Nuuskommentaar: Plaasmoorde nie tandetrekkery nie

Argieffoto

Die inspan van terreurdade deur plaasaanvallers laat opnuut die vraag ontstaan of gruweldade ’n politieke motief móét hê om as terreur beskou te kan word.

’n Eiesoortige vorm van terreur waarvan deesdae al meer gelees word, is dat die slagoffer(s) van plaasaanvalle moet hoor hoe die aanvallers onder mekaar bespreek of hulle die slagoffer(s), reeds hulpeloos vasgebind en beseer, gaan vermoor. Dat dié verhale vertel kan word, dui daarop dat ’n aantal wel oorleef het.

Om watter ander rede kon so iets binne hoorafstand van die slagoffers bespreek word, as om die huismense bykomende vrees in te jaag? In sommige gevalle is van die gesinslede, gewoonlik die boer, egter wel vermoor terwyl die ander moes toekyk, of ten minste kon hoor wat gebeur het.

Wie sal byvoorbeeld ooit vergeet hoe die kleuter, Willemientjie Potgieter, soos haar ma, van agter deur die kop geskiet is? Willemientjie moes waarskynlik toekyk hoe haar pa met ’n panga doodgeslaan en vermoedelik met ’n tuinvurk gesteek is. Willemientjie se grootste ideaal destyds was om ’n lofkleuter van die Kinderkrans te word.

Volgens berigte het ’n Oos-Kaapse boer, geblinddoek, geluister hoe die terroriste (want eintlik is hulle niks anders nie) debatteer of hy doodgemaak moet word. Ook ander duik in die argiewe op. Moontlik die grillerigste is die boervrou wat met ’n elektriese boor gemartel is nadat sy moes toesien hoe haar man wreed vermoor word.

In Engels word die verwantskap tussen woorde soos terror, terrorised, terrorist maklik raakgesien. Daar is duidelik ’n taktiese inspan van terreur – moontlik om latere slagoffers by voorbaat “sag” te maak en so sonder veel marteling uit te wys waar die “warm” geld, of die geld vir lone, weggesteek word. Die ander opsie is dat die plaasaanvallers ’n streep masochisme onder lede moet hê.

Hierdie politiek inkorrekte ontleding sal baie teenkanting kry, veral van akademici wat stompsinnig probeer aantoon dat plaasaanvallers die aanvalle uitvoer sonder politieke of rasmotiewe. ’n Nuwe boek van Ernst Roets, adjunkvoorsitter van AfriForum, speel klaar met dié naïwiteit.

Hoewel terrorisme en politieke terrorisme dikwels as sinoniem voorgehou word, is die twee begrippe nie noodwendig dieselfde ding nie. Soms word terreur om ander redes gepleeg. Politieke motiewe speel egter so dikwels ’n rol dat dit menigmaal as sinonieme beskou word.

Die afwesigheid van ʼn politieke motief kan nie die elemente van terreur uit dade haak wat ontwerp is om mense te terroriseer nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Eish ·

Dit is presies wat dit is, terrorisme.
Die meerderheidregering is heeltemal bewus hiervan, ” Bury them alive”
Xenofobie in stadige aksie.
Daar is hoegenaamd geen plek vir blankes in die helhool as landsburgers nie.

ne ·

Begin soek by die EFF daarna die ANC. Hulle HAAT blankes, en glo as hulle die boere vermoor kan hulle die grond net vat!

Al ·

Dis naiëf om te dink dat plaasaanvalle en moorde nie polities gedrewe is nie – daarvoor is daar te veel politieke uitsprake oor die afgelope 2 dekades wat dit bewys.
Bemark Ernst Roets se boek internasionaal

Jacques ·

Dit is net vir my snaaks dat die “terroriste” soos hier genoem word items of wapens gebriuk wat deer wit mense ontwerp en gebou is . As hulle dan so slim is hoekom nie hulle eie wapens ontwerp en bou nie . Dit is maar net n vraag wat al baie lank by my spook ??
Dit is net baie tragies dat ons boere so behandel word en die regering dink daar is niks fout nie , of hoe Mev . Sisulu ??

Amelia ·

Ekskuus jy praat van wapens???? Die mense kan nie eens hul eie fb blad skep nie. Hul wil altyd net oorneem en aangaan. Wat gaan in ons toekoms gebeur as al die blankes weg is? Hul verbrand alles as hul met iets ontevrede is, selfs gooi kinders van dakke af. Nou wie gaan weer opbou????

Gemaskerde Sopbeen ·

Dit bly tog teleurstellend hoe gesteld ons daarop is om die waarheid te versag deur “politieke korrektheid” voorop te stel wanneer ons die onderwerp bespreek. Solank ons nie die ruggraat (terwyl ek as oud Weermag-lid heel ander liggaamsdele in gedagte het) het om ‘n ding te noem soos hy is nie, sal ons ook nooit by die oplossing daarvan uitkom nie. In enige weermag is ‘n erkende opleidingsmetode om die groep te straf vir die oortreding van die individu……….waarna die groep dan die individu in lyn trek. As sekere lede van ‘n bevolkingsgroep aanhou om hierdie dade te pleeg……behoort die groep waaraan hulle behoort gestraf te word sodat die groep daardie lede se gedrag dienooreenkomstig in lyn getrek word met wat as aanvaarbaar beskou word, die bevolkinsgroep waaraan hulle behoort. Die bevolkingsdemografie is tans 11:1? Werk maar vir jouself uit…

Flanus ·

100% korrek Herman.

