Nuuskommentaar: Ras, kwotas en sport

Argieffoto

Argieffoto

Onder die redakteurskap van Waldimar Pelser het Rapport ’n redelik goeie naam as onverbonde en nugter nuusdekker opgebou. Nou het Rapport in ’n hoofartikel klaarblyklik sy kop ver uitgesteek in sy hoofartikel, Raak nou ernstig oor ras in rugby. “Eerder as om die aandrang op meer swart spelers verdag te maak, behoort ons as rugbykykers versigtig oor die sport se toekoms te dink en transformasie as ’n waarborg van dié toekoms, eerder as ’n dreigement te beskou.”

Rapport staan nie alleen in hierdie beredenering nie, al is die lesersreaksies nie juis sag op Rapport se oor nie.

Maar het Rapport nie dalk vergeet wat die term “sport” behels nie, of veral sportmansgees? Definisies verskil aansienlik, maar die een woord wat deurlopend gebruik word om sportmangees te beskryf, is regverdigheid. Vir die een sal regverdigheid beteken dat die hardwerkende sportman wat sy Godgegewe talente behoorlik ontwikkel, die hoogste sport kan bereik as hy die beste is. Dink maar aan die vreugde oor Wayde van Niekerk se prestasie in Beijing.

Die sin vir regverdigheid is ook onderliggend aan die stryd teen opkikkers en ander verbode hulpmiddels, en die afkeer waarmee wedstrydknoeiery bejeën word.

En natuurlik kan daar nie algehele regverdigheid wees nie. Een van die opvallendste redes is dat nie alle kinders in die posisie gebore word om voorste gholfspelers, swemmers en vele meer te word nie, bloot omdat die geriewe nie oral aanwesig is nie. En baie van die sportsoorte is swaar op ouers se sakke.

Nog redes waarom die persoon wat volgens alle aanduidings die uitverkore groep moes haal, kan uitval, is omdat ’n ander in die afrigter se oë ’n beter kombinasie vorm, of die speler ten spyte van al die vaardighede net te klein vir ’n bepaalde posisie is.

Beserings is nooit tydig nie, en kan iemand sy plek in ’n span kos. Faktore soos dissipline, of bloot ’n houdingsprobleem, kan hom ook ’n koue skouer besorg. Sommige uitstekende spelers kom net nooit weer mooi op hul voete wanneer hulle deur ’n ander bond gekoop word nie. Verwydering van gesins- en familiestrukture word soms kultureel moeilik oorleef.

’n Bloemfonteinse driekampatleet wat nie die span kon haal nie, moes as individu aan interprovinsiale toernooie deelneem waar sy soos taks ’n keurder se dogter wat wel die span gehaal het, geklop het.

Dit is alles deel van die lewe. In die gees van sportmangees moet wanpraktyke op die lappe kom en aangespreek word.

Want dit gaan oor regverdigheid.

Die gebrek aan geleenthede is dikwels, maar nie altyd nie, rasverwant. Blink kriekettalent kan verlore gaan omdat ’n tradisioneel wit plattelandse skool nie krieket aanbied nie, of ’n onderwyser met geen lus vir die spel nie as afrigter aangewys word.

Is rassekwotas in nasionale spanne die plek waar die probleme aangespreek moet word, of moet die afwesigheid van geriewe en geleenthede op laer vlakke eers aandag kry om te verseker dat talent nie deur die vingers glip nie? Durf politieke eise die leefruimte van sport so indring, veral as die regering nie behoorlik belê in die ontwikkeling van talent nie? By hoeveel plattelandse skole word eenvoudig twee “doelhokke” ’n ent van mekaar opgerig en verklaar die skool kan nou sokker aanbied? Daardie skole kan sonder noemenswaardige geriewe ook landloop en verskeie ander sportsoorte aanbied, maar daar is van die kant van skool en owerheid geen dryfkrag nie.

Tot die nasionale span (of selfs provinsiale spanne) gekies word – dan word op kwotas aangedring.

