Nuuskommentaar: Plaasmoorde en die parlewoef

Argieffoto

Argieffoto

Daar moet noodwendig vrae wees as sommige media die jongste nuus oor plaasmoorde ’n hoofvoorbladstorie maak, en ander dit heeltemal verswyg en eerder nuuswaarde heg aan nuusnietighede. Verloor sommige media nie reeds geloofwaardigheid hierdeur nie?

Eintlik is dit skreiend dat plaasmoorde in Suid-Afrika en die sirkusagtige gebeure in die parlement in een asem genoem moet word, maar dit kan nou nie anders nie. Terwyl die parlement, veral as pres. Jacob Zuma teenwoordig is, al hoe meer gefortifiseer word, gaan plaasaanvalle teen ’n onrusbarende tempo voort.

Seker een van die aspekte waaroor minstens sommige lede van die Seunse Weenkoor erg verkwalik word vir veral hul anti-AfriForum-houding, is dat Afrikaners “spesiale behandeling” sou opeis, en dat verskerpte maatreëls teen plaasaanvalle hieronder tel.

Die argument is dat Suid-Afrika ’n misdaadgolf beleef en dat plaasaanvalle ’n “gewone” deel hiervan sal wees. Ja, Suid-Afrika beleef ’n misdaadgolf en vertroue in die polisie en die howe neem drasties af, volgens Statistiek Suid-Afrika. Altesaam 70% van alle Suid-Afrikaners voel snags onveilig. Talle voorvalle van misdaad word nie by die polisie aangemeld nie omdat geglo word die polisie sal niks daaraan doen nie.

Maar die deel wat die Seuns Weenkoor nié wil raaksien nie, is dat plaasmoorde in Suid-Afrika pro rata drie keer meer as moorde onder alle Suid-Afrikaners voorkom (en dié syfer is ver bo die wêreldgemiddeld), en dat dit selfs twee keer so hoog is as die moordkoers onder polisielede.

In ’n mediakennisgewing wys AfriForum daarop dat daar sedert die begin van die maand 30 plaasaanvalle was, en 11 mense wreed vermoor is. Volksblad se hoofvoorbladstorie handel hieroor, maar op News 24 ontbreek nuus oor plaasaanvalle die afgelope 24 uur heeltemal.

Intussen herinner die parlement al hoe meer aan die “parlement” wat deur die parlementêre dorpie se honde in die lewe geroep is, die parlewoef.

Hier kan die agbare lede rustig in die sonnetjie lê en uiltjies knip. Die speaker, bekend as die voorsittende woef, en nou beklee deur die agbare Madame Voertsek, kan haar enige tyd beroep op die span bokserhonde wat as uitsmyters dien, en algemeen bekend staan as die Bliksembende.

En dit gaan soms maar rof, veral as die hoofhond, die bulhond Zupta, ’n blitsbesoek aan die land en die parlewoef bring.

Madame Voertsek het haar hande vol, gewoonlik tot die steekhaarbrigade onder leiding van die agbare Knorema uitgesmyt is.

Dit mag vir die Seunse Weenkoor as nuus kom, maar internasionaal is dit ’n algemene en wettige praktyk dat minderhede oor minderheidsregte beskik. Minderheidsregte loop veral in die rooi as so ’n minderheid se voortbestaan, of vir voortbestaan van sy kultuurgoedere, deur die betrokke regering op ’n gewelddadige wyse bedreig word. Dis nie regs of konserwatief of iets nie. Om die waarheid te sê, een van die voorste vegters vir minderheidsregte was die Nederlander Max van der Stoel, wat tydens die apartheidsjare die destydse eerste minister Joop den Uyl se regterhand in hul stryd teen apartheid was.

Net so maak dit om deernis te hê met die slagoffers van skrikwekkend wrede plaasaanvalle nie van die simpatiseerders regses of konserwatiewes nie. Die ware liberalisme sal seker ook frons as ’n hardvogtige houding hieroor as links of liberaal beskou word.

Natuurlik maak simpatie met plaasaanvalle nie dat ’n persoon ongevoelig oor ander misdaad moet wees nie. Volgens Statistiek Suid-Afrika het meer as 800 000 mense in Suid-Afrika in 2015/16 minstens een voorval van huisbraak of huisrooftog beleef. En dis lank nie al misdaad waaraan Suid-Afrikaners daagliks blootgestel word nie.

