Nuuskommentaar: Ramaphosa en die Afrikanerbond-eeufees

Pres. Ramaphosa. Argieffoto: Elmond Jiyane/GCIS

Die Afrikanerbond (AB), toe nog bekend as die Afrikaner Broederbond, of sommer net die Broederbond, is op 5 Junie 1918 gestig. ’n Boek, Broederskap, is by die honderdjarige bestaan bekend gestel.

Deur die jare het ’n baie negatiewe beeld oor die organisasie by mense ontstaan. Heelwat mense praat steeds met groot bitterheid oor hoe hulle self, of hul ouers, deur die AB benadeel sou gewees het. ’n Onlangse briefskrywer op Netwerk 24 skryf van die “gebroedsel”. ’n Vermoede is dat daar takke was wat “rogue” geword het en teen die AB se beleid in, klein byltjies gaan slyp het. Dit word dikwels aan die destydse vertroulike aard van die organisasie toegeskryf, en die allerverskriklikste dinge is al in artikels en hier en daar ’n boek aan die AB toegeskryf. So is beweer dat die AB (of dan die destydse regering) verantwoordelik was dat die Rietbok, ’n Viscount van die SAL, in 1967 met ’n lewensverlies van al 25 mense aan boord, by Kayserstrand in die Oos-Kaap neergestort het. Hiervolgens sou die “ongeluk” teen JP Bruwer gemik gewees het. Bruwer, waarnemende hoofleier, sou een van twee passasiers wees wat teen apartheid gekant was.

In ’n kort, onlangse berig noem die redakteur van Beeld, Barnard Beukman ’n aantal beweerde kenmerke van die AB wat die organisasie se beeld geskaad het, soos baantjies vir boeties. Lede is glo ten koste van nie-lede in top-poste elders bevorder.

In ’n uitgebreide artikel deur die hoofsekretaris, Jan Bosman, wat terselfdertyd ’n resensie van die nuwe boek, Broederskap is, val ’n ongenoemde skrywer wat die inleiding geskryf het, sommer weg deur die AB “omstrede” te noem.

Tog meen Beukman die opskorting van die AB se vertroulike aard was ’n fout.

In ’n uitgebreide artikel op LitNet skryf die destydse redakteur van Volksblad, Hennie van Deventer hoe sy beroep as joernalis soms ingedruis het teen sy lidmaatskap van die AB waar hy vertroulike inligting vir homself moes hou. Met die 1994-oorgang het die joernalis in hom egter die oorhand gekry.

Die artikel meld prestasies wat die AB reeds bereik het, en nog wil bereik.

In ’n mediaverklaring wat Woensdag uitgereik is, skryf Bosman dat pres. Cyril Ramaphosa vanaand (7 Junie) die AB tydens ’n meerdaagse hoofraadsvergadering wat in die Paarl gehou word, gaan toespreek. Oudpres. Nelson Mandela en Thabo Mbeki het tydens hul ampstermyne ook so gemaak.

Groot verwagtinge word nou gekoester oor hoe Ramaphosa die Afrikaner beskou, en na verwagting vanaand die sluier gaan lig. Die ANC het met sy eie brouwerk die dividende wat hy in 2012 met sy eie eeufees kon verdien, egter verkwansel, en Maroela Media het destyds breedvoerig daaroor berig. Vanjaar word Mandela se 100ste verjaardag egter gevier en kry die ANC “onder nuwe bestuur” ’n kans om die beeld te poets. Ramaphosa is egter onder enorme druk, en dit sal interessant wees om te sien of hy die goue oomblik wat die AB hom vanaand bied, in landsbelang kan benut. Dit sal veral interessant wees om Ramaphosa se hantering van die kwessie van die onteiening van grond sonder vergoeding tydens sy toespraak, te analiseer. Gerusstellings wat op leë woorde neerkom, sal net nie deug nie.

