Nuuskommentaar: Plek van die Jollie-Jeuk

Tydens die onlangse oproerigheid in Senekal, ter opvolging van ’n plaasmoord, het die EFF ’n groot poging aangewend om die gemoedere verder op te jaag. By dié geleentheid het Floyd Shivambu ’n beroep daarop gedoen dat Senekal se naam na Matwabeng verander moet word. Matwabeng is die naam van Senekal se oudste township. Shivambu se beswaar was dat Senekal na ’n Boere-aanvoerder vernoem is “wat swart mense geskiet het”. Matwabeng, volgens Shivambu, was “nog altyd” die plek se naam.

Maar is Shivambu se feite korrek? Selfs ’n wye soektog na geverifieerde feite, dr. Google, en ander bronne werp nie werklik lig op die saak nie. Dit strook egter nie met die feite van die Mfekane en die gevolge nie, asook nie met die selfs vroeëre bewoningsgeskiedenis van die San, en daarna die Khoi en gemengde stamme soos die Koranna nie. Die EFF het egter ’n baie vloeibare konsep oor wie Suid-Afrika se “first nation” is en die opvatting dat die swart mense (verkeerdelik) hierdie voortvloeiende regte opneem, word slegs met afwisseling opportunisties erken.

Daar is egter ’n interessante verhaal, soos wat die uwe by ’n senior amptenaar van die destydse Ontwikkelingsraad op Senekal verneem het.

Volgens hom was die swart woongebied voorheen in ’n gedeelte bekend as Stinksloot gevestig. Soos uit die naam afgelei kan word, was dit nie die gesondste gebied in die omgewing nie, en daar is besluit om die woongebied te verskuif eerder as om dit te probeer rehabiliteer. Die nuwe gebied was ooglopend meer geskik. Die mense het geskuif, maar nie lank nie, toe breek die vreeslikste jollie-jeuk onder hulle uit. En, volgens die bron, is dit waar die nuwe township sy naam gekry het – die Plek van die Jollie-Jeuk.

Dit was glo vreeslik soos die mense gejeuk en gekrap het. Van “jollie” was daar glo nie baie sprake nie.

Die beskikbare bronne is vreemd swygsaam oor wat Matwabeng se naam sou beteken, selfs ’n swart skrywer met ’n duidelike verering vir Julius Malema, wat ook op die toneel was. Hy verduidelik wel waar Senekal se naam vandaan kom, maar Matwabeng se naam word sonder agtergrond genoem.

Die ironie is dat daar die afgelope paar weke behoorlik figuurlik hande op Senekal gejeuk het – van die “jollie” was daar nie sprake nie. Wit en swart se hande het gejeuk om die ander reg te sien. Die Vryheidsfront Plus het ’n klag van haatspraak teen Malema en die EFF ingedien.

Dis nie die eerste keer dat ’n plaasmoord in Senekal wye buitelandse nuusdekking kry nie. ’n Eertydse Vrystaatse premier, Winkie Direko, het tydens ’n besoek aan die platteland ook Senekal aangedoen ná plaasaanvallers ’n boer en sy vrou daar vermoor het. Die hartseer en vooruitsigloosheid van die plaaswerkers, toe werkloos, het haar geruk. So ontsteld was sy dat sy vir die plaaslike polisiehoof iets in dier voege gesê het: Die polisie moet plaasaanvallers sommer doodskiet voor hulle in hegtenis geneem word.

Kort hierna het sy die nasionale sensus se Vrystaatse projek amptelik bekend gestel, en haar ontsteltenis met die room van die provinsie se media gedeel. Oomblikke later het die nuus landwyd, en ’n aks later wêreldwyd geloop. Sy het haar woorde daarna teruggetrek, vermoedelik weens druk vanuit die ANC. Nie lank tevore nie het sy nog die destydse president Thabo Mbeki se opskorting van die kommandostelsel en plaasmoorde as prioriteitsmisdaad verwelkom, en onder meer na die kommandokantore as struikrowerneste verwys.

Die jongste plaasaanval by Senekal het in vele opsigte ’n kantelpunt gebring, maar ook so eenkant weer die debat heropen of plaasaanvalle as terreur beskryf kan word.

Gelukkig is daar ook vredespogings en debatte oor vergifnis, maar ongelukkig is daar valse narratiewe wat kwaadwillig ingespan word om die konflik tot uitbarsting te laat kom. Van die EFF se verduidelikings oor waarom hulle op Senekal saamgetrek het (hulle is onder meer met busse aangery), naamlik dat hulle hul grond kom “terugvat” het, is ook pikant gegewe die historiese feite, soos dat die omgewing tot voor die Mfekane deur Tswanasprekende mense bewoon is (die sogenaamde byekorfbewoners wie se byekorfvormige kliphutte nog plek-plek bly staan het). Die Suid-Sotho’s, wat nou die grootste bevolkingsgroep in die Vrystaat is, het eers daarna ontstaan.

Die feit dat die EFF blatant “Kill the boer, Kill the farmer”, ’n verklaarde haatspraaklied, gesing het, dui ook aan dat naakte terreur (onder meer in die vorm van plaasaanvalle) gestook word.

Hierteenoor het die besoekende minister van staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo, met haar ewewigtige houding beïndruk. Gelukkig lyk dit of die minister van polisie se vloermoer-strategie om die boere te blameer, nou ook (vir eers) laat vaar is en dat daar vordering gaan wees met landelike veiligheid. Die kwessie of die boeregemeenskap nie weer de facto uit die landelike veiligheidstrategie uitgesluit gaan word soos vantevore nie, sal nou in die praktyk getoets word.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Werner

Ja en die Bybel se hulle Sal skree vrede vrede terwyl daar geen vrede is nie.Is dit nie dalk tyd dat die vredemakers wakker skrik en besef dat hul gesanik na vrede nie help nie.Daar was twee moorde na Brenden en hoeveel aanvalle.Kyk wat is nou besig om te gebeur.Boere se store word afgebrand plase is besig om af te brand duisende vee is doodgebrand.Maar daar is vrede gemaak.As dit vrede is wil ek nie weet hoe lyk n oorlog nie

JohanR

Miskien moet Floyd Shivambu liewer na daai vet liggaam van hom kyk want die vetjies rol behoorlik. As iemand miskien sy bra groote weet, wil ek vir hom soos mooi bra pakkie opmaak daar van Woolworths en vir hom stuur vir Xmas. Hy ly soos ‘n Cup F? Minder burgers, chips, coke en Chivas Regal Shivambu, en kry sooi bietjie oefening!

Sarel

Ek wil liewer nie kommentaar lewer oor die Sirkus wat op Senekal plaas gevind het nie. Net dit Hoeveel organisasies is daar.Hoekom kan almal nie konsolideer en uit een mond praat nie. Want elke ou glo sy siening is die beste en dan stig hy nog ‘n organisasie. Kom by of het julle vergeet van”eendracht maakt macht” . Julke speel reg in die vyand se hande wat juig oor die verdeeldheid en lag van lekker kry. Meneer jy wat oorlog praat, hoe gaan vrouens en kinders beskerm? Die Sirkus het ‘n jong man se nagedagtenis besoedel

Stefaan

Het dit nie tyd geword om die eff sirkus geheel en al te ignoreer nie. Hoe meer dekking kry hoe parmatiger word hulle.

Einstein

Stuur hierdie parate EFF grondmagte om hulle staal te gaan wys teen ISIS in die noorde van Mosambiek sodat ou malema vir eens en vir altyd kan sien hoe sy grondmagte vaar…. *grinnik*