Nuuskommentaar: Ramaphosa + Bosasa ≠ Bossanova

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Phando Jikelo/ANA

Die bal is nou in pres. Cyril Ramaphosa se eie hande oor hoe hy die Bosasa- dilemma begraaf gaan kry. Dit, tesame met sy Achilleshiel, die voorgenome onteiening sonder vergoeding, gaan die aanslag teen Ramaphosa feitlik ondraaglik maak en sy presidensie erg verswak tot hy die kwessie bygelê kry.

Toe daar die eerste keer sprake was van ongerymdhede oor die R500 000 wat deur die omstrede Bosasa in pres. Cyril Ramaphosa se seun se bankrekening inbetaal is, het die president onderneem dat hy sy seun self polisiestasie toe sal neem met die oog op moontlike vervolging. Intussen het Ramaphosa erken dat die antwoord wat hy aanvanklik aan die parlement verskaf het, naamlik dat die seun die geld vir konsultasiewerk verdien het, onjuis was en deur Bosasa geskenk is vir Ramaphosa se verkiesingsveldtog om die presidentskap van die ANC. Hy was onbewus van die skenking en het onderneem om die geld terug te betaal.

Bosasa is lankal in die nuus, meestal om die verkeerde redes, maar die kwessie het vroeër vanjaar ’n kinkel gekry toe dit blyk dat die ANC-LP en medevoorsitter van die grondwetlike komitee wat intussen betrokke was by die voorgestelde wysiging van artikel 25 wat onteiening sonder vergoeding moontlik sou maak, Vincent Smith, R670 000 by die einste Bosasa geleen het.

Die geld is in 2015 en 2016 in twee paaiemente aan Smith oorbetaal.

Vincent Smith. Foto: Henk Kruger/ANA

Smith ontken dat hy geweet het die geld kom van Bosasa aangesien hy ’n intussen geskorste werknemer van Bosasa vir die lening gevra het. Smith het op sy beurt gehelp dat die werknemer se seun werk as navorser by die ANC kry.

Smith was voorsitter van die parlement se komitee oor korrektiewe dienste toe die destydse hoof van die spesiale ondersoekeenheid, Willie Hofmeyr, getuienis voor die komitee ingedien het dat Bosasa werknemers van korrektiewe dienste omgekoop het om tenders ter waarde van R1,5 miljard los te slaan.

Die DA het ook twee jaar gelede ’n vertroulike verslag van die spesiale ondersoekeenheid ingedien wat handel oor die beweerde korrupsie tussen Bosasa en die destydse hoof van korrektiewe dienste, Linda Mti. Die SOE se ondersoek was teen 2013 reeds voltooi, maar niks is daaraan gedoen nie.

Hierdie skynbare onheiligheid was nog aan die gons toe Ramaphosa se Bossanova-rustigheid blywend versteur is. Bossanova verwys kortweg na ’n rustige musiekvorm wat in Brasilië ontstaan het. Dit word sterk met ontspanning in verband gebring.

Nog ’n interessante stertjie is dat die oud-SAUK- operasionele hoof, Hlaudi Motsoeneng, besonder vaag was toe hy gevra is na berigte wat lui dat Bosasa sy regskoste van R1 miljoen betaal het.

Adjunkpresident David Mabuza by die grondberaad in Limpopo wat deur Agri SA en Landbouweekblad aangebied word. Foto: Verskaf

Ondanks die kwessie van onteiening sonder vergoeding (OSV) wat Ramaphosa se beeld ernstig geskaad het, geniet hy by baie Suid-Afrikaners wat ontstoke is (oor die OSV) steeds die beeld van uitstaande mens en president. Sy beeld as kampvegter vir moraliteit en stoom afblaas teen korrupsie het baie daarmee te doen. Maar nou het, soos die opskrif in ’n koerant lui, die “messias” se kleed ’n vlek op gekry.

