Nuuskommentaar: Populisme en regse ekstremisme

Van links is Sigrid Kaag, die Nederlandse minister van buitelandse handel en ontwikkelingsamewerking, saam met Jean Asselborn, Luxembourg se minister van buitelandse sake. (22 Mei 2018). Foto: AP Photo/Geert Vanden Wijngaert

Wie is die mees skuldige party om te sorg dat dit juis die regses is wat die meeste geskets word as die aanstigter van regse idees wat met die slegte verbind word? Die “linkses” of die “regses”?

Lesers wat ook die Europese pers volg, asook artikels hier van korrespondente in Europa, sou heel waarskynlik opgelet het hoe nuusdekking oor onderwerpe soos populisme en regse ekstremisme gereeld aan die bod geplaas word.

Daar sal nog lank koppe gestamp word oor presies wat die terme beteken, soos of hulle dieselfde beteken of juis as teenoorgesteldes teenoor mekaar staan.

Sekere moderne verwikkelinge vergemaklik sake ook nie, blyk uit ’n lesing wat deur die Nederlandse minister van buitelandse handel en ontwikkelingsamewerking, Sigrid Kaag, gelewer is. Die teenoorgestelde van populisme en regse ekstremisme noem sy die “demokratiese regstaat”, op sy beurt ook ’n term met twis ingeweef. ’n Soort “konsensus” word behou deur wat sy “het kabaal van de stem van de angst” noem. Uit beriggewing oor die lesing is dit duidelik dat Kaag die afwesigheid van kritiek op die twee terme as ’n oorwinning oor die stem van redelikheid beskou.

Sy is verstom dat soveel mense hulle aan onder meer fopnuus, halwe waarhede en manipulasie steur.

Net ’n gek sal glo dat Kaag se opvattings klakkeloos op Suid-Afrika van toepassing gemaak kan word. In Suid-Afrika volg verskille van mening dikwels etniese lyne met eeue lange uiteenlopende opvattings. Ideologie skyn ’n groter rol in Europa te speel, soos blyk uit nog ’n berig vandag in Trouw: “Rechts-extremisten op oorlogspad in Duitsland”.

Dit volg nadat die owerhede ’n sel voorgenome regse terroriste in Sakse, Duitsland, in hegtenis geneem het. Hulle sou aanslae beplan het teen immigrante en “polities andersdenkende politici”. Baie van die optredes was bestem om saam te val met die herdenking van Duitse eenheid.

Baie waarnemers en joernaliste skryf oor die onderwerp asof daar geen twyfel of teenspraak kan wees nie dat die regse manifestasie wêreldwyd aan die geskied is.

Wat meer waarskynlik aan die gebeur is, is dat makliker en beter kommunikasiemiddels die samevoeging van uitgangspunte vergemaklik. Maar dan kan die skrywer nie verstaan hoe sommige lesers wat kommentaar lewer, by hul eie gevolgtrekkings uitkom nie.

Met reeds meer as 40 staatstelsels wêreldwyd in gebruik, is dit onafwendbaar om sommiges saam te voeg, sodat daar “plek” is om meer te kan gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Casper Labuschagne ·

Regse ekstremis? Mea culpa. Let wel, nie uit vrye keuse nie, maar ek is met daardie titel gebrandmerk vanweë my behoudende Judeo-Christelike waardestelsel. Teen aborsie gekant? Opponeer feminisme? Is sterk nasionalisties? Patrioties? Glo dat ouers kinders mag tugtig? Glo dat lyfstraf op skool toepaslik is? Sing Die Stem omdat daardie lied vir my ‘n diep betekenis het? Glo dat die man die hoof van die huishouding is? Verwerp die ganse post modernisme? Glo dat vryheid van assosiasie ‘n burgerlike reg is? Dit is alles ek daardie, in vandag se samelewing is ek as ‘n regse ekstremis gebrandmerk en word ook deur die linkses uitgekryt as ‘n Nazi. Vandag het ek ietwat simpatie met die Duitsers wat na die sosiale verval asook dekadensie van Duitsland tydens die 1920’s by die Nazi beweging aangesluit het, want ek kan vandag nogal begryp hoekom.

