Nuuskommentaar: Raak Suid-Afrika lag-lag onregeerbaar?

Argieffoto van betogings in Suid-Afrika Foto: channelstv.com

Argieffoto van betogings in Suid-Afrika Foto: channelstv.com

In die aanlyn-tydskrif Moneyweb, verskyn nou ’n reeks artikels onder die titel, Death of ‘n Rainbow Nation.

Gaan dit werklik so beroerd daar buite?

Volgens die jongste verslag van die Gemeenskapsregsentrum aan die Universiteit van die Wes-Kaap, het gewelddadige protes in 2014 ’n nuwe “rekord” in aantal voorvalle opgestel. Die aantal protesoptredes én die aantal gevalle van geweld het in 2014 toegeneem.

Terwyl net ongeveer die helfte van die protesoptredes in 2007 die een of ander vorm van geweld opgelewer het, het dit in 2014 in omtrent 80% van die gevalle voorgekom.

Die nuwe “rekord” staan nou op 218, teenoor die vorige “rekord” van 204 in 2009 wat ook ’n verkiesingsjaar was. Die sentrum meen egter net ’n deel van die protesoptrede in 2014 hou met die verkiesing verband.

Hoewel die meeste proteste in Gauteng voorkom, is Kaapstad die stad waar die meeste voorkom.

Hoe ernstig is dit?

Dit is ’n gewelddadige protesoptrede amper elke tweede dag. Dit daag die grondwet uit wat slegs vir vreedsame protes voorsiening maak. En dit daag die gewone demokratiese prosesse uit.

Met ander woorde, partye word in wese vir stemme “afgepers” en geweld word ingeklits om die eise te versterk. Dis nie eens naastenby demokrasie nie.

Pres. Jacob Zuma se vaal staatsredes was nog nooit so ’n vonk in die kruitvat vir “Zuma bashing” soos vanjaar nie. Zuma, sy onbeholpe ringkoppe en verwarde sekurokrate het wel die opponente van Zuma se kokers vol vurige pyle geprop.

’n Waarnemer sal maklik die indruk kry dat Zuma eiehandig die situasie geskep het waar die wiele oor soveel terreine begin loskom. In baie gevalle was hy self die argitek en bouer van die probleme wat so geil staan, maar die land moes ook internasionale ekonomiese toestande die hoof bied, terwyl baie van die bestuurs- en administratiewe probleme ’n sleureffek is van swak aanstellings toe sy voorgangers nog die septer geswaai het. (Hy verkies egter om die “oorsake” verder te gaan soek – apartheid, kolonialisme en Jan van Riebeeck).

Nietemin, die konsensus staan redelik sterk buite Zuma se kring van vertrouelinge dat Zuma nié die regte persoon is om die land die toekoms in te lei nie.

Projeksies oor in hoe ’n mate gewelddadige protes gaan voortduur lyk egter nie goed nie. Die spanwydte van faktore wat ’n rol by die ontstaan van (gewelddadige) protes lei, is te uiteenlopend om sommer te verwag dit gaan afneem.

Sommige analiste striem die ANC kliphard oor die voorkoms van protesaksies – waaronder die poefie-oorlog) weens die ANC strategie om die Wes-Kaap onregeerbaar te maak. Dat die ANC die bestaan van die strategie periodiek ontken, beïndruk nie die waarnemers nie. En volgende jaar is verkiesingsjaar, wat beteken dat die bedoelde of onbedoelde aanslag eerder tot ’n toename as afname van sulke optredes gaan lei.

Tweedens is die jong 2015 reeds hard geskud deur xenofobiese aanvalle. Dié soort aanvalle kom deurlopend voor, maar selde op die skaal soos onlangs. Gewoonlik is dit ’n geval van maak nie saak wie vir wie oor wat kwaad is nie, die buitelanders se winkels word sommer gou ook aangeval en leeggedra.

Nog ʼn element wat vanjaar voorkom, hoewel ook nie nuut nie, is die kwessie van “tribalism”. Dit is die natuurlike gevolg waar twee of meer dorpe waarvan die stamverwantskap verskil, in een munisipaliteit saamgevoeg is. Die stam wat nie die mag hou nie, sal altyd wantrouig wees dat dié wat wel die mag hou, die ander afskeep.

Leë regeringsbeloftes, veral oor spesifieke sake, soos die belofte dat ’n teerpad gebou gaan word, boemerang sleg as die belofte verbreek word. Die beswaarmakers het vasgestel ’n “doeltreffende” manier om die regering tot verantwoording te roep is om skole met geweld te sluit.

En dan is daar gebrekkige dienslewering. Die ANC se amptelike, en ongrondwetlike, kaderbeleid het grootliks die probleem geskep en hou dit gevoed. Die “oplossing” is opleiding. Die probleem is net dat dit nie in die verlede gewerk het nie. Daar is ander kwaliteite soos werksywer en werkstrots wat bepaal of iemand suksesvol “ontplooi” sal wees.