In dieselfde Rapport skryf dr. Frans Cronjé, hoof van die Instituut vir Rasseverhoudinge onder die opskrif, Wie is die ware vyande van transformasie?. Sy rubriek handel in hoofsaak oor transformasie in die ekonomie, waar hy argumenteer dat die mense wat die meeste daardeur bevoordeel moes word, eintlik die ergste daardeur benadeel word. Geld dieselfde nie minstens in ’n mate vir sport nie? Hoeveel gekleurde spelers wat volgens meriete in die span is, staan nou onder verdenking van eintlik kwotaspelers te wees?

Dit strek egter verder. Die internasionale rugbyraad, in terme van regulasie 3 van sy eie grondwet, belet rassisme in alle rugby. Sedert minstens 2013 word die verbreking hiervan deur Suid-Afrika pertinent en gereeld onder die IRB se aandag gebring. Dieselfde handel oor die verbod op politieke inmenging in rugby.

Het Rapport nie nou gevaarlik na daaraan gekom om ’n instansie wat sy eie grondwet minag – en dit nogal oor rassisme – in sy kwaad te sterk nie?

Moet die “regse instansies”, soos die Vryheidsfront Plus wat nou so uitgeskel word omdat hy vir reg en regverdigheid opkom, nie eerder gesteun word nie, soos planne om vandag ’n beswaarskrif aan die Britse ambassadeur te oorhandig? Ons kan immers nie net ’n kabaal opskop wanneer die regering die Grondwet oortree, maar dan instansies daarmee laat wegkom wat dit ook doen nie.

Wanneer is rassisme dan nou verkeerd, en wanneer is dit reg sodat die oog weggekeer moet word?

Hiermee word nie gepleit dat die Springbokspan nou geboikot moet word nie. Die spelers, oues van dae, “gekroktes” en ander, het hulle immers nie self gekies nie. Maar die proses om elke keer die leemtes sonder die nodige voetwerk op grondvlak reg te stel, en bo te gaan lap, stuur ongelukkig die boodskap uit dat rassisme goedgepraat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Grassie ·

Baie goeie kommentaar, Herman. Dit verbaas my egter dat Maroela dit plaas. As ek dit sou waag om so iets te sê – al is dit die waarheid – word my kommentaar met ‘n groot spoed verwyder.

J.Z ·

Ongelukig kan Swart mense nie verstaan dat n mens iets moet verdien om dit te waardeer,hulle wil alles he al moet hulle wette maak om dit te kry en as hul dit nie so kry nie breek dit dan af.

Poppie ·

Grassie, my kommentaar is ook met ‘n spoed verwyder… LOL. En ek was net eerlik en reguit.

Johan koen ·

Die RSA is nou in omgekeerde rassisme. Kies iemand wat die beste is; EN dit be wys het. Potensiaal, waarop RSA nou gebou is, is ook die bewys van mislukking. Van bo in regerings kringe tot heel onder by die gate in die paaie. Net korrupsie en misdaad Groei agv die besondere potensiaal!!!

Chris ·

Ek dink ons maak n fout deur nie eerlik te wees nie. Spansporte is anders as individuele sporte, aangesien dit eintlik maar n pseudo oorlog tussen nasionaliteite is. Afrikaners was oor n tydperk van 80 jaar, gemiddeld die beste in die wereld in rugby, en dit maak rugby deel van die Afrikaner se identiteit. Selfs wanneer ons arm was, kwaad vir die Engelse ens., kon ons berusting kry by die feit dat ons die beste was in rugby.

Die huidige aanslag op rugby, Afrikaans op universiteite ens is nie n aanslag op regverdigheid nie. Die mense gee n duit om vir rugby, of om te soek vir n regverdige oplossing. Dit is n aanslag op Afrikaner identiteit, en ons sal dit slegs kan afweer as ons dit so verstaan.

Rooijan ·

Chris nou praat jy dit het niks met rugby te doen nie en alles met die feit dat die afrikaner nie iets mag he wat hy mag bestuur nie of waarin hy uitblink nie. Dit laat die res van die bevolking met n gevoel van afguns. So hulle moet ons verdring uit rugby tot daar ook niks van oorbly nie. Ek se ons moet ophou stry, sodat die nasionale span nou heeltemal nie wit moet word. Ek wil net vra dat die naam springbok nou ook verwyder word. Want die springbokke was n span wat kon kompeteer teen die beste omdat hy meestal gekies was uit die beste. En ek dink ook die tyd het gekom vir daardie mooi groen en goud trui om te verdwyn. Gebruik iets anders asb.

