Nuuskommentaar: Plaasaanvalle – ‘Keer terug na God’

Die Solidariteit Beweging het ’n bewusmakingsaksie teen plaasmoorde by die Voortrekkermonument in Pretoria gehou (31 Oktober 2017). Foto: Reint Dykema

Terwyl duisende mense, hoofsaaklik boere, in groot getalle landwyd vreedsame protesaksies gehou het teen plaasaanvalle, en slagoffers of hul naasbestaandes boodskappe van versoening gebring het, het ’n boodskap wyd oor die sosiale media geloop: “Keer terug na God.”

Hiermee is stellig niks verkeerd nie, en stellig sterk aan te beveel. Dit is egter die boodskappe – en daar is ’n wye verskeidenheid in omloop – wat dikwels ontsteltenis lewer. Dit kom dikwels min of meer neer op: “Wat help al hierdie saamstaanplanne, bidure en voorsorg as die volk nie na God terugkeer nie?” Uit die konteks word ’n duidelike boodskap van fatalisme gestraal, soos om van die tempel se dak te gaan spring.

Lees maar die Spreuke van Salomo om te besef die Christelike geloof is geen fatalistiese geloof nie. Die Christen moet sy kinders reg grootmaak, die Christen moet sy werksaamhede (en boerdery) mooi oppas. Die Christen is geen onverantwoordelike mens nie.

’n Hele aantal boeregesinne, soos by Verkeerdevlei, Trompsburg en Bainsvlei, is juis oorval toe hulle van die kerk af teruggekom het. Mense wat met hart en siel in God se almag geleef het.

Kortom, ons kan nie die een ding doen en die ander nalaat nie.

Die Solidariteit Beweging het ’n bewusmakingsaksie teen plaasmoorde by die Voortrekkermonument in Pretoria gehou (31 Oktober 2017). Foto: Reint Dykema

Die omvang van die protes, wat nie uit alle oorde, en selfs die georganiseerde landbou, gesteun is nie, toon duidelik hoe hoog die frustrasie- en traumavlakke reeds loop. Om gister se protesoptrede te keer sou wees soos om ’n pappot se deksel op ’n drukkoker te plaas. Selfs ’n outydse stoompot se “melkkannetjie” sou waarskynlik afgeblaas en ’n gat in die plafon geskiet het.

By waarskynlik elke saamtrek is daar in die een of ander stadium ’n biduur gehou.

Dit frustrasie en trauma moes eenvoudig uiting kry. En tog is die boodskappe wat bekend geword het hoofsaaklik een van versoening, of versugting na versoening. Nie almal het ’n behoefte en aard om dit op dieselfde manier te doen nie.

Moenie dat halfgebakte en onverantwoordelike boodskappe op die sosiale media skuldgevoelens so aanwakker dat die skanse (of die herboude mure van Jerusalem) agterweë bly nie.

Nehemia het immers, ná hy tydens ballingskap in Babilonië gehoor het hoe verwoes Jerusalem was, eers dae lank gehuil en gerou. Hy het daarna, steeds biddend, die koning genader, en kon na Jerusalem terugkeer, waar hy en sy mense die muur en stad kon herbou.

Foto: Twitter

Soos alle ander optredes, moet protesoptrede die hand van die Here uitstraal. Met enkele uitsonderings, lyk dit of dit presies is wat gebeur het.

Kritiek sal daar wel wees, veral uit die geledere van diegene wie se optredes geplunderde winkels, intimidasie en brandstigting insluit. Ewe veroordelend word daarop gewys dat daar ook ander moorde is, skokkende, hartseer moorde soos ’n tweejarige kind wat buite speel wat deur ’n koeël van ’n bendegeveg getref word. Of klein dogtertjies wat verkrag en vermoor word en die lykie wat tussen die duine weggegooi word. Daar is gereeld protesoptogte oor hierdie euwel, en niemand kritiseer dít nie.

Hierdie kritici is gou om ’n rassekwessie van die aangeleentheid te maak, al is verskeie swart boere ook al vermoor, en so ook plaaswerkers.

Gun die boere hul protes, want iemand wat nie insien dat die landbougemeenskap met ’n eiesoortige probleem en sy eie stel statistiek sit nie, is moedswillig en blind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

June ·

Dankie Herman. Die Here self het hierdie spontane beweging gelei, nie n bekende persoon nie, dus moet ons Hom vertrou en aan sy leiding gehoor gee en daarop fokus. Vergeet van diegene wat alles in hul vermoe sal doen om dit wat gister suksesvol te kelder….ons sal hierdeur ook kom.

Charmain ·

Dankie vir die artikel. Ek stem heeltemal saam, June. Ons moet daardie persone eenvoudig ignoreer en nie sulke WhatsApp boodskappe of video’s versprei nie. Spandeer die energie eerder op iets positief.

Danie Maree ·

Dankie Herman – die boodskap van versoening en ook gebede wat tydens die verrigtinge plaas gevind het is wonderlike nuus. Geseende dag

Vermeende ·

Herman die een is een van jou beste skrywes.

Met die protes van gister was daar twee moorde, vandag was daar weer twee moorde, Ficksburg en Stellenbosch. Ons leer, in die Nazi moordkampe is duisende Jode vermoor, die wat in die gaskamers ingetap het, het dit onder gebed gedoen en is vergas, ander het onder gebed probeer ontsnap en sommige is geskied maar vqn hulle het ontsnap en oorleef.
In Ruandag is die grootste deel van die slagting in kerke gepleeg onder gebed, niemand is daar gespaar nie maar weer is daar van die wat onder gebed ontsnap het wat oorleef het.

