Nuuskommentaar: Pravin of nie, Zuma moet trekpas kry om land te red

Pres. Jacob Zuma Foto: Elmond Jiyane

Pres. Jacob Zuma Foto: Elmond Jiyane

Die verwydering van pres. Jacob Zuma, of minstens veel meer gerusstellings as die heraanstelling van Pravin Gordhan as minister van finansies, bly noodsaaklik as die land se ekonomie weer kop wil optel. Dit is minstens duidelik dat Zuma se posisie in die ANC nie so onaantasbaar is as wat Zuma self geglo het toe hy Nhlanhla Nene die trekpas gegee het nie.

Dit gaan nie maklik wees nie, maar Gordhan is waarskynlik onder die omstandighede die beste man om die land se ekonomie van die fiskale afgrond weg te hou. Hy het hom immers tevore reeds in dié portefeulje bewys.

Hoe mens ook al na die situasie kyk, pres. Zuma se aansien is nou geknou, ook in die kringe waar hy nog onverstaanbaar aansien geniet het. Die sterkman-beeld wat hy probeer voorhou het met die skokafdanking van minister Nene en sy vervanging met Des van Rooyen as minister van finansies, sal noodwendig ʼn knou weg hê met sy skielike ommekeer. Heelwat het klaarblyklik agter die skerms gebeur, waaronder ʼn beweerde dreigement van ʼn massabedanking uit die kabinet.

Klaarblyklik is daar nog bietjie meer ruggraat onder die ANC-ringkoppe nadat dit lank wou voorkom asof niemand binne die ANC genoeg ruggraat het om Zuma in sy sloopwerk te stuit of selfs net teen te gaan nie.

Omtrent al wat van Zuma se vyeblaarbekleding oorgebly het, is die feit dat hy nie gedwing is om Nene weer aan te stel nie. Nene bly in die duister, hoewel Zuma ook in sy lomp reddingspoging vroeër moes aandui dat Nene gepos is om Suid-Afrika se kandidaat te wees vir hoof van die beplande Suid-Afrikaanse been van die Brics-bank. Niemand glo Zuma hieroor nie.

Intussen het die rand kort ná die aankondiging van Gordhan se terugkeer van R15,88 teenoor die dollar, tot R15,04 verbeter, die grootste sprong sedert Oktober 2008. Kyk hier na die jongste wisselkoers van die rand teen die dollar. Die aankondiging is om 21:34 op ʼn Sondagaand gedoen – klaarblyklik met die oog daarop om te geskied voordat die marke vandag open.

Gordhan keer egter ook nie sonder skade na die portefeulje van finansies terug nie. As minister van samewerkende regering het hy nie watwonders in hierdie begraafplaas-portefeulje gevaar nie en dit word ook op die punte gereflekteer wat die DA aan ministers toegeken het. Daar is boonop min hoop dat Van Rooyen, met wie hy plekke ruil, die mas as minister van samewerkende regering sal kan opkom.

Die meerderheid Suid-Afrikaanse munisipaliteite is soos dryfsand wat enige minister wat dit probeer aandurf, sal verslind. Van Rooyen het reeds die munisipaliteit waarvan hy burgemeester was, liederlik verslons.

Konserwatief bereken het Zuma met Nene se afdanking klaarblyklik die land reeds in die orde van R15 miljard gekos. Dié afdanking was klaarblyklik die laaste strooi vir bedenkinge oor die president, nadat Zuma in die jongste verlede ʼn aantal uitsprake gemaak het wat groot risiko’s vir die land inhou, soos om te verklaar dat die ANC daarna mik om Suid-Afrika in ʼn sosialistiese en kommunistiese staat te omskep. Hy het voorts ook sy mond oor die markgedrewe ekonomie uitgespoel en verklaar hy stem nie daarmee saam dat vraag en aanbod pryse bepaal nie. Hy meen die prys moet eerder deur die arbeid wat dit geverg het, bepaal word. Anders gestel, hy weet niks van ekonomie nie.

