Nuuskommentaar: Ramaphosa – prins van los drade?

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Siyabulela Duda/GCIS

Met Sondagaand se Kommentaar op RSG het dit by tye geklink soos ’n lys van goed in Suid-Afrika wat verkeerd loop. Die program is egter nie al wat dié indruk geskep het nie. Enige persoon wat die nuus volg sal moeilik tot ’n ander gevolgtrekking kom.

Breed in die pad van hierdie waarneming is die glimlaggende gesig van pres. Cyril Ramaphosa – ligjare verwyder by sommige mense van die Rama-ekstase ná sy verkiesing einde verlede jaar.

Toe egter reeds is daar deur meningsvormers op Maroela Media daarop gewys dat daar ’n yslike probleem in die pad beland het. Heelwat steun onder die breë publiek vir Ramaphosa is gegenereer uit weerstand teen sy vernaamste teenstander, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, se steun vir grondonteiening sonder vergoeding. Nié dat Ramaphosa veel van ’n keuse gehad het nie – die ANC het by die einste kongres sy beleid gewysig om ook hiervoor voorsiening te maak. Ramaphosa het dadelik skadebeheer probeer toepas deur streng voorbehoude te plaas wat die toepassing van die beleid op die oog af byna onmoontlik sou maak.

Die uwe het egter gemaan dat groot moeilikheid op hande is. Die liedjie, “There is a hole in the bucket, dear Lisa”, is gebruik.

Word na koerantopskrifte gekyk, het die probleem inderdaad geëskaleer. Op die oomblik is daar groot ontsteltenis nadat AfriForum ’n lys van plase bekend gemaak het wat die regering glo vir onteiening sonder vergoeding geoormerk het.

Onmiddellik was daar verhale van trauma, soos dié van die boer wat ʼn plaas pas aangekoop het. Die regsproses moet wel nie vooruit geloop word nie, maar die indruk word al hoe duideliker geskep dat die ANC nie lus is vir die hele regsproses om sy verloop te neem nie. AfriForum word weer vir die bekendmaking van die lys verkwalik omdat dit tot besetting kan lei in ’n land waar die polisie nie werklik oor die kapasiteit beskik om dit te keer nie – juis een van die los drade wat opduik.

Met een klap het Ramaphosa die ekonomie onder druk, en dalk veral onder buitelandse druk, geplaas. Dalk ernstiger het hy raspolarisasie in ’n slingergang geplaas. Ekonome krap nog kop oor hoekom die rand weer so erg geduik het, en is nie seker hoe ’n groot invloed die grondkwessie daarop het nie. Selfs sonder die grondkwessie word dit egter ook tot die lysie van los drade toegevoeg.

INCE/Connect Community News stel dit vanoggend só: “Of course, if we had sounder policies of our own, the rand wouldn’t be as vulnerable as it is.”

Die lys los drade waarmee Ramaphosa nou te make het, in weerwil van positiewe stappe en tekens soos verdwaalde eilande in ’n woeste see, neig om die vraag te laat ontkiem of Ramaphosa ’n wenner of verloorder is. Die Belgiese politikus en leier van die Groenes, Meyrem Almaci, het pas in ’n onderhoud gesê: “De mens is 99 procent van zijn leven een loser.” (Die mens is 99% van sy lewe ’n verloorder).

Dit lyk juis op die oomblik of die lys los drade by die dag langer word – munisipale dienslewering wat vou, semi-staatsinstellings wat nie hul voetwerk reg kry nie, lompheid om die kol-kol-effek van die droogte doeltreffend te takel, riviere wat by die dag meer besoedel raak soos rioolplase witpens bo begin dryf, endemiese korrupsie en vele meer.

So pessimisties soos Almaci durf ’n mens nie te wees nie, veral nie met Ramaphosa wat ’n minstens deels bewese rekord het dat hy knap kan wees. Hoe goed hy los drade weer bymekaar kan trek en op die regte plekke gekoppel kan kry, moet egter nog duidelik word. In sy termyne as adjunk-president het hy ongelukkig nie genoeg die kaarte van sy werklike kwaliteite gespeel nie, en baie van die probleme wat hy nou mee sit, is regstreekse Zuma-maaksels toe Ramaphosa skynbaar passief stilgestaan het. Hoeveel ruimte adjunk-president Mabuza hom gaan laat is ook nog onduidelik, veral in die aantog na ’n algemene verkiesing.

