Nuuskommentaar: Populisme, geestelike belewenis en demokrasie

kruis

Foto: Frankbeckerde/Pixabay.com

Ons staan aan die vooraand van moontlik die grootste byeenkoms wat nog op Suid-Afrikaanse bodem gehou is, naamlik die It’s Time-byeenkoms wat buite Bloemfontein plaasvind. Dit geskied te midde van, maar los en onafhanklik van verskeie pogings landwyd waar probeer word om gebreke in die grondwetlike demokrasie met ’n mobilisering van populisme saam te snoer om die immorele bewind van pres. Jacob Zuma tot ’n val te bring.

Die groot opruk na Bloemfontein vir Angus Buchan se It’s Time-saamtrek is al ver gevorder. ’n Groep perderuiters van Bethlehem is al in die stad. Uit die Kaap kom ’n groep fietsryers wat ’n paar bekende name insluit. Volgens berigte is minstens een trein gereël. Ander sal op meer konvensionele metodes na die byeenkoms kom, soos per motor, motorfiets of met lugdienste, en waarskynlik selfs private vliegtuie.

Die aanvanklike mikpunt van ’n miljoen mense sal na verwagting ruim oortref word.

Dit is moeilik om op een slag die omvang van die logistiek vir so ’n groot byeenkoms in te dink. Van die gras sny en baal, tot die oprigting van genoeg mobiele toilette tot grootskerms, die lê van kilometers elektriese kabels, die organisering van voldoende slaapplek in een van die land se kleiner stede, verkeerbeheer, te ete en te drinke en vele meer.

Dit om te bid vir die land se toekoms te midde van talle dinge wat nie pluis is nie.

Buchan dui aan dat hy oor sake sal bid wat die Here hom op die hart lê, en dat dit beteken dat nie aan almal se verwagtinge voldoen sal kan word nie.

Van die ondersteuners is ergerlik as ’n kommentator net vaagweg klink of hy probeer om die saamtrek vir politieke doeleindes te kaap, soos vir die huidige rollende aksie om van pres. Jacob Zuma ontslae te raak.

Zuma en sy bewind word van onder meer immoraliteit, korrupsie en vele meer beskuldig, en so iets moet “noodwendig” aanklank vind by ’n byeenkoms soos It’s Time.

Of moet dit?

Vir baie mense is ’n byeenkoms soos It’s Time ’n broodnoodsaaklike geleentheid om die siel te voed. Dit verdien nie om gekaap te word nie – nie vir politiek nie, en ook nie vir enige ander doelwit nie. Die Christen is immers ’n werktuig van God, nie God ’n werktuig van die mens nie.

Vir baie is so ’n byeenkoms nie hul “scene” nie, en is gebed veel meer ’n binnekamer-saak.

Dat die organiseerders van die veldtog om van Zuma ontslae te raak, hard sal probeer om kerke en godsdienstige groepe aan boord te kry, is ’n gegewe. In die jongste verwikkeling, met die totstandkoming van die Freedom Movement, is aangekondig dat benewens politieke partye ook vakbonde en burgerlike instellings deel is van die beweging. Volgens die aanvanklike berigte is godsdiensgroepe ook deel daarvan, maar behalwe dat aangekondig is dat emeritus aartsbiskop Desmond Tutu dit ondersteun, is nie genoem wie hierdie deelnemende godsdiensgroepe is nie. Aansprake dat Solidariteit en AfriForum deel hiervan is, kan nie uit dié instansies se Facebookblaaie bevestig word nie.

Wat nie beteken dat dié organisasies niks doen nie. Daar is byvoorbeeld aangekondig dat na die konstitusionele hof geappelleer word oor die Kovsie-taalbeleid, en dat Solidariteit as deel van sy veldtog teen rassisme die regering later vanjaar by verskeie nasionale en internasionale instansies gaan verkla. By ’n beraad het kenners die regering daarvan beskuldig dat rassisme sy lewensaar is.

Meer oor die inhoudelike van die Freedom Movement sal mettertyd bekend word. Nou is dit belangrik om te weet dat die volgende groot saamtrek op 27 April by Vryheidspark beplan word.

Dit is duidelik dat groot optogte en saamtrekke vir Zuma pla, veel meer as petisies en griefskrifte met veel meer handtekeninge as optoggangers. Hy het die optoggangers al erg met die teerkwas bygedam deur skynbaar moeiteloos twakstories daaroor te fabriseer.

