Nuuskommentaar: Plaasaanvalle en Isis se terreur-aanslae

Argieffoto: AfriForum Jeug

Argieffoto: AfriForum Jeug

Isis se terreuraanvalle is erg en verdien die baie nuusdekking en veroordeling wat dit te beurt val, maar is dit nie moreel selektief as dieselfde mense hulle blind hou vir selfs die ondenkbaar wreedste plaasaanval in Suid-Afrika nie? Lesers dring al lankal daarop aan dat mense moet besef plaasaanvalle is eintlik dade van terreur en dit raak inderdaad hoog tyd dat ʼn haarklowery met definisies wat dit laat lyk asof die terreur-element van plaasaanvalle politiek korrek toegeverf word, gestaak word en nou hanteer word as wat dit is – naakte terreur.

Baie buitelandse media berig steeds oor die selfmoord-bomaanvalle op Istanboel se Internasionale Lughawe waarvoor Isis verantwoordelik gehou word. En dit is reg so, want dit was immers die derde Isis-aanval vanjaar in Istanboel. Volgens aanduidings gaan hierdie aanvalle Turkye se toerisme-inkomste vanjaar dalk met tot 40 % laat krimp. En Isis se aanvalle word van dié van Koerdiese groepe onderskei deurdat die Koerde hoofsaaklik militêre en polisieteikens aanval. Isis maai nie-selektief burgerlikes en heel dikwels buitelanders af.

Wanneer oor terreuraanvalle berig word, sal lesers dikwels in hul kommentaar daarop wys dat ʼn ander soort terreur, naamlik plaas- en hoewe-aanvalle, ook meer aandag moet geniet. Sommige media gee wel meer aandag aan hierdie euwel as ander.

Die bekende Jan Hettema het pas ʼn slagoffer hiervan geword. In nog ʼn berig word vertel hoe ʼn hoewe-eienaar sy tweede vrou tydens ʼn aanval op dieselfde hoewe aan die dood moes afstaan. Sedert Junie het Maroela dertien keer hier oor plaas- en hoewe-aanvalle berig. Verskeie mense het die lewe gelaat.

Die ongevalle mag dalk minder “indrukwekkend” wees as dié waarvoor Isis sorg, maar Isis (wat in die Islamitiese Staat bekend is vir uiterste wreedheid teenoor vermeende spioene en afvalliges) kan by Suid-Afrika se plaasaanvallers kom inskryf vir doktorsgrade in wreedheid.

Oorlewendes van plaasaanvalle ly dikwels aan ʼn uiterste vorm van trauma wat as viktimologie bekend staan en hoogs gespesialiseerde terapie in ʼn baie veilige, gekoesterde omgewing verg.

Op 5 Julie maak die TLU SA en vennote hul halfjaarlikse statistieke oor plaasaanvalle bekend en die totaal sedert plaasaanvalle ʼn plaag begin word het, sal opgedateer word. Dit sal dus nou voortydig wees om syfers te noem.

Die moordsyfer onder boere en hul gesinslede is egter pro rata ongeveer drie keer so hoog soos die nasionale gemiddeld (wat self as buitensporig hoog beskou word) en dubbel so hoog as die moorde op polisielede.

Die moorde onder boere en hul gesinslede in Suid-Afrika word as die hoogste koers onder ʼn identifiseerbare groep in die wêreld beskou, nadat ʼn ander Suid-Afrikaanse groep, bruin mans in die Wes-Kaap, hierdie “rekord” gehou het. Bendegeweld en inisiasiepraktyke van die bendes is hiervoor verantwoordelik gehou.

Dit is egter verregaande om by verre die meeste boere se kulturele en godsdienstige lewenswêreld met dié van bendelede of oorlogvoerendes te vergelyk. Dink maar hoeveel boeregesinne is aangeval nadat hulle van kerkdienste tuis gekom het.

En natuurlik is daar ook enkele vrot appels wat sake vir ander boere ook moeilik en gevaarlik maak.

Voeg hierby dat die regering nie naastenby met die erns op plaasaanvalle reageer as wat die situasie verg nie en dit is skreiend dat so iets as “politiek sensitief” beskou kan word.

Daar kan geen twyfel wees dat dit as euwel met die ergste dade van terreur vergelyk kan word nie. Die meeste gesaghebbende definisies van terreur vereis egter dat dit aan politieke, of minstens ideologiese motiewe gekoppel moet word en studies tot dusver dui hoofsaaklik op kriminele oorwegings.

Maar raak dit nie bietjie onvanpas nie? Dit is soos om dade van rassisme aan die gewone definisies van rassisme te gaan ontleed – dat die pleger in sy optrede ʼn element van rassemeerderwaardigheid moet toon. En by hoeveel wat die k-woord gebruik is rasmeerderwaardigheid hoegenaamd ʼn faktor? Die term “haatspraak” dien dan as ʼn “veiligheidsnet” om dit ook te ondervang.

Maar sorg die wyse waarop die regering polities op plaasmoorde reageer nie dat die politieke element afdoende by plaasaanvalle teenwoordig is dat dit as terreurdade beskou kan word nie?

