Nuuskommentaar: Plaasaanvalle knaag die siel weg

Argieffoto: AfriForum Jeug

Argieffoto: AfriForum Jeug

Kort ná die nuus dat plaasaanvalle nou groter voorrang gaan geniet, indien dan nie wel tot prioriteitsmisdaad verklaar word nie, volg die nuus van die moord op dr. Bennie Cilliers en die wrede aanval op sy vrou op hul plaas, Gouda, in die distrik Rouxville.

Dr. Cilliers het spreekkamers in Rouxville en Smithfield gehad, en ook pasiënte van Bethulie behandel.

Vir die omgewing is dit ’n wrede slag omdat daar nou nie meer ’n privaat dokter is nie. Volksblad sit dit vandag goed in ’n hoofartikel uiteen. Die skrywer daarvan, Charles Smith, het op ’n plaas in die distrik Rouxville grootgeword, en was as kind ’n pasiënt van dr. Cilliers. Smith boer nou self by Rouxville, en het ’n ongelooflike passie vir die plaas en omgewing wat gereeld uit sy pennevrug blyk.

Tog bekyk hy sake in die hoofartikel baie klinies.

Dis immers nie net Rouxville se verlies nie. Dis ook nie die landbougemeenskap se verlies alleen nie. Dis die land se probleem wat nog ’n suksesvolle voedselprodusent minder het, maar dis in besonder ’n emosionele verlies vir die Afrikanergemeenskap. Baie stadsjapies het familie wat boer en blootgestel op plase woon. Nuuswebwerwe in Afrikaans registreer besonder baie lesers by berigte en rubrieke wat oor plaasaanvalle handel, en die kommentaar daaronder is gewoonlik oorvloedig.

Dit vreet duidelik die volk se siel weg as hul blootgestelde deel so onder moorde en ander onbeskryflik wrede aanvalle deurloop.

Juis daarom kry aksies soos om plaasaanvalle en die regering se dikvellige politieke reaksie onder die wêreld se aandag te bring, groot aftrek. Onlangs het afgevaardigdes van AfriForum, die TLU SA en die Vryheidsfront Plus in Switserland sulke voorleggings voor ’n VN-komitee gedoen en is, nie verrassend nie, deur ’n Suid-Afrikaanse diplomaat van rassisme en hunkerend na apartheid beskuldig nadat sy nie die voorleggings kon keer nie.

Teen die naweek was die aanval op die Cilliers-egpaar grootliks ou nuus. Tog, minstens een koerant wat oor die Cilliers-aanval geswyg het, het nog veel te sê gehad oor ’n veel vroeër aanval, wat op ’n voorval uitgeloop het wat tot die dood van die twee aanvallers gelei het.  Hiermee word nie te kenne gegee dat die dood van die twee aanvallers minder ernstig is, of selfs geregverdig kan word nie, al het hulle hul ook in ’n situasie gaan begewe wat erg gespanne is weens die omvang van die baie plaasaanvalle.

Dis bloot net verskriklik dat plaasmoorde sulke alledaagse nuus is dat dit nou wat nuuswaardigheid betref, moet terugstaan vir die dood van plaasaanvallers.

Met pres. Jacob Zuma se komende staatsrede kry hy die ideale geleentheid om te bevestig dat plaasaanvalle saam met ander verwoestende misdaad soos veediefstal, nou wel formeel ’n prioriteitsmisdaad is. Die politieke klimaat was egter nog altyd so gelaai dat, selfs al word plaasaanvalle formeel prioriteitsmisdade, dit eerder informeel sal wees en onder die media-radarhoogte ingevlieg sal word. Dis immers verkiesingsjaar, en die ANC het reeds in oorvloed getoon dat die speel van die rassekaart die hoofelement van sy verkiesingstrategie sal wees.

Ons siel word pynlik weggeknaag met elke plaasaanval.

Met die huidige droogte het ons die geleentheid om solidariteit met die landbougemeenskap te toon deur by te dra tot droogtehulp-projekte. Van politieke partye wat in ons stemme belangstel, kan met goeie reg verwag word om behoorlik standpunt oor die kwessie in te neem, en dit nie byvoorbeeld tot “provinsiale funksie” te reduseer om op plaasaanvalle te reageer nie.

Die veiligheid van die landbougemeenskap is net so ononderhandelbaar soos die veiligheid van elke wetsgehoorsame burger.