Die gebruik van tereur en terrorisme is gepas vir hierdie dade en moet as sulks gebruik word.

Koos ·

Skrikwekkend waar, alles wat genoem word!
Moet egter nooit die geskiedenis vergeet nie. Dink maar aan wa-wiele waarteen kinders se koppe geslaan was. Moorde op ons voor-ouers, die geskiedenis leer ons alles daarvan.
Wat het verander? Opheffing? Niks gaan ooit verander aan die haat wat teenoor ons geopenbaar word nie.
Meer skrikwekkend is die feit dat FW de Klerk en sy meelopers ons oorhandig het aan dit wat nou aan die gang is.
Vraag is, wat is die verskil tussen oorhandiging en handeling wat nou besig is om plaas te vind?

Leahim ·

Die probleem is die oorsaak word nie by die naam genoem nie omrede dit polities nie korrek is nie .
Wie is die ras wat verandwoordelik is vir die aanvalle?
Hoekom word die boere aangeval , gemartel en vermoor , definitief nie om te roof nie.
Die diskriminasie teen wit mense wat deur wette gedryf word hoekom is almal te bang om dit te noem wat dit is DISKRIMINASIE GEBASEER OP JOU VELKLEUR(RASSISME)
Op n goeie dag word net een boer op sy plaas aangeval en vermoor deur terroriste wat optree met militêre presiesie maar niemand het die moed behalwe die Australiese joernaliste om te sê SA is in n oorlog gewikkel en die meerderheid is besig om die minderheid stelselmatig te kook in n pot.
Ek kan nie glo dat in SA is daar nie een joernalis wat die moed het op op te staan en die land en wereld die feite te gee soos dit is in n “demokratiese sa” waar ek nie eers in beheer is van my kinders se skool opleiding nie en moet ingee en aanvaar dat hulle n lae onderwysvlak moet kry om aan te pas by die massas en dan moet ek nog daarvoor betaal.

Ek moes ook hoor ·

Ek was self twee keer aangeval en elke keer het die aanvallers onder mekaar bespiegel oor of hulle my moet doodmaak of nie. Ek moes die een keer mooi vra om nie doodgemaak te word nie. Die buiteland moet weet wat hier aangaan. Ons moet ons stories vasle en aan die wereld vertel wat ons regering met ons doen.

Theresa ·

Dis vreeslik. Ja, die platvorm wat geskep is deur VF+ en bv. Afriforum moet gebruik word om elke geval, elke stuk detail en die aanhoudendheid van alles moet aangestuur word – daar moet nog iewers in die wêreld mense wees wat omgee.

Grassie ·

Dit is duidelik dat die wreedheid tydens plaasaanvalle deur haat aangevuur word. Ek glo nie politieke motiewe is beperk tot partybeleid of ideologiese verskille nie. Haatoptrede teenoor ‘n ander volksgroep, mense met ‘n ander velkleur, kwalifiseer volgens my mening ook as dade met ‘n politieke opset. As die regering dan anderpad kyk in plaas van drastiese voorkomende stappe neem bevestig dit my stelling. Hierdie aanvalle op witmense kwalifiseer sonder twyfel as terreurdade en enigeen wat dit ontken is ‘n leuenaar.

m.d.r ·

Hoe verdoesel mens ‘n terroristiese aanval….? Eenvoudig—-beroof net die slagoffer van enige besitting. Maklikste is ‘n selfoon–klein genoeg en terselfdertyd word die slagoffer beroof van kommunikasie met die buite wereld.
Met die roof element, verander die “status” van die daad. Dan word dit as gewone misdaad beskou–en die moontlikheid van terrorisme word nie in ag geneem nie.
Die marteling wat saam met sulke aanvalle saamgaan , toon baie duidelik die tekens van terrorisme , en hierdie terrorisme in SA is oop en bloot Rassisties van aard—
As ‘n witmens die K woord gebruik word hy dadelik as ‘n rassis gebrandmerk—-dit is egter net kwetsend en nie fisies van aard nie.
Nou hoe op aarde kan ‘n swart-op-wit wreedaardige fisiese aanval dan die” rassisme” etiket ontsnap….?
Wie probeer nou vir wie bluf…..?

Reguit ·

Daar is lankal ‘n lae intensiteit oorlog (war of the flea) teen die witmense van SA aan die gang. Diegene wat dit nie wil erken nie is óf boos, óf idiote, of albei. Beste opsie is om te emigreer.

Oom Kalahari ·

Puik skrywe Herman Toerien en ek is geneig om ten volle saam te stem met my mede skrywers hier dat hierdie nou duidelik interne/plaaslike terrorisme is wat verdraai word na roof, inbraak of diefstal. Waarom is die afgelope paar jaar meer reaksie op plaasboere en hul gesinne om vermoor te word en te ontwapen. Hul is weer teikens as hul wel reageer en hul vuurwapens word vir weke en maande gekonfiskeer vir ballistiese toetse. Dan is hul weer blootgestel aan die terroriste vir moord.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.