En is die buitewêreld wat so ontsteld op Isis-geweld reageer, nie moreel selektief deur die plaasmoord-aanslag mis te kyk nie?

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Donovan ·

Herman moord oor die algemeen is nie goed vir enige omgewing nie, maak nie saak of jy op n plaas is of in die dorp is nie, moord bly moord… in 2015 is daar meer as 18000 mense in ons land se grense vermoor, as jy dit afbreek na n dag syfer sterf daar gemiddeld 49 mense in ons land per dag in die hande van iemand anders… so per week word 345 mense per dag vermoor in ons land… hoeveel mense het laas jaar gesamentlik in ISIS se hande gesterf, nie eers n derde van ons land se moord syfer nie… Dus deel ek jou simpatie …

Thuunda ·

….en met elke plaasmoord bou die woede op. Wanneer die tyd kom vir nuwe onderhandelings gaan dit wat aan ons mense nou gedoen word nie vergeet en net vergewe word nie.

Mien ·

Dankie Herman Toerien vir jou insig. Die trauma ook vir die familie wat geliefdes op so ‘n wrede, onmenslike wyse verloor het, kan nie in woorde beskryf word nie.

Ai ·

Die uiterste wreedheid en sadisme wat met plaasmoorde gepaard gaan, is ontsettend. Dit gaan glad nie finansiële gewin nie, maar is uit en uit ‘n daad van terreur. Hierdie gesinne is glad nie opgewasse teen die ge-organiseerdheid en beplanning van hierdie dade nie. Dit is skreiend dat ons boere en hulle gesinne deur getreister en vermoor word en daar word net ‘n blinde oog gehou daaroor.

Theuns ·

Herman jou kommentaar moes vanoggend die hoof op skrif op bladsy 1 van al die hoofstroom nuusmedia en koerante gewees het. Maar soos jy tereg noem dit is nie polities korrek om dit te doen nie! “And you will be frowned upon for making these comments”. Dankie dat jy altyd sprak uit die wete van jou gemoed ense wat gese moet word. Ek dink een van die grootste misdade teen ons mense is die dawerende stilte van politieke partye, koerante en ander media. Ek is dankbaar vir die platform wat Maroela Media ons nog bied! Groete.

Therese van Schalkwyk ·

Die nuwe bedeling in Suid-Afrika (afskaffing van apartheid) het ‘n nuwe tydvak ingelui waar witmense op ongekende skaal deur swartmense aangeval , gemartel en vermoor word. Plaasmoorde was die begin, maar dit het lankal tot in die “veilige” sekuriteits-estates ingedring.

Waar die ANC en die swart meerderheid die morele hoë grond kón beklee het in die post-apartheid SA, het hulle dit met hierdie aanslag op die blanke minderheidsgroep na my mening totaal verloor. Die teendeel is eerder bewys …

Die feit dat die meerderheid blankes in SA hierdie aanslag as deel van die algemene misdaad in die land beskou, maak dit feitlik ‘n onmoontlike kwessie om op te los. Hoe redeneer ‘n mens met ‘n persoon wat vir jou sê; ” Maar swartmense word nog erger geraak deur misdaad”?

So maand gelede het die Dudok Café in Nederland geweier dat Steve Hofmeyr die Nederlanders inlig oor die uitwissing van wit Suid-Afrikaners aan die hand van swart aanvallers.

Die buiteland is beslis “moreel selektief” wanneer hulle na SA kyk, geen twyfel daaroor nie.

Hendrik ·

Is dit dan nie nou tyd dat die Afrikaner ontrek uit die demokratiese stelsel van Suid-Afrika om ons misnoe te wys hoe die Afrikaner gemagnaliseer word deur rasbehepte wetgewing nie? Dit gaan soos Bexit die nodige aandag gee aan ons plek in die demokrasie. Dan kan ons weer onderhandel oor voorwaardes om weer terug te gaan in die demokrasie. Sonder ons is daar nie meer ‘n sogenaamde demokrasie nie. Dit kan weer die Kodesa wees want ons nodig het vir die toekoms.

anton ·

Therese……jy praat waar. Ja en dit is onmoontelik om met iemand te redeneer wat sê, ”Swart mense word erger geraak deur misdaad”. Dit is om van siek te word.!!!

hans ·

Herman n puik artikel. Stem dat daar baie selektief binne-en buitelands opgetree word.

Asseblief ·

Dankie vir waarheid dit maak BITTER SEER. vir nog stukkie statistiek Hoeveel van die MOORDENAARS het DWELMS in OF VERSLAAFDE GEBRUIKERS TYDENS MISDAAD GEPLEEG WORD. DIT moet verpligte deel van enige ARESSTASIE WET WORD.