Die landbouers is nie vrybuit nie.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

19 Kommentare

"Siek en sat" ·

Ek het nie meer hoop dat plaasaanvalle en plaasmoorde prioriteit by die Minister en SAP gaan kry nie!! Daar word nou al jare daaroor gedebateer en gesmeek, maar steeds kom daar niks daadwerkliks daarvan nie! Wat staan ons Boere te doen? Burgeroorlog? Reg in eie hande neem? Wat? Niemand het antwoorde nie…..

pjk ·

“Siek en Sat”….ek wil jou antwoord. Ons moet onthou dat hierdie ouens se leuse is “kill the boer”, en ons weet dit. Wat ons egter nie wil besef nie is dat daar reeds oorlog teen ons gevoer. Ek lees vanoggend dat 80000 mense al dood is agv hierdie uitlatings. Waar laat dit ons. Ons praat te veel en moet ook oorgaan in aksie. Ek is regtig gatvol vir die situasie waarin ons ons bevind. Ons moet opkommandeer. End of story.

ernest ·

Ek begin wonder of die tyd v rassisme nie juis nou met erns begin moet word nie. Gee v ons die statistiek van hoeveel swartmense die afgelope jare deur witmense vermoor is EN ook andersom. Dan sal die prentjie begin sin maak. Watse politieke korrektheid is hierdie “rassisme” storie as monde gesnoer word oor “kleur” ? Ek daag die regering uit om vir ons die syfers te gee…”as hulle hoegenaamd” statstiek het en nie wegkruip agter “rassisme” nie. Ons is lankal keelvol….!!!

Stv ·

Sorry Maroela. Sien my kommentaar word nie geplaas nie. Wil net weet wat fout is.

Byvoorbaat Dank.

Landi Malan ·

Dagsê Stv

Kommentaar wat nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen nie, word ongelukkig verwyder.
Vergewis jouself gerus van dié maatreëls om seker te maak dat jou kommentaar nie uitgevee word nie.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Stv ·

Hi Landi,

Dan vra ek nederig onverskoning. Baie dankie vir die terugvoer.

Therese van Schalkwyk ·

“Ons siel word pynlik weggeknaag met elke plaasaanval”.

Hierdie sinnetjie is só beskrywend. Herman Toerien verwoord weer presies hoe ‘n mens voel met die lees van elke plaasmoord.

Die wreedheid en haat by die aanvallers moet verskriklik wees wanneer skedelfraktuur, fraktuur in linkerarm, ribfrakture en sagteweefselbeserings ter sprake is. Dit is te grusaam om aan te dink…

Dalk moet AfriForum en Solidariteit poog om die leiers van Westerse lande van aangesig tot aangesig te gaan spreek oor hierdie tragedie wat hom afspeel in Suid-Afrika. Die nuwe SA waarvoor húlle hul beywer het. Nederland is ‘n goeie begin, want daar is reeds een of twee goedgesindes in daardie parlement.

Die VN is ‘n tandelose organisasie wat min tot niks uitgerig kry op enige gebied. Wat met wit mense in SA gebeur is beslis ‘n misdaad teen die mensdom. Dit moet uitgebulder word! Die slagoffers kan tog nie beskou word as die prys wat betaal moet word om die brose rasse-verhoudings in die land te vertroetel nie?

P S ·

Therese, ek stem met jou saam dat Afriforum en Solidariteit hulle persoonlik spreek, maar hulle moet al die fotos ook wys, sodat hulle kan sien hoe het daardie vermoordes se familie op hulle afgekom.

Grassie ·

Al sê die owerhede dat plaasaanvalle nou as prioriteitsmisdaad behandel sal word, sal dit bloot lippetaal wees en op grondvlak sal niks verander nie. Solank die president sing dat hulle sy masjiengeweer moet bring, Malema dat die boer (Boer ?) doodgemaak moet word en talle regeringsleiers verklaar dat die plase waarop die boere is van die swartmense gesteel is, beskou hul onderdane die boere as ‘n verpesting wat uitgeroei moet word. Die vyandigheid wat hulle skep suur sommer deur na alle wittes, daarom word soveel dorpenaars, veral die wat oud en swak en hulpeloos is, ook aangeval, beseer en vermoor. Die moontlikheid dat daar ooit ‘n gesindheidsverandering by hul sal kom is baie skraal.
Miskien moet die boere minder op die regering staatmaak en aanvaar dat hulle op hulself aangewese is vir veiligheid. Ek weet sommiges doen baie moeite en gaan groot kostes aan, soos deur “Siek en sat” hier bo vermeld word. Dit kan meer doeltreffend wees as dit op ‘n georganiseerde wyse landwyd deur landbou-unies gedryf word. Indien landbou-unies traag is om die taak aan te pak, moet die lede ontslae raak van liberales en verligtes wat in bestuursposte sit.
As ons nie na onsself begin omsien nie gaan ons sink.