Henry ·

Dankie tog dat daar ‘n Maroela Media is waar ons op hoogte van die belangrikste nuusgebeure kan bly, sonder dat mens aan die Politiek Korrekte (PK) snert van Media 24 uitgelewer word!!!

Gedurende my kleintyd in die sestiger jare van die vorige eeu, het ek as Afrikanerseun in Pretoria se Moot, geen toegang tot sporte soos gholf, krieket, swem en sokker gehad nie. Dit was die rykes van Waterkloof en die Engelse se dinge gewees. Dat talle potensiële kampioen swemmers en swemmerinne, gholf kampioene en krieket sterre nooit die geleentheid gehad het om die betrokke sportsoorte te be-oefen nie, ly geen twyfel nie. Dit is water onder die brug en uiteindelik van geen belang nie.

Nietemin.
My pelle en ek het onsself nooit as agtergeblewenes beskou nie. Inteendeel. Ons het die beste moontlike gedoen om rugby en atletiek wat wel aan ons beskikbaar gestel is, te geniet. Met oorgawe, met groot plesier en in heelwat gevalle met groot onderskeiding.

Die argumente tgv kwota’s en regstellende aksie is so onnooslik, oorbekend en vervelig dat ek nie op hierdie lieflike oggend my daarmee wil besmeer of bemoei nie.
Herman Toerien het in alle geval reeds alles gesê wat ek daaroor sou wou sê.

Rynhardt ·

Die lewe is baie eienaardig , maar interessant.In 2008 het die bokke op gul Europese toer gespeel met geel sterre op hul truie om die Anc se anti-rassisme veldtog te bevorder! Daai tyd moes die publiek hulle uitgejou het, want regstellende aksie het toe vur 14 jaar voortgeduur teen ons mense, vandag is dit 21jaar al! Die einste bokke moes stabdpunt ingeneem het teen die Anc, maar het nie, want hulle kry elkeen n fortuin! Die publiek het voortgegaan en inontkenning geleef dat regstellende aksie bestaan.Nou word die einste bokke geslaan met die doringtak deur die Anc en sy makkers wat die span swart wil he.Interessant ne? Vir jare beveg ek regstellende aksie.In 2009 het ek die debat gewen op Rsg teen oud kommissaris Leon Wessels van die menseregtekommissie oor regstelkende aksie.Wessels het geweier om die Anc aante tree oor regstellende aksie! Hoekom? Hulle nasionaliste het destyds daarvoor geonderhandel! Solank ons mense wil rugby kyk en regstelkende aksie ignoreer, leef ons mense n leuen en word hulle gestraf! Dit is n klap in die gesig van ons wat veg teen die Anc se regstellende aksie Ons toekoms en voortbestaan is groter as rugby!

Bruno Stef ·

Chris en Rynhard julle manne noem die jakkalsdraaie van sommige rugkrappers sonder om doekies om te draai.Dit is reg “n graaf is n graaf” nie n niks seggende stuk tuingereedskap nie.In n vorige skrywe is my kommentaar verwyder omdat ek AGV die selfde argument wat julle noem my steun aan die Springbokke ontrek het en omdat ek nie “Bol/Bol ten koste van die Afrikanervolk se voortbestaan goedpraat nie. Ons manne moet maar oorsee hulle dienste aanbied waar hulle meer as welkom is en geldelik beter af sal wees.

