Nuuskommentaar: Ras en taal in een klas

Die foto wat ‘n rasse-herrie ontketen het en daartoe gelei het dat ‘n onderwyseres geskors is. Foto: Twitter

Die Grondwet is veronderstel om aan Suid-Afrikaners die reg te gee om onderrig in hul amptelike taal van keuse te ontvang, waar dit enigsins prakties moontlik is.

Die ongelukkige voorval in ’n graad R-klas op Schweizer-Reneke, en die mediadekking daaroor, is op so ’n wyse hanteer dat daar min van enige grondwetlike regte tereggekom het, kinders getraumatiseer is en ’n onderwyseres geskors is.

In hoe ’n mate die voorval verdien om veroordeel te word, hang af van of ’n skynbaar geïsoleerde mediaberig wat meld dat Afrikaans- en Engelssprekende leerders minstens tydelik geskei was, korrek weergee wat gebeur het.

Dit was immers politiek korrekte praktyk om by universiteite na Afrikaans- en Engelssprekende studente te verwys, wat in die praktyk eintlik ’n onderskeid was tussen (meestal) wit studente en swart studente. Omdat swart studente, en ook leerders, onderrig in Engels verkies, en Afrikaanssprekendes meestal moedertaal-onderrig verkies, het dit gewoonlik in die praktyk ’n de facto-rasse-onderskeid beteken.

Dié kwessie het onafwendbaar voortdurend in die hof beland. In die Wes-Kaap, terwyl die provinsie danksy die assimilasie van die NNP in die ANC aan bewind was, het die hof teen die provinsiale minister, Cameron Dugmore, beslis, wat ’n skool wou dwing om Engelssprekende leerders in te neem. Die betrokke skool was reeds oorvol, en moes ’n stoorkamertjie as “klaskamer” inrig. Met die hofuitspraak (in Engels gelewer) moes die uitspraak aan die ouers van die “Engelssprekende” leerders in Afrikaans getolk word sodat hulle dit kon volg.

Die hof het ’n soortgelyke uitspraak in die geval van Overvaal gelewer.

In die geval van universiteite, waar in wese met Afrikaans weggedoen is, is ’n mite geskep dat feitlik almal bereid is om hul moedertaal-onderrig prys te gee ten einde rasintegrasie as politiek korrekte uitkoms aan te bied.

As die onderwyseres op Schweizer-Reneke inderdaad die leerders volgens taalvoorkeur geskei het, was haar enigste “oortreding” dat sy nie sensitief genoeg was om ’n ongelukkige werklikheid, en leerders se grondwetlike regte, op ’n politiek korrekte wyse weer te gee nie. Nog foto’s wat in die klas geneem is, toon dat daar later wel uitruiling tussen die wit en die “Engelssprekende” leerders was.

Die bekende ekonoom, Chris Hart, het by die bank waarvoor hy gewerk het, in die sop beland toe hy op die sosiale media na die aandrang van sekere eise as “toe-eiening” verwys het. Een van die belangrikste manifestasies hiervan is as ’n persoon in ’n Afrikaanssprekende instelling aanland, en dan op sy eie taalvoorkeur (Engels) aandring. Afrikaanssprekendes moet dan eenvoudig hul grondwetlike regte op moedertaalgebruik en -onderrig prysgee.

Nog ʼn foto wat op dieselfde dag in die klas geneem is waar gesien kan word hoe swart en wit leerders by mekaar sit. Foto: Twitter

Is nou van die onderwyseres verwag om Afrikaanssprekende leerders en Engelssprekende leerders saam te onderrig, of is sonder meer aanvaar dat die onderwyseres die Afrikaanssprekendes (die meerderheid) se reg op moedertaalonderrig moet prysgee?

Internasionale studies oor die voordele van moedertaalonderrig, veral in die grondslagfase, word te maklik van die tafel gevee oor die politieke opvatting oor die voordele van Engels. Ongelukkig ondergrawe dit in die praktyk ook Afrikaans, al is dit onbedoeld.

So gebeur dit dat in dieselfde radioprogram om die beurt deur verskillende paneellede na miljard en biljoen vir dieselfde begrip verwys word. Trouens, ’n Afrikaanse tydskrif gebruik slegs biljoen as eintlik na miljard verwys word. In Engels word “billion” wel gebruik vir wat in Afrikaans as miljard verstaan word.

Daar word geargumenteer dat die voortgesette gebruik van miljard verwarring in die hand werk, omdat Engels so ’n wêreldtaal is. ’n Klein bietjie navorsing toon egter dat naas Afrikaans ook Nederlands, Vlaams, Frans, Duits, die Skandinawiese tale, Romeens en vele ander Germaanse en Romaanse tale miljard of vervormings hiervan gebruik. Engels blyk die uitsondering te wees. “Miljard” blyk die internasionale norm veel meer getrou weer te gee.

