Nuuskommentaar: Plaasmoorde wéér beklemtoon

In ‘Kill the boer’ word ’n verskeidenheid redes uitgewys waarom plaasaanvalle uniek is en verdien om as ’n prioriteitsmisdaad hanteer te word. Foto: Reint Dykema.

’n Nuwe boek, Kill the Boer, is luidens berigte besig om skerp onder kritiek deur te loop op sosiale media. Dui dit op paniek dat die harde feite in die boek landbou-kritici se retoriek nou as vals gaan uitwys?

Volgens die SAUK is daar ’n storm van kritiek op sosiale media aan die woed oor ’n nuwe boek oor plaasaanvalle. Dié boek, Kill the Boer, saamgestel deur die bedryfshoof van AfriForum, Ernst Roets, is egter gister eers bekend gestel. Op die oog af lyk dit of nie een kritikus die boek gelees het voor die hand aan die kuberpen geslaan is nie.

Interessant, in dié boek word juis gevalle uitgewys en bespreek waar sommige media deur manipulasie ’n ander lig op die plaasaanval-kwessie probeer werp.

Dr. Johan Burger, bekende ontleder van die Instituut vir Sekerheidstudie, (wat wél die boek gelees het) het die bekendstelling bygewoon en die boek as waardevol beskryf, al word daar nie met alles saamgestem nie. Hy het gemaan teen kritiek wat gelewer word sonder dat die boek gelees word.

Roets wys ook uit hoe die regering, of regeringslui, deur doen en late plaasaanvalle in die hand werk.

Volgens Maroela se berig het AfriForum gevra dat ’n onafhanklike kommissie van ondersoek aangestel word. Dit is inderdaad werklik nodig dat die waarheid oor plaasaanvalle ten opsigte van elke aspek daarvan uitgeklaar word. Die Vryheidsfront Plus het juis na afloop van verlede naweek, toe drie pa’s in afsonderlike aanvalle op boerderye vermoor is, die stilswye van pres. Cyril Ramaphosa, die minister van polisie en ander veroordeel.

Wat belangrik is, is dat die boek in Engels geskryf is, en dus ook in die buiteland versprei kan word om mense en die media daar tot ander insigte te bring. Maroela het in die verlede telkemale ervaar dat lesers versoek dat ’n bepaalde berig of nuuskommentaar in Engels vertaal word, juis met die oog daarop “om mense in die buiteland se oë oop te maak”.  Een nuuskommentaar is inderdaad deur ’n aktivistegroep vertaal en versprei.

Dit gaan betrokkenes, navorsers en akademici (wat belangstel) ’n ruk neem om die verskillende aspekte van die boek te ontleed en hul eie te maak. Of dit sterk genoeg gaan wees om deur die persepsiemuur van die ANC en leiers van ander politieke partye te breek, sal net die tyd leer.

Daar is wel periodiek positiewe aanduidings, soos ná die onlangse moord op ’n bejaarde egpaar op hul plaas buite Van Stadensrus in die Vrystaat, toe die Vrystaatse LUR vir landbou dít – en ook plaasaanvalle in die algemeen – veroordeel het. In soortgelyke reaksies in die verlede het dit egter nie die verlangde momentum opgebou nie, en veral nie na Ramaphosa en sy mede-topleiers deurgewerk nie.

So lank as wat die regering die indruk skep dat die kwessie van plaasaanvalle nie met die nodige erns bejeën word nie, so lank sal ’n persepsie bestaan dat die regering die landbouers nie goedgesind is nie. Dit beteken dat bykans enige inisiatief van die regering wat die landbouers raak, by verstek as vyandiggesind gesien sal word.

Dit word juis nou mooi gedemonstreer deurdat Ramaphosa se mooi woordjies en gerusstellende uitlatings oor planne vir grondonteiening sonder vergoeding, eenvoudig blindelings met skeptisisme begroet word. Dit hou ’n groot gevaar vir die land se ekonomie in, en is besig om gemeenskapsverhoudinge in die land te verongeluk.

