Nuuskommentaar: Polarisasie om ekstreem links en regs geen grap

kruispadTerwyl dit duidelik is dat diegene wat ’n rooskleurige toekoms vir die land op die ekstreem linkse vleuel probeer vind gereeld tot vandalisme en geweld oorgaan, verklap leserskommentare dat daar ook nog baie lewe in die ekstreem regse geledere is. In die proses word broodnoodsaaklike aksies, soos die Solidariteit Beweging se #OnsBou-aksie, verdag gemaak.

Met die toestroming van vlugtelinge na Wes-Europa het ’n regse organisasie, bekend as Pegida, heelwat nuusdekking gekry. Polarisasie na die regterkant is egter nie al wat gebeur nie, dit gebeur ook na die linkerkant – en die teenwoordigheid van ’n ekstreem linkse gemeenskap bekend as die outonomiste, wat hulle in die stadsdeel Connewitch van die stad Leipzig tuisgemaak het, is ’n voorbeeld hiervan. Die linkses het selfs ’n “outonome Republiek van Connewitch” uitgeroep.

Hul mees dramatiese optrede was ’n aanval op die plaaslike polisiestasie waar onder meer Molotov-cocktails (brandbomme) ingespan is.

Radikalisering na die uiterste toe is ook nie vreemd aan Suid-Afrika nie, en vind op albei pole plaas. Die EFF, en van tyd tot tyd Numsa en ander radikale vakbonde, het tans die openbare mening op loop ná radikale uitsprake en optredes. Sekere elemente binne die ANC, periodiek pres. Jacob Zuma ook, wil nie agterbly nie en probeer steun in daardie geledere oes deur met radikale uitsprake by te hou.

Gister het ’n ANC-parlementslid weer haar mond uitgespoel oor Jan van Riebeeck “wat ongeveer 2 000 jaar gelede in die Kaap aangekom het”.

Uit heelwat van gister se leserskommentare in reaksie op berigte oor die Solidariteit Beweging se #OnsBou-program, is dit duidelik dat sentimente op die ekstreem regse spektrum baie lewendig is. Enige sweem van gematigdheid het onder skoot gekom.

Die middelgrond stel hom uiteraard bloot vir kritiek van links en regs. Dink maar aan die kabaal wat die Seunse Weenkoor oor Solidariteit se Plan B opgeskop het, en hoe Solidariteit as regs, en selfs as rassisties, uitgeskel is.

Die soort Grondwet wat Suid-Afrika het, waarborg ’n groot mate van uitdrukkingsvryheid, soos spraakvryheid, mediavryheid, die reg om optogte te hou, te betoog, en vele meer. Die “fynskrif” is egter dat dit vreedsaam moet wees.

’n Fynskrif wat baie wat die regte opeis, nie wil raaksien nie. ’n Goeie voorbeeld is hoe ontevrede die voorsitter van Kovsies se studenteraad is omdat die UFS so op vandalisme en geweld toegeslaan het. Hy hou bloot vol hulle het die reg op sulke optredes.

Ook op ander kampusse is die grens van geweldloosheid met gemak oorgesteek, en skade van honderde miljoene rande aangerig. Selfs vandag se eeufeesvieringe by die Universiteit van Fort Hare wat deur Zuma bygewoon gaan word, lyk na ’n fees onder beleg met studente wat reeds die markiestent waarin die geleentheid gehou sou word, afgebrand het, en dreig om die verrigtinge verder te ontwrig.

Seker een van die grootste foute wat die regering kan maak, is om linkse geweld ’n redelik vrye hand te gee, en meedoënloos op beplande regse geweld toe te slaan. Dit voed die gevoel van onvergenoegdheid, en daarin lê weer ’n konflikpotensiaal opgesluit.

Dit is jammer dat #OnsBou onder skoot kom. Die omvang van die kritiek, en die moontlikheid van georkestreerdheid moet egter ook verreken word. Die getal mense wat gister se nuuskommentaar hieroor op hul Facebookblaaie gedeel het, is byvoorbeeld in ’n heel ander orde meer as diegene wat die mond uitgespoel het (en in die proses dikwels baie onkunde laat blyk het).

Die Afrikaner het homself in die verlede talle kere met selfhelpaksies uit groot ellende gewerk. Terwyl daar ’n grondwetlike weg hiertoe is, laat diegene wat dit wil beproef toe om daardie weg te volg. Daar is immers reeds suksesse. Soos nou weer met ’n interdik teen die US, en die uitbreiding van Akademia.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
janneman

Ek is geen heilige koei nie, en staan tot korreksie. Die grootste probleem myns insiens le by oneerlikheid, waar n bepaalde oogmerk voorgehou word, terwyl dit eintlik net n bluf is om iets anders te bereik. Hoekom moet daar altyd gekonkel word om n ander uitslag te bewerkstellig, in plaas daarvan om reguit en openlik te wees oor die plan en die die motief? Hoekom byvoorbeeld het die Afriforum jeug op US nou hulle aansoek om die taaldebat eers stopgesit te kry, terug getrek? Dit terwyl daar reeds n interdik is wat US verplig om sy taalbeleid te volg wat… Lees meer »

vermeende

Herman jy skryf sekerlik oor my. Ek google Connewitch maar kry niks, as dit die geval is waaraan ek dink dan het jy versuim om by te voeg dat hulle ook roep vir she-ha wette wat daar sal geld. Herman ek het ook n plan, plan X koop jy in? ek belowe jou die maan en die sterre. Ek het selfs n plan, omdraai plan. Alles is haarvein beplan maar ek kan jou nie nou meer vertel nie. Al wat ek kan se is, dit gaan jou niks kos nie en daar wag potte vol goud aan die einde……..nou klink… Lees meer »

vermeende

Hoekom probeer julle liberaliste altyd om alle kleure en geure in een bed te probeer druk. Ons “RWGSES” wil nie daarvan deel wees nie, en ons wou ook nie in 92 nie. As julle liberaliste wil deel he in die een bed orgie, spring in maar los ons uit. Ek wonder net, hoekom bedreig die regses hierdie hele land so? Wat kry ons vermag….niks. Ons is die kleinste groepering in die land en glad nie gevaarlik nie. Nee Herman, ek ruik n rot en glo my voor die einde van volgende jaar ataan Solidariteit hand om die blaas met die… Lees meer »

Lance

Die oomblik wat SA ras afskaf gaan SA werk soos bv Kanada …almal is net dieselfde dan en alles gebeur op jou vermoee en vaardighede …problem solved ….vra seker nou vir wors in n hondehok

HEVW

Ja, jy vra beslis na wors in n hondehok. Wanneer kom die seunse weenkoor met n konstruktiewe werkbare plan? Miskien moet hulle hul ook maar in n staatsdeel gaan tuismaak en die wat wil bou met vrede laat. Wat gewoonlik gebeur na al hul kritiek is hul eerste in die ry om die vrug van suksesse te geniet wat deur die behoudenis behaal is. Kyk maar wie se kinders is in privaatskole en wie geniet verpleging in privaat hospitale. Kyk maar wie gaan ook Akademia student wees.