Die goeie nuus is dit lyk asof Zuma se posisie in die ANC nie so onaantasbaar is soos wat dit voorgekom het nie en Zuma is nou mooi laat verstaan sy eie ekonomiese en finansiële insigte is ʼn ramp en hy die werking daarvan in die toekoms aan tegnokrate moet oorlaat. Of Zuma hom lank hieraan gaan steur, is egter te betwyfel, aangesien hy klaarblyklik op ʼn populistiese missie is (klaarblyklik as teenvoeter vir Julius Malema) en dat “ekonomiese bevryding” ʼn belangrike onderdeel hiervan uitmaak.

Waarnemers meen die kanse is nou skraal dat Zuma nog later as 2017 as ANC-president steeds die leisels sal hou. Sy aansien is nou geweldig geknou onder sy ondersteuners, by wie hy die indruk van onaantasbaarheid probeer skep het. Die ANC gaan klaarblyklik met aanstaande jaar se landswye munisipale verkiesing skade ly, veral as Van Rooyen, soos algemeen verwag word, die bal in sy nuwe portefeulje aanslaan.

Die heraanstelling van Gordhan by finansies neem niks van die feit weg dat die land Zuma nie kan bekostig nie en dat hy moet gaan. Teen dié tyd weet die land reeds dat Zuma homself bo enige ander belang, insluitend landsbelang, stel. Ons weet ook dat hy volgens sy eie aansprake meer lojaal teenoor die ANC as teenoor die land is en vir dié verdwaalde sentiment in die bres tree. Hy bly eenvoudig ʼn ramp. Hy was al te veel kere ʼn internasionale verleentheid, soos sy stelling in ʼn toespraak dat Afrika die grootste kontinent is en dat al die ander kontinente in Afrika sal inpas. Dié “wysheid” is voor sakeleiers in ʼn toespraak kwytgeraak en op video vasgelê. In werklikheid is Asië meer as 44 miljoen vierkante kilometer groot teenoor Afrika se net meer as 30 miljoen vierkante kilometer.

Tensy Zuma weens die gevolge van sy eiehandige Nene-blaps ʼn behoorlike Damaskus-ervaring gehad het en sy regeerstyl drasties gaan aanpas (meer kundige advies inspan en géén eie Zuma-“wyshede” en grypsug nie), bly die voorbehoud vir behoorlike ekonomiese herstel steeds dat Zuma as rolspeler moet verdwyn. Ekonome meen daar moet minstens veel meer gerusstellings kom as bloot die heraanstelling van Gordhan en ʼn klompie versekeringe dat Gordhan gaan hou by fiskale dissipline om beleggers te paai. Daar is immers steeds twee rampspoedige kommuniste, Rob Davis en Ibrahim Patel, in die vernaamste ander ekonomiese portefeuljes (handel en nywerheid en ekonomiese ontwikkeling). Solank hulle in hierdie portefeuljes bly, stuur Zuma eenvoudig seine uit wat té negatief, of minstens té gemeng is om beleggersvertroue te herstel.

Gordhan het in 2009 reeds laat blyk dat hy nie meer ʼn lid van die SAKP is nie. Trouens, in 2013, toe Gordhan nog in sy vorige termyn as minister van finansies gedien het, het die SAKP hom weens sy streng fiskale beleid gekritiseer (Gordhan het toe nog na ʼn welkome groeikoers van 5% gemik). Gaan Gordhan sterk genoeg wees om die slopingswerk wat Zuma in die kantoor van die ontvanger aangerig het, om te keer? Het die ingryping betyds gekom om die tesourie se tegnokratiese ingesteldheid te beredder? Na berig word, was die tegnokrate in tesourie wat Nene adviseer het, baie bekommerd hulle sou ook Zuma-slagoffers word.

En onthou, Zuma het nog nie sy stelling herroep dat sy party ʼn sosialistiese en kommunistiese staat nastreef nie.

#ZumaMustFall

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Uys ·

Vandag word gepraat van Des van Rooyen en die naweek was dit David van Rooyen.
Wie gaan zuma die skuld gee vir die besluit wat welke gaan neem in die toekoms.

AntiAnc ·

ZumaMustFall, so gou as moontlik. Vandag is klaar te laat!!! Hy moes al geval het.