Hoewel geen rustigheid Ramaphosa nou te beurt sal val nie, lyk dit nie of sy posisie as president besonder in die gevaar is nie. Dit lyk nie of enige opposisieparty nou wil hê die president moet val nie. Sy grootste gevaar, so lyk dit, is sy vyande in die ANC. Adj.pres. David Mabuza het egter pas sy, en sy ondersteuners, se volle lojaliteit teenoor Ramaphosa verklaar.

Wat kan Ramaphosa nog doen om sy posisie gekonsolideer te kry? Die feit bly, hy het aansienlike “dividende” van die skenkings vir sy verkiesing verdien. Om bloot die bedrag aan Bosasa terug te betaal ontdaan dus geen moontlike voordeel wat hy gekry het nie. Dit lyk net billik dat hy ook aanbied om ten minste nog R500 000 aan ’n welsynsinstelling te skenk.

’n Kommissie van ondersoek na Bosasa se “werkswyse” is nou gebiedend noodsaaklik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Paul ·

Ek het ‘n idee almal is so verlig dat daar uiteindelik van Zuma ontslae geraak is, dat hulle nie graag wil sien dat CR sommer binne die volgende jaar oor sy skoenveters struikel nie, maar ongelukkig het hy dit vanselwers aanmekaar geknoop.

Nou wag mens maar op die volgende messias wat erns in die verskiet is, dalk.

Grassie ·

Ramaja het nou al soveel kluitjies vertel en dubbelsinnighede kwytgeraak dat dit baie moeilik gaan wees om enigiets te glo wat hy sê. Dat hy R500 000 pasella kry en nie daarvan weet nie – net idiote sal hom glo. Die probleem is net – as hy nou moet sink, wie volg hom op? Mabuza of me Zuma? Ons moet maar hoop hy oorleef die krisis.

dr. Sakkie van der Merwe ·

Hy lieg net soos sy voorgangers. Waar is die mense wat so opgewonde was toe hy die leisels oorgeneem het. Jy kan hom en sy kaders nie vertrou nie.

Paul ·

Jongtyd het ek die stories van Bulldog Drummond deur Gerard Fairlie verslind. Wie onthou dit nog?

Drummond’s wartime experience had given him a series of abilities akin to that of a hunter: stealth, “he could move over ground without a single blade of grass rustling”, and the ability to incapacitate others, “he could kill a man with his bare hands in a second”.

During his time on the Western Front he would take himself on solitary raids through no man’s land. Drummond was also proficient in jujutsu and boxing, was a crack shot, played cricket for the Free Foresters, and was an excellent poker player. In addition to Drummond’s physical attributes is his common sense, which allows him to equal and beat his opponents, even if they have a superior intellect.

Drummond is characterised as large, very strong, physically unattractive and an “apparently brainless hunk of a man”, He is six feet tall, weighs around 14 stone, and has a “cheerful type of ugliness which inspires immediate confidence in its owner”.

waarheid ·

Soos ek voorheen gese het – daar is niemand in die regering wat NIE korrup is nie.,

Willie Gouws ·

Korrup korrupter korrupste of is dit bloot net korrupste korrupste korrupste . Nie een van die kaders kan vertrou word nie .C.R net so korrup soos J. Z. hy dink net hy is slimmer .

Geregtigheid ·

Hoe weet wanneer Politici LIEG? Elke keer wanneer hulle hulle monde oopmaak is dit net LEUENS. Dan wil hulle lands burgers se repek he????

HPV ·

Van een leuen na die ander, van een diefstal na die ander, so sal dit aanhou tot daar niks meer oor is nie en niks meer werk nie. Nou wil die anc regime die klompie produktiewe plase, besighede ens ook plunder. Sal hulle ooit iets opbou deur ‘n eerlike dag se werk? Dit is maklik die land in Afrika wat die vinnigste vernietig is.

ManieM ·

Wees versigtig vir CR. Hy het al die jare in Zupta se binnekring gesit en niks geweet nie. Vertel my ‘n ander storie! Adjunt wat nie weet wat sy hoofde doen nie. Hy is een van hulle net meer slu!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.