid wat pres. Cyril Ramaphosa gehad het om daad by die woord te voeg nadat hy beloftes oor die veiligheid van landbou gemaak het, het die president gevou. Nou val dié kleinkoppietrek nog saam met die slegste ekonomiese nuus vir die land in ’n dekade.

’n Motoris ry ’n straatsmous om. Die skeel motoris is woedend en gil op die smous wat ’n paar happe slingersous in het: “Vir wat kan jy nie kyk waar jy loop nie?” Die straatsmous wip hom toe. “Nou kan meneer dan nie ry waar meneer kyk nie?”

Pres. Cyril Ramaphosa het soos ’n vars briesie onder die kleihelde ingeklim.

Dan Kriek, president van Agri SA, sê Ramaphosa het voor die verkiesing beloftes gemaak dat boere beveilig sal word, en die landbou eis nou dat Ramaphosa daad by die woord voeg. Ook ander landbou-instansies asook ander belangegroepe het vol verwagting daarna uitgesien dat Ramaphosa nou daad by die woord gaan voeg.

Toe nou nie.

Ramaphosa het uiteraard ’n ander probleem. Nie baie lank terug nie het hy AfriForum en onder andere ook pres. Donald Trump van die VSA se stellings oor plaasmoorde probeer weerspreek. Daar was, volgens wat Ramaphosa gesê het, nie plaasaanvalle in Suid-Afrika nie. Met die terugkrabbelslag het hy aangedui dis nie wat hy bedoel het nie. Uiteindelik het hy soos die skeel motoris hierbo gelyk wat skynbaar in een rigting kyk, maar in ’n ander ry, en in die proses die voetganger verwar.

Die ganse situasie staan in die konteks van die jongste BBP-syfers vir Suid-Afrika in die eerste kwartaal vanjaar. Die ekonomie het in daardie kwartaal met -3,2% agteruit geboer, die meeste die afgelope tien jaar.

Die slegte syfers van 2009 het gekom te midde van ’n wêreldwye ekonomiese krisis. Die nuwe agteruitboerdery het Suid-Afrika heel knap op sy eie behaal. Trouens, dit kom nou te midde van ’n groot openbare geloof dat Ramaphosa se verkiesing die ekonomie positief sou beïnvloed, volgens die ACDP.

Die Vryheidsfront Plus is selfs nog krasser in sy oordeel. Adv. Anton Alberts, nasionale voorsitter van die VF Plus, sê in sy reaksie die land se ekonomie betaal nou die prys vir die ANC se oorlogsverklaring teen Suid-Afrika.

Die ANC se voorneme om die Grondwet so te wysig dat grondgryp sonder vergoeding moontlik sal wees, pomp ’n erg ysige boodskap in die pap ekonomie in.

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

“Die ANC se oorlogsverklaring teen die land het reeds begin met die verskerpte maatreëls rakende swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie. Daarmee saam het faktore soos staatskaping, hoë misdaadsyfers en voorgenome onteiening sonder vergoeding ʼn perfekte storm gevorm om die land se ekonomie te beskadig.

“Dit is die rede waarom buitelandse beleggers wegbly en die ANC het sodoende ook oorlog verklaar teen tradisionele buitelandse vennote soos die Europese Unie (EU) en Amerika en die land kry nie meer die nodige beleggings nie aangesien beleggers geen vertroue het in die ANC om die ekonomie te bestuur nie.”

Plaasveiligheid speel ’n enorme rol in die uitwerking wat plaasaanvalle op die gemoed van die landbou het, en dus ook die ekonomie.

In sy reaksie op die dood van die Bolandse boer Stefan Smit het Kriek gesê: “Plaasaanvalle is ’n probleem wat oor ’n lang tyd nie die nodige aandag van nasionale regering ontvang het nie. Plaasaanvalle is meestal brutaal en gewelddadig met ’n wye impak op die naasbestaandes en die gemeenskap. Agri SA ondersteun Agri Wes-Kaap en die provinsiale regering se werksaamhede en het reeds met pres. Ramaphosa geskakel om onmiddellike optrede te eis. Plaasveiligheid, vir boere en plaaswerkers, is Ramaphosa se eerste prioriteit teenoor die landbougemeenskap.”

Die laaste ding wat enige verantwoordelike burger wil hoor is dat die president se woordvoerder sê: “Hoewel Ramaphosa bewus is van die oproepe dat hy hom self oor die plaasaanvalle uitdruk, het hy besluit om hom nie oor spesifieke soorte oproepe uit te laat nie. Ramaphosa voel die SAPD is die regte instansie om hulle hieroor uit te laat.”

Maar Ramaphosa moet nou leer wat dit beteken om te sê hy wil almal se president wees. Hy kan dit op sy maag skryf as hy nie daadwerklik selfs nie eens duidelik hom oor die ergste krisis in die landbou wil uitlaat nie. Ramaphosa het baie onlangs nog sekere versekerings aan die landbou gegee. Om dan met die eerste geleentheid om woord by die woord te voeg, laat staan nog die daad by die woord te voeg, kopsku te wees, is bedenklik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Andreas ·

Cyril is uit sy diepte uit, en dan het hy nie baie ‘diepte’ nodig nie.