Die AB skep nou vir Ramaphosa ’n unieke geleentheid om sinvol na die Afrikaner uit te reik, en hy sal goed doen om die geleentheid met meer inhoud aan te gryp as sy voorgangers se braaivleis- en leëbekpraatjies. Soos Bosman dit in die mediaverklaring stel: “Dit is vir die Afrikanerbond daarom aangenaam om pres. Cyril Ramaphosa by die Eeufeesviering te ontvang en te luister na sy visie vir Suid-Afrika en dan veral die kwessies wat vir ons as Afrikaners belangrik is.” Dis egter nie net die AB wat gaan luister nie – die ganse land en veral alle Afrikaners en ander minderhede het groot belang hierby. Mag dit nie verkwansel word, of deur Zuma se “terugvegpoging” in die slag bly nie.

Wat die AB self betref, meen dié organisasie hy het aanvanklik ’n groot rol in die opvoedkundige rol van die Afrikaner gespeel, en daarna die ekonomiese rol. Daarna is ’n groot rol in die politieke bemagtiging van die Afrikaner gespeel.

Oorkondes word ook tydens die hoofraad se saamtrek aan die volgende persone oorhandig: 

  • Prof. Hermann Giliomee vir sy besondere ruim bydrae tot die geskiedskrywing van die Afrikaner.
  • Mnr. Dave Steward vir sy besondere bydrae op grondwetlike terrein.
  • Mnr. Carel Trichardt as erkenning van sy lewenslange bydrae en uitlewing op kulturele gebied.
  • Dr. Carel Stander vir sy besondere bydrae met die finansiële bestuur van die Afrikanerbond en sy breë bydrae op kulturele gebied.

Al hierdie aspekte sal weer tydens die hoofraad se bespreking oor die toekoms herbesoek moet word. Op ekonomiese gebied sny SEB- en ander wetgewing diep in op die Afrikaner se vermoë om die ekonomiese welslae van die verlede te handhaaf. Daar is ’n besliste aanslag op veral die taalgebied teen Afrikaans, en op politieke gebied sal fyn getrap moet word oor hoe die Grondwet die soort beskerming kan bied wat met die opstel daarvan beoog is.

Samewerking met ander organisasies wat soortgelyke doelwitte stel, sal deurlopende aandag moet geniet, al verskil die metodes om doelwitte te bereik van mekaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Basson ·

Ek dink die bedoeling was goed in 1918 en in konteks gesien was dit bes moontlik nodig op daardie stadium

Egter is my ervaring dat dit vele jare later die binnebaan geword het vir bevoorregting, posisies / mag ens, die NP se eie ‘BEE’ ekwivalent.

(Regter DH Botha se bevindinge is nooit bekend gemaak?)

Basson ·

Mag verkeerd wees, maar ek dink die een mag nie lid van die ander gewees het nie?
(Dan was daar ook nog die Ruiterwag ens)

SApap ·

Jy is 100% korrek Christa. So dis nie regtig in ons belange nie, maar natuurlik in die belange van die groter prentjie wat ingekleur word vir NWO.

Nope ·

Nee glad nie, dit is twee verskillende organisasies met verskillende waardes. Die Vrymesselaars was bv multikultureel EN mense kon enige godsdiens beoefen, selfs geen, terwyl die Broederbond in sy vroee stadium baie Afrikaans was, wit en jy moes aan ‘n SUSTERSKERK behoort. Die punt is egter BEIDE organisasies het vir hulle lede gesorg vir bevorderings, vir werk, en vir tenders ens. Hulle het na mekaar gekyk.

M ·

Die Afrikaaner Broederbond is een van die 33 grade van die Vryemesselaars. (wereldwye uliminate). Lees meer op oor Vryemesselaars wereldwyd en mens verstaan baie meer van ons politieke verlede. AB is nie n organisasie waarop ons moet trots wees of voortbou nie. Jammer.