Maar die voorkoms van plaasaanvalle, die wreedheid daarvan, asook plaasmoorde se frekwensie, is buitengewoon hoog, en behoort opsigself nuuswaardig te wees. Dit verdien die simpatie van elke regdenkende Suid-Afrikaner.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

AL ·

afriforum moet juis die onrusbarende geweld in SA tot hul voordeel gebruik om plaasmoorde en plaasaanvalle gewig te gee. Indien hul alleen op plaasmoorde fokus gaan hul ongelukkig net koue skouer kry. Kyk of hul drukgroepe soos Save SA ens bykry in hul stryd. Weereens die huidige regering moet verantwoordelik gehou word.

AL ·

Ek se weer plaasaanvalle en plaasmoorde is uiters verdag en het rede vir agterdog. Ons immers gewaarsku deur dreigemente en mense wat Mugabe steun in SA die afgelope 2 dekades van demokrasie. Gebruik die slogan ‘Kill the Boer, kill the farmer’ en dreigemente deur die EFF as ondersteunende basis vir samestelling van verslae wat by die VN moet uitkom.

100% ·

100% korrek. Tog is die spelling ook paralament in sekere opsigte.

Theresa B ·

Ek stem saam. Ek het ook geweet hierdie vreeslike geblad-skud met die polisie en saam sal hierdie probleem aangepak word – was net om mooi te lyk in die media. Ek het van die begin af gesê – moenie hulle glo nie. Iets anders en baie drasties moet gedoen word en ook met hierdie spul wat sommer vir hulle grond vat op plase of net gaan plak. (Dit omdat breinloses vir hulle sê om dit te doen). Ek moenie kommentaar lewer nie – ek word ————-

Johann ·

Alhoewel dit net ‘n paar Weners se klaagliedere en gekners van tande weergee en ‘n alternatiewe bron vir verwysing is van hoe eenogig berig kan word, tot vervelens toe, het die Weners van News24 irrelevant geraak. Hul grootste aanhangers is hul lesers wat by verre negatief op hul rubrieke reageer.

Carol ·

Maroela media. Stel asb net julle tweede Weense Seunskoor reg na Seunse Weenkoor anders gaan julle vingers geraps word.

Janie Monsieur ·

Dagsê Carol,

Dankie vir die kommentaar en dat jy ons reggewys het! Dit was inderdaad ‘n fout, die berig is reeds gewysig. Jammer vir die oorsig!

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Chris ·

Ek moet sê die plaasaanvalle raak by die dag en week al hoe meer verdag en die regering se stilswye is n bewys dat hul nie n regering is vir alle burgers nie!

Grietjie ·

Dis die ongeluk Francis. As daar geen kos is nie is daar meer protes en misdaad. As ons blankes uitgewis is op ons grond, sal die lot teen mekaar draai. Res van die wereld sal hulle dalk jammer kry en help… Hulle is soos miere, hulle maak nes onder die huis, breuk klein bietjie af en dra als weg oor die jare. Eendag sak die hele huis inmekaar. En gaan maak nes op ‘n ander plek. Ons is die bouers hulle is die miere. Vat ‘n ewigheid om te bou en ‘n paar jaar vir hulle om als “level” te maak. Is daar hoop vir die land, dalk predikante wat glo in Doom…

2de Groot Trek ·

Kan ons nie uitvind watter land/lande AL ons witmense in Suid-Afrika sal kom haal met ‘n boot of iets nie? Soos hulle die Jode gehelp het met die 2de Wêreld oorlog. Die skrif is aan die muur, dit was uitgespreek: die witmens gaan vermoor word “nog net nie nou nie…” Gaan ons wag vir die NOU, of gaan ons maar vlug? Ek sal eerder van voor met niks begin in ‘n ander land as om wreedaardig in my land vermoor te word. Kan Steve nie eerder gaan vra wie wil ons hê nie?

Rynhardt ·

2De Groot Trek jou vraag is maklik om te beantwoord oor Steve.Johan Myburg van Radio Helderberg was op Vrydag 10Februarie ingesprek met Steve Hofmeyr gewees.Ek, Rynhardt het van die geleentheid gebruik gemaak en n beroep op Steve gedoen om Trump te gaan besoek en hom in te lig oor SA en parlement wat buitebeheer is.Steve het gese dat geld is geen probleem vir sy reis na VSA nie, maar om deur die regte diplomatieke kanale te gaan, kan tyd neem.Johan Myburg het toe weer aan Steve gevra”Is jy ernstig oor jou besoek aan Trump?” Steve het soos volg geantwoord:”Ek is doodernstig.Sal graag met Trump of iemand in sy regering wil praat”.Daar het jy 2de Groot Trek, jou antwoord.Steve kry my steun, hansworse gaan nie vir ons mense in parlement opstaan nie.