En ja, die optoggangers is van rassisme met denkbeeldige plakkate uitgebeeld. Nou het hy die Pase benut om te sê hy wat Zuma is, is deur God uitverkies, en dat die optoggangers teen die wil van God optree.

Terselfdertyd sal die organiseerders van die Freedom Movement die oë op Bloemfontein gerig hou, en iets probeer wys word oor hoe Buchan daarin kon slaag om soveel mense by sy byeenkoms te kry. Selfs al word die miljoenkerf nie naastenby gehaal nie, sal die opkoms waarskynlik met gemak ruim meer mense oplewer as die sowat 30 000 wat die anti-Zuma-mense by die Uniegebou kon saamtrek.

Die Freedom Movement se groot probleem is dat ons Grondwet, soos baie ander in die wêreld, nie voorsiening maak vir ’n redelik gladde demokratiese proses om tydens termyne van ’n president ontslae te raak as hy die kluts sou kwytraak nie. In lande soos Venezuela, Suid-Korea en die Oekraïne het dié leemte tot oproer, en plek-plek selfs lewensverlies, gelei.

In Suid-Afrika word die proses gekompliseer deurdat ’n president nie regstreeks deur die kiesers gekies word nie, maar deur gebrekkige prosesse deur die regerende party. ’n Persoon wat sy party deur sy populisme gevange hou, is dus so goed soos onaantasbaar.

Maar, waarsku Lindie Koorts, dosent in geskiedenis aan die Vrystaatse Universiteit, populisme is nie demokrasie nie.

Maar hoe gemaak as die regerende party in ’n heterogene samelewing etnisiteit monopoliseer om ’n meerderheid te verskans, en in wese ’n meerderheidsdiktatuur verskans? En die leier sy posisie deur populisme behou?

Die Freedom Movement self bestaan uit ’n versameling van leiers wat op kleiner skaal kenmerke van populisme het. Populistiese leiers se verdraagsaamheid teenoor mekaar bly gewoonlik net intak as elk sy eie “mishoop” het, maak nie saak hoe klein nie, waar elk kan koning kraai. Om saam te span, al is dit net vir ’n enkele projek, is ’n betreklik vreemde ervaring en die duursaamheid daarvan onbeproef.

Tog is daar meriete daarin om te reken dat wat die ondersteuners betref, daar ’n saak uit te maak sal wees dat ’n klein populis + ’n klein populis + ’n bitter klein populis = ’n taamlike groot populisme kan oplewer. Die breë kieserskorps besef immers dat klein wees in ’n heterogene samelewing sonder erkenning van minderheidsregte, soos bepaal deur die Internasionale Reg, ’n voortdurende stryd oplewer teen onregte.

Die Solidariteit Beweging se Plan B is in hierdie verband meer as net ’n sektorale veiligheidsnet, en durf nooit mee slap gelê word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Erick ·

Wonder of Tobie ook gaan opdaag. Victoria Wes is mos nie so ver van Bloemfontein.

snoefie ·

ek hoop daar gaan goeie sekuriteit wees. met so n klomp (grootliks) blankes bymekaar…..

ai tog ·

en die groot getalle busse met hoofsaaklik blanke passasiers gaan seker die teiken wees van elke speedcop op die pad. en hulle gaan seker in volle mag langs die pad wees om te keer dat die busse by angus uitkom.

Gideon ·

Ek beleef tans ‘n identiteitskrisis agv dié byeenkoms. Onder die ‘It’s Time’ banier is dit vir my erg problematies. Dit gaan Afrikaners nie nader aan hul kern bring nie, maar juis verder laat wegdryf. Ek twyfel of hierdie byeenkoms enige iets vir die oorlewing van ons gemeenskap, taal en kultuur sal kan doen. Geen van die vorige byeenkomste kon enige iets bereik nie. Ons is nie Amerikaners nie!

Alet Potgieter ·

Snoefie, klein foutjie. Is nie net blankes wat gaan nie. Almal, wel die oorgrote meerderheid is Suid Afrikaners. Hierdie is nie ‘n “kerk” byeenkoms of ‘n politieke byeenkoms nie. Hierdie is ‘n “God help asseblief Suid-Afrika” byeenkoms. Ek twyfel of God sal toelaat dat kriminele elemente ‘n voet in die deur al kry. Ek was vanoggend op die terrein èn ek sê nou vir julle, hier kom ‘n ding. Atmosfeer is tasbaar. Tempe lughawe kry 400 vliegtuie vandag. Die verwagting is al by 1.7 miljoen mense. Hier kom iets groots!