Voeg hierby absurdhede soos nasionale kwotas, en die resep vir baie skeeftrekking bestaan. Die uitspraak van die arbeidsappèlhof in die Solidariteit-DKD-saak is dus uiters belangrik. Nie net in belang van minderheidsgemeenskappe nie, maar van die land.

Zuma se reaksie op die debat van sy begrotingsrede waarin hierdie sake uitgewys is, was om te lag. Die president is in die sosiale media verguis hieroor.

In sy repliek op die debat het hy skielik wal probeer gooi. Hy was selfs versoenend teenoor die Afrikaner, maar besef ongelukkig nie dat ’n eensydige verdraaiing van die geskiedenis die waarde van hierdie versoeningsgebaar eiehandig nek omdraai nie.

ʼn Bedoelde of onbedoelde wanvoorstelling van die geskiedenis laat ongelukkig die fondasies waarop die toekoms gebou moet word wankel.

Onlangs is groot gewag gemaak van die rassisme en aggressie op die sosiale media. Nou blyk ’n ander element – een van frustrasie. Baie word gepraat, baie word gepaai, baie word beloof, maar sake verander nie sienderoë nie.

Frustrasie sit om in moedeloosheid of aggressie.

Volgens ʼn opname van Pondering Panda voel 37% van die mense tussen die ouderdomme van 18 en 49 jaar hulle het hoop vir die land se toekoms verloor na die staatsrede. Net minder as die helfte van die ondervraagdes tussen 35 en 49 het na die staatsrede hoop verloor. In ’n soortgelyke peiling deur Maroela meen 83% van die deelnemers dat Zuma ʼn negatiewe uitwerking op die land het. Net 4% dui aan dat hulle ondanks Zuma nog hoop vir die land het.

Of Zuma se ja-maar-repliek veel gaan doen om die gemoed in die land om te keer, moet nog gesien word. Een groot faktor tel daarteen – dit kom van Zuma se kant af.  Veral by minderhede is sy debiet hoog – soos die nasionale kwota-vereistes wat die bruin mense erg benadeel, en sy administrasie se versuim om plaasaanvalle tot prioriteitsmisdaad te verklaar, of selfs net gereeld onomwonde te veroordeel.

Die ANC is by daardie vurk in die pad, waar met apologie aan ’n stewige soort sopie, die volgende gestel word: “You can stay as you are, or you can change to Ramaphosa.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

esther ·

>>>en sake @ TUT ruk handuit…ons kinders wil studeer maar word uit klasse gejaag (11/2/2015) met dreigemente dat as hulle nie voor 12uur van kampus af is nie gaan hulle karre gebrand word>16/2/2015 word studente buite kant hekke van TUT (pretoria) deur polisie weggewys terwyl rooi pette OP kampus toitoi…dis vandag 20/2/2015…en???? my kind sit tuis, die kampus is gesluit ….en ons wag ………voel of als buite beheer is en in totale chaos ontaard. Het mens nie n REG om te studeer nie?…

Pierre Celliers ·

Die omstrede Italiaanse dokumenter, “Africa Addio”, wat in die sestiger
jare vervaardig is, is op “Youtube” beskikbaar. Kyk dit gerus!!
Maak seker dis die “volle” dokumenter.

jjobson ·

Smile zumpie smile, as prezzie sal ek op my veepos NKANDLA gaan woon as MY OWN en niemand kan dit wegneem. 100% kyk ek agter jou KOP vas.

ladybug ·

Die drama het begin to FW ons uitverkoop het, nie nou eers nie!

Dinge sal verander, God het ons nie vergeet nie!

Leeutjie ·

Ek het netnou op ‘n ander artikel melding gemaak van die Lion King van Steven Spielberg. As ek na die prentjie kyk met die man wat alles laat brand om hom kan ek nie anders om weer op te haal dat die fliek my geroer het. Dit is asof die Lion King Suid-Afrika se omstandighede vooruitgeloop het. In die verlede kon ons sorgeloos tussen hoe bome rondhardloop sonder om bedreig te voel. Ek voel dit was die tyd toe Mufasa nog aan bewind was. Toe kom Skaar!!! En alles word swart gebrand en doodgemaak…. So selfvoldaan is die karakter op die prentjie asof hy pas uit ‘n fliek kom waarin hy die hoofrol speel. Gaan ons lewe weer draai en gaan ons ‘n Simba kry wat ons land in die regte rigting stuur? Ek is baie skepties!

Grassie ·

Wanneer Zoempas in sy eie taal met sy eie mense praat, begin hy te sing dat die boere geskiet moet word en vra hy waar is sy masjiengeweer. Wanneer hy in die parlement vrae moet antwoord raak hy “versoenende” snert teenoor die Afrikaners kwyt. Mandela het dit ook gedoen. Daar is geen versoening in hom nie – wag en sien.
Ramaphosa sal nie maklik as president verkies word nie want hy is nie ‘n Zoeloe nie.

