Nuuskommentaar: Plaasmoorde styg bo misdaadtendense uit

Monument_Plaasmoorde-320x165Dit is ‘n donkere dag vir ‘n land as sy Nasionale Kommissaris beweer dat misdaad onder beheer is as die moordsyfer styg tot 16 259 gevalle per jaar. Dit beteken dat byna twee moorde per dag ekstra gepleeg word om die totale aantal moorde op byna 45 per dag te staan te bring!

Plaasmoorde toon ‘n nog meer onrusbarende prentjie. In dieselfde tydperk het plaasmoorde met 34% gestyg tot 68 in 2012/2013 teenoor die 50 moorde in 2011/2012. Plaasaanvalle het toegeneem van 112 gevalle tot 176 gevalle. Omdat plaasaanvalle gereken word as aanvalle op mense en nie op eiendom nie, kan aangeneem word dat baie van hierdie aanvalle niks anders is nie as poging tot moord, wat suksesvol afgeweer kon word.

“Wat nog meer ontstellend is, is die polisie se oënskynlike argeloosheid oor hierdie situasie. Op die SAPD se amptelike webwerf is die bladsy oor ‘Farm Attacks’ onder ‘Crime Prevention’ al vir maande ‘under construction’, wat daarop dui dat hulle hoegenaamd geen erns toon met hierdie misdaad nie,” sê mnr. Henry Geldenhuys, adjunk-president van TLU SA en voorsitter van die Veiligheidskomitee. “Omdat die polisie hardnekkig weier om plaasmoorde as ‘n aparte misdaadkategorie te toon in sy statistiek is hy dus nie eens bewus van hierdie onrusbarende toename in plaasaanvalle nie. Daarby moet in gedagte gehou word dat die TLU SA se databasis op plaasaanvalle en -moorde waarskynlik onvolledig is omdat ons net aangewese is op die terugvoer van ons lede of wat die media rapporteer, en wat ons dan verifieer. Die prentjie kan dus selfs slegter daar uit sien,” sê Geldenhuys.

Sedert 1 April vanjaar tot op hede toon TLU SA se databasis 37 moorde in 110 plaasaanvalle. As hierdie tendens sou voortduur tot aan die einde van die huidige verslagjaar, sal plaasmoorde op 74 te staan kom uit 220 aanvalle, wat ‘n verdere styging van 24% sal verteenwoordig.

“Die feit dat die kommissaris reken dat misdaad onder beheer is, dui daarop dat boere geen verhoogde belangstelling in hulle probleme moet verwag van die polisie nie, en gevolglik moet voortgaan met hulle selfbeskermingsopleidingsprogramme en opknapping van hulle veiligheidsmaatreëls,” sê Geldenhuys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johannes vd Walt ·

Sienner van Rensburg het gese ons is leier loos. Hy het ook gese daar sal n leier opstaan, wat die blanke gaan bevry.Profetiese woorde.

Debbie Biermann ·

Ek dink dis erger as die chemiese aanvalle.Ek wonder of die plaas aanvalle nie verband hou met die grond hervorming nie. Vra maar net??

Elsie ·

Siener van Rensburg het so baie gese, en omdat ons almal wag vir daardie “Leier”, sal ons wag tot ons blou word en nogsteeds niks doen nie. Dis alleenlik my opinie!

Henrietta Klaasing ·

Kom ons kry bietjie perspektief: Die totale aantal moorde is meer as 20 vliegtuie wat elk 750 passasiers kan vervoer ( dus iets soos ‘n Airbus) : Indien daar 20 sulke groot vliegtuie per jaar in enige land in die wêreld sou val, sal hoofberigte dit uitSKREEU! Nêrens is ‘n piep-geluidjie hieroor nie…

german ·

Dankie Herman en Henrietta! Dis presies my punt. Regering het baie bloed aan hul hande. Stilbly is ook ‘n antwoord. Hierdie feite moet net so in die internasionale media uitgeskreeu word totdat die wereld ingryp. Of het ons net te min brent ollie daarvoor?!

Jaco ·

Wel as julle wil he die wereld moet ons hoor kom sluit aan by ons die 10 October in Pretoria,Kaapstad,Durban ens.Ons gaan die wereld bewus maak daar is selfs optogde in Australie New Zeeland Neederland ens

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.