Jan maak n Plan ·

Herman jy slaan die spyker op die kop. Die wereld het so tipiess volstruis kop in die sand mentaliteit. Ek wonder ook wat sal hulle te se het, as ons as boere ons eendag vererg en besluit genoeg is genoeg en hard terug begin skiet. Ek glo dan is ons seker weer die vark in die fee verhaal.

maritz ·

Mense ons staar ons dood teen die ANC . Dink bietjie , Malema het vi Mugabe gaan sien so n jaar of wat terug . Mugabe het wit boere laat dood maak vir grond . Malema gebruik Zim soldate om dit vir hom te doen . Almal wat gevang wordof meestal van hulle is Zim soldate . As jy na hulle aanval kyk kan jy sien hulle is opgeluide mense . Wel dis my insiens .

John ·

Sekere emosies moet tog seker ontketen word by regeringsamptenare as hul verneem dat hierdie of daardie wrede moorde of erge aanvalle op boere-gesinne plaasgevind het. Wat sou dit wees as dit nie skok en weersin wek nie. Dit maak mens bang om te aan die teendeel te dink. Hoekom sou mense bly wees dat dit sleg gaan met ander mense, veral van ‘n ander velkleur? Dit sou dui op die ergste vorm van rassisme en sadisme: om bly of ongevoelig te wees as mense selfs as mense nie net besteel word nie, maar op die wreedste moontlike manier verneder of op erge wyse vermoor word. Die misdadigers glo skynbaar hulle mag maar dit doen en/of is soos hierbo gemeld opgepomp met erge doofmiddels wat hulle van hul sinne beroof … of wat anders… ?

GJ de C K ·

Kyk mens na hoë profiel politici huidig aan bewind in die noordelike halfrond en hulle gevolg se reaksies op Brexit dan is dit duidelik watse kwezelaars (“bigots”) húlle juis is.

Dan is dit nie so vreemd dat daardie selfde mense so selektief tolerant en simpaties teenoor ander aangeleenthede (ook ons lot hier) is nie.

Dit is net jammer dat ware tradisionele leierskap in ons geledere, behalwe vir die enkele meer politiese inisiatiewe soos VF+, Solidariteit, Afriforum, TLU, BKA ens, in gebreke blyk te wees. Nie dat dit nie daar is nie, maar ons vermoë om dit te erken en respekteer is vertroebel deur “-ismes” wat nie rym met ons ware self nie. Ons verkeer in ‘n aanhoudende losgemaal.

GJ de C K ·

Telke van ons volk se politieke inisiatiefnemers het reeds goeie sukses behaal om die kwezelary van dié aan bewind in SA en hulle gevolg aan die kaak te stel.

Ons kan help deur hulle te ondersteun. Ons saak is net só hopeloos soos ons versaking daarvan.

Ons kan onsself help deur meer plooibaar te wees teenoor die Groter Waarhede, en bietjie minder waarde te heg aan ons EIE opinies en dikwels lank gekweekte wanopvattings.

christine ·

Herman ons kan nie Brexit nie. Luister dit staan vir Britania exit uit die EU ons moet se Blaexit vir blank exit .

Peet J ·

Die afgelope 25 jaar + het plaasaanvalle en moorde op wittes in die NSA net nog maar ‘n onderwerp geword waaroor gepraat, geskryf en aanbevelings deur instansies aan die regerende party gemaak is .
Tot datum het al die onderhoude geen noemenswaardige resultate inverband met die onderwerp opgelewer nie vir die eenvoudige rede dat hierdie kriminele deel uitmaak van die ANC gemeenskap en wat voor die oorgawe ook betrokke was by die aftakeling van apartheid gevolglik hiervan het die regering nou nie ‘n ander keuse as om na die aangeleentheid met die een oog op die pot en die ander op die skoorsteen te kyk nie.

Oom Kalahari ·

Herman, soos gewoonlik ‘n puik skrywe uit jou pen en salueer jou daarmee. Stem ook heelhartig met Hendrik hierbo se skrywe dat die blanke volk hom onttrek uit hierdie sogenaamde Demokratiese stelsel wat geen beginsel het nie. Sovele tee en koekies partytjies was al gehou, samesprekings, beloftes van prioriteits aandag, voorkomings inisiatiewe, dokumente samestellings ens. oor plaasmoorde, maar steeds is dit ‘n daaglikse gebeurtenis wat net verder uitbrei en die Rooi Pette skree van die hoogste platforms vergryp jul aan die grond en Politieke partye en Regerings pionne sit gevoude arms met verkiesings veltogte en valse beloftes (T.shirts, pette en kospakkies uitdeling) met die gejaag na die goudpot op die soustrein. Menslike faktore en oorlewings is andere se stryd.

Komonstaansaam ·

Dankie Herman, dink jy nie die apatie en stilswye deur die buiteland spruit uit die ANC se beleid van “voorgee alles is pluis” nie? Daar word ‘n skewe en verdraaide beeld aan die res van die wereld voorgehou onder die dekmantel van demokrasie. Ek dink selfs Mandela sou nie heppie gewees het met die huidige stand van sake nie. In plaas daarvan dat die ANC en hul kaders saamspan om ons goeie gesindheid te verkry deur die wetteloses en moordenaars vas te vat, bestuur hul die land verder in die afgrond af.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.