Andre ·

Ek sien Herman trap fyn in sy artikel hierbo. Die feit is dat die AB ‘n uitvloeisel is van die Broederbond en om daardie rede ‘n groot bedreiging vir die Afrikaner se belange. Goeie kommentaar deur almal hierbo wie kommentaar gelewer het.

bloues ·

Die Broederbond van ouds (Voor Treurnicht en ander die bond verlaat het)_, het goed gedoen vir die Afrikaner. Dit het eger ontaard in ‘n manne bende wat net na hulself en hul eie sakke gekyk het. As jy een van hulle was sou jy die vrugte pluk maar sou jy een van hulle teenstaan sou hulle die wereld vir jou omgekrap het. Selfs afskuwelike optredes is deur hulle en die Ruiterwag(hul kleinboetie) verdedig ten koste van die regverdige.
Veral in die kleiner plattelandse dorpies het hulle geheel en al die septer geswaai.
Ek wonder of daai manne lekker kan slaap.
Ek sou nie!

Stem bloues ·

Ek stem bloues, die aanvanklike idee was goed, maar later het hulle net hulle vriende bevorder en vooruit laat gaan, die arme ander harde werkers het nooit voor gekom nie, hulle het hulle vriende en mede Broederbonders beskerm, omarm en ‘n onregverdige voordeel bo ander gegee. Hardwerkende blankes en mense van alle kleure kon vergeet om bevorder te word as hulle nie Broederbonders was nie … Hulle het mekaar erg in die rug gesteek . en is deel van die val van die NP party.

R ·

Ek is ‘n trots Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner.
Maar ek is beslis nie ‘n Afrikaner nie.
Ek het gisteroggend die onderhoud op RSG geluister – en my mond het oopgehang. Maar nou ja – julle pla my nie, julle is so geheimsinnig, ek hoef my nie aan julle te steur nie.
Sterkte.

JC ·

Ek respekteer jou opinie R, maar indien jy nie ‘n Afrikaner is nie, wat is jy dan?
Jy kan nie identiteitloos bly, en in die proses jouself skaad deur ‘n punt te probeer wys nie.
Is jy dan ‘n Boer? Of ‘n Afrikanerboer? Die punt is; iets moet jy wees, anders het jy nie ‘n etnisiteit nie. Jy kan nie etnisiteitloos wees nie, of hoe?

Ek glo alle organisasies moet ‘n kans gegun word om hulself te bewys, so ook die AB ! (Afriforum het reeds keer op keer, waar sou ons sonder hulle gewees het!?)

Ons almal verkeer MAAR in glashuise, en dit help nie ons loop met klippe in die hande rond nie, besluitende wie om te bestook EN WIE nie!

Ter wille van ons TROTSE erfenis en voortbestaan as die enigste volhoubare blanke beskawing, en INHEEMSE AFRIKAANSE BLANKE BESKAWING buite Europa, die Nuwe Wereld en Australasie, om hemelsnaam, hou op ontken en probeer aan oplossings dink!

Ongelukkig is daar nie kortpaaie vir ons nie, ons moet raakvat of los!

R ·

Ek is ‘n wit, Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner. Ek, my ouers, my grootouers en nog geslagte terug, is almal hier gebore. Ek het ‘n identiteit – ek is ‘n Suid-Afrikaner. Ek probeer my heel beste om met my mede landsburgers oor die weg te kom – maak nie saak watter kleur, geloof, geslagsoortuiging of enige iets nie. Ons is almal dieselfde – ons is almal Suid-Afrikaners, of dan Afrikane. Ek is niks beter as enige iemand anders nie. My gunsteling Afrikaanse sanger is Refentse – vir die mure wat hy afbreek. Ek gaan Saterdag vir die Bokke skree, en is trots op Siya se kapteinskap. Ek wil nie aan enige organisasie behoort wat “eksklusief” is op grond van ENIGE iets nie. Noem my naief, liberaal, watookal. Dit is hoe ek kies om te wees. Ubuntu.