Gideon ·

Hoekom lees ons niks vsn die aanval wat gister oggend op Memel plaasgevind het nie!! Persone nie dood maar ernstig gewond, en klink vir my een van misdadigers was moontlik betrokke by vorige aanval waar 2 ou mense vermoor is, in Memel verlede jaar!

Berhalet Beukes ·

Want dit is nie ‘n prioriteit nie… Die regering kán eenvoudig net nie regeer sonder dat al die aandag eerder op rassisme gemik word nie!

pietie ·

Ons moet leer om saam te staan, saam op te trek in ons duisende, byvoorbeeld met die Dr cilliers se moord hof toe gaan, beskaafd en binne die wet, net ons teenwoordigheid sal die regering en die wat teen ons is op die agtervoet sit, goeie voorbeeld……… kyk watse reaksie het parys uitgelok, ek wil amper se na daai dag het dinge bietjie vinniger gebeur as al die samesprekings en mooi praat, die media het die nuus gou versprei, en daar was groot kommer na die tyd, Ons is in die minderheid, 2miljoen /2.5miljoen maar een ding is seker,,,,,,,,, hulle is baie versigtig, hulle weet wat het in die geskiedenis gebeur.

Winston ·

Ek lees die verwoeste siele van elke boer in hulle kommentaar maar ook n wil om voort te gaan en aan te hou. Ons is op ons eie, al word plaasmoorde prioritiseer. Afskrikmiddel is strawwe. Nie kriminele vang en voor howe gebring word om n afgewaterde vonnis of ontslag te kry, weens swak ondersoeke nie. Die psige van die strafregstelsel is sieker as wat ons dink. Sterkte vir elke mede boer in SA.

Justa ·

Solank die moorde op blankes hoogty vier, daar regstellende aksie en BEE is en die blanke as n tweederangse burger deur die regering behandel word sal rassisme van die blanke se kant nie verdwyn nie. Dit help nie om berade te hou met akademici en politici nie, die probleem moet op grondvlak opgelos word en ek is bevrees dit sal nooit gebeur nie.

Berhalet Beukes ·

Hoe voer ‘n mense berade met lafaards, korrupte ruggraatlose lafaards?

johny ·

Ek dink as ek op n plaas bly sal ek my JCB vat en n bree diep sloot om my huis grou.En net een ingang na my huis opsit en as ek gaan slap verwyder ek die oorbrug sodat ek veilig is.Twee de opsie bied n groot belonging aan enige plaaswerker wat inligting vir my kan gee of my kan help om my veilig te hou.En blanke werklose persone glo ek sal ook baie kan help.En daar moet mooi na plaaswerkers omgesien word,Dan glo ek sal hulle ook baie positief kan help

P S ·

Johny, ons Afrikaners het nog al die jare goed gesorg vir ons werkers EN hul familie as hulle hul kant bring. Ek het nog altyd gewonder hoekom hulle so slim is om in ‘n huis in te breek wat soos Fort Knox se diefwering lyk, maar tog so dom is as dit kom by logies en realisties dink waar sy brood, pap en melk vandaan kom!
Ek hou van die idee van die sloot, maar nog beter, span draad om die huis en elektriviseer dit, moet beheer word van binne die huis af. Sit sekuriteits ligte (en strikke oral op die grond),al om die grenslyne, wat die aankomende voete aktiveer en druk daardie swiets aan. As hy nog dink hy klim die draad, is hy biltong!

Johannes Meintjes ·

Uit die kommentare so oor baie maande hier op Maroela Media is dit duidelik dat die burgers van SA besef waar die probleme en tekorte rus, veral ook rondom misdaad en plaasmoorde. Dan moet ons mos nou in wysheid optree en ons eie werkwyses by die vereistes van ons situasies aanpas. Goed-touwysgemaakde Plaas- en Buurtwagte asook burgerlike intelligensie netwerke en opskamers moes al ge-implimenteer gewees het. Ons mense en ons boere bloei nou lank reeds onnodig!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.