Fanie ·

Casper, hoekom nou jou redelike konserwatisme (wel met terme en voorwaardes) koppel aan die mees gehate ideologie in die geskiedenis? Konserwatiewe leiers soos Conrad Adenhauer, die eerste post-45 Kanselier, was ook deur die Gestapo aangehou. Die Nazi’s was radikale sosialiste wat Konserwatiewes soos jy (en bv von Stauffenberg) in Konsentrasiekampe sou sit. Die geskiedenis is nie regverdig nie, aanvaar dit. Mao Zedong het meer miljoene vermoor, maar moenie daai ou gevegte probeer oorveg nie. Dit benadeel als waarvoor jy staan, want Adolf se miljoene vyande sal op jou kinder skiet.

Eish ·

… meer as 40 staatstelsels wêreldwyd in
gebruik. ..”
Steeds beskaam die hoop!
” En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor nasies gee,
en hy sal hulle regeer met n ysterstaf, soos erdegoed word hul verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het.”
Daar is èèn stelsel oppad wat werk of jy daarvan hou of nie!
Natuurlik sonder liberalisme!
Dit stem my dus tot groot gerustheid indien ek dink aan wat alles in die slag gaan bly!

Pallo ·

Die linkses gaan nog spyt wees dat hulle vir almal wou dwing om hulle identiteit te verwerp.

Jerry ·

Enige ekstrimisme, links, in die middel, of regs is skadelik vir mense se gesondheid. Enige redelike en harmonieuse beskaafde stelsel is weer goed vir mense se gesondheid.
Hoe dit ookal sy, die beste stelsel is natuurlike die gesonde verstand stelsel, maar dit is nie baie populer nie, want die gevolgtrekkings wat gesonde verstand meebring is normaalweg duister vir diegene wat enige een van die 40 stelsels of kombinasies daarvan, slaafs aanhang!

Casper Labuschagne ·

Goeie genugtig Jerry, waar kom jy aan daardie vreemde idees? As dit in ‘n boek was, gooi asseblief daardie boek weg, vir jou eie asook my eie gesondheid – ek sal nog eendag ‘n beroerte kry as ek jou teorieë hierso lees.

John ·

Om te leef asof ons reeds in die paradys is, is nogal effe… voortydig… en kan ‘n man op ‘n ongemaklike tyd laat wakker skrik. Om met boelies deurmekaar te raak of hul tee te staan is op sy beste sinneloos. Die liberale demokrate in die VSA is woedend omdat hulle nie meer die pot goud en arsenaal beheer nie, vandaar die slinkse populisme-ekstremiste-term vir almal in die oorkantste hoek. Die wereldpers en meelopers het die pessiekte versprei tot in die uithoeke van die aarde. Dis soos ateisme of die ewolusie-teoriee. Alle Christene is daarvolgens baie onintelligent en oningelig byna soos iemand wat nog nie cannabis vir ‘n gebroke hart probeer het nie. Liberaliste en as jy regtig-egtig ‘n uitverkorene is laai ‘n vlieende piering jou op vir ‘n reis na die heilige graal van ultra-geestelike dwalinge.

Inus Bester ·

Dis danksy die linkse liberaliste soos die DA en sy voorgangers, VP, RFP, PFP, DP, Helen Suzman, Helen Zille, Tony Leon, Jan van Eck, Colin Eglin én linkse NP’s soos FW de Klerk, Pik Botha, Leon Wessels ens. waarom die land hom in die huidige gemors bevind.
Maar ‘n “regse” KP-oorname sou mos moord, doodslag en bloedvergieting veroorsaak het… en wat het ons vandag?
Wat my daarom geweldig ontstel, is dat voormalige KP-ondersteuners (lees regse ondersteuners) vandag die DA aanbid as hul enigste saligmaker en verlosser!!
Hul stem in hul duisende vir die DA en aanbid dus dieselfde party wat die gemors veroorsaak het. Die DA (as sy voorgangers) en Helen Zille se Black Sash het hard baklei om die ANC ontban te kry. Noudat die ANC ontban is, wil dieselfde lotjie weer die ANC inhok! Waarom? Hul het mos nou gekry wat hul wou hê … en waarteen die KP (en regses) gewaarsku het. Jy gaan nie die duiwel weer gevang kry as jy hom eers losgelaat het nie!
Maar die linkse liberaliste dink mos hul weet altyd beter!

Marietjie ·

Inus dis so waar…… Zille het selfs terroriste in haar woning versteek. Persoonlik dink ek daar sou minder bloedverlies gewees het as ons toe eerder oorlog gemaak het. Nou is dinge onomkeerbaar en leef ons dag vir dag in ‘n guerella oorlog….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.