Jakalas ·

Hulle kontakte in die regeering het hulle lekker ryk gemaak terug in die tyd. Daai biljoenêrs van Stellenbosch het hulle geld gekry deur daai AB kontakte met die regeering. Hulle was maar net so korrup soos die huidige regeering, maar mens het amper niks daarvan gehoor nie.

Theo ·

Ek was self lid van die Afrikaner Bond en het uit getree as gevolg van my ouderdom en aftrede. Nie te min “M” die Bond was/ is en het geen verbintenis met die vrymesselaars nie. Dis so ironies dat mense aleewig die AB kritieseer, as Afrikaners n organisasie stig dan is dit sleg en verkeerd. Die Engelsprekedes het vir jare The Sons of England gehad weet nie of dit nog bestaan nie, en die Joodse Gemeenskap The Jewish Guild. Geen woord is ooit teenoor hulle gerep nie. Die ideologie van al die organisasies was basies die selfde, om na ons eie mense (Afikaners, Engelsprekendes en Joode ) om te sien. Ek was teenwoordig toe Mbeki die AB toe gespreek het in die Stadsaal van Pretoria. Ons het vir hom alle lof toegesing en gebid en gehoop dat na ons ook as Suid Afrikaners/Afrikaners ook n plek onder die Afrikason mag kry, maar helaas, met al die mooi woorde en beloftes het daar absoluut niks van gekom nie. Inteendeel daar word n jaar later na ons verwys as “Special Colonialists” So ja, ek het my bedengking oor wat Ramaphosa gaan kwyt raak, ons was al te veel in die verlede terleurgesteld.

J ·

In die praktyk het broederbonders hulself bevoordeel en gewone afrikaners misbruik om dit te doen

Attie No1 ·

Hoeveel lede het hulle? Bitter min, so hulle het geen reg om namens enige iemand te onderhandel of namens Afrikaners enigeiets te doen nie. Hulle het so slegte naam onder Afrikaners dat hulle totaal irrelevant is.

Lerato ·

In die laat 70’s werk ek en ‘n kollega ons asse af in n regerings instelling. Ons albei doen aansoek vir bevordering. n Ou wat by die werk sit en koerant lees sonder aansoek vir bevordering kry dit. Hier sou toe n werksrevolusie ontstaan. Hy is toe na n ander tak verplaas.
Toe ek hom oor sy bevordering uitvra, vertel hy dat hy dit gekry het omdat hy n lid van die broederbond is. Die ironie is dat hy toe totaal in die hoër pos gefaal het

Ja wohl ·

Jy praat nou die waarheid. Veral in die onderwys was hulle baie aktief .. altyd gesorg dat hulle maatjies Inspekteursposte en Hoofposte van groot skole kry terwyl die harde werkers agtergelos is .. ongeag hulle goeie werk en opofferings is hulle altyd teruggehou. Hulle moes die werk doen, die Broederbonders het die groter salaris en hoër titel gehad.

Casper Labuschagne ·

Swartskoendraers en baantjies vir boeties was sinoniem met die Broederbond gewees. In die weermag was gesê dat indien jy ‘n offisier wil word, dan weet ek wat om te doen. Nodeloos om te sê dat ek maar die onderkorporaal, korporaal roete gevolg het. Omdat jou eie paar swartskoene sinoniem geword het met jou opgang in Afrikaner organisasies, die Nasionale Party, die staatsdiens, die weermag, of selfs die sukses van jou beroep in groot Afrikaanse maatskappye, kan ek die stelling maak dat die Afrikaner daardeur ‘n natuurwet oortree het deur sy eie nes daardeur te bevuil, en dat die nagevolge daarvan nog vir geslagte by ons sal spook.