Tanya ·

Hi Alet, Ek stem saam – snaaks hoe ons altyd die negatiewe eerste raak sien instede van positiewe. Ons lewe in n wereld waar negatiewiteit aan bevind is – more is definitief n positiewe byeenkoms en ons sien baie uit daarna!

Candida ·

Alet en Tanya dankie vir jul positiewe gesindheid. Die afgelope weke hou ek die nuus en sosiale media platforms dop en sien hoe die mense waarsku en veroordeel al wat leef en bewe. My punt is net gaan indien jy voel dit is wat jy voel jy moet doen en dit is jou geloofs oortuiging, dan is dit jou reg en jou oortuiging en niemand mag en kan jou stop nie. Indien jy nie gaan nie , moenie dan kritiseer en veroordeel net omdat dit hul oortuiging is en nie joune. Elke jaar beweeg daar en ek glo dit is meer as ‘n miljoen mense na Moria om te aanbid en die gees te ontvang. Niemand sê iets weke voor dié byeenkoms daaroor, of beskuldig en verwyt daardie mense en hul samekoms. So wie is ons in elke geval om ‘n oordeel te vel oor iemand of iets. Is ons God nie vir almal, as gelowige en sondaar? Hy alleen sal oordeel en steeds liefhê. Juig en Amen vir die dag in Bloemfontein.

Maria ·

Amen!!!!! Ek stem 100%saam. Her kon n GROOT ding!!! God is getrou!!!!!!!!

Ek wil nou nie negatief klink nie maar... ·

Dinge in Suid Afrika het net erger geraak vandat oom Angus begin het met sy prekery in die veld. Die tyd, moeite, geld en mannekrag kon baie beter aangewend word as daar ń reuse bosberaad gehou kon word oor strategië om misdaad effektief te bekamp op landelike gebiede en in die stad.

Neels ·

Stem heeltemal saam met jou. Twee hande wat iets doen aan is saak is beter as 1000000 wat bid.Mans los hulle vrouens alleen tuis om te gaan bid en huil saam met Angus. Wat eerder van patrollies ry en saam met sekurityds maatskappye en die polisie werk op landelike gebiede en in die stede om misdaad te bekamp. Ek sal aan so iets deel neem maar nie aan die sirkus nie. Dink ‘n maatstaf van die sukses van 22 April moet tog sekerlik ‘n drastiese afname in misdaad oor Suid Afrika. Glo nie dit gaan gebeur nie.

Dawie ·

Sal ook graag wil sien of die gebedsaksie enige uitwerking sal hê. Wonder net wat die verskoning sal wees as daar nie ‘n afname is nie.

·

Ek sal eerder wil hê dat my saak met God reg is. Daar is niks om te vrees, selfs nie eens die dood as jy ñ pad stap saam met God stap. Ons moet regtig pasop dat ons taal en kultuur nie ñ afgod word nie. God se kinders is soos druppels in die see. Daar was baie geslagte voor ons en nog na ons wat deur die selfde probleme as ons gaan. Hierdie byeenkoms is om hulp te vra, maar meer om God te loof en te prys. Ek is baie baie dankbaar vir klomp ding, veral vir my kinders. En dit is altyd lekker saam met mede gelowiges om God te aanbid.

Marius ·

Sterkte vir jou Neels. Om tot God te nader is natuurlik beter as om op jouself staat te maak.

Slag van Isandlwana 1879: Geen aangetekende nadering tot God nie, 20000 Zoeloes, 1800 profesionele soldate en 400 burgerlikes, Martini Henry gewere en twee 7 ponder kanonne. Soldate verloor die veldslag met 1300 gesneuweldes.

Slag van Bloedrivier 1838: Nadering to God, 20000 Zoeloes, 470 burgerlikes, voorlaaiers en ‘n klein kanonnetjie. Burgerlikes wen die veldslag met drie burgerlikes wat lig gewond was.

MARINA ·

Om te dink..al hierdie negatiewe mense en hul gedagtes is elke dag sooo afhanklik van ons Grote God, jou welstand, jou gesondheid ens..en jy waag om ligsinnige en negatiewe optredes en woorstellings teenoor ons God se Krag en wonderwerke te maak. As moorde en korrupsie en n algehele tuimelende land jou nie bang maak….ek sidder vir jou part.
Gaan groot, maak ons God groot…en ervaar sy Grootheid tenvolle. Ek bid saam elke suidafrikaner, maak nie saak taal of ras, dat ons God sal ingryp.

