Nuuskommentaar: Prômisses, prômisses, want dis verkiesingstyd

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: ANA

Volgens oorlewering het van die bekendste kapteins van inheemse rasse in Noord-Amerika na wit mense verwys as “hulle wat met gesplete tonge praat”.

Hier in Suid-Afrika het ’n voormalige premier van Mpumalanga die opmerking gemaak dat dit reg is vir politici is om kluitjies te bak. ’n Bekende oudminister het vroeër die bynaam Piet Prômisses gekry.

Nou is dit verkiesingtyd en daar is ʼn merkbare toename in die gebruik van Google om suksesvolle alternatiewe “waarhede” onder die kurkprop los te woel.

Ons beleef’n era van fopnuus, maar selfs voordat fopnuus so ’n bekende begrip geword het, het ’n beweging in Europa begin om ’n kloof tussen politici en die media te slaan deur op die “herstel” van integriteit onder die media en politici te fokus. Ook korporatiewe instellings het skouer geskuur met die losbekkige politici in hul pogings om kluitjies te bak en te verkwansel.

En nou is dit verkiesingstyd, en is die inspan van ongesuurde brood so skaars soos hoendertande. Heelwat instansies en analiste het pres. Cyril Ramaphosa daarvan beskuldig dat hy met ’n gesplete tong praat. Die Afrikanerbond (AB) het reeds in ’n ope skrywe die president daarvan beskuldig dat hy, nadat hy sekere ondernemings tydens die AB se 100ste verjaardagviering gegee het, in ander geselskap ’n heel ander weergawe ingespan het. Ramaphosa is ook van bontpratery oor die onteiening sonder vergoedingplanne gekritiseer nadat die president met sy onlangse ekskursie in KwaZulu-Natal ’n heel ander deuntjie daaroor gesing het as die boodskap wat hy aan leiers in die buiteland opdis.

Zuma, Ramaphosa se voorganger, was juis bekend daarvoor dat hy sy boodskap aangepas het na dit wat die betrokke gehoor wou hoor. Tradisioneel word dit as goeie kapteinskap beskou as die stamkaptein saans in die kraal van familievuurtjie na familievuurtjie loop, en by elke vuurtjie gaan vertel wat die familie gaan vertel wat die aanhoorders wil hoor, al is dit presies die teenoorgestelde as dit wat by ’n ander vuurtjie gesê is. Met die toegang wat die media het, sal die een vuurtjie se aanhoorders nou ook hoor wat die stamkaptein by ander vuurtjies sê.

Ramaphosa is onder groot druk, hoofsaaklik van binne die ANC, en klaarblyklik by Zuma-ondersteuners. Dit lyk of Ramaphosa erg in die moeilikheid sal wees as die ANC nie 65% van die kiesersteun gaan kry met vanjaar se algemene verkiesing nie.

Om dit te vermag is daar talle struikelblokke, en of die probleme oorkom moet word deur die kraalvuurtjie-manier is moeilik om te voorspel. Die volgende faktore kan ʼn beduidende invloed op steun vir of teen Ramaphosa hê.

  • Steek daar waarheid in die aansprake dat Zuma self agter die stigting van die nuwe party, die African Transformation Movement (ATM), sit? Indien wel, kan die nuwe party beduidende steun uit KZN trek, en moontlik ook uit Mpumalanga.
  • Gaan die IVP sy steunbasis in KZN bly uitbrei?
  • Is die algemene waarneming dat Cope se steun in die jongste verlede begin groei het korrek?
  • Sal Ramaphosa, ’n Venda, effektief met die Zuma-ondersteuners, Zoeloes in veral KZN en Mpumalanga, kan meeding?
  • Hoeveel steun onder swart kiesers gaan die DA kry? Gaan die konsep van ’n mini-ANC steun by die ANC kan wegrokkel?
  • Gaan die EFF weer op sy voete land ná die VBS-skandaal?
  • Die uitwys van betrokkenes by die beweerde herkanalisering van miljoene rande se staatsfondse om stemme vir die ANC se leiersverkiesing in Desember 2017 te bekom kan ’n beduidende invloed op kiesersteun vir die ANC hê. Lees Daily Maverick se artikel hieroor hier .
  • In hoe ’n mate gaan van die partye van wie selde gehoor word, vooraf koalisie-planne agtermekaar kry?
  • Gaan die ANC se voorneme om nierassig te wees beduidend momentum kry?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Thinus Erasmus ·