Een van die dinge wat ek waardeer het van die tydperk na 1994 was dat daar nie meer ou omies met snaakse hoedjies was wat namens my gedink of besluit het nie. Vandag is hulle terug, al is dit met oopnekhemde sonder die hoedjies en swart skoene, maar hulle beheer die Afrikaanse media en dink en besluit al weer (nog steeds?) namens my op die weg na ‘n sogenaamde limnaliteit vir die Afrikaner. Daar is vir my eintlik min verskil tussen hulle en die kommuniste en radikales in die regerende party wat ook namens my wil dink en besluit omdat net hulle kan weet wat goed is vir my.

Eish ·

Die bond is nie my pot sop nie.
Kom ons kyk wat gebeur op die teepartytjie.

marous ·

Geplant in Afrikaner geledere om die belange van die geldswaaiers van die wereld te dien . Rapportryers en Ruiterwag was hulle kinders se speelparke. Die wat dit nie glo nie , kan maar gaan kyk wat se posisies hulle beklee het en aan welke politieke pary hulle almal behoort het. Geen deel van die boerevolk nie.

Bouer ·

Indien die Afrikanerbond iets werd was, sou ons nie al ons Afrikaanse hoëronderwysinstellings verloor het nie. Ek blameer hulle daarvoor. Dit was nog altyd my indruk dat hulle net na hul eie belange omsien.

Ek stel voor dat hulle ontbind en al ons belange aan aan die Solidariteit Beweging (en al hul onderafdelings) oordra. Dit is waar die groei tans plaasvind.

Ons toekoms is nou buite die staat.

Marietjie ·

Dankie Marous, ek het baie gewonder of die Rapportryers die “jeugliga” van die Broederbond was.

J ·

Die ruiterwag was die jeugvleul van die broederbond En die Rapportryers was die werwingsveld van die ruiterwag en broederbond Vandag nog

Kind van AB leier... ·

Theo

My pa was n AB leier, ekt nogal heelwat gaan delf in die oorsprong van AB , junior Rapportreiers, swartskoene, noem dit wat jy wil.

Dis die ‘scary’ deel, dat lede genader word om deel te raak van n ‘onskuldige’ organisasie, maar nie weet
Wat en wie die hoof/oorkoepelende organisasie is wat hul op n sagte manier probeer intrek nie.

Ek Wil niemand oordeel wat al deel wat van dit nie; ek se net maak seker waarin julle julself laat intrek. Kennis kennis kennis!!

Die vyand loop rond soos n brullende leeu……

Boerseun ·

Hahaha, die Afrikaner het lankal sy rug op die klomp gedraai nou wat dink Ramaposa gaan hy hier uit beryk. Dit is hulle skuld dat ons vandag moet veg om oorlewing, net n ouklomp “when we’s” nog oor daar.

Boerseun ·

Moet ook nie miskyk dat dit in die “Paarl” gehou word. Snaaks hoe al die elite uit die kaap gekom het wat na die oorlog to die Boere in kampe gegooi was baie geld gemaak het.

J ·

Wie het die broederbonders nou eientlik die reg gegee om namens afrikaners te praat Broederbonders was seker die eerste staatkapers Om besigheid met die staat te doen moes jy n broer gewees het Lenings en kontrakte het broers sommer outomaties gekry Groot was my skok toe ek uitgevind het broederbonders se seuns het sommer outomaties rang in die weermag gekry met diensplig

Reguit ·

Bly om te sien dat daar nog ingeligte mense soos Marous is. Die BB/AB was in die geheim deur die Vrymesselary (Rothschilds, NWO) geskep – naamlik ‘n geheime organisasie bínne ‘n geheime organisasie (gekompartementeer) – daarom die openbare (skyn) vyandigheid wat tussen die BB/AB en die VM voorgehou was. Beide die AB en die VM deel dieselfde linkse vrugte, naamlik “vryheid, gelykheid, broederskap, nie-rassigheid”, ensovoorts. Ruiterwag, Toekomsgesperk en Rapportryers is o.a. hulle filiale. Tot vandag toe word kinders in die skole deur die Rapportryers geëvalueer en gewerf, meestal kinders met ‘n hoë IK. Hulle lede sluit diegene in soos Pik, Roelfie en FW. So te sê elke Afrikaanse skoolhoof behoort aan hulle en hulle beheer talle organisasies vanaf FEDSAS tot Afrisake.

