Nuuskommentaar: Prof. Marinus Wiechers gaan gemis word

Prof. Marinus Wiechers. Foto: Forum Nuus

Prof. Marinus Wiechers, die Grondwetkenner, is een van daardie mense wat nie kort ná sy dood vergete gaan wees nie. Daar sou byvoorbeeld wyd op sy knoppie gedruk kon word om oplossings vir die beplande grondgryp-aksie te bekom.

Iemand van 81 jaar oud wat soveel statuur geniet het, wat so betrokke by omstrede sake was, en in soveel kringe beweeg het, het gewoonlik ’n groot kring vyande, al is dit naas ’n groot kring vriende.

Prof. Wiechers se innemende geaardheid, sy enorme kennis en sy vermoë om daardie kennis bruikbaar aan te bied, het egter selfs van sy teenstanders respek afgedwing. Hy het anders as baie van die hoë bome wat by Kodesa betrokke was, objektief genoeg gebly om sommige aspekte van selfs die finale Grondwet te kritiseer. Dit het daartoe bygedra dat die algemene euforie oor die Grondwet na groter algemene nugterheid beweeg het.

Staatsreg (constitutional law), die vakgebied wat die karakter van die Grondwet in Suid-Afrika se breë regsveld laat neerslag vind, is besonder wyd en kompleks. Dit is wyd in die internasionale reg geanker, maar om by te bly, moet die oog nie net op die Grondwet gehou word nie. Alle regsbronne soos geratifiseerde internasionale verdrae, gewoontereg en vele meer moet deeglik van kennis geneem word en mense moet sinvol kan aflei watter element wat skynbaar met nog ’n deel in kontras staan, weeg die swaarste.

Dit spreek vanself dat nie almal, selfs hooggeleerd, sal saamstem nie. Ons eie konstitusionele hof is ’n voorbeeld waar minderheidsuitsprake vir meerderheidsuitsprake moet terugstaan, al lyk die minderheidsuitspraak soms na die beter en meer logiese uitspraak.

Met Wiechers se innemende geaardheid en slaggereedheid om oor haas byna elke aspek van staatsreg menings te lug, was hy ’n joernalis se droom.

Dit was nie maklik om intellektueel en kennisgewys skouer te kon skuur met die jonger geslag “Wunderkindern” in die veld soos proff. Andries Raath, Pierre de Vos en ander nie.

Wiechers was nie te koop nie, en ook nie te kaap nie, en dit word onder meer weerspieël daaruit dat huldeblyke vir hom van instansies so uiteenlopend soos die FW de Klerkstigting en Sanco ontvang is.

Of ’n mens nou met Wiechers se vertolkings saamgestem het of nie, of by geleentheid saamgestem het, sy eerlikheid en toeganklikheid sal gemis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hendrik ·

Hy gaan wel gemis word in die bewonderaars van die S.A se grondwet. Ek kan net nie insien dat die slimmes net nie kon insien hoe gebrekkig die grondwet is in terme van minderheidsgroepering. Hoe dink die mense het S.A in die huidige situasie gekom ? Dit is beslis nie uit deelname aan al die besluitstrukture deur al die bevolkingsgropering nie. Dit is wel so a.g.v uitsluiting!

Theo ·

Stem saam met jou Hendrik, die slim ouens was te slim en toe vang slim sy baas en nou…. 24 jaar later sit ons slim/dom ouens met die gebakte pere en ons as minderheidsgroep is slim uit gevang.

Barry ·

Hendrik en Theo. Dalk is iemand met n LLB graad alles behalwe slim?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.