AntiAnc ·

ZumaMustFall, so gou as moontlik. Vandag is klaar te laat!!! Hy moes al geval het.

stomverbaasde ·

As is verbrande hout Henri! Kan ek vra dat Z se FOTO gladnie meer in Maroela media gebruik word almal weet hoe hy daaruit sien. Ek het nie meer geld vir teensuur middels.

stomverbaasde ·

As is verbrande hout Henri! Kan ek vra dat Z se FOTO gladnie meer gebruik word almal weet hoe hy daaruit sien. Ek het nie meer geld vir teensuur middels.

Rynhardt ·

Zuma het reeds duidelik gemaak dat hy ekonomiese bevryding wil bring vir SA soos wat Mugabe gedoen het.Die verskil is dat Zuma en Anc, ekonomiese groei lankal vernietig het vir SA! Een of ander tyd uit die bloute sal jy ook hoor dat Zuma nie meer daar is nie! Dan gaan jy ook beleef van hoe histeries jou media gaan raak.

Neels ·

Die probleem is nie Jacob Zuma nie. Die problem is die mense wat Jacob Zuma in sy posisie ondersteun en hom daar hou. Om van Zuma ontslae te raak kan dalk maklik en vining wees maar om van sy magtige ondersteunings netwerk ontslae te raak is nie so maklik nie. Zuma is net een person, net een mens, een mens wat hom omring het met n netwerk van ondersteuners en lojaliste wat in hom bele het. Hulle beleggings moet nou uitkeer en dit maak die saak veel moeiliker. Nog n tammeletjie is die feit dat die ANC nie n alternatiewe leier het nie, Mev Zuma is pateties en sal dieselfde pad loop as haar man, Ramaphosa het bewys hy het geen maroelas nie en rol net saam met die branders. Ek is jammer, daar is huidiglik geen lig aan die einde van die tonnel nie.

Gideon ·

Raak net ontskae van Zuma. Zuma must fall moenie nou stop nie. Dit kan net beter sonder Zuma

Michelle ·

Kan iemand my verduidelik hkm di rand so gou reg gekom het toe David vervang is met di nuwe minister van finace,wat is di verskil tussen di 2 man’s? Hkm di rand geval het met David se aanstelling. Ek verstaan ni di JSE we goeters ni maar wil graag leer

Jacques ·

Michelle dis eenvoudig. Gaan jy belê in n winkel waarvan die bestuurder voorheen in die tuin gewerk het of gaan jy belê in die bestuurder wat al 5 jaar met onderskeiding die winkel bestuur het?

Gerhardt ·

Herman, toe jy ‘n ruk terug van “komkommertyd” en ten minste is “Zuma bashing’ daar geskryf het, het ons nooit kon voorsien hoe die dinge gaan gebeur nie. Zuma “bash” homself. Wel heirde stap om Gordhan aan te stel is darem ‘n goeie begin.

Gerda ·

Ek verstaan nie hoe gaan dit die land red, red van wat? Die een wat zuma se plek inneem kan en gaan nooit ooit verbeter nie. Ons weet wat ons het maar weet nie wat ons gaan kry nie

Hester ·

Zuma en sy hele korrupte comrades moet gaan. Dan eers sal die res van die wereld SA weer n kans gee. Hy het soveel skandes gemaak dat die hele wereld weet ons dierbare land is op die afgrond ipv op ons knieë

Gerhard ·

Die anc steur hulle nie aan die punte wat die “spineless” DA aan die ministers toeken nie. Zuma en sy cronies het die land klaar oor die afgrond, ons kan sê wat ons wil, dit gaan baie lank vat om die land weer op koers te kry. Daar is nie bekwaamde leiers in die anc wat Zuma kan opvolg nie.
Ek mag dalk baie negatief klink…maar ek is nie vêr van die waarheid af nie.

Loeis ·

Ramaphosa het nie lank terug nie laat blyk dat hy hom nie deur die howe sal laat voorse nie… Hy is dalk ‘n sterk besigheidsman en het iets tussen sy ore, maar sonder die oppergesag van die reg het ons meer as ‘n probleem met ‘n parlement waar die ANC 62% van die setels het.