’n Innemende glimlag en mooi woorde (waarvan skynbaar dadels kom) is nie nou die aangewese weg nie. Om die regte ding te doen verg fyn voetwerk tussen faksies van die ANC en die invloed van die EFF, asook geduld.

Maar het die land die nodige tyd hiervoor?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

John ·

… deels bewese rekord… AfriForum nog ‘n lys asseblief van al CR se goeie dade en gee sommer dadelik die lys asb nie weer soos Sondag s’n nie en alles geblok is en mense ophol was nie… dominee was self nie by die kerk nie. Diegene met min geheue op die rekenaar probeer ‘n uitdruk van ons prez se bekwaamhede en flinke aksies by buurman bekom. Die lys is lank… kry boetie om te help dra.

Jannie ·

Mense wat weet, kan vir jou sé dat Ramaphosa hierdie Kommunistiese grondgryp- program reeds in 1993 beplan het!!! Sy verkiesing tot President is deur die NWO se program so gekoördineer dat dit net op die aangewese tydstip geskied het!!!

Willie ·

Ek dink regtig CR is sy diepte uit! Hy is nie net nie, hy het die plot verloor…

Henry ·

Hy het nie die ‘plot’ van sy regime met die uitgediende Marxistiese beginsels verloor nie.
Hy gaan egter daarvoor sorg dat die eienaars van plotte EN plase wat met harde werk en swaarverdiende geld bekom is, verloor word.

Ramapaddapot ·

Ramaposa word deur die EFF gelei.

Die grondonteiening debakel gaan oor stemme werf en die plase wat SOVER gekenmerk is het dalk ontginningsregte wat dalk deur Ramapaddapot en kie gestroop kan word – en veral vir die Sjineese ook so ‘n ietsie gee. Hulle help S A dan so baie?

Ek het geen respek vir Ramapaddapot en sy korrupte maatjies nie – hulle is nog nie klaar met die stropery van S A nie.

Dries ·

Di kernprobleem is dar CR di volgende verkiesing “goed moet wen” – anders is hy geskiedenis! Hiernaas kan “almal” grond kry maar sonder “gesonde water” kan geen mens, dier of plant leef ni. Dit word beraam dat 0.8 – 1 R Triljoen nodig is, om ons rioolplase en drinkwater, weer op standaard te kry. Voeg by dinge soos SBE skuld, di nuwe voorgestelde Gesondheidplan en jy moet van ‘n ander planeet wees, om ni te sien dat SA net verder in ‘n moeras van skuld gaan wegsak ni. Jan en San wag ook steeds angstig om di stappe te verneem van hoe di Regering di hoe brandstofprys gaan teenwerk. Dit terwyl di Rand di brandstofprys net nog hoer gaan dryf!

marco polo ·

‘deels bewese rekord dat hy kan knap wees’ ??? Knap met wat? Hy het ryk geraak omdat hy swart is en die regte konneksies gehad het.

leser ·

rand nou r15.00 vir 1 dollar.
zimbabwe rsa volg jou voetspore want “stir-all” gee mos alles weg
weet nie wat gaan “stir-all” maak as daar nie meer kos is nie

Ian ·

Tot ‘n mate moet mens seker simpatie vir Ramaphosa hê. Sy bewegingsruimte is redelik beperk, alhoewel mens sou kon argumenteer dat hy deels homself in ‘n hoek laat inverf het.

Mens mag nou wel sê dis uber-pessimisties om Almaciaans te wees, aldus die skrywer, maar dan is daar so ‘n ding soos Pygmalion teorie, wat dit het dat selfvervullende denke ‘n werklikheid is. Overgesetsynde, as jy positief dink oor iets en dit deurlopend demonstreer, sal die objek van jou positiwiteit ook positief reageer. Dit werk egter natuurlik ook so aan die negatiewe kant…

En dit is die probleem hier. In SA, of dit nou is weens die geskiedenis, weens treurige en korrupte politici, weens die ge/mis/bruik van sosiale media – jy kan maar uitbrei – bestaan daar ‘n wesentlike persepsieprobleem in die land. Een wat die rasse stereoptipes, onder andere, al meer begin verkonkretiseer in terme soos wit monopolie kapitaal, en veral, wit grondbesit. Die toon is een van uiterstes – “wittes het alles; swartes het niks.”