Inligting ·

Lees ‘Die Afrikaner-Broederbond: Eerste 50 Jaar” van A.N.Pelzer ISBN 0 624 0127 19 (eerste uitgawe 1979) waar op bls. 72/73 ontsteltenis was/is oor AB-lede wat ook aan die Vrymesselaarbeweging behoort (het) selfs so vroeg as 1924. Gedurende die 1940’s/50’s was daar egter nie ‘n verbod om aan beide te behoort van die AB se kant. Lees egter eerder die boek vir verdere inligting.
Lees ook ‘DIE VRYMESSELARY Sy Geheime en Gevare’ van Ds. F.N.van Niekerk ISBN 0 7987 0192 7 (gedruk 1979) veral bls. 193 waar staan ‘(8) Geen ooreenkoms met Broederbond’ waarop volg ‘Lesers sal opmerk dat ons geen kritiek uitspreek teen ‘n geheime beweging soos die Broederbond nie. Daar is redes voor.’ en wat dan daarop volg. Hierdie boek is uiters skaars en dus nie maklik te kry.
Voorgaande wys egter dat daar destyds oorvleueling was maar dat dit toetaal verskillende organisasies was/is.

piet ·

Inligting. Goeie plasing! Het die vrymesselaar boekie in my besit. Ook n soortgelyke inligting stuk oor die gevare van VM ,uitgeruik deur die NG Kerk.

Geen verwantskap.VM distansieer hom van Christus. AB glo aan God Drie Eenig.
Mense ,word wakker en kyk eerder na die invloed van VM ooral. Hul direkte bedreiging vir Afrikaners.
Twee weke terug selfs n reklame veldtog geloods waar hul grandmaster in SA,op Jakaranda se Riaan program n onderhoud gevoer het.
In my werk plek is my bevordering heeltyd in geperk deur VM. Ek my al in my jeug wysgemaak oor hul uitkenning handdrukke,liggaams seine en gewoontes. Hullle is ooral,en hul loop oor ons!

Skepties ·

Hou die klippe tot aan die einde van die paragraaf.
Wat ek ervaar uit al die kommentare is ‘n klomp mense wat so onseker van hulself is dit grens aan paniekbevange. Dan is die AB deel van die VM. Dan nie. Die ou berugte Illuminati het ook al ‘n draai gemaak in die kommentare. Ons word gewaarsku oor die NWO, die paar mense wat glo al die wêreld se geld beheer ens. ens. Die sameswerings teorieë is geil. Nou is my vraag, hoe weet julle al die goed? Is dit uit eie ervaring uit? Indien wel, hoekom verskil die stories? Indien nie, hoekom leen julle julle ore uit? Kom terug na die een WARE storie. Keer terug na God Hy sal jou weë gelyk maak. Hy sal jou meer gee as wat jy in jou wildste drome kan droom. Hy is die begin EN die einde. Dit kan ek en miljoene ander getuig uit eie ervaring uit.
Die sg. VM, NWO en Illuminati is nie juis baie suksesvol as hulle in honderde jare nou nog nie wêreld oorheersing reg gekry het nie… ;-)

piet ·

Skepties.stem saam met jou. God Drie Enig is die begin en die einde.
Maar ja ons moet nie naif wees,ons regte is in honderde jare so ingeperk. Daar is baie platforme daar buite wat hardwerk om die vm,nwo te ontblood. Goeie inligting unbanned bible publications dot com , free masonary watch dot com. Laat die heilige gees julle lei. Ja, moet nie paranoies wees maar ons moet bewus raak. “they rule by stealth and deceit”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.