Roets se boek is méér as net die sogenaamde spreekwoordelike “ongemaklike waarheid”. Dis nie soos ’n minister voorheen gesê het, goedkoop propaganda nie. Dit werk met syfers en feite, en die boek se voorgangers het reeds groot druk op die regering se geloofwaardigheid en integriteit geplaas.

Nou is dit hoog tyd dat die regering sy deuntjie verander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

MisouSA ·

DANKIE…DANKIE…DANKIE!!
Nog iemand met freaking ruggraat!!
Ernst Roets, jou doring!
Nou…
STUUR HIERDIE BOEK DIE WÊRELD UIT!!
Wys die wêreld hierdie ‘vredevolle oorskakeling..’ soos hulle dit noem!
Wys hulle die omgekeerde rassisme…
Skryf nog boeke.. bring hulle..stuur hulle ook buiteland toe!!
Trots op julle almal wie iets probeer doen!!
Afriforum…Solidariteit!!’DANKIE DANKIE DANKIE!!!’n????

Dink Self ·

Eindelik. Die lig is gesien. Die buiteland kan nie Afrikaans lees nie. Hierdie berig sou wonderlik wees om saam met inligting oor die boek te verspry…jammer daar is nie ‘n Engelse weergawe nie.

JSO ·

@MisouSA – “omgekeerde rassisme”? Wat is dit? Die term is RASSISME. Finish en klaar. Gebruik jou woordeboek.

Goedso ·

Great Afriforum. Julle doen baie. Trots om lid te wees.
Soveel mense wil betrokke raak en help maar weet nie werklik waar om iets te doen nie.

Bring die boek ook uit op e-book as nie reeds is nie.
Baie van ons het kennisse oorsee, moedig hul aan om die e-book te lees.

Pelgrim ·

Dis hoogtyd! As die regering se swye nie ‘n still goedkeuring is van plaasmoorde nie, dan weet ek nie wat is nie. Die “Kill the Boer”-lied is immers die ANC s’n en is deur hulle leiers op die voorgrond gebring. Ek wonder hoe dit sou gaan as ‘n mens “Skiet die Zoeloe” sou begin sing.

Theresa ·

Ernst, sorg dat jou boek die regte plekke bereik oor die landsgrense. Al kos dit geld – doen dit asb. As mense treurmares wil glo van een klomp mense, moet hul die ware angswekkende feite oor die plaasaanvalle en moorde ook te siene en te hore kom.
Jul sal weet waarheen om te stuur en sommer wyer die wêreld ook in.
Sterkte met die verkope en die versendings. Dit word hartlik waardeer dat jy die tyd en moeite geneem het om so iets te skryf. Dankie.

Rekords ·

Is daar al n volledige rekord opgestel oor plaasmoorde wat as bewyse kan dien en wat aan die publiek en internasionale gemeenskap gewys kan word? Dit sal objektief die omvang van die probleem kan deurgee.

Willie ·

By voorbaat dank! Hoop die boek versprei soos n veldbrand! Kom ons almal bid dat die boek oe sal oopmaak, en geseend wees.

Henk ·

Ek wens ons kon die artikels hier copy en op google translate vertaal en aanstuur maar om een of ander rede kan die artiekels op die webwerf nie gecopy word nie, maar op ander nuuswerwe wel.

JSO ·

@Henk – op jou rekenaar – regs kliek muis – save page as (document) – copy – en siedaar! Op selfoon nog nie probeer.

Gefrustreerd met copy ·

Baie mense probeer net stukkies teks selekteer en copy, of die hele stuk maar so maklik as moontlik. Mens is veronderstel om net regs te kliek en te copy, dis al.

Vertaal ·

Kan die boek nie dalk in ‘n verskeidenheid tale vertaal word nie, veral Duits, Nederlands, Frans en dalk na ‘n oos europese taal of twee?

Dink Self ·

As Afriforum ernstig is oor die saak, dan moet dit. Europa is nie tweetaalig soos SA nie.