Dit is natuurlik nie waar nie, maar dit is die taal van die media (Trump se befaamde fake news) en politici, wat al meer ook volksmond word. En verPygmalion.

Ons persepsuele skerms laat nouedae net dit deur waartoe ons kondisioneer is. Ons raak al meer oogklapties. Onverdraagsaam.

En teen hierdie agtergrond begin, ja inderdaad, die los drade al meer uithang. Die keiser het nie meer klere aan nie, maar het geen ander keuse as om die illusie te laat voortleef nie….

Mrs H ·

Stem saam met jou. In dieselfde asem is dit nodig vir Cyril om die nasie aan te spreek, hulle in te lig, so ver moontlik vrede en orde te handhaaf deur doeltreffend te kommunikeer met SA burgers. Maar hy doen nie. Hy weet van die talle spontane grondgrype, maar se niks. Dan wil hulle maak of daar nie n lys is nie?! Hy het duidelik ons IK onderskat.

Rynhardt ·

Cyril Ramaphosa se probleme is besig om vinnig te eskaleer soos paddastoele in n woud, nadat die reen neergedaal het.Hy moet grondonteiening toepas sonder vergoeding(ek glo staat is reeds bankrot),anders verloor die Anc geweldig steun onder die massas!Aan die ander kant wil hy 30000 mense in die private sektor laat loop.City Press het werkers se boodskap duidelik uitgespel vir Cyril en Anc:” You cut the fat,we cut the votes”. So iets moet skiet gee,m.a.w. die wit boere sal benadeel moet word.Cyril besef dit nie,maar hy leef op geleende tyd met SA se probleme wat erger raak by die dag!Cyril se presidentskap gaan een of ander tyd vinnig tot n einde kom!

Nettie ·

Ek wil graag weet: waar kan mens kommentare en/of klagtes stuur sodat dit die mense wat wel ‘n verskil daaraan kan maak, kan bereik?

Ons almal mor, veral op hierdie forum – en ook nie sonder rede nie. Elke aand bid ek vir my gesin, vir almal wat vannag diens moet doen (ons polisiemag, verkeersmense, noodreddingswerkers, brandweerspanne, GPS-lede e.d.m.), sodat ons veilig kan wees en die volgende dag weer die son kan aanskou …..

Maar tog, elke dag lees mens van wrede misdade, moorde, rooftogte, verkragtings e.d.m. En mens se hande voel afgekap, want – maak nie saak hóé hard ons op sosiale media kerm, sanik, mor en grom nie – NIEMAND wat ‘n verskil KAN MAAK, HOOR ons nie!!! NIEMAND wat ‘n verskil KAN MAAK, LUISTER na ons nie!!!

Mnr. Ramaparra verkrag die Grondwet deur te sê dat grond vergoedingloos onteien gáán word, maar niemand snak na hul asem daaroor of laat hul stemme in protes hoor nie; altans – nie op die manier wat sal lei daartoe dat dit níé gebeur nie. Ons is soos skape wat slagpale toe gelei word – ons aanvaar maar net wat gebeur.

Jerry ·

99% van CR se uitsprake word gedoen met die oog op die 2019 verkiesing. Om los drade te veroorsaak deur n paar klappe soos OSV na n ondermynende minderheidsgroep uit te deel en hulle getraumatiseerd te laat met hofsake en wat die ekonomie skaad is geen groot prys om te betaal ten einde jou kieserskorps tevrede te stel en om sodoende jou magsposisie te versterk en te verseker dat jy die verkiesing wen en die politieke mag behou. Vir CR gaan dit nou om na gesaghebbendes binne die ANC se poppe te dans vir politieke oorlewing voordat dit weer daaroor sal gaan om die ekonomie weer op dreef te kry en werk te skep. CR mag tans na n 99% verloorder lyk agv ondermyning uit verskeie oorde, net om na die verkiesing as die 99% wenner uit te styg met die belofte wat hy getoon het. CR besef nou dat hy die mag moet behou en dat hy dan van sy ondermynende opponente binne die kabinet ontslae moet raak en dat hy die ondermynende minderheidsgroep eers op hulle plek sal moet sit voordat hy van SA n beter plek vir alle Suid Afrikaners (uitgesluit die ondermynende minderheidsgroep) sal kan maak. Deur ondeurdagte en onversoenende inisiatiewe wat CR se goeie intensies ondermyn het, het die minderheidsgroep hulself in die voet geskiet en sal hulle meer as n haas uit die hoed moet trek om veel langer seggenskap te wil he en te wil deel in die land se ekonomiese voordele.