Hart se politiek niekorrekte verwysing het hom nie net sy werk gekos nie, maar fel kritiek as “rassis” besorg. Die geskiedenis sedertdien dui egter op die teenoorgestelde. Hy is ’n leidende figuur onder ’n groep mense wat dorpe heropbou, en wat by Coligny begin het ná dié dorp erg onder rassespanning deurgeloop het.

Dit is duidelik uit onder meer hoofartikels oor die Schweizer-Reneke-voorval dat Suid-Afrikaners nie net kan fokus op dit wat grondwetlik en vakkundig reg is nie, maar ook ’n gevoeligheid moet hê vir kwessies wat rasseherries kan veroorsaak.

Die uwe was as kind baie ontsteld wanneer sy pa hom daarop gewys het dat iemand wat so vreeslik op sy regte aandring wel sy regte kry, maar ook net sy regte en niks meer nie. Maar as iemand doelbewus daardie regte wil vertrap ter wille van populistiese of politiek korrekte opvattings, of omdat die regerende party se beleid met grondwetlike regte bots?

’n Paar jaar gelede het die DA se jeugvleuel by Kleinfontein buite Pretoria gaan betoog omdat die dorp glo uit pas met die Grondwet sou wees. Senior DA-leiers moes die jong mense daarop wys dat Kleinfontein streng binne hul grondwetlike regte optree en woon.

Die groot geheim is dat ras nie as norm gebruik moet word nie. Ras as norm het ook in die internasionale reg nie sogenaamde positiewe regte waarop aanspraak gemaak kan word nie. Daar is wel ’n sogenaamde negatiewe reg – dit wil sê iets wat nie gedoen mag word nie, soos om teen iemand op grond van sy ras te diskrimineer, eerder as ’n reg oor wat gedoen mag word. Kulturele en taalregte wek positiewe regte oor iets wat gedoen mag word. Dit bly egter wys om waar ras enigsins ter sprake is nie regte op grond van ras te probeer oproep nie maar op grond van kulturele regte. Dit is ook in pas met die Grondwet. Wat dit betref, stel die ANC, om nie van die EFF en die BLF te praat nie,’n baie swak voorbeeld.

Intussen is dit verblydend dat die onderwyseres wat nou so in die spervuur is se vakbond haar nie in die steek laat nie.

’n Onafhanklike ondersoek is nodig omdat dit so ’n sensitiewe kwessie is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Paul ·

Presies. Jammer van daai eerste foto wat onnadenkend geneem en na die ouers toe gestuur is, al was dit hoe goed bedoel.

ChrisE ·

Een van die dae gaan ons pak kry oordat ons wit seep, tandepasta en mieliemeel kry.

MAGGIE ·

Ha ha ha hahahaaaaaaa……. moenie vergeet van die staatsdiens se wit papier nie!!!

Arme juffrou ·

Ag sy het niks verkeerds gedoen nie, sy sou beslis nie self ‘n foto rondgestuur het as dit haar sou benadeel nie. Hou in elk geval op om kinders se fotos op sosiale media te versprei, daar was geen misdaad gepleeg nie, maar al die kinders word nou onderwerp aan dieselfde blootstelling. Wie sê dit was nie letterlik vir 3 minute wat hulle daar gesit het nie? Het hulle as maatjies nie net bymekaar gaan sit tot tyd en wyl hulle ingedeel word nie ? NEE as jy wit is is jy SKULDIG, maak nie saak wat jy gedoen het nie .. die LUR doen niks aan kinders wat onderwysers slaan nie, maar is eerste daar as ‘n wit juffrou dit waag om swart kinders toe te laat om vir ‘n wyle saam met ander aan ‘n tafel te sit. EK sou in elk geval gewaai het want sy sal geteister word deur die gemeenskap tot daar niks van haar oorbly nie. ABU DHABI en DUBAI EN CHINA soek onderwysers .. vertrek eerder nou as later.

Anoniem ·

Stem saam met ‘Arme Juffrou’ ons insette word net nie meer waardeer nie, in ander LANDE WEL !

Zumie ·

Wanneer kom iemand agter dat “insidente” soos hierdie deel vorm van ‘n (bedoelde en bestuurde) propaganda en intimedasie/sielkundige oorlog? En wanneer word dit so genoem en uitgewys in die pers?

Wonder ·

Wat van my kind se reg om vrye assosiasie. Die regering moet ophou om se onvermoe om basiese geriewe en skole vir die agtergeblewendes te verskaf met rassisme te verwar. Jy kan nie mense dwing om met mense van ander kleure te integreer nie. Gee liewer aan almal dieselfde basiese skoolgeriewe om sodoende gelyke geleenthede te bevorder. Om ras heeltyd in te sleep maak bevolkingsgroepe net antagonisties teenoor mekaar. Miskien moet die regering ook minder korupsie pleeg dan sal daar genoeg geld wees vir geriewe. Haal eers die balk uit jou eie oog, dan sal jy baie goed kan sien om die klein splintertjies in ons samelewing reg te stel.