Dan is daar ‘n sterk groep in die ANC wat een van Zuma se vroue as Jacob se opvolger wil he…

Die alternatiewe vir Zuma lyk nie baie goed nie.

Verdediging van die oppergesag van die reg is nou belangriker as ooit.

Neels ·

Die skrikwekkende deel is dat Ramaphosa nie so n sterk besigheids man is nie. Hy is net nog n bevoordeelde wat deur sy politieke posisie as hoof onderhandelaar by CODESA ongelooflike aansien van korporatiewe SA gehad het, en dit gebruik het om sy rykdom bymekaar te maak. Ongelukkig is transaksies op n skinkbord aan hom aangebied en so ver my kennis sterk verg dit nie te veel besigheids vaardighede om net “ja” te se nie…

Boscia ·

Jou kennis strek ongelukkig nie ver wat Ramaphosa se besigheidsvernuf betref nie, Neels. Doen ‘n bietjie meer navorsing voordat jy sulke ‘algemene’ uitlatings maak. Ramaphosa se probleem is dat hy gedwing word om ‘n lae profiel te hou en net die kastaings uit die vuur te krap. Bowendien het Julius se mes in vir hom, big time, want hy weet hy is sy grootste opponent vorentoe as dit by presidentskap kom. Ek het baie respek vir Ramaphosa – miskien moet ons hom meer ondersteun vir ‘n beter toekoms.

Loeis ·

Ramaphosa was reeds tydens CODESA baie welgesteld, daarna het dit neet makliker geword.

Terloops, Ramaphosa het self na CODESA gese hy kon nie glo hoe maklik die de Klerk regering net aan sy eise ingegee het nie. Meier, maar veral de Klerk en Botha WOU oorgee. Met Zuma het hulle hele speletjie in ons gesigte ontplof. Dis jammer dat dit ‘n Zuma se skade gekos het om regtig baie mense te wys op wat Andries Treurnicht en Jaap Marais soveel jare gelde voorspel het.

Henri ·

Kyk ek lag darm nou lekker. Almal dink Zuma is dom, daai man het gou die bank laat oorloop. Dis nog die vinnagste wat ek iemand van miljoener na biljoener sien gaan het. Vra jouself af wat sal jy doen as jy Miljoene in buiteland se bank het en jy will gou ryk word. Laat val die rand na 16.02, betaal gou die geld oor na Sa, Stel gou weer iemand anders aan en dan as die rand weer sterk is stuur jy dit net weer terug na daai selfde rekening??????

Langtand ·

Wat dink die ANC. ? Bestaan ons bevolking uit n klomp sotte? Dink hulle vir een oomblik ons moet glo wat Zulu vanoggend gespin het? Hoemeer hul verduidelik hoe meer verdag is dit!
Wanneer gaan die regering geskei word van die ANC? Dis tog nie die ANC wat na die mense geluister het nie, maar die regering??
O hemel, red ons land van die ANC bestuurders!!

Langtand ·

Wat dink die ANC. ? Bestaan ons bevolking uit n klomp sotte? Dink hulle vir een oomblik ons moet glo wat Zulu vanoggend gespin het? Hoemeer hul verduidelik hoe meer verdag is dit!
Wanneer gaan die regering geskei word van die ANC? Dis tog nie die ANC wat na die mense geluister het nie, maar die regering??
O hemel, red ons land van die ANC bestuurders!!

Johannes Meintjes ·

‘n Paar jaar gelede het ek op gronde van beskeie maar gdetermineerde frustrasie oor teleurstellende resultate op uitreikwerk in Suider-Afrika ‘n ope brief gerig aan Presidente van Afika en gevra dat sou daar een wees way sy of haar land werklik prysenswaardig regeer, of die personeel my sou wou kontak sodat ek kan kom kyk. Tragies het niemand gereageer nie, – en nou sit ons met leierskap (en ‘n apatiese bevolking) in SA waar die baie ernstige skade aand die land en die ekonomie tans ver buite enige redelike begrip verval. Hoe kan een korrupte mens ongehinderd soveel skade doen?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.