Ampie ·

Goeie punte. Ek het ook die absurde uitsprake in gister se koerant waargeneem. Natuurlik moet aangedring word dat die beste spelers ten alle tye speel. Saru het blykbaar nie kwotas van Heyneke verwag nie, maar 8 gekleurde spelers is ‘n “teiken”. Toevallig word 8 gekleurdes toe gekies? Dit was ook interessant dat ‘n voormalige City Press redakteur (nou ‘n rubriekskrywer) in dieselfde koerant aandui dat hy nie die “wit” bokke ondersteun nie. Hy verag hulle. Die dubbelpratery duur voort. Indien Rapport se Pelser aandui dat hy nie die “algeheel swart” sokkerspan vir die Afrika nasiebeker ondersteun nie, sal die hele land mal word oor die rassis. Maar in SA is dit natuurlik nie taboe dat die swart skrywer die bokke verag nie. Die punt is die Internasionale Rugbyraad dring aan dat jou beste span gekies word. Daar word dus deur Saru oortree en die klug rondom kwotas moet aan die groot klok gehang word. Kallie Kriel sou op ‘n stadium ‘n klag by die IRR gaan le het. Wat het daarvan geword?

Pierre ·

En nou het Agency for New Agenda (ANA) n hof aansoek gebring om bokke te verbied om aan Wereld Beker deel te neem.

david ras ·

Ek veg al sedert 1994 teen Regstellende Aksie. Eh het in verskeie gepubliseerde skrywes verskeie NP ministers, insluitende Mnr FW de Klerk uitgedaag om bewys te lewer dat hulle wel oor ‘n mandaat beskik het om in te stem om regstellende aksie in te stel.
Art 8(3) van die Interim Grondwet–die onderhandelde grondwet tussen die NP en die ANC–verskaf die geldigheid vir alle anti blank wetgewing waarvoor die ANC lus het
“this section shall not preclude measures designed to achieve adequate protection and advancement of persons, or groups or categories of persons disadvantaged by unfair discrimination………ens
Hierdie klousule is herhaal in die 1996 grondwet (een van die mede opstellers was Leon Wessels)
Art 9(2) van die 1996 grondwet verduidelik wat met gelykheid bedoel word , en stel die volgende voor:
to achieve equality, legislative and other measures designed to protect or advance persons, or categories of persons……..disadvantaged by unfair discrimination,may be taken.

Dit beteken kortliks dat aangesien dit in die grondwet staan, is dit aanvaarbaar vir die buitewereld van sien, mnr FW de Klerk het as leier van die blankes tydens die onderhandelinge ons almal daartoe verbind om hierdie stelsel te aanvaar, ongeag die gevolge daarvan.
Dus , as ons by die IRR oor kwotas (sport regstellende aksie) gaan kla, kan hulle doodeenvoudig antwoord: “but you signed for this Sir, why are you now complaining?”

Soos ek dit sien, is die enigste weg om voor ons konstitusionele hof aan te voer dat die NP buite hulle mandaat opgetree het, dat die kiesers ,ten spyte van beloftes daartoe, nooit die geleentheid gegun was om die onderhandelde grondwet goed te keur nie.

Ons moet egter geen hulp van hulle hoogheiliges die Naspers groep verwag nie.

Ek meen dat buiten ‘n hofsaak, is die enigste manier om die internasionale sportliggame van die meriete van ons saak te oortuig, is met totale boikotte.
Hoe sou die IRR reageer as bv die All Blacks wedstryd na wedstryd voor lee pawiljoene in SA moet speel ?
Meer nog. hoe gaan die plaaslike borge reageer ? Geen Toeskouers, geen advertensie waarde nie.
Maar dan weer, alles op die keper beskou, moet mens die boek deur Gert Kotze getiteld “die vloek van SA sport” gaan lees om te besef net hoeveel verraaiers daar tussen ons is.

Ek wag met groeiende ongeduld vir ‘n internasionale speller om op te staan en te weier om vir die land met sy konstitisionele rassisme te speel.

Seker maar ‘n ydele hoop !

badboy ·

Die beste van alles is niemand se vir hulle om wit mense in sokker te sit nie want sokker is nie vir wit mense nie . so die beste is kom ons speel sokker en ek glo ons sal baie beter wees as wat nou speel , en laat hulle die rugby speel dan kan hulle weer die wittes uit die sokker haal wat opgebou word en weer afbreek

TSHEPO ·

Julle veg vanaf 1994 vir avimetiv action party mense veg v vryhied van af 1652

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.