Hendrik ·

Ons kan groepeer in ons eie land. Sal jy dit doen of praat jy net?

Rynhardt ·

Politici en hoofstroommedia is albei skuldig aan die stilswye van n volksmoord teen boere! Dit is van die begin so beplan en gehanteer.Die Frikkie (FW) de Klerk en Anc Utopia-beeld van n paradys is voorgehou vir 23jaar terwyl die teenoorgestelde geld.Moorde teen boere gaan nie ophou nie.

humor ·

Ek stel voor om by Trump uit te kom moet hy baie ernstig begin om golf te speel.

2de Groot Trek ·

Gaan ons nie nou tyd verspil om by die veerkeerde deur aan te klop nie. Dink julle nie Amerika het self nou probleme van hul eie nie? Gaan hulle “tyd” hê vir ons probleem ?
Moet ons nie eerder by die Duitsers en Hollanders gaan hoor nie? Die tyd staan nie stil nie, ons moet regtig plan maak.

·

Geen land gaan sal SA help nie. Hulle sien blankes net as rasiste. Kom ek vra so, weet al die mense wat so in die res van die wereld hulp soek enige iets van die ander lande af. Weet julle hoe, wie en wat gaan in ander lande aan wat oorlog beleef? Niemand stel belang nie. Toe Zim se boere van hul grond afgeskop is en klomp vermoor is, het ons gehelp? Bitter min het gehelp. Ons sal eers moet val tot daar niks meer oor is, besef dat niemand jou gaan kom help, ophou oor FW de Klerk te kla(23 jaar later, skrik wakker en beweeg aan.)Die enigste keer wat die boere oorgegee het was toe hulle hul vrou en kinders verloor het in die Angloboere oorlog. Ek persoonlik hou van die stil, baie beskaafde mens wat vooruit beplan. Sy familie eerste, grond en motors ñ bysaak. Hy is te hardegat om op te gee. Ons kort meer van hulle. Die EFF en ANC lag lekker vir die mense wat hoop soek by Trump. Gooi eerder jou geld in ñ wensput, dit lyk teminste mooi.

dirk ·

jy moet om politieke asiel aansoek doen. dis nou lande soos Nederland, Duitsland, ens. Ek glo dit is ‘n stap in die regte rigting

Carine ·

Daar was wel ‘n berig oor plaasmoorde op Netwerk 24 in die laaste 24 uur. Die berig getiteld: 4 op plaas afgemaai, het ‘n samevatting aan die einde van die berig oor die afgelope 13 dae se geweld, wat op plase plaasgevind het.

Herman Toerien ·

Hallo Carine. In die rubriek verwys ek na News 24, nie Netwerk 24 nie. Ek het die webwerf se eie elektroniese soekenjin gebruik om seker te maak. Ek het inderdaad gesien Netwerk 24 het berigte hieroor gedra. Na die beste van my wete het nog geen groot Afrikaanse koerant opdrag gekry om minder nuus oor plaasaanvalle te dra nie. Al waarvan ek bewus is dat ‘n streekkoerant (en dus vermoedelik die ander streekkoerante in dieselfde groep) so ‘n opdrag by hul sentrale bestuur gekry het. Verder het die SAUK ‘n aantal jare gelede ‘n soortgelyke opdrag aan sy streekkantore uitgereik.

Pietser ·

Die Balfour moordstorie het so pas op News24 verskyn (onder die South Africa seksie).

Pietser ·

Herman – hoeveel blankes woon op plase/kleinhoewes in SA? Sluit natuurlik gesinslede en blanke werkers in.

Naomi ·

Net om julle kommentare te lees, bevestig my opinie: ons kon en sal nooit saamstaan nie. Nie sedert die Groot Trek nie en ook nie in die toekoms nie. Word wakker en besef hier is elkeen vir homself en Zuma vir almal. Ons gemeenskap hier in Balfour rou en julle kla oor die nuus. Dis mos altyd goed om oor ‘n sensasionele storie te mor. Maar wie flippen DOEN iets? Ons doen hier. Die skole werk hard in die gemeenskap. Die boere gemeenskap is close…en julle eorry oor die nuus? Asseblief. Sluit net aan by Afriforum. So min as R50 per maand en jy kan dan saam gesels. Dan doen jy iets.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.