E.K. die eerste ·

Ek dink nie eers dit help mens debatteer oor hierdie belaglike storie of lewer kommentaar daaroor nie; die wat met die werklikheid gekonfronteer moet word sal dit ongelukkig nie lees nie. Ek hoop iemand soos Afriforum kan die spul in die hof aanvat en dit uitsorteer. Ek voel jammer vir die arme onnie. Ek voel jammer vir die kinders wat verward en gestres is. Ek voel jammer vir die skool wat nou sommer in ‘n rasse-herrie geprop is. Dan net so ietsie om die gemoedere te verlig: Onnie: “Jannie waar is Schweizer- Reneke?” Jannie: “Ek weet nie meneer, hy is nie in ons klas nie.”

Genieve ·

My hart is seer regtig..wie se die die kinders het self besluit om by die tafeltjie te gaan sit nie ons kyk altyd net na die eenkant van die saak wat het die ouers gister vir hulle kinders gese omdat hy/sy moes vroeg huistoe gaan ai dis regtig n politieke ding.

Paul ·

Herman, ek stem volmondig met jou saam. Ons, die wit mens sal sy naam na Waaksaam moet verander. Ons kan by die Penny Sparrow geval begin by dit wat op een of ander wyse, hetsy dmv Twitter, Facebook, Youtube of Whatsapp op die Internet beland het, so kan ons aan nog heelparty gevalle dink wat deur die vorige jaar of twee opslae gemaak het. En nog is dit het einde niet. Ons moet leer dat die mense hou elke beweging van ons met valkoë dop, of ons nou daarvan hou of nie, ophou sal hulle nie.

Paul ·

En ons sien vanoggend, so tydjie gelede, in die pers (ook op Maroela) die kettingreaksie wat gister se gebeure by die skool tot gevolg het.

Nou kom die eise.

Willie ·

Hierdie is lagwekkend…hoeveel geld en tyd nie verspul op twak nie… wie ly daaronder, die kinders se onderrig! Patetiese regering!

Anoniem ·

Wie word in hierdie geval die meeste benadeel?: die kinders, want hulle is hierdeur aan volwassenes se strooi onderwerp.

Mariaan ·

Wanneer jy nie vertrouenswaardig is nie sal jy almal met wantroue between.
Wanneer jy met rassisme in jou hart rondloop sal jy rassisme in elke situasie sien. Sê maar net

Chris ·

Herman, dit wil my voorkom, as ek so na die gevalle vanaf die Blackface geval op Stellenbosch, dalk verder terug, se dae af tot op hede beskou, die doodskis geval, was die wit mense se Nemeses, Twitter, Facebook, YouTube en Whatsapp.

Eben ·

Dit is duidelik dat die regerende party vewag dat alle witmense die land moet verlaat. Witmense sal nooit in hierdie land in harmonie leef nie. Mense verlaat die land in duisende per maand. Daar is gereeld huishoudings in my gebied wat uitverjopungs hou en alles verkoop en die land verlaat. Dit alleen ‘n aanduiding dat hulle nie van plan is om ooit terug te kom na SA nie. Ek raai ook mense aan om die land te verlaat, indie hulle dit kan bekostig en welvaard skep in ‘n ander land. Dit is hoekom bejaardes so maklike teiken is, want soms is al hul kinders in die buiteland.

Ronel ·

Een onskuldige foto, ‘n hengse gemors. By die skool word daar optogte gemaak, skade aan gerig, dít is wat die kinders moet aanskou….. Watter vrees moet daai kinders nie ervaar nie. Een (swart) ouer wat Alles uit verband geruk het, vrees kom swaai, die oorsaak van onmiddellike skorsing…… Ek hoop die onderwyseres kry ‘n goeie prokureur.

PPP ·

Hulle kan nie dink nie hoeveel beinvloed dit nie die kinders self nie, nou word daar Afrikaans in die klas gepraat wat hy nie magtig is nie, hardloop gou na Pa of Ma toe hulle het my gevloek in die klas, ons vergeet ook dat hulle doen net soveel skade aan hulle eie kinders om in Engels opgely te word, want hoeveel van hulle is oorhoofs Engels in die huis, as hulle in Engels onderrig wil word moet daar afsonderlike die klasse wees, dink gou vir jouself wat sal gebeur as jy twee ouderdom verskille in eenklas sit soos byvoorbeeld G1 en G2, so ook G6 en G7.