Gertryda ·

Daar is n verkiesing om te wen ander sake is nou n bysaak

marous ·

Die land se totale verval le vierkantig voor sy en sy volgelinge en voorgangers se deure . As hy enigsins die land en sy mense wou vooropstel sou hy diegene wat die land geplunder het aan die wiel laat ry. Hy sal nie want hy wil nie en hy gaan nie . Hy sal wel bekendheid verwerf as die een wat die land en sy mense oor die afgrond gestoot het.

Stef ·

My plaas is op die lys. Op ‘n ander forum lyk dit of baie plase aan of myne grens of aan Cyril se eie grond? Plant piesangs ouens, ons gaan nog uitvoer.

Jaco ·

Ek kyk laasweek op you tube n dokumentêr oor “tel aviv, from fear to fortune”, dit het my absoluut verstom hoe n stad in die middel van n oorlog geteisterde land uitgestyg het tot n moderne eerste wêreld stad ten spyte van politiek en hul omstandighede, wat keer ons om dieselfde te doen.

Hendrik ·

Ons moet net gaan stem dan bly ons darem in die prentjie. Deel van die demokrasie of so meen ons.

Pietie ·

Ek wil net vir almal wat hier kommentaar gelewer het die volgende se “Die feit dat die Here ons Herder is maak nie van ons skape nie”

KanekVra? ·

Toemaar alle politieke, ekonomiese, en ander probleme huidiglik, toekomstig en van die verlede sal altyd voor die voete van apartheid neergelê word. Die huidige President, sal nie te veel beweeg ruimte kan hê vir berisping van sy ” comrades ” nie, want hy sal mos nie sy ” comrades ” wil ongelukkig maak nie. Almal in die regering is mos maar hand om die blaas, of hoe? En waar kon jy nog ooit enige politikus vertrou het?

Paul ·

Maroela het mos nou in die dae ook berig oor die aantal Suid – Afrikaners wat verlede jaar na Australië verhuis het as gevolg van die toestand in ons land.

Om hierby aan te sluit, Dawie Roodt vertel die afgelope Saterdag oggend op TV dat Jan Harm Schutte, mede-aanbieder op KykNet se Ontbytsake, maak einde hierdie maand klaar by hulle. Jan Harm het dit bevestig en beduie hy het ‘n goeie werk in Australië losgeslaan en verhuis dan soontoe.

Wat ek dus sê is dat dit nie net meer onbekendes is wat oorsee verhuis nie, maar dit is nou sommer mense wie se name al huishoudelik by ons geraak het. Dawie het juis in die program vertel hy was met vakansie in Rusland en het toe uitgelig wat se uitstekende boerdery vooruitsigte daar is.

Elizabeth ·

Regtig? Ruskand wat 3 keer soveel mense het en baie swaar lewe. Hulle ekonomie is pover en die president is so korrupt soos baie.
Daar is ook 1/2 en 1/2 en jy is nie een van hulle nie. Die hele wêreld is in ń gemors. Deur die geskiedenis lees ook v d hartseer 1/2 en 1/2 en kleur het niks met dit te doen nie. Ellende. Dit werk net as almal een doelwit het: Edu, werk en bou. Rome was nog nooit in een dag gebou.

Paul ·

Dit is verseker die moeite werd om te luister wat Dawie Roodt als oor Rusland te sê gehad het, oor hul ekonomie en die boerdery moontlikhede. Heruitsending van Ontbytsake is op DStv kanaal 144. Dinsdag en weer Donderdag 13h00 – 14h30.

Elizabeth ·

Hy vertel nie dat Rusland grond gegryp het nie. Dat Rusland teen EU en ander werk. Buiten gaan daar gemors kom uit Brexit-USA-EU en BRICS. Niemand kan eindelik meer voorspel wat gaan gebeur in die volgende 3 jaar nie.

aj ·

Bewapen jouself en verdedig jou grond sélf!

Niemand anders gaan dit doen nie.

Dis oorlog!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.