En die antwoord is: Dit maak regtig nie saak nie.
SA gaan die verkiesing tegemoed met 300 of meer partye – maar net een gaan wen; die ANC. Oor 100 jaar van nou af ook.
Al kry hul net 35% of minder stemme, dit sal altyd reg gedokter word.
Die rede daarvoor is dat sekere mense (nie almal, net die meerderheid) is nie instaat om te leer uit die foute van die verlede nie, en leer net om met die gevolge van die foute saam te leef.
As jy my nie glo nie, gaan kyk na die res van Afrika, die bewyse is volop.

Hanna Hoekom ·

Dit sal weer net n goedkoop t-hemp en n klein kospakkie (all made in China) vat om die volk te laat stem. Hartseer, maar waar!

Chris Ws ·

Goeie artikel Mnr.Toerien!Myns insiens gaan Zuma ‘n beduidende faktor wees in die uitslae van hierdie verkiesing en dat hy stemme van die anc gaan afrokkel tot almal se voordeel.

Thinus ·

Ongeag van wat die kiesers wil hê, is dit wat die Wêreldbank en geldmag gaan toelaat en die geld wat spandeer gaan word. Die ANC in die Rothchild kamp en die DA in die Amerikaners se Rockefeller groep! Die Amerikaners moet hulle ekonomie red, maar die veiligheidsgemeenskappe wat namens die Amerikaners se bank groepe die Suid-Afrikaanse politiek manipuleer het sit met die 9/11 en Midde Ooste krisse en Britanje wat die organiseerder was van die wapenskandaal, wat deur die Wêreldbank finansier is wil sy geld hê. Brittanje kan nie uit BRIXIT nie en kan dus nie op die Statebondbank en Reserwebank, staat maak om hulle geld te verseker nie! Want die CIA het Ramaphosa, n Rothchild marionet, met die Lonmin insident n Ludlow slagting van 20 April 1914 te Colerado op gestel! Die Britte het nou teruggeslaan deur die DA te betrek by die Scweiser Reinicke situasie, het hy nie soos Kommandeur Gerhard ook aan Sarracusse Universiteit, studeer nie, het Alex Borraine nie met George Soros en die Wêreld Vredesorganisasie Suid-Afrika reeds in 1987 gekaap nie??? So dit hang af wie wil die meeste belê om die Suid-Afrikaner en spesifiek die Afrikaner as slaaf te hê? Die Britte of die Amerikaners????

Jerry ·

CR sal sy rol vir die ANC speel om die rand op te tel net soos Zuma sy rol gespeel het om die rand te laat val. Beide is dienaars van die ANC en praat namens Luthuli huis. Die ANC verwag van CR om verskillende boodskappe aan verskillende gehore oor te dra en dus kan daar met reg gese word dat hy met n gesplete tong praat! Dat CR net soos Zuma hier en daar sy eie intensies ook gaan laat geld en deur die ANC daaroor geroskam of geprys sal word, is ook n gegewe. Enige politikus aan wie daar die heeltyd voorgeskryf word gaan een of ander tyd ook sy eie ding probeer doen en by CR het dit reeds by tye sterk deurgeskemer, veral net nadat hy president geword het, alhoewel dit nou omtrent heeltemal afgeplat het. Na die verkiesing behoort hy weer redelik spoed te vang om sterker leiding te neem. Wat nie-rassigheid by die ANC aanbetref, is dit so dat hulle n nie-rassige party is, slegs natuurlik vir revolusioneres. As jy egter anti-revolusioner is soos wat 99% witmense is, dan word jy gereken die duiwel te wees en is jy die vyand van die NDR vir sosialistiese verandering en moet strikke vir jou gestel word en moet jy geblameer, uitgesluit, verneder en vervolg word. ANC politiek is dus ideologies revolusioner en doelbewus misleidend en witmense wat vir CR of vir die ANC stem is of revolusioner of laat hulself mislei!

At ·

Onthou…die OVK is die ANC se grootste bate. Hul sal besluit hoeveel stemme die ANC sal kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.