Vivian ·

Die aanvanklike rede vir It’s Time was juis om vir die land te bid. So dit sluit alles in politiek tot plaasmoorde. Ek verstom my oor negatieweteit van die volk. Hou maar aan kla. Om tot God te roep vir hulp sien ek as die enigste uitweg.

Karel ·

Ek dag dan Tempe lughawe is ‘n weermag lughawe. Indien wel so, hoe is dit moontlik vir privaat vliegtuie om daar te land?

Theo Visser ·

Tempe is donkiejare gelede al nie ‘n militere lughawe nie

aitoggietog ·

Dit is by Bram Fischer lughawe hier reg agter ons…absolute chaos alreeds om in die stad te kom met die hoeveelheid verkeer wat nou ervaar word

Theuns ·

Glimlag ek al die hheldag lekker saam ABBA oor al die vorige weke se kommentare van die mense wat gesê het daar gaan nie eers tienduisend of honderd duisend mense opdaag nie,wel dit staan op 1,7miljoen al,wat n wonderlike wonderwerk weereens,AWESOME,AWESOME!!!!!

Abie ·

Vir al die negatiewes en kleingelowiges

Gaan vind uit hoe lank neem dit om n geleentheid van die omvang te reel en te finansier.

Dit wat reeds vermag is om hierdie dag te reel is reeds die eerste wonderwerk.

Ek dink ons mense is al so beinvloed deur al die negatiwiteit in die land, dat niks positiefs in enigiets gesien kan word nie.

Ek sal nog verstaan as ateiste negatiewe opmerkings maak, maar dis teleurstellend dat mede “christenne” dit doen.

Alet Potgieter ·

Abie dis hartseer as mense so afkraak. Hulle kraak net af. Klein geloof. Praat bietjie met die duisende VRYWILLIGERS wat die terrein, wat GESKENK was, voorberei het en vra oor die diesel wonderwerk. Hier kom ‘n ding!

Leendert ·

Die mens se ingesteldheid van skooldae af, meeste dalk van uit huis uit, gee mens huwe hoop dat daar nog die massa gelowiges in die land is. Dat als tog nog sal regkom, dat daar vir die gelowiges ook ‘n plek is.

Wepener ·

Laat my dink aan ‘n ou Koos Kombuis liedjie se lirieke: “terwyl trae psalms God nog loof…”

Hou op met die wensdenkery, rol die moue op en doen iets.

Leoni Cornelissen ·

Is jammer as mense so afbrekend praat van ENIGE samekoms van mense, waar ookal, om te bid vir wat ookal! Mense, God is nie n MENS, soos ons nie! Die grootheid, heiligheid en almagtigheid van die Here kan ENIGE iets laat gebeur…hier gaan dit nie oor oom Angus of die organiseerders nie…dit gaan oor die ALMAGTIGHEID van GOD wat ALLES kan doen…ALLES kan laat gebeur…NIKS EN NIEMAND kan God se doel en bewegings stop nie! Hierdie was n opdrag van God, wat uitgevoer is…niemand is betaal nie…oom Angus krij nie n pay hiervoor nie! Mag die kragtige werking van die Heilige Gees, ons land en sij mense, tot besinning bring…tot inkeer bring…tot genesing bring…Mag God elkeen seën met die keur van Sij seëninge…Shalom!

PietG ·

Marius skitterend. Onthou ook van koning Josafat in 2 Kronieke 20. Toe die volk en die koning bang was en hul tot God bid toe is daar nie eers n geveg nie ! Vyand het mekaar uitgedelg! Mag die vyand drasties tot bekering kom. Seënwense vir almal. Ons kamp die naweek in Bloemfontein. Wonderlik hier.

Magda ·

Ons ongelukkig nie gaan nie. Sal graag wil kyk of luister. Weet iemand of ons dalk op internet kan kyk

John ·

Herman dit klink net nie reg om die (nou ook reeds flou) populere term ‘populisme’ met ons Christelike geloof in verband te bring nie. Iets is gewild vir ‘n oomblik op aarde, maar ons geloof het met die ewigheid te make en behoort langdurig te wees, anders is al ons gebede tevergeefs. Die Engelse oom laat sommige van ons wonder, maar ons aanbid nie vir hom nie, maar ‘n Magtige Wese wat orals teenwoordig is en die gebedswoorde: “Laat U Naam Geheilg Word,” verdien.

Mianke ·

Weet iemand dalk of die It’s Time byeenkoms op TV uitgesaai gaan word. Wil vreeslik graag daar wees, maar kan ongelukkig nie.

maria ·

Dit laat dink my aan Woodstock – geen vergelyking, net die regmaak, logistiek….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.