Rosemary ·

Ek stem met almal se kommentare hier bo. Wat ek wil vra is, en moet my nie hieroor stenig nie, my hart is diep boer, – ons lees elke dag van optogte, swak dienslewering, Eksdom, Zumpa en sy trawante, bedrog, korrupsie, diefstal, verkragtings, moord, martelings, ons behoort aan menige FB blaaie waar ons uiting gee aan ons frustrasies, se wat ons dink, stem met ander se kommentare saam, “share ” berigte ens, maar dis waar dit bly
bly. Wanneer gaan daar ophou om net te praat, en oorgaan om iets daaraan te doen
doen. Gaan ons net terug sit en praat en bitch en moan, of gaan ons begin opstaan en se – Right genoeg is genoeg en werklik begin werk daarvan te maak, daad by mond by te voeg, of gaan ons sit en wag om soos skape wat nader en nader aan die let te ploeter soos in die slagpale, want dis wat gebeur
gebeur. Ons IS op die loopband in die slagpale, en almal sit agteroor en wag vir n wonderwerk. Dit gaan nie gebeur nie, niemand gaan na ons redding kom nie, daar is nie n ridder op n wit perd nie, daar is nie n ander land wat vir ons in die brese tree nie. Gaan ons dood stil sit en soos skape ons lot aanvaar totdat die laaste een van ons uitgerooi word
Dae van sit en wag, verder probeer onderhandel, wat ons voor ons siele weet nog nooit gewerk het nie, en nie gaan werk nie, en blindelings hoop vir n verbetering, is lankal verby, dis amper te laat, of gaan ons begin iets daaraan te doen?
.

Rosemary ·

Ek stem met almal se kommentare hier bo. Wat ek wil vra is, en moet my nie hieroor stenig nie, my hart is diep boer, – ons lees elke dag van optogte, swak dienslewering, Eksdom, Zumpa en sy trawante, bedrog, korrupsie, diefstal, verkragtings, moord, martelings, ons behoort aan menige FB blaaie waar ons uiting gee aan ons frustrasies, se wat ons dink, stem met ander se kommentare saam, “share ” berigte ens, maar dis waar dit bly
bly. Wanneer gaan daar ophou om net te praat, en oorgaan om iets daaraan te doen
doen. Gaan ons net terug sit en praat en bitch en moan, of gaan ons begin opstaan en se – Right genoeg is genoeg en werklik begin werk daarvan te maak, daad by mond by te voeg, of gaan ons sit en wag om soos skape wat nader en nader aan die lem te ploeter soos in die slagpale, want dis wat gebeur
gebeur. Ons IS op die loopband van die slagpale, en almal sit agteroor en wag vir n wonderwerk. Dit gaan nie gebeur nie, niemand gaan na ons redding kom nie, daar is nie n ridder op n wit perd nie, daar is nie n ander land wat vir ons in die brese tree nie. Gaan ons dood stil sit en soos skape ons lot aanvaar totdat die laaste een van ons uitgerooi word
Dae van sit en wag, verder probeer onderhandel, wat ons voor ons siele weet nog nooit gewerk het nie, en nie gaan werk nie, en blindelings hoop vir n verbetering, is lankal verby, dis amper te laat, of gaan ons begin iets daaraan te doen?
.

Johan Pelser ·

Goeie dag. Is die tyd nie ryp vir n magtige finansieele organisasie om n Privaat Universiteit Groep te stig nie? Kampusse in die Noorde + Suide met streng voorwaardes by aanvaarding. Ek weet self nie of dit wel al reeds bestaan nie? Ons mense gaan bang wees,of is al reeds,om ons kinders na Universiteite toe te stuur! VRA MAAR NET! Groete. JJ

Renier ·

SA se demokrasie is soos die krag netwerk, as jy wil krag hê moet jy die krag voorsienings netwerk onderhou, jy moet moeite doen en geld spandeer op nuwe toerusting, netso moet die leiers van die land demokrasie onderhou, Zuma onderhou net die gedeeltes van demokrasie wat hom pas, en dit word goed gekeer deur die meerderheid, want hulle bly vir hom stem. Hy sal aanhou doen wat hy doen, net die stemme by die bus kan hom stop.

M Oosthuizen ·

Herman jou goed nagevorsde en insiggewende kommentaar is ‘n ligstraal in die duisternis
Boer se grootwild ruiltransaksie net so oorspronklik en verfrissend met ongelukkig hartseer einde wat meer se voorland is indien die bedrog wat in ons land seevier nie gou in die bek geruk word nie! Hou vol daarmee om jou brood op die water te werp Ons bid en glo dat dit vrug sal dra

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.