Alie ·

Wie gee die onderwysdept die reg om die juffrou summier te skors… sonder enige ondersoek of om haar die geleentheid te gee om haar saak te stel nie… seker omdat sy wit is en dus geen regte in hiedie land het nie. So ver my kennis strek is almal onskuldig voor die reg tot skuldig bevind in ‘n hof!!! Patetiese handtering van die saak. Ek hoop die juf se vakbond gee die dept HEL!!!!

Johann du Toit ·

Ek twyfel of die belange van die leerlinge voorop gestel word. Dit gaan eerder oor die behaal van politieke punte. Dit is verkiesingsjaar en daar kan verwag word dat politieke partye rassisme gaan holrug ry . Wat hartseer is, is dat fopnuus soms as die waarheid opgedis word en as die waarheid uitkom is die skade reeds gedoen. Jy hoor selde “jammer, ek was verkeerd” na die tyd.
Verskil in huistaal mag ‘n rede wees waarom die kinders groepeer is maar daar is ander bronne wat aanvoer dat die foto tydens ‘n ruspouse geneem is wanneer die kinders toegelaat word om te mag sit by wie hulle wil. Wat of wie moet ek glo? Daar is ander fotos wat ‘n ander storie vertel. Die fotos is minute na die eerste foto geneem en wys dieselfde kinders besig met klasaktiwiteite. Hulle sit tussen die ander kinders. Die foto’s is klaarblyklik nie belangrik nie omdat dit die sensasie rondom die eerste foto verswak.
Wat ookal die waarheid, die skool is reeds skuldig bevind. Die onderwyseres se naam is in die media bekend gemaak en daardeur gebrandmerk vir die res van haar lewe, skuldig of onskuldig . Ek is veral verbaas oor die DA-jeugleier se voortydige uitlatings. Dit plaas die party se integriteit onder die vergrootglas. Waarom nie wag tot na die ondersoek afgehandel is voordat uitlatings gemaak word nie?

AmY ·

Hoekom het hulle nie net ‘n Engelse klas oopgemaak nie, dan sou die ding tien teen een nie gebeur het nie, want ek IS seker daar is Engelse wit kinders ook.

Paul ·

Die juffrou het vanoggand klaar uit die dorp gevlug uit vrees vir haar lewe.

Pierre ·

Die regering en sy meelopers verag dit wat kenmerkend van die Afrikaner is; sy herkoms, sy gebruike, sy taal, sy kultuur, sy westerse maniere, ens. ens. Waarom wil hulle vermenging aanmoedig as die onaanvaarbare gedrag van die Afrikaner moontlik op hul kinders kan afskuur?
Die Afrikaners in die land is maar hoogstens 8% van die bevolking – hoekom is dit steeds ‘n bedreiging na meer as 2 dekades waartydens die politici hope wetgewing gemaak het om hul ondersteuners te bevorder bo die Afrikaner? Ek sou baie skaam gewees het as ek op so ‘n klein persentasie mense moes staatmaak om my en my broeders op te hef pleks om self skouer aan die wiel te sit.

Duifie ·

Ek stem saam met almal se kommentaar. Soos daar geskryf is jammer dat die mense wat die kommentaar moet lees dit nie gaan lees nie. Sterkte vir die onderwyser en die ouers van die skool.

m.d.r. ·

In 1976 het die geweld ook ontstaan in ‘n skool–oor Afrikaans.
Talle verdraaiings oor die Taal is die wereld ingestuur as motivering
vir die geweld.
As mens die histerie wat opgsweep is deur die Media, die swart politici aan
‘n besoeker uit die buiteland moet verduidelik , kan mens net se:
Welkom in die land van Geetesversteurdes…..dra asseblief jou veiligheids bril
en harde hoed te alle tye…!
Jy betree nou ‘n abnormale land…..

Thinus ·

Herman, dit laat my dink aan n situasie in die destydse Suidwes in die Operasionele gebied. n Gesamentlikek operasie is beplan waar Swart en Wit n gesamentlik vyand sou aanval, daar word besluit om n groep foto te neem, want dit is miskien die laaste keer wat die kamerade mekaar lewend sou sien – let wel bloedbroers vrywilliglik ! Toe die manne hulleself opstel vir die foto het hulle hulself natuurlik 50/50 geskei. Ek het eenkant gestaan en aan die een wyse gevra:”En nou die rasseskeiding?” Hy lag en sê :” Aikona, julle boere verstaan nie, is soos day and night!Daar moet day en night wees om eendag te maak, as daar net day is wanneer gaan ons slaap, as daar net night is wanneer gaan ons werk om te eet? Maar as dag nag wil wees en nag dag wil wees, dan is ons soos die Britte ons wil nie werk of slaap nie want ons is in die twilight en die meeste van die tyd gerook!”

HJ Storey ·

Nieu Zealand is desperaat vir onderwysers. Skud die stof van jou voete af

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.