God werk vir niemand nie, Hy is aan ons niks verskuldig nie, dit is juis ons wat hier is tot eer en verheerliking van Hom en sy naam.

Net soos die Jode en in Ruanda sal ons die moeilike besluit moet neem en bid en glo en dan werk na ons uitkoms. Nerens in die Bybel het n leer uit die hemel neer gadaal en n volk se oorlog baklei nie, hulle het self die baklei werk gedoen maar onder die seen van ons Skepper soos by Bloedrivier.

pieter ·

GEAGTE VRIENDE MOET NIE DIE KRAG VAN WARE GEBED ONDERSKAT NIE.BAIE TROTS OP JULLE.

Desember ·

Herman
Kan jy asb ‘n stuk doen oor die oorsprong van Kersfees?

N Lourens Reitz ·

Goeie artikel Herman en so is media 24 ook krities oor die protes van gister en Liezel de Lange van Rapport hou nie baie hiervan.

Jenny ·

Herman, ons as Afrikanervolk moet terugkeer na God, tereg gesê, bekeer, draai weg van die goddelose lewe, draai weg van die sondes. Maar word die sondes uitgespel? Nee, Nee, Nee.
Gaan kyk hoe het ons volksmoeders van die Voortrekkers aangetrek, daar was nie ‘n ding ek kan nie so aantrek want ek moet perdry, ek moet deur die bosse loop nie. Hulle was aangetrek soos God van ons vroue verwag om aangetrek te wees. Die boere vaders het hulle kinders in die wee van God grootgemaak, nie op die sportveld nie. So kan ek aangaan. Ons boerevolk het die toorn van God oor ons, ons gehoorsaam nie die Seun soos die Ons Hemelse Vader van ons verwag nie. (Joh 3:36) So hierdie volk moet terugkeer na God met bekering van sondes.

Leahim ·

Die meeste mense word oorval en doodgemaak waneer hulle van die kerk af kom ,jong kinders en babas word vermoor in hulle christelike huise .Een onbesonne man met die naam FW de klerk het besluit na sy tweede termyn hy wil die laaste wit president in sa wees en die narsis het nooit aan die nagevolge gedink van sy selfsugtige plan nie, en nou is hy doodstil

Johann ·

Hoekom altyd Voortrekker Monument toe? In die Kaap was daar DUISENDE bymekaar op n plek wat nie onmiddelik rede gee vir n tipiese “regse”assosiasie nie? Rerig? En dan is ons ypset omdat die “ras”issue na ons kant toe gegooi word? Staan saam waar ons werk en koop…

Dina ·

Waarom vaar sekere mense uit oor wat Maandag gedoen is? Niemand het gesê daar word slegs boere in SA vermoor nie. Niemand het gesê boere is belangriker en daarom is hul dood ‘n groter ramp as dié van ander mense nie. En seer sekerlik gaan plaasmoorde ook oor die dood van plaaswerkers of wie anders ookal op plase vermoor is in die proses. ‘n Volk rou saam oor die onbeskryflik wrede dood van ontelbare kosbare mense op plase. ‘n Volk kyk opnuut saam op na God. Geseënd is die volk wat Hom te midde van groot droefheid steeds van harte bly soek en Hom alleen hulle toevlug maak.

Boerseun van Roedtan ·

Dis vir my snaaks dat die kerke nog nie die plaasmoorde kwessie aangeraak het of enigsins ‘n kerklike beweging begin het rondom plaasmoorde nie…. maar elke Sondag word daar gepreek hoe lief God ons het en dat Hy vrede sal bring en dat al ons sondes vergewe is bla bla bla…. wat se leuens vertel julle predikante ons? As ons as volk moet terug keer na Vader toe, is daar ‘n paar dinge wat ons volk sal moet doen…. Vader se wette en verordeninge en insettinge moet onderhou…. Gaan lees Deut 28 en daarna Matt 5 …. die ding dat die kerke ons leer dat die wet ou testamenties is en Jesus het dit kom weg vat is ‘n klug in die kerke…. gaan lees jou Bybel boervolk dan sal jy verstaan hoekom hierdie las oor ons volk is. Wat sê jy nou dominee? Hoe lank gaan julle ons in die kerke mislei…. was dit nie die kerke wat die Voortrekkers onder sensuur geplaas het toe hulle getrek het nie? Daar het die Trekkers sonder ‘n predikant ‘n Gelofte met Vader gemaak en Vader het hulle deurgesien sonder die hulp van die kerke…. ons is terug by dieselfde kwessie onder die volk….. het die kerke al enigsins ‘n geluid gemaak oor die plaasmoorde? Nee en hulle sal ook nie… want hulle bid vir reënboogland… Kom uit haar uit boervolk…

Han ·

Ek is só moeg vir die gekerm oor De Klerk! Kyk asseblief tog maar vorentoe! Verwyte gaan niks aan die saak verander nie. En: die “boerevolk!” Waarom word daar alewig gehamer op dié woord? Dit is om van siek te word!

Sê maar net1 ·

Baie dankie ware woorde. Gaan kees gerus asb die boek Nehemia waarna Herman verwys. Daar was 7 punte wat terugkeer na God uitwys. Die Hervorming van Nehemia.
Nehemia 1:1-11, Nehemia 4:15, Nehemia 5, Nehemia 8:1-19, Nehemia 13:3 en Nehemia 13:15-22.
God is onveranderlik deur die eeue.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.