Nuuskommentaar: Politieke geweld – DA vs ANC, en SA die verloorder

Foto: Dave Bryant @davebryantct / Twitter

Foto: Dave Bryant
@davebryantct / Twitter

Rome brand. Suid-Afrika beleef in die aanloop tot die verkiesing gemiddeld vier tot vyf gewelddadige proteste per dag.

Historici sal in die toekoms haarfyn ontleed wat die toekomstige implikasies was van 12 Februarie 2013.

Volgens oorlewering het Nero Rome aan die brand laat steek as inspirasie toe hy besig was om te komponeer, en die Christene is daarna geblameer.

Pres. Jacob Zuma is ook besig om te “komponeer” – om vir sy staatsrede voor te berei.

Omtrent al wat van Nero die komponis se musikale vermoëns bekend is, is dat Rome gebrand het.

Hoe gaan Zuma se staatsrede onthou word? Van ‘n afwesige president terwyl sy eie mense die land aan die brand steek? Suid-Afrika se staatsredes het sedert 1994 nog min raakvlakke met internasionale konvensie oor staats- en troonredes getoon, en herinner eerder aan die “groot brêgh” voor intervarsities en interskole. En oor ‘n klompie weke is dit verkiesing…

Beide die ANC en die DA maak daarop aanspraak dat hulle gister se “slag van Johannesburg” gewen het. Wat egter wel seker was, was dat Suid-Afrika die groot verloorder is.

Tegnies was die DA die wenner, en het die ANC groot skandes gemaak. Die ANC kan maar met sy eie weergawe kom soos wat hy lus het; dis te betwyfel of enige ANC-ondersteuner self werklik sou glo dat die DA ‘n fisiese bedreiging vir Luthuli-huis sou inhou. Dit het suiwer gegaan oor persepsies, en ‘n organisasie wat op die rug probeer ry van ‘n “suksesvolle” bevrydingsbeweging wat hondmak en gehoorsaam die grondwetlike reg van ‘n teenstander sou erken. Nie sommer nie, en enige heuning aansmeerdery om die werklikheid anders te skets is bog, en ‘n belediging vir die intelligensie van die publiek.

Die ander kant van die munt is dat veel meer as die DA se grondwetlike reg tot die optog as motief geskuil het. Dit is geen geheim nie dat die DA sy oog op nog baie swart kiesers het, terwyl onlangse peilings steeds toon dat baie swart mense die DA as eintlik ‘n wit party beskou – ‘n persepsie wat die ANC uiteraard ten alle koste lewend wil hou. ‘n Tipe “magsvertoon” deur veral swart lede sou die DA dus baie help om sy wit, of “coconut”-beeld te laat afskud.

En presies net soveel is vir die ANC op die spel om te toon dat dit nié die geval is nie.

En wie op ‘n vat buskruit sit en met vuurhoutjies speel…

Presies wat moet potensiële buitelandse beleggers oor gister se gebeure dink? Was dit werklik nodig om die ANC se werkskeppingsbeleid uit te daag op ‘n wyse wat investering in die voet skiet eerder as in die hand werk? Die buitelandse media het onsagkens met die gebeure omgegaan. Die gebeure het ‘n baie belangrike pluspunt – dat Suid-Afrika op dieselfde dag sy posisie op die persvryheidsindeks met ‘n indrukwekkende tien plekke verbeter het (ongeag dat die verbetering aan ‘n misverstand toegeskryf kan word) – meer as net geneutraliseer in die oë van die wêreld. Wat beteken ‘n relatiewe persvryheid as die regerende party die opposisie met brandbomme, stokke en klippe tot swye dwing?

Die polisie se gehawende beeld is net verder gekneus. Die ANC se saamtrek (sonder om toestemming te vra en te verkry) was duidelik onwettig. Die gevaarlike wapens wat saamgedra is, was onwettig. Uit berigte blyk dit dat die enkeles wat wel gearresteer is, nie gearresteer is weens deelname aan ‘n onwettige byeenkoms nie, maar omdat hulle met die polisie slaags geraak het.

Heel moontlik het die TV-beelde van gister se optog wél daartoe bygedra dat die DA se beeld as wit party gesloop is. Uiteindelik was dit egter die post-Dagang-gekneusde Helen Zille wat die TV-kollig gesteel het deur die onderhoude te doen.

Suid-Afrikaners moet verlief neem daarvan dat die “goeie ou dae” toe Nat en Sap mekaar met die skousaal se opvoustoele gemoker het, of die “Hertzogiete”

met vrot eiers en tamaties bestook is, vir altyd verby is. Die oomblik wat politieke geweld oor die kleur-“grens” spoel word ander persepsies losgelaat, wat die land nie kan bekostig nie.

Nou moet eerder geïmproviseer word as om op sekere regte aan te dring wat die land geen guns bewys nie.

En die ANC se leiers het baie duidelik ‘n reuse taak om sy ondersteuners tot volwasse politiek te lei. En gister se gebeure het getoon dat die leiers geen haas daarmee het nie. En dis ‘n skande, fienies en klaar.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Danie

Herman,is dit werklik nodig om vir die ANC te skerm?Hulle kan mos vir hulself praat.Ek vra dit na aanleiding van jou vraag of die DA werklik nodig gehad het om die ANC se wekskeppingsbeleid uit te daag?En dan noem jy die persepsie van die buiteland.My vaderland die buiteland weet lankal hoe korrup en oneffektief die ANC regering is.Is dit omdat die VF+ ook in die regering sit dat jy die Zuma regering so verdedig?Die DA het dit ten minste aan die groot klok gehang dat die ANC valse beloftes maak met sy 6 miljoen weksgeleenthede wat hulle belowe.Laas verkiesing het… Lees meer »

Hein

Ek haal aan: “En die ANC se leiers het baie duidelik ‘n reuse taak om sy ondersteuners tot volwasse politiek te lei.” Hieruit moet vanaf die veronderstelling uitgegaan word dat die leierskap self polities volwasse moet wees. Die modus operandi van die terroriste organisasie wat tans in beheer van die land is, kan op geen moontlike manier met polities volwasse demokratiese prosesse in lyn gebring word nie. Die manier hoe die term ‘demokrasie’ in Afrika vertolk word, is stem vir die politieke party waarvan die meeste gehou word, hou daardie party in beheer tot die wederkoms, en breek staats- en… Lees meer »

Danie

Slim Daan,wat Herman Toerien probeer se het,en ek stem met hom saam,is dat n rasse oorlog ten alle koste vermy moet word.Dis die laaste ding wat nodig is.Ek gee die VF+ en Solidariteit krediet dat hulle hul mense se saak in die politiek en vakbondwese stel en bevorder,maar sonder om dit op n rassistiese skeltaal manier te doen. n Rasse oorlog kan n verbale rasse oorlog insluit.Dit dien ons saak net so min.Dan bly die persepsies dat wit mense swart mense wil benadeel,en rassisties is, en sal hulle die bevrydingsparty[ANC] en die EFF bly steun.Want die ANC en EFF gaan… Lees meer »