Agnes ·

K staan vir kannie.
Hoop vergaan, net n wonder werk sal verandering kan bring

Trojaanse Donkie ·

Die duitsers noem dit “Schadenfreude”, nou wonder ek net aan wie se kant is dit

Oud Rhodie ·

Mnr. Beyers Truter en meelopers wie nog onlangs vir Ramaphosa as die gesalfde een beskou het – wat sê julle nou ? Bel hom gou so bietjie en vra wat aangaan. Hy het dan so mooi belowe en kyk nou.

Andreas ·

Lees maar net weer vandag wat Ace Magashule gister of so oor die reserwebank kwytgeraak het, waar die regdenkendes Cyril nou por om by Ace se wilde uitsprake in te gryp, maar nee, dit ook nie, lees ook oor aspekte waar die ANC regering direkte of indirek invloed op het, enigiets, dit raak nou al ‘n positiewe as hulle aan niks raak nie, weereers die SAL, die SAUK, ag noem dit, hulle spartel so en hul mikpunt is so laag gestel hulle is heel gelukkig as hulle nie in die stof voor die hek vas duik nie, maar daar aan die onderkantse pyp van die plaashek. Dan is die hande en knieë ook nog nerwe afgeval.

Du toit Meyburgh ·

Volgens my berekeninge trek ongeveer 31 Instansies/besighede direk voordeel uit jou wanneer jy ‘n eenmansaak begin bedryf!! Dit sluit nie enige Personel in wat jy sal in diens neem nie en jy is ook die goedkoopste afhanklike van die Staat want jy sorg vir jouself!

Dirk ·

Die skip sink en die ja en nee drenkelinge spartel om kop bo water te hou, maar nog is dit einde niet. Ten spyte van misleidende beloftes asook paralelle beveiligingstrukture duur plaasaanvalle ongesteurd voort! Daar is n paar probleme en teen die tyd behoort niemand meer te wonder oor wat die oorsake is nie!

Anoniem ·

Weet ons Liewe President Ramaphosa dalk meer oor plaasaanvalle / moorde ???? as wat die media weet !!!!

ne ·

Wonder of die anc nie mense betaal om moord te pleeg nie. Veral bejaardes op plase. Moord en verkragting kan net voor cr se deur gelê word.

Anoniem ·

Weet ons Liewe President Ramaphosa dalk meer oor plaasaanvalle / moorde ???? as wat die media weet !!!!

fred ·

die CR is n verkleur mannetjie….niks ruggegraad nie….swak president

Wessie ·

Nee wat so glo ons alles wat gesê word. Wanneer gaan ons leer. Dit is jy en jyself. Dit is te laat om nou te leer uit ons foute, die bloed loop in die paaie af.

GP ·

En al die wegbly stemmers het geen problem met die regering nie. Braai eerder terwyl boere vermoor word.

Anoniem ·

Nou wie se President is President Ramaphosa nou eintlik

Net Sy eie want met so ‘n ekonomie maak dit nie SIN nie ! Lyk my Hy lyk heel tevrede daarmee

Nou wat het Hy nou eintlik gedoen vandat Hy by Zuma oorgevat het ?

Alida ·

Hierdie slang hou sy toesprake volgens die gehoor wat voor hom sit. Se wat hulle wil hoor dan is hy n hero!

Leon ·

Ons moet onthou dat die vragmotor betuurders wat vermoor word is swart. Die boere wat vermoor word is wit.
Cyril word as anti wit beskou weens uitlatings wat hy op ‘n stadium gemaak het.
Dit is maklik om te sien waar sy lojaliteit lê.
So maklik soos val uit ‘n boom uit.

John ·

Ons as kommentators tree soos eerstewèreldburgers op in ‘n woeste onherbergsame wildernis so reg uit die oertyd. Mooi gehemp en gedas met die Apple in die hand en Hugo onder die oor, praat ons mooi met en oor ons naaste wat die spies in ons ribbekas druk. En Oom Kriek wil die hoofkriek se kriek-kriek kriek, as hy nie eens die hond se grom kan hoor nie. Verstaan tog, dat die ANC niks omgee vir hul naaste nie, maar hul soos pionne vooruit stuur om die stof op te skop voor die ware inval wat destyds in Kuba uitgestippel is… mooi vertaal in slegte Engels vir Ace en sy impiane.

Stika ·

Mnr Cyril delegeer na ander om sy vuilwerk te doen , bv. Ace

barend v d westhuizen ·

wel dit kry die weskaap se boere wat gedink het jy kan n swart man glo wat hy se wag eers en sien of hy dit gaan doen voor jy dit glo dit is net so wat die wit mense in 1994 die np geglo het en kyk in watter gemors is ons nou dit is die begin ons wit mense moet begin om by mekaar te staan ( eendrag maak mag ) al wat die regering gaan maak eits doen as die boere drieg om te staak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.