Dink Self ·

Wanneer word ‘n gratis elektroniese weergawe van die boek verspry? Afriforum mag dalk meer geld deur skenkings ontvang as deur verkope.

White Rhino ·

Ja – probeer ook die boek aanlyn in verskillende tale vertaal sodat die hele wereld dit kan lees!!! Soos met Pauw se boek. Dit is baie baie nodig en ook so gou as moontlik want daar is nie ‘n minuut te bespaar nie. Dit kan lewens red.
Ek stuur nou dadelik hierdie berig oorsee sodat daar boeke bestel kan word.

Bloed ·

Stem saam met Lien – doen dit asb want hulle het bloed op hulle hande – so-ook Ramapaddapot

Jerry ·

Dit maak nie saak of mense vir of teen die boek is nie. Die feite is dat dit propaganda ten doel het en dat dit eintlik sleg reflekteer op Afri- Forum wat kwansuis n paralelle plaasbeveiligingsinisiatief geloods het om plaasbeveiligingstrukture by die staat oor te vat om plaasmoorde te stop. Kom ons wees eerlik met mekaar dat hierdie paralelle strukture wat die staatsfunksies moes oorvat is besig om klaaglik te misluk vir voor die hand liggende redes wat ek nie gaan noem nie want ek hou nie daarvan om myself te herhaal nie. Dit is n gegewe volgens bewyse van populistiese uitsprake, haatspraak en aanvallers verklarings dat die staatveiligheid onder Zupta asook die EFF, moordbendes aangespoor het teen boere. Net soos wat dit n gegewe is, is dit n gegewe dat AfriForum se plaasbeveiliginginisiatief n fiasko is!

Leon ·

Ons gaan die hele wereld vertel en hulle sal self besluit of dit propaganda is of nie.

Paul ·

Die boek moes versoening bepleit! Dit het jammerlik gefaal. Daarsonder is ons verlore.

Boek ·

Bespreek solank een by exclusive books. Dis nog nie daar nie maar sit solank jou naam op die lys dan bel hul jou as dit arriveer.

Al ·

Kom ons ondersteun die boek en koop dit. Dankie Ernst Roets, Afriforum en Vryheidsfront! God seën jul dat die waarheid ontbloot het

Dankie ·

Dankie Afriforum die boek kan lewens red.
Ons is in n groot maat waar ons is omdat ons nie genoeg doen om dinge te verbeter nie. Dalk is die boek die begin van meer aksies.

Soveel mense is nog nie betrokke by die stryd nie en besef nie altyd hoe erg dit gaan met hierdie moorde nie.
Ek het vir myself ‘n swart keps gekoop en ek wil hom elke dag dra as daar die vorige dag ‘n plaasmoord aangekondig was. Dalk sal ander mense ook die idee volg. Nie groot inset nie maar kan dalk help om meer mense bewus te maak van hoe groot die probleem is.

Sarel ·

( Jerry) Enigste kritiek teen Afriforum en julle gee mens deesdae kramp in my anatomie. In plaas van om te kritiseer, hoekom kom julle nie met alternatiewe oplossings nie. As jy inisiatiewe wil kritiseersonder alternatief is jou kritiek niks werd nie.

Tommie ·

Bravo en Dankie Ernst Roets vir jou werk en deursettingsvermoë, dat hierdie belangrike saak nog verdere aandag kan kry.

Kritiek sal daar seker wees, maar soos die spreekwoord lui: as jy `n klip in die bos gooi en die hond spring uit en hy tjank, dan weet jy, jy het raakgegooi!

1+1 ·

Baie geluk met jou boek Ernst

Ek het self nog nie die boek gelees nie, maar dit is beslis een wat ek op my boekrak sal wil vertoon, nadat ek dit gelees het.

Omstandighede in ons land sal alleen aange-spreek word as die waarheid en die waarheid alleen op alle terreine, ongefilterd aan mense deurgegee word. Miskien was dit ook jou doel met die skryf van hierdie boek.

Mense wat kritiek gaan lewer verstaan moontlik nie die agtergrond wat jou lewens en wereldbeskouing gevorm het nie.

Jou integriteit is vir ons wat verstaan bo verdenking .

As ek die resensie van Herman lees weet ek dat dit ‘n ysbreker en handige instrument gaan word, omdat jou gesindheid waarom dit geskryf is suiwer en opreg was.

Eish ·

Uitstekende voorbeeld van seindistorsie deur die regering wat nou openbaar word. Mag die boek die uithoeke van die aarde bereik!
Goeie werk mnr. Roets!

Bloedslag ·

Dit is goed dat dit in Engels is sodat die hele wereld dit kan lees en verstaan. Dit is die hele doel.

Film ·

Gaan die boek in ‘n fliek of dokumenter gemaak word? Ek hoop so want dan gaan die storie wereldwyd vinnig loop.

Annelize ·

Ek wil by almal weet: wie verwag julle moet iets aan ons probleem kom doen, ons probleem IS lankal land uit gestuur, en nog steeds kom NIEMAND.
Wie help in Israel en Palestina …………………………….

Jerry ·

Sarel,Willem,TDW, Tommie, Kallie, Ernst ens. Afri-Forum het hulle plaasbeveiligingsinisiatief voorgehou as die alternatief vir die staat wat nie boere beveilig nie. Dit is die mandaat waarvoor julle ledegelde betaal, so dit is die alternatief, daar is nie ander alternatiewes nie. Die punt is dat Afri-Forum se plaasbeveiligingsinisiatief het misluk, omrede boere, wat toevallig ook Afri-Forumlede is, nog steeds vermoor word. In plaas daarvan dat hierdie kritiek jou n kramp gee, maak eerder jou oe en ore oop! Die baie praat en baie doen van Afri-Forum mbt plaasbeveiliging is dus en met alle respek gese, n groteske fiasko! Afri-Forum moet nou saam met die regering pa staan en saam die blaam dra vir swak plaasbeveiliging.

Skepties ·

Jerry jy sou nie beter doen as die regering met al hulle hulpbronne aktief agter dit sit nie. Bejaarde mense vs goed toegeruste regeringsondersteunde huursoldate? Dit is wat besig is om uit te kom.

Edd ·

Voor afriforum se push vir boere om plaaswagte te skep sou ‘n brand ‘n plaas vernietig het, jy sou tot aan gewag het as daar ‘n inbraak was en jy sou stoksiel aleen enige vreemdelinge op jou plaas moes hanteer. Nou is daar binne 5 minute minstens vyf ander wat jou help blis en jy kan in jou huis wag tot 3 ander bakkies rondom jou huis staan voor jy hoef ondersoek in te stel. Die plaas moorde van vandag is so haarfyn beplan dat ek twyfel dat enige iemand dit sal kan oorleef tensy jy vroeg tydig daarvan weet nie.

Maartin ·

Ons mense begin saamstaan en daar is niks wat ons gaan keer nie, veral nie onlogiese kommentaar soos hierdie een van jerry nie.

marous ·

Vertaal in alle tale tot in braille , en stuur die hele wereld vol

GM ·

Jerry, my logika sê vir my dat, net omdat daar ‘n inisiatief van plaasbeveiliging is, beteken nie dat alle plaasmoorde nou net eweskielik gaan stop nie. Op die ou einde van die dag kan mens doen wat jy wil, as die moordenaar wil moor, sal hy moor, tensy hy/sy die doodstraf opgelê word, maar ons almal weet ons onbevoegde regering gaan die onskuldiges vermoor en die kriminele laat wegkom.

Netso ·

Druk asb so gou moontlik in Duits! Daardie nasie weet hoe om te werk te gaan met skoene wat druk!

Kathy Roos ·

Kan die mense wat by afriforum aan gesluit het nie die boek